Die courant well 13 jul 2016 378

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

Hugenotestraat 24, Malmesbury

13 Julie 2016

Uitgawe 378

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Wegspring: Die Bergrivier Kanomarathon spring vandag in die Paarl weg. Hank McGregor (bo) is ‘n laat-inskrywing. Die Australiese kano-marathon kampioen Josh Kippin, die 2015 top 10-presteerder Brendan Rice en die Tsjeg Petr Petr Mojzisek tel onder die kano-elite wat almal Woensdag by die wegspringpunt sal wees. Die verdedigende kampioen, Bianca Beavitt, kan waarskynlik sterk kompetisie van die 2013-kampioen, Jenna Ward, verwag.

• TOP-ROEIERS DING MEE IN KANO-MARATHON

Kampioene by Berg • Jaomi Zeeman

Groot name in die kano-wêreld kom dié week weer byeen vir die jaarlikse Bergrivier Kanomarathon. Die marathon skop vandag om 09:00 by die Markstraat Brug in die Paarl af. Hierdie jaar se kompetisie beloof baie opwinding met ‘n paar groot name onder die ingeskrewe deelnemers. In die mansafdeling is die verdedigende kampioen van die afgelope 10 jaar, Hank McGregor, die gunsteling. Daar is egter ‘n paar uiters kompeterende roeiers wat hom hierdie jaar uit die kussings gaan probeer lig. Onder hulle is die huidige K2 Wêreld Marathon-kampioen, Adrian Boros van Hongarye, en die vorige Bergrivier medaljewenner Graeme Solomon, asook ‘n hele groep internasionale en plaaslike sterre. Die Australiese kanomarathon-kampioen Josh Kippin, die 2015 top 10-presteerder Brendan Rice en die Tsjeg Petr Petr Mojzisek tel onder die kano-elite wat almal Woensdag by die

wegspringpunt sal wees. In die vroue-afdeling lyk die deelnemers en kompetisie net so straf. Die verdedigende kampioen, Bianca Beavitt, kan waarskynlik sterk kompetisie van die 2013-kampioen, Jenna Ward, verwag. Ander vroue-roeiers van wie daar hoë verwagtinge gekoester word, is Kyeta Purchase en Nikki Russel. Daar is 24 onder/23-inskrywings in die mansafdeling, waaronder Luke Stowman waarskynlik die gunsteling is. Die roeiers sal in die eerste skof van die Paarl tot by Zonquasdrift roei (62km). Tydens die tweede skof sal hulle 46km tot by Bridgetown aflê. Op die derde dag roei die deelnemers ‘n volle 75km tot by Zoutkloof, vanwaar hulle die laaste skof (60km) tot in Velddrif aandurf. Die verrigtinge by die eindpunt Saterdag in Velddrif beloof om, soos elke ander jaar, ‘n belewenis te wees met talle stalletjies en egte Weskus-gasvryheid. Volgens die organiseerders lyk die toestande vir die marathon baie gunstig, veral in vergelyking met verlede jaar wat die wegspringpunt as

gevolg van die lae watervlakke verskuif moes word. Die onlangse winterreëns het die grondwatervlakke laat styg, wat die voeding van goeie watervloei in die Bergrivier verseker. Die weervoorspelling vir die res van die week lyk soos volg: Woensdag: Ligte wind, gedeeltelik bewolk. Minimum 13°C, Maksimum 21°C Donderdag: Ligte wind, bewolk. Minimum 13°C, Maksimum 18°C Vrydag: Ligte wind. ±8mm reën. Minimum 8°C, Maksimum 11°C Saterdag: Ligte bries, sonskyn. Minimum 4°C, Maksimum 12°C • Interessantheidshalwe: Watervlakke tans van Wes-Kaapse damme: Damme 2015 2016 Wemmershoek 52% 58% Steenbras Laer 55% 42% Steenbras Hoër 66% 82% Voëlvlei 40% 38% Theewaterskloof 55% 40% Bergrivier 60% 46%

NUUS • NEWS

13 Julie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.