Die courant well 15 jun 2016 374

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

Hugenotestraat 24, Malmesbury

15 Junie 2016

Uitgawe 374

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• Werksetiek sy wenresep

Dr. dig nog ná 90 jaar Jaomi Zeeman

“Ek het nog altyd ‘n baie sterk werkvermoë gehad.” Só gesels die Wellingtonner Dr. Dirk Hattingh, wat op 90-jarige ouderdom besig is om aan sy vyfde digbundel te werk. Dit is heel waarskynlik juis hierdie sterk werkvermoë wat hom ‘n lang lys lofwaardige prestasies deur sy lewe laat behaal het - iets wat vandag vir talle mense as inspirasie dien. Diederik Johannes Hattingh is in 1926, dieselfde jaar as Winnie the Pooh, in die Vrystaat gebore. “Ek het arm grootgeword. Ek was ‘n plaaskind, maar ek het as skoolseun al ‘n groot liefde vir lees gehad,” vertel dr. Hattingh. Volgens hom het talle onderwysers deur sy skoolloopbaan hierdie liefde vir woorde en die literatuur versterk. Hy skryf sy eerste reeks kortverhale reeds as hoërskoolseun in 1942. Dit word in die Landbouweekblad gepubliseer en die destydse redakteur, C.R. Kotzé, skryf in reaksie op sy een verhaal, Stryd, dat dit “aangrypende werk deur ‘n jong, opkomende skrywer” is. “Ek het in 1944 matriek geskryf en toe is ek vir sewe jaar Stellenbosch toe,” sê dr. Hattingh. Hier het hy klassieke tale, Afrikaans-Nederlands en Filosofie bestudeer. Hy begin ook met teologie-studies en behaal later sy doktorsgraad in filosofie. Dr. Hattingh was vir 40 jaar lank ‘n predikant. Hy was ook die Moderator van die Kaapse Sinode van die NG-Kerk en het ‘n sterk belangstelling in kerkreg gehad. “Ek is selfs by geleentheid gevra om as assessor in hofsake op te tree,” vertel dr. Hattingh. Sy sukses en kundigheid in finansiële bestuur en beplanning het hom ook die taak van aktuarius besorg. Hy voel dat die uiteenlopende aard van sy belangstellings en pligte nooit met mekaar gebots het nie.

“Daar was nooit konflik tussen die streng struktuur van die kerkreg of die Sinode en my filosofiese manier van dink nie. Die filosofie het my oopkop gemaak. "Jy word nooit ‘n kuddedier nie – ek het my nooit in ‘n hoek laat druk deur strukture nie. ‘n Mens moet getrou bly aan wie jy is en wat jy glo, maar nooit dink jy weet alles nie – óópkop wees.” Nadat dr. Hattingh op 65 as predikant afgetree het, het ‘n finansiële beleggingsmaatskappy hom genader om vir hulle te kom werk. Hier het hy 17 jaar vertoef. “Ek was 82 toe ek besluit het om daar klaar te maak,” vertel hy. Op 85-jarige ouderdom het hy ‘n Wellingtonner geword. “Ek wou by my kinders wees. My dogter is ‘n sielkundige op die dorp en my seun is ‘n dosent by die CPUT. En ek het só lief geword vir hierdie plek,” vertel hy. Dit is ook vandat hy op Wellington woon dat hy begin dig het. Wanneer ‘n mens wonder waarom hy eers op 85 begin gedigte skryf het, antwoord hy filosofies. “Ek dink dit is as gevolg van my sterk werkvermoë. Ek het tot op 82 vir 12 tot 14 uur per dag gewerk. "Nadat ek ophou werk het, het iets in my begin wakker word. Die onderbewussyn is ‘n skatkamer van gegewens wat soos die diepsee altyd verrassings boontoe beur.” Dr. Hattingh voel dat die uitstaande kenmerk van sy lewe sy rol as luisteraar en waarnemer was. “Selfs in dinge soos kerkreg en geldsake

Bo: Dr. Dirk Hattingh werk nou op die ouderdom van 90 aan sy vyfde digbundel. staan die menslike aspek altyd voorop. Dit gaan altyd om mense. Dit gaan altyd om emosies.” Dit is waarskynlik hierdie fyn waarneming en luistervermoë wat uiteindelik tot sy digkuns gelei het. “Behalwe vir die gedissiplineerde bou van my destydse preke en miskien die poëtiese styl wat daarmee saamgaan, is daar géén ooreenkoms tussen ‘n preek en ‘n gedig nie. "‘n Gedig moet nooit ‘n gekondenseerde prekie of sede-lessie wees nie. Gedigte het met emosies te doen. Emosie is ‘n gemene deler by alle mense. As ‘n gedig ‘n emosie by die leser of hoorder kan ontlok, dan het daardie persoon die gedig ontvang.” Dr. Hattingh is een van die handjievol gekeurde sprekers wat in Augustus by die Poësiefees in McGregor gaan optree. Intussen werk hy ook aan gedigte vir sy vyfde digbundel. Wat is die belangrikste ding wat hierdie nederige, stil, wyse, sterk man in sy vol lewe geleer het? “Die beste dinge leer ons op die eenvoudigste plekke. Ek het geen erg aan vertoon nie.”

NUUS • NEWS

15 Junie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant well 15 jun 2016 374 by DieCourant - Issuu