Die courant well 22 jun 2016 375

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

22 Junie 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 375

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Watervlakke styg

Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het ná die afgelope week se reënbuie met sowat 5% gestyg. By Sonkwasdrift het die watervlak ook aansienlik gestyg en het die water tot oor die laagwaterbrug gevloei.

• Bekende landmerk kry nuwe gesig

Fontein nou verfraai Jaomi Zeeman

Wellington se spuitfontein by die samekoms van Blouvleiweg en Piet Retiefstraat is vir dekades al ‘n bekende landmerk op dié dorp en word nou opgeknap. Die voorkoms en toestand van hierdie fontein en die omliggende terrein het die afgelope jare agteruitgegaan. Volgens Mattie Visser, voorsitter van Wellington se Verfraaiingskomitee, is die agteruitgang van die fontein en die omliggende area al vir ‘n hele paar jaar vir hulle ‘n steen des aanstoots. “Die area kort al lankal aandag en dit is al ‘n ou punt op ons agenda. Daar was al baie planne en inisiatiewe, maar dit het ongelukkig nog elke keer in die verlede platgeval as gevolg van omstandighede buite ons beheer. So ‘n projek kos natuurlik ook baie geld,” verduidelik sy. Die Drakenstein Munisipaliteit het nou ‘n inisiatief vir die opgradering van hierdie erfenisgebied goedgekeur en by hulle begroting ingesluit. Ná verskeie rolspelers, waaronder pro-aktiewe individue, die Wellington Forum, die Verfraaiingskomitee, Drakenstein Munisipaliteit en die stadsingenieur verskeie opsies oorweeg het, kan inwoners van die dorp nou uitsien na die vooruitsig van ‘n permanente, werkbare verbetering van hierdie area. Dit sluit ook ‘n plan vir beter verkeersvloei in. “Uiteindelik kan ons planne nou momentum kry. Ons het die ondersteuning van die regte gesagstrukture en al die betrokke partye en rolspelers is opgewonde om ‘n sukses van hierdie projek te maak,” sê Visser. Aangesien dit so ‘n belangrike landmerk is, wil die belanghebbendes alle Wellingtonners by

Mattie Visser, voorsitter van die verfraaiingskomitee, by die spuitfontein. maak deur iets positief vir ons dorp na te laat vir die inisiatief betrek. “Dit is die hele dorp se fontein. Ons het ge- die toekoms,” sê Visser. Álle Wellingtonners word uitgenooi om ontvoel dat ons almal ‘n kans wil gee om moontlike insette te lewer. Daar kan heel moontlik won- werpe en voorstelle vir dié vernuwing in te dien. derlike idees uit die gemeenskap kom,” verdui- Die gemeenskap het dus die voorreg om te help besluit hoe hierdie baken in die dorp in die toedelik Visser hulle planne. Die inisiatief behels dat álmal wat binne die koms daar gaan uitsien. Voorstelvorms met die nodige riglyne en munisipale grense van die dorp woon ‘n kans kry om pro-aktief by die oplossing betrokke te kriteria is by die munisipale kantore in Pentzwees deur self aan werkbare verbeterings te straat, asook by die Cummings Guest House in Cummingstraat, Wellington, beskikbaar. Vorms help dink. “Hierdie projek is nogal uitsonderlik. Ek weet kan ook per e-pos aangevra word by Anneline. nie of so iets al vantevore gebeur het nie. Die Louw@drakenstein.gov.za of by stay@wellingbreë publiek kan hier help om geskiedenis te ton-accommodation.com.

NUUS • NEWS

22 Junie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.