Wellington
courant
dié
1
Gratis • Free
25 Mei 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 371
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• Van moeilike dae tot ... mnr sa?
Heinrich vind sy roeping
Ek het nie ‘n loopbaan nie, ek het ‘n roeping – onderwys. So sê Heinrich Gabler, Wellington se Mnr. Suid-Afrika 2016-finalis. Gabler (26) is ‘n oud-Hugenoter en is vandag ‘n lewensoriënteringonderwyser aan die Laerskool Van Riebeeckstrand Laerskool. “Ek is ongelooflik geseënd om elke dag met kinders te kan werk,” borrel hy oor van vreugde. “Die lekkerste deel van my daaglikse bestaan, is die geluk wat ek in my roeping vind. Onderwys is ‘n alleenpad – jy doen dit vir niemand anders behalwe die kinders met wie jy elke dag werk,” sê hy. Gabler se doelwit in die lewe is om jongmense, veral kinders, te inspireer en te bemagtig sodat hulle bo hul omstandighede kan uitstyg – want hy het. Maanskyn en rose was dit gewis nie altyd nie. Hy is in Somerset-Wes gebore, maar het albei sy ouers op ‘n baie jong ouderdom verloor. Hy het in Huis Andrew Murray (die kinderhuis op Wellington) grootgeword en sy naweke en vakansies by sy “aanneem-ma” spandeer. “Ek het by Dawn Jorgensen, vir wie ek werklik lief is, gaan kuier,” vertel Gabler. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hugenote Hoër voltooi en daarna hom op die onderwys toegespits. Met talle kompetisies agter die rug het hy ook al sy lyf model gehou. “Innerlike skoonheid is vir my baie belangrik,” vertel hy. “Ek glo ek het ‘n storie om met ander te deel. Ek het bo my omstandighede gestyg, ten spyte van my agtergrond. “Ek het aan ‘n skoonheidskompetisie deelgeneem waar die voormalige Mnr Suid-Afrika, Dieter Voigt, ‘n beoordelaar was. Hy het na die tyd na my toe gekom en gesê dat hy graag ‘n pad met my wil stap. “Hy was en is werklik ‘n rolmodel vir my. Hy het baie van sy lewenslesse met my gedeel. Hy het my gemotiveer om eendag in sy voetspore te wil volg. Ek wil graag die Mnr. Suid-Afrika-titel gebruik as ‘n platvorm om dieselfde vir ander te
kan doen en beteken,” sê Gabler. Hy vind ook baie ondersteuning en inspirasie by elf ander manspersoneel van die skool. “Ons het ‘n ongelooflike leier – Pappa D, oftewel Dennis Puchert, wat ons altyd op ons tone hou,” sê hy. Vir Heinrich is die beste deel van sy dag, die tyd wat hy op die sportveld spandeer vanaf 13:30 tot 17:30 wanneer hy sy o.8-, o.11- en o.13-rugbyspanne afrig. In die somer rig hy atletiek af. “Dit is juis dan wanneer ek kwaliteit-tyd met my leerders spandeer,” sê hy. Op die sportveld kry hy beslis oorgenoeg oefening om sy lyf in die beste toestand te hou. “Ek doen my opsitte en opstote saam met my leerders. Ek geniet dit om saam met die spelers te hardloop by die rugbyoefening. "Saans by die huis trek ek die gewigte bietjie nader,” sê hy. Tog is dit nie net blare en wortels vir sy gesonde lyf nie en trap hy soms bietjie buite die lyn. “Ek is swakheid vir boetiekbier. Deon Burger,
die boetiekbier-spesialis, het dit aan my voorgestel. Nou is dit een van my groot gunstelinge,” sê hy. Die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie trek nou by die top-50, waarvan hy nou een is. Elke maand kry die finaliste verskillende uitdagings om te voltooi. “My eerste uitdaging was om myself te bemark en ‘n borg te vind. ‘n Sakeman van Melkbosstrand, Eben de Jongh, was bereid om my te borg. Ná elke uitdaging word ons beoordeel en word dié punte gebruik om die top-25, asook die top-12 te kies wat dan aan die gala-aand gaan deelneem. "Natuurlik tel die publiek se stemme ook in jou guns,” verduidelik Gabler. Vir die modelman is nederigheid ‘n baie belangrike eienskap in alle mense, veral homself. Vir diegene wat dit oorweeg om dieselfde pad as Heinrich aan te durf, het hy ‘n bietjie raad: Weet waar jou geestelike krag vandaan kom en volg ‘n gebalanseerde dieet. Stem nou vir Heinrich Gabler deur MRSA036 na 47439 te SMS.
NUUS • NEWS
25 Mei 2016