Die courant well 3 aug 2016 381

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

Hugenotestraat 24, Malmesbury

3 Augustus 2016

Uitgawe 381

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

• DISTILLEERDERY IN HARTJIE VAN WELLINGTON

Plante dryf Jorgensen • Jaomi Zeeman Min Wellingtonners weet dat daar ‘n internasionaal bekende en baie gesogte organiese, egSuid-Afrikaanse distilleerdery in die hartjie van hul tuisdorp is. Roger Jorgensen, ‘n nederige, charismatiese man met Noorweegse wortels, het die kuns van distillering verfyn om vandag ‘n kenner in hierdie gespesialiseerde veld te wees. Dié man, wat homself as ‘n aanvanklike “beroepsboer, wynmaker en vervaardiger van brandewyn” beskryf, het sedert 1994 sy hand aan die distillering van jenewer, vodka, spesialiteitbrandewyn en absinthe gewaag. “Ek het voorheen my kundigheid onder die mentorskap van brandewynmeesters soos Robert Leaute en Buks Venter geslyp,” vertel Roger. “Ek het vinnig besef dat dit meer as ‘n belangstelling is – dit is ‘n passie. Die distillering van spesialiteitspiritus is ‘n kunsvorm wat my baie opgewonde maak,” sê hy. Roger en sy vrou Dawn woon op die historiese plaas Versailles in die hartjie van Wellington. “Ek is ‘n baie nuuskierige mens,” sê Roger. “Eintlik is ek ‘n bietjie soos ‘n kind. Daar is soveel wat die lewe en die aarde ons bied – ons moet net ons oë oopmaak, dit raaksien en dit ontgin.” Die 'Jorgensen’s Distillery'-reeks sluit ‘n wye verskeidenheid produkte in. Roger vervaardig sy eie unieke vodka, brandewyn, jenewer, absinthe en suurlemoenlikeur. Volgens hom is sy belangstelling in plante die eintlike dryfveer agter al sy suksesvolle produkte. “Ek is mal oor plante – dit is seker waarom ek ook ‘n boer is. Ek kan net nie genoeg van plante en al hul potensiaal kry nie. Ek lees elke boek oor plante waarop ek my hande kan lê en steeds is daar nog soveel wat ek voel ek nie weet nie,” sê hy. Die rakke vol boeke oor botanie en plante in sy

Die stookketel waarmee Roger sy eie alkohol vervaardig.

Roger Jorgensen by een van sy stookketels huis, getuig hiervan. Alle prosesse rondom die distillering van sy produkte geskied organies en volhoubaar. Hy het sy eie sonpanele wat krag opwek om die stookketels te verhit. Verder maak hy ook sy eie wyn en bier wat hy nie net vir eie gebruik benut nie, maar ook in ‘n spesiale proses gebruik om sy eie alkohol te vervaardig. Hierdie selfgemaakte alkohol word dan weer vir die distillering van die vodka en jenewer gebruik. Selfs die patent vir afkoeling tydens die distilleringsproses is ‘n selfgemaakte stelsel wat deur pype in sy swembad loop. Roger voel baie sterk oor volhoubaarheid. “Ek glo vas dat ons alles wat ons nodig het op ‘n verantwoordelike manier uit die natuur kan kry. Daar is ‘n wonderlike wisselwerking tussen die mens en natuur wanneer jy daardie fyn balans van wedersydse respek ontdek,” sê hy. “Daarom is ons nie ingestel op massaproduksie nie. Alles word met die hand gedoen en gemaak: eie plante, eie elektrisiteit, eie wyn, eie bier, eie alkohol om ons eie spesialiteitspiritus te distilleer. Ons gebruik ook die plaaslike kruie en fynbos in ons prosesse – dit is wat dit anders as enige ander jenewer of vodka maak. Jy kry nêrens anders in die wêreld hierdie produkte wat

Die sonpanele, die stookketel en die werkstoor. met Kaapse fynbos gegeur is nie,” vertel hy. Volgens hom is die kuns van distillering baie nou verwant aan die maak van parfuum. “Net soos parfuum het die spiritus ook basisnote en topnote. Jy kan dit ruik en proe. My een helper sit sy mond nie aan alkohol nie, maar hy weet presies wanneer die jenewer reg is, omdat hy dit aan die agterkant van sy hand smeer en daaraan ruik,” vertel Roger. Behalwe vir die antieke instrumente wat hy tydens alle prosesse gebruik en oral op tafels rondstaan, word ‘n mens omgewe deur ‘n verskeidenheid eksotiese geure en aardse aromas. Sy werkstafel lyk soos iets uit ‘n antieke aptekershandboek. Potjies vol gedroogde kruie, interessante geurmiddels, fyn plantjies en sade word op ou skale afgemeet en per hand in ‘n boek opgeskryf. Daar hang gedroogde tabak (self gekweek) uit die dak en daar is olywe (ook uit sy eie boorde) in verskillende fases van preservering in groot kratte op die vloer. Eenkant staan al die toerusting waarmee hy self olyfolie maak en op ‘n tafel in die hoek staan ‘n antieke houtsigaardrukker waarmee hy sy eie sigare rol. Hy maak ook juwele, pyle en boë – sommer vir die pret. Hoe besluit iemand met soveel belangstellings, vaardighede en kundigheid wat hy elke dag gaan doen? “Die distilleerproses neem 6 tot 7 ure. Ek moet myself in daardie tyd met íéts besig hou,” glimlag Roger.

NUUS • NEWS

3 Augustus 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant well 3 aug 2016 381 by DieCourant - Issuu