Die courant well 4 mei 2016 368

Page 1

Wellington

courant

dié

1

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

4 Mei 2016

Uitgawe 368

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• naudé deel sy visie vir hugenote

‘Kinders is vir my soos arende’ Daar is net een manier om Wikus Naudé, skoolhoof van Hugenote Hoërskool op Wellington te beskryf: ‘n onderwyskundige in murg en been. Een van daardie mense wat jy nie regtig in enige ander posisie kan sien nie. Sy liefde en respek vir die jeug, spreek uit alles wat hy doen en sê. “Kinders is vir my soos arende: ons moet hulle die stimulasie en die ruimte gee om hul vlerke so wyd moontlik te sprei,” het hy aan dié courant gesê. “Ons moet vir hulle ‘n veilige omgewing skep waar hulle die moed en vermoë het om die wye wêreld te verken en die pad van hul hart te volg.” Ná 50 jaar in die destydse Transvaal het hierdie plaasseun van Bethal in Mpumalanga, sy wortels uitgetrek en die pad na die Boland aangepak. Die laaste skool waar hy daar betrokke was, was Generaal Hertzog op Witbank. Sy visie: Om Hugenote in die nabye toekoms op ‘n vlak te bring waar hy een van die top-skole in die land is en om 'n skool met ryke tradisies waar kinders tot hul beste ontwikkel word en waar hulle veilig en geborge voel aan die leerders en gemeenskap te bied. “Ek wil hê ons kinders moet hier uitgaan nog beter as wat hulle hier ingekom het – ontwikkel op alle vlakke en goeie lei- ‘Die ers. Dit geld vir leerders en onderwysers.” Naudé glo leerders word bevoordeel in kleiner skole: “Hier is ons kinders nie net nommers nie. Dit beteken ook nie dat hulle enigsins afgeskeep word nie en vertel van die nuwe gimnasium van R250 000 wat pas voltooi is.” Hy glo ook dat leerders onderwysers as volle mense moet leer ken – hulle is nie net onderwysers of net afrigters nie. Kinders moet hulle op alle vlakke van menswees leer ken. “Hierdie is ‘n gemeenskapskool, ons moet kyk na die gemeenskap. Die wen-faktor is baie

Riebeekvallei reg vir Olyffees

rug oor die dag en oor wat suksesvol was of nie. Dan wonder ek wat kon ek anders doen, gestel, verbeter het…” Naudé is reeds jare betrokke by SA Skolebestuur vir rugby. Hy het elektronika en chemie by Pukke studeer en later ook onderwysbestuur en tegniese tekeninge. Op ‘n romantiese noot: Hy het sy vrou, Hannetjie, in graad 2 op Bethal leer ken. Hulle is die ouers van drie pragtige dogters. Naudé is baie lief vir die buitelewe en doen ook graag houtwerk. • Hugenote Hoërskool is ‘n dubbelmedium-staatskool geleë in Wellington in die Boland. In 2013 was die skool se leerdertal 815. Dr. Andrew Murray het in 1870 na Wellington gekom en versoek dat daar ‘n meisieskool gestig moet word. Hugenote Seminarium is toe in 1874 gestig en mej. A.E. Bliss en mej. A.P. Ferguson het in Januarie 1874 die eerste 40 meisies ingeskryf. Die saak of seuns tot die skool toegelaat moet word, het reeds in 1899 aandag gekry en in 1899 is een seun, Leopold Reinecke, as een uitsondering toegelaat. Die latere aansoek van SS Loubser is in 1900 geweier. ‘n Nuwe skoolgebou is in 1902 ingewy, maar dit het in 1907 afgebrand. kinders moet beter hier uitgaan Nadat die versekering uitbetaal het, is die basiese plan van die ou skool gebruik en sekeas wat hulle ingekom het.’ re verbeteringe is op die nuwe planne aangebelangrik vir baie skole: dit kom dikwels van die bring. Die nuwe gebou is op 2 Mei 1908 geopen. ouers af en geniet dikwels te veel aandag. Die skool het later te klein geword en die stad“Wen is nie alles nie: ‘n Mens moet ‘n passie saal het later die skoolsaal geword. hê om te wen, die Here het ons so geskape. Net Amalgamasie tussen die Seminarie en die so belangrik is ‘n dringendheid om unieke dinge Seunskool het weer in 1940 ter sprake gekom, te doen. Dit is ook belangrik om te onthou dat veral as gevolg van die afname in getalle. jong leerders ook moet jol om te ontwikkel!” Op 11 Desember 1953 het die Hugenote MeiDit is duidelik dat God die rigtinggewer van sieskool sy deure gesluit. hierdie man en sy visie is. “Elke aand is dit ek en Na amalgamasie is die ou seunskool vir die my Skepper wat die aand afsluit. Dan kyk ek te- destydse stadsaal verruil.

Boere moet beskerm word

Marathon in beeld

NUUS • NEWS

4 Mei 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant well 4 mei 2016 368 by DieCourant - Issuu