Die courant well 5 okt 2016 390

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

5 Oktober 2016

Uitgawe 390

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

•MEYER, VAN DER VYVER DIE OORSAAK

Koue koors tref Bolandse dorp

•Jaomi Zeeman Die bekroonde skrywers, Deon Meyer en Marita van der Vyver, het voor ‘n stampvol Bôrdienghuis-teater oor hul onderskeie nuwe boeke gesels. Hierdie merkwaardige duo se gesprek is met die uitsonderlike musiek van Schalk Joubert (Schalk was by die klankbaan van die fliek, “Dis koue kos, skat” betrokke) en Ronan Skillen gekomplimenteer. Gaste kon ook weglê aan ‘n heerlike ete wat deur die sjef Bernice van der Merwe, wat op die fliekstel vir die kos en kosstilering verantwoordelik was, berei is. Met die fokus op Marita se boek, “Dis koue kos, skat”, wat onlangs ook as film uitgereik is en Deon se nuutste boek, “Koors”, het die gesprek interessante draaie geloop. Deon en Marita het groot erkenning vir mekaar se werk en Deon was ook die vervaardiger van “Dis koue kos, skat” se fliekweergawe. Dit is juis hý wat blykbaar uiteindelik Marita se arm gedraai kon kry om ‘n fliek van die boek te maak. Volgens Marita, wat ook die mede-vervaardiger van die fliek is, was die proses om die draaiboek te skryf soms ‘n pynlike een. “As ‘n skrywer was dit vreeslik moeilik om van sekere sinne afskeid te neem. "In ‘n boek is daar baie dialoog, maar in ‘n fliek moet dit desnoods gesny word. Dit is net nie prakties moontlik om al die dialoog in ‘n boek na ‘n fliek oor te dra nie – daar is baie ander faktore wat die ‘storie kan vertel’,” het sy gesê. “Ten spyte van die feit dat ‘n mens baie van ‘n boek in ‘n fliek kan ‘verloor’, het ek gevoel dat hierdie storie baie met die fliek kon ‘wen’, byvoorbeeld met Anna-Mart se uitstekende vertolking en die kosstilering wat ‘n mens se mond laat water. "Dit is dinge wat geen boek kan namaak nie,” het Marita vertel. Oor die akteurs wat die hoofrolle in die fliek vertolk het, is Marita vol lof. “Dit is die A-span van Suid-Afrikaanse akteurs wat aan die fliek gewerk het en ek voel regtig geëerd dat ek met sulke talentvolle mense en kunstenaars kon saamwerk. "Anna-Mart, Elsabé Zietsman en Deon Lotz –

Die bekroonde skrywers, Marita van der Vyver en Deon Meyer, het hul boeke na Wellington gebring en met dié dorp se inwoners gesels oor die inhoud, storielyne en meer. hulle is legendes,” het sy trots gesê. Deon het op sy beurt vertel dat “Koors” vir hom loshande die lekkerste boek was wat hy nog geskryf het. Volgens hom verskil dit baie van sy vorige boeke en was dit vir hom lekker om ‘n bietjie weg te kom van die karakters in sy vorige boeke. “Koors is heeltemal ‘n ander genre – dit speel in ‘n post-apokaliptiese Suid-Afrika af. "Dit is ‘n storie waarmee ek al lankal rondloop

en wat eenvoudig net vertel wou word. Ek het ‘n drang en passie gehad om hierdie boek te skryf,” het hy vertel. Volgens Deon is die storie as die memoires van die karakter Nico Storm geskryf en bevat dit baie minder kru taal as van sy vorige boeke. Gaste kon aan die einde van hierdie aand vol boeke, flieks, warm kos en 'kokende' musiek eksemplare van “Dis koue kos, skat” en “Koors” koop en deur die skrywers laat teken.

NUUS • NEWS

5 Oktober 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.