courant
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
6 Julie 2016
Uitgawe 377
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• 150 NUWE WERKSGELEENTHEDE GESKEP
Nóg water met nuwe projek • Jaomi Zeeman
“Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink.” Só lui ‘n volksliedjie wat bykans 100 jaar gelede oor die leiwater aan die voet van Bainskoof geskryf is. Vandag is dit dié einste water wat, danksy ‘n nuwe waterprojek van die Drakenstein Munisipaliteit, deur die hele dorp en omliggende areas gedrink kan word. Wellingtonners sien al vir ‘n geruime tyd die talle vragmotors wat in Generaal Hertzoglaan heen en weer ry en die gewerskaf agter die toegespande heining op die terrein agter Dwergiebos Pre-primêr. Wat min inwoners egter weet, is dat hierdie ‘n innoverende waterprojek deur die Drakenstein Munisispaliteit is wat in die toekoms talle voordele vir die dorp en sy mense sal inhou. Volgens André Kowalewski, Senior Ingenieur: Waterdienste, is die naam van hierdie projek die Uitbreiding van die Welvanpas Watersuiweringswerke in Wellington. Hy verduidelik dat die Drakenstein Munisipaliteit (DM) tans oor drie moontlike bronne beskik waarvandaan water aan Wellington en omliggende dele voorsien kan word. “Water word vanaf die Stad Kaapstad se Wemmershoekdam gekoop en die balans word vanaf DM se eie Spruitrivier (Blouvleitoevoer) en Antoniesvlei (Bainskloof) voorsien,” sê Kowalewski. Volgens hom het die Blouvleitoevoer egter, a.g.v. besoedelingsrisiko en suiweringskoste, sy belangrikheid as huishoudelike waterbron verloor. Water uit Antoniesvlei (Bainskloof) word op sy beurt gekenmerk deur ‘n sterk wintervloei wat gedurende die somermaande drasties afneem. Die koste verbonde aan die aankoop van gesuiwerde water van die Stad Kaapstad, het DM genoodsaak om alternatiewe voorsieningsbronne te ondersoek. Uiteindelik het die ontginningopsie van sy eie bronne, en veral die moontlikhede van water uit Antoniesvlei, die meesterplan vir die opgraderingsprojek tot gevolg gehad. Kowalewski verduidelik dat die Welvanpasdam aanvanklik die rol van ‘n dienstereservoir vervul het waaruit die water, ná chloortoediening, in die verdeelstelsel na verbruikers versprei is. “Die Welvanpasdam was egter ‘n gronddam en ‘n oop dam is onderworpe aan gesondheidsrisiko’s en besoedeling,” sê hy. “Lekkasies in sulke damme veroorsaak ook waterverlies en hoë onderhoudskoste. In die somermaande verdamp daar ook baie water
Die nuwe wateraanleg sal water aan Wellington verskaf. uit ‘n oop dam. Dit het eenvoudig gelei tot die oneffektiewe gebruik van ‘n verouderde bate.” Volgens Kowalewski gaan die nuwe fassiliteite huidige en toekomstige waterbehoeftes aanspreek. “Die sisteem is so ontwerp dat water vanaf die nuwe 3 Ml reservoir gepomp kan word na die bestaande 9 Ml reservoir, vanwaar dit na die grootste gedeelte van die dorp versprei word. Die 9 Ml reservoir kan steeds water van die Stad Kaapstad ontvang en water kan terug graviteer vanaf hierdie reservoir na die Welvanpas reservoir. Dit is dus ‘n tweerigting sisteem,” verduidelik hy. Kowalewski sê die waarde van hierdie waterprojek lê in sy veelsydige voorsieningsvermoë. “Die water kan van die 9 Ml reservoir ook verder graviteer na twee nuwe 11 Ml reservoirs oos van Newton. Dit beteken dus dat water uit Antoniesvlei die gemeenskappe van Newton, Mbkweni sowel as toekomstige uitbreidings kan bedien,” sê hy. “Die hoofdoel van die projek is om maksismum gebruik te maak van ons eie waterbronne (veral in die wintermaande) en die aankoop van water vanaf Stad Kaapstad te beperk tot die somermaande wanneer die Antoniesvlei-bron nie genoeg water kan voorsien nie,” gaan hy voort. Die projek is in verskillende fases verdeel en behels die bou van ‘n geslote 3 Ml betonreservoir, die opgradering van die Welvanpas-pompstasie, ‘n nuwe pomplyn na die 9 Ml reservoir, die konstruksie van watersuiweringswerke en ‘n munisipale depot/stoor en die kapasiteitsverhoging van die
suiweringswerke van 1 Ml per dag na 10 Ml per dag (dit kan nog verder opgegradeer word na 20 Ml per dag). Die bou van nog ‘n addisionele 5 Ml geslote betonreservoir vir ekstra stoorkapasiteit, is deel van die laaste fase van die projek. Hierdie projek hou talle voordele vir die inwoners van Wellington in. Dit sal ‘n deurlopende, betroubare toevoer van gehalte drinkwater aan Wellington verseker en waterverliese verminder. Die projek verminder ook ons munisipaliteit se afhanklikheid t.o.v. water vanaf Stad Kaapstad en verminder sodoende die druk op die Stad Kaapstad se watervoorsieningsnetwerk. Boonop sal dit in die toekoms watervoorsiening aan nuwe uitbreidings in ons omgewing moontlik maak. Benewens al hierdie positiewe implikasies, het die projek ook bykans 150 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase en ongeveer 10 permanente werksgeleenthede uit die werking van die watersuiweringswerke geskep. Aangesien die projek water aan die breër gemeenskap sal voorsien en die ontwikkeling van nuwe uitbreidings sal moontlik maak, kon die DM aansoek doen vir Munisipale Infrastruktuur Befondsing vanaf die Plaaslike Regering. Die aansoek was suksesvol en daarvolgens het die Plaaslike Regering 65% van die kostes van die opgradering befonds. Met hierdie innoverende projek bring DM die water van die destydse volksliedjie tot in die krane van elke inwoner van ons dorp.
NUUS • NEWS
2 Julie 2016