dié courant wellington 457

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

21 Februarie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 457

21 Februarie 2018

Die o.19A-krieketspan van Hugenote Hoërskool het die naweek na Malmesbury gereis vir hul interskole kragmeting teen die span van Hoërskool Swartland. Hugenote het eerste gekolf en 117 lopies aangeteken. Hulle boul Swartland uit vir 43 lopies en wen die interskolewedstryd met 74 lopies.

Interskole-sege •'N NUWE LEWE WAG OP 11-JARIGE

Chris kry sy hart

•Jaomi Zeeman Chris Truter van Hugenote Laerskool het Maandag 'n tweede kans op die lewe gekry toe hy 'n hartoorplanting ondergaan het. Chris se familie het op Sondagaand, 18 Februarie, gehoor dat daar ‘n hart vir hom beskikbaar is. Om twaalfuur Maandagmiddag is Chris gereedgemaak vir die hartoorplantingsoperasie. Die hart, wat van Bloemfontein af na Kaapstad gebring is, sou om twee-uur by die hospitaal aankom, maar het weens ‘n vertraging eers om vyfuur gearriveer. Teen 22:30 Maandagaand het sy ma dankbaar laat weet dat Chris se nuwe hart vanself begin klop het. Hy het Dinsdagoggend om 01:45 uit die teater gekom. Volgens Celeste is Chris reeds gedurende die 12de week van haar swangerskap met hom en sy boetie met ‘n hartdefek gediagnoseer. “Om ‘n kind met ‘n aangebore hartdefek te hê, beïnvloed nooit net een lewe nie en om meer as een kind gelyk te kry, het ons omstandighede taamlik gekompliseer. Terwyl ons in die euforie was van die voorreg om vir die eerste keer ouers te word, en boonop van ‘n tweeling, het ons nie die implikasies van Chris se hipo-plastiese linkerhartsindroom besef nie,” sê sy. Chris het al drie uiters riskante chirurgiese hartoperasies oorleef, maar hierdie operasies was nie ‘n

kuur vir die feit dat hy basies met ‘n halwe hart leef nie. “Ons weet dat die lewe ‘n seën is en dat ons elke dag moet laat tel,” sê Celeste. Op 1 Augustus verlede jaar het die Truters se lewe onherroeplik verander. Chris het hartversaking opgedoen en is op ‘n waglys vir ‘n hartoorplanting geplaas. Volgens Celeste was die laaste paar maande ‘n emosionele tyd waarin hulle vir ‘n moontlike geskikte hart moes wag. “Ons weet dat daar iets is wat ons moet doen. Ons moet ons storie deel om mense bewus te maak van al die ander mense wat, net soos ons moes doen, op organe wag. Ons is diep bewus van die tekort aan orgaanskenkers in Suid-Afrika en ons hoop deur ons storie te deel, ons mense sal aanmoedig om orgaanskenkers te word,” sê Celeste. En nou het Chris ‘n hart gekry. “Ons is verwonderd en dankbaar,” het Celeste gesê. Dit is interessant om te weet dat daar ongeveer 4300 Suid-Afrikaners op waglyste vir orgaanoorplantings is. 100 van hulle wag op hartoorplantings. Dit is ook kommerwekkend dat die aantal hartoorplantings in ons land in die laaste 17 jaar met 40% gedaal het. Deur ‘n orgaanskenker te word, iets wat ‘n mens minder as 5 minute neem, kan jy 7 mense se lewens red. Om hiervoor te registreer moet jy jonger as 70 en gesond wees. Belangstellendes kan by www.odf. org.za of 0800 226 611 registreer.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.