Diecourant 11 desember 2013 252

Page 1

courant

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Uitgawe 252

die Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

Hulde aan Nelson Mandela

swartland en weskus

11 Desember 2013

McDonald’s op ons drumpel

tel: 022 487 3221

Wen kaartjies na naweek se Somer-Opskop

•Liebenberg primêr se nuwe prinsipaal sê:

Bou voort op goeie Snoektyd in die kaap

Yzerfontein Classic vier 8 jaar

Die skrywer Sonja Loots van Panorama in Kaapstad terg Weskussers se aptyt op besoek aan die streek met die oog op die 8ste Snoek Classic wat van Vrydag tot Sondag by die Yzerfontein Boothengelklub aangebied word. Loots is die skrywer van boeke soos “Sirkusdiere” en “Spoor”. Lees berig oor die Snoek Classic op die agterblad en sien die Yzerfontein-feesprogram op bladsy 12.

Die nuwe prinsipaal van Liebenberg Primêr op Malmesbury is Janine Adonis, wat tot nou adjunkhoof was by die skool waar 1662 leerders daagliks aanmeld vir hul laerskoolopleiding. “Dis ‘n besonderse voorreg. Ek was nog altyd lief vir uitdagings,” glimlag sy met die courant se besoek aan haar. ‘’Ek ken die dinamika van ons skool en weet wat ons tekortkominge en sterkpunte is. Ons skool het ‘n goeie reputasie en ek is trots om met Liebenberg PS geassosieer te wees. Ons wil die goeie behou en voortbou op dit wat deur my voorgangers aan ons nagelaat is. Die skool moet ‘n plek wees waar kinders welkom en geliefd voel.’’ Sy voel dat een van die moeilikste Janine Adonis uitdagings van ‘n skoolhoof is om ‘n gesonde organisatoriese kultuur te skep en terselfdertyd ‘n positiewe klimaat vir verande­ ring te bewerkstellig.’’ Adonis (42), ‘n nooi Lategan, is gebore op Malmesbury, waar sy skool gegaan het by St. Thomas Primêr en Schoonspruit Sekondêr. Daarna het sy aan die destydse Skiereilandse Technikon haar vir die onderwys bekwaam met die verwerwing van die kwalifikasie HOD IV (Handel). In 2009 voltooi sy die kursus ACE (Advanced Certificate in Education) in leierskap en bestuur aan die Universiteit van Kaapstad en vanjaar het sy haar B.Ed (Hons) graad in

Leierskap en Bestuur voltooi aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie, ter uitbreiding van haar opleiding. Terwyl sy op ‘n aanstelling in die onderwys gewag het, het sy in die kredietafdeling van die maatskappy Nulaid gewerk, voordat sy in haar eerste onderwyspos by Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg begin het. In 2001 sluit sy by Liebenberg Primêr aan as ‘n Graad 6-juffrou en word in 2008 tot die skool se adjunkprinsipaal bevorder. Adonis se man, Richard Adonis, kliëntbestuurder by Tiger Brands, staan ook met een voet in die onderwys as voorsitter van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) se beheerliggaam. Die egpaar het twee dogters, Kylin (12) en Leigh (10). Die skool, die grootste primêre skool in die Weskus-Onderwysdistrik, het tans ‘n personeel van nagenoeg 60, wat insluit doserend sowel as nie-doserend. ‘’Ons is kindgesentreerd en glo aan die benadering ‘No Child Left Behind’. Elke rolspeler besef egter ook dat daar nie goeie resultate verwag kan word, as die ouers nie aanboord is nie,’’ verduidelik Adonis. “Ek glo dat sukses slegs deur harde werk behaal kan word, dus moedig ons gedurig ons leerders aan om hul beste te lewer. Ons skoolbestuur en die Skoolbeheerliggaam werk baie nou saam en alle besluite word altyd tot voordeel van die kind geneem,” beklemtoon die nuwe prinsipaal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Diecourant 11 desember 2013 252 by DieCourant - Issuu