courant swartland en weskus
tel: 022 487 3221
Uitgawe 239
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
11 September 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Skou: Gaste by die Swartland Skou op Moorreesburg se Damesoggend is getrakteer deur die gaskunstenaars Heinz Winckler en Lizz Meiring. By die geleentheid was voor van links na regs Chanelle Hanekom, Jeanmari Thompson, Jean-Marie Claassens en Lorette Claassens. Agter staan Mari Viviers, Marietjie Nelson, Annaleen Bezuidenhout en Hildegard Geldenhuys.
•’moenie net praat nie, doen ook’
Landbou skep werk, sê Van Rensburg
Tydens die paneelbespreking Vrydag op Moorreesburg, waar die brandvraag oor die plek en geleenthede vir die boer in Suid-Afrika onder die vergrootglas geplaas is, het groot geeste in die landbou ‘n saal met ongeveer 300 belangstellendes, hoofsaaklik boere, getrek. Dit het deel gevorm van die Swartland Skou op Moorreesburg en die minister van landbou in die Wes-Kaap, die beleggingsekonoom Dawie Klopper, die voorsitter van Graan SA en die redakteur van die Landbouweekblad, Hugo Lochner, was sprekers. “Die Landbou is ‘n bate vir die land en nié ‘n slaansak nie,” het die Wes-Kaapse minister van Landbou, Gerrit van Rensburg, gesê. “Dié vraag het ‘n negatiewe ondertoon, maar dit is ook ‘n regverdige vraag,” het hy gesê. “Skou ons dalk te min met ons land en met Landbou? Daar bestaan ‘n groot behoefte om meer vaderlandsliefde te bewys – daarom ons uitdaging aan die Suid-Afrikaanse leiers: Tree só op dat jou mense trots op jou kan wees.”
Van Rensburg het verwys na die probleme waarmee die landbouers te doen kry: ”Verhoogde Eskom- en brandstoftariewe, arbeids onrus sedert 2012; die 1913-grond-wet wat nou weer baie vrae laat ontstaan en die vrees dat die beleggersgeld kan opdroog in ons land.” Op grond van onlangse navorsing het Van Rensburg daarop gewys dat die landbousektor met relatief min geld meer werksgeleenthede skep as ander bedrywe in SA: “Vir elke rand wat in Landbou belê word, is die uitset R1,79 teen oor die vervaardigingsbedryf wat tweede lê met R1,13. Vir elke R1 miljoen wat in die landbousektor belê word, word 11 werksgeleenthede geskep – teenoor die klein- en groothandel wat slegs drie werkgeleenthede kan skep met elke R1 miljoen wat ingestoot word.” Volgens Van Rensburg toon die Landbou bedryfdie hoogste resultate in die uitvoerbedryf (uitvoer neem toe met 22c vir elke rand wat in landbou-uitvoer belê word terwyl die vervoeren kommunikasiebedryf se groei tweede lê met
15c) en die kwessie dat die regering se inkomste met 54c styg vir elke rand wat in die landboubedryf belê word – met die vervaardigingsbedryf wat tweede lê met 35c. “Dit beteken die Landbou bied die hoogste opbrengs vir die regering vir elke rand wat belê word. Ja, daar is landbou-potensiaal om baie nuwe werkgeleenthede te skep – veral as dié sektor baie meer water beskikbaar kan stel!” “Wen-industrieë moet geïdentifiseer en ontwikkel word. Ons het ‘n baie goeie ontwikkelingsplan, maar dit moet spoedig geïmplementeer word. Moenie net praat nie – doen ook! Verder is landbou dié sektor waarmee die meeste waarde ontgin word en die meeste finansiële opbrengs per R1 miljoen beleggingsgeld gekry word. Van Rensburg het ‘n oproep gedoen dat nugter denke moet seëvier: “U as landbouers is baie nodig vir SA – ons land en sy inwoners moet aanhou eet! Wees altyd positief, aanpasbaar en innoverend!” Sien nog ‘n berig op bl. 14.