courant swartland en weskus
Gratis • Free
tel: 022 487 3221
Uitgawe 244
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
16 Oktober 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Laaste skooldag vir Matrieks!!!
Eindeksamen lê voor...
Die matrieks van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury tel reeds die slapies af na hul heel laaste skooldag, wat oormôre vir die matrieks van die Wes-Kaap aanbreek. Hoewel dié vooruitsig met opgewondenheid begroet word, lê die groot voorbereiding nog voor, met die oog op die landwye eindeksamen wat op 28 Oktober begin en groot getalle matrieks jaarliks laat naels kou.
•Boer van Darling dra kroon
Pad na suiwel-sukses ’n Wyd-bekroonde suiwelboer van die Swartland skryf sy sukses op die plaas toe aan goeie bestuur, regte voeding, genetika, kalf grootmaak, om die somatiese seltelling so laag moontlik te hou, kuddegesondheid en vrugbaarheid. Aan die woord is die pas aangewese WesKaapse Meestersuiwelboer van die Jaar, JK Basson van die plaas Swartwater by Darling. Basson (44) het aan Hoërskool Jan van Riebeek in Kaapstad gematrikuleer en het hom in 1990 by sy pa, ook JK, wat in 2009 oorlede is, op die plaas aangesluit. Die plaas se Holsteins word tans drie keer per dag gemelk. Die melkproduksie is gemiddeld 42 tot 44 liter per koei per dag. Al die melk word aan Darling Romery gelewer. Basson het die toekenning in 2008 en 2009 ook ontvang en is in 2007 ook as Suid-Afrika se Meestersuiwelboer van die Jaar bekroon. Die kudde van nagenoeg 728 koeie word voltyds onder dak in beesbehuising aangehou, waar
daar 24 uur per dag kos beskikbaar is. Die voeding bestaan uit ‘n mengsel van kragvoer, lusern, strooi, brouersgraan, kuilvoer, sitrus en katoensaad. Basson sê daar is ‘n sterk klem in sy aanslag om die koeie telkens so spoedig moontlik by wyse van kunsmatige inseminasie weer dragtig te kry. Hiervoor voer hy saad uit Amerika in nadat die betrokke bul se eienskappe soos langslewendheid eers nagegaan is. Basson het Sondag pas van Amerika teruggekeer van die World Dairy Expo in Madison, Wisconsin. “’n Mens gaan kyk maar altyd daar vir nuwe innovasies waaruit ons kan leer, want dis belangrik om met nuwe tegnologie by te bly. Ons was ook op plase in Florida.” Volgens hom hoef Suid-Afrikaanse suiwelboere nie terug te staan vir die Amerikaners nie. “Ek dink Suid-Afrikaanse melkboere kan trots wees op hul prestasies. Ons melkproduksie is hoër as van die kuddes in Florida, maar dis
moontlik dat hul voedingskoste laer is. “Ons kon in 1987 Amerikaanse begin saad invoer en sedertdien gebruik ons dit. Ons het ook geleer by hul bestuurspraktyke, melkwinning, kalf grootmaak en die uitleg van stalle en beesbehuising. Vandag is die gehalte van Suid-Afrika en Amerika se suiwelboerdery op dieselfde vlak.” Nog ‘n rede vir sy sukses, volgens Basson, is die konsultant, Chris Fourie, wat hy deurlopend aanwend. “Hy gaan gereeld Amerika toe en hou ons op hoogste van die jongste inligting. “Sy bydrae beteken vir my ontsettend baie. ‘n Ou raak later stereotiep. Fourie samel elke maand data in van ons Israeliese rekenaarstelsel en verwerk die inligting.” “Dan is daar plaaslike veeartse wat weekliks die plaas besoek vir ondersoeke en aanbevelings doen oor wat ons kan doen oor koeie wat nog nie dragtig is nie en watter prosedures ons kan volg.” Nog ‘n berig op bl. 8.