die courant 20 november 2013 249

Page 1

courant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

LSS groet skoolhoof

swartland en weskus Uitgawe 249

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

20 November 2013

Skenking uit ‘Hoër Hand’

tel: 022 487 3221

Koringfees kruip nader

Suiglekkers op Darling...

Vir die asem of die keel:

Darling se hoofstraat was die naweek en Maandag die toneel vir ‘n internasionale advertensie vir Halls suiglekkers wat daar verfilm is vir vroeg in 2014. Met ‘n span van rofweg 50 mense is akteurs Maandag agter die stuur van ‘n groen BMW verfilm. Die straat was gister reeds weer ontruim en verkeersvloei was terug na normaal. Die eienaar van die agentskap Discovery Film Locations & Unit Management, Elmarie Boshoff, wou nie meer besonderhede bekend maak nie.

•hulle is nie misdadigers - POLISIEHOOF

Bosslaper-dilemma Die polisie sluit mense toe as hulle ‘n oortreding begaan. Om huisloos te wees is nie ‘n oortreding sover ek weet nie. As hulle dronk en wanordelik is, kan ons hulle toesluit, maar die volgende dag of sodra nugter, word hulle weer vrygelaat en die probleem gaan voort. Die SAPD kan nie die huisloses bly recycle nie. Aan die woord is die stasiebevelvoerder van die SAPD op Malmesbury, kol. Niels Nilsson, oor die probleme wat sakelui en regstoepassingsbeamptes met hawelose mense beleef. Vrae oor die probleem van bosslapers het verlede week opnuut op Nilsson se lessenaar beland omdat die verantwoordelikheid vir hawelose mense soos die spreekwoordelike warm patat van die een rolspeler na die ander gegooi word, sonder dat daar ‘n oplossing kom. “Die probleem lê daarin dat niemand verantwoordelikheid vir die kwessie aanvaar nie.” “Ek voorsien dat die roete wat destyds gevolg is om die probleem van straatkinders op te los, ook hier gevolg moet word: ‘n Saamstaan van die hele gemeenskap. “As ek tyd gehad het, het ek die voortou geneem om te reël dat al die rolspelers bymekaar kom sodat ons dié probleem van hawelose

mense kan aanspreek. Want dis net as almal handevat, dat ons hierdie probleem effektief sal kan oplos. “Die probleem is sosiaal-maatskaplik en nie noodwendig krimineel van aard nie,” het Nilsson in ‘n verduidelikende e-pos gesê. Ons haal (met sy toestemming) verder aan: “Die howe gaan hulle nie vonnis nie, want die tronke is oorvol. Hulle hou die plek vir die ernstige kriminele. “Die nagskuiling wil ook die huisloses inneem nie, want hulle onderwerp hulself nie aan die dissipline en reëls nie. Die maatskaplike dienste word slegs betrokke as die persoon self sy of haar drankpro­bleem wil aanspreek, wat nie die geval met die dranksugtige huisloses is nie. “Die drankwinkel-eienaar sal ook nie ophou om drank aan die persone te verkoop nie - dit is vir hulle ‘n inkomste. ‘‘Verder het ek geen voorval op rekord dat ‘n bosslaper al ‘n inwoner van die dorp aangeval het nie. Hulle val wel die mense lastig om te bedel (en hulle gee ook nie om of die persoon in polisie-uniform is nie),” lui die e-pos verder. “Die SAPD het nie raad met die hawelose mense nie en die SAPD kan hulle nie bly toe-

sluit as die probleem eintlik drankafhanklikheid is nie. Ons by die SAPD sal ook enige raad in hierdie verband op prys stel.” Intussen vra Nilsson dat die publiek nie die haweloses in hul kwaad moet sterk deur vir hulle kos en ander produkte te gee nie: “Werk eerder deur die bestaande organisasies soos sopkombuise en die nagskuiling, want aalmoese vererger net die probleem.” • Die Malmesbury Polisie het oor die afgelope jare hard gewerk om voorkomend op te tree. Daar is onder meer strukture in plek gestel om vroeë skoolverlaters effektief te hanteer, terwyl voorkomende dienste aan die plaaswerkergemeenskap dit ten doel het om die fokus weg te neem van verslawende middels en alternatiewe daarvoor te bied (soos sport- en dominobyeenkomste). Verder het Nilsson vroeër vanjaar die Saamstaan huis-tot-huis-projek met die hulp van vyf tot agt gemeentes gestig. Hier word met huisbesoeke gehelp om die maatskaplike probleme van die area aan te spreek. Daar is nou ook besluit om maandelikse ontlontingsessies te hou waartydens die polisielede hulp kan kry om hul opgekropte emosies te hanteer.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 20 november 2013 249 by DieCourant - Issuu