courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
tel: 022 487 3221
Gautenger nuwe LSS-hoof?
Uitgawe 241
die
swartland en weskus
25 September 2013
Digbundel uit Weskus
hugenotestraat 24, malmesbury
Pieter-Steph in Bokgroep
“Jo Dolphin Swartland APD op ons voordeur, hier op hierdie terrein” - dit is die doelwit waarmee die komitee en ouers van dié dagsorgsentrum vir gestremde persone op Malmesbury werk en woeker. Die eerste simboliese sooie is gister deur die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, gespit op die terrein wat grens aan Albaniestraat en wat Jo Dolphin verlede jaar kon koop met die hulp van die SM en die plaaslike Lions. Die droom van die komitee is om eerstens ‘n eie dagsorg- en werkskeppingsentrum hier te bou. Op die foto is Josephine Matthews, die stigterslid van die oorspronklike dagsorgsentrum vir gestremde persone (middel) saam met Van Essen (links) en die voorsitter van die komitee, pastoor Cecil Errens (regs), met Jacques Swarts en Maude Goliath heel regs. Foto aangepas.
Eerste sooi gespit vir Jo Dolphin •kweekhuise kom by Riebeek-Wes; PPC skaal af
Israeliese belegging Die ekonomiese profiel van Riebeek-Wes gaan binnekort verander wanneer ‘n Israeliese kweekhuismaatskappy hul Wes-Kaapse tak teenaan ZZ 2 op die grond van Van der Byl Brink gaan oprig. Intussen word die belyning van die PPC (Pretoria Portland Sement)-aanleg buite dié dorp van nuuts af bekyk. Hishtil SA is die Suid-Afrikaanse been van die Hishtil internasionale groep wat kweekhuise en innoverende tegnieke gebruik om hoë-kwaliteit saailinge vir die plaaslike en uitvoermark te kweek. Dit sluit alternatiewe voedingsbodems en hidrogeniese verbouingsmetodes in. Die moedermaatskappy Hishtil is in Israel geleë en spesialiseer sedert 1974 wêreldwyd in die produksie van saailinge en jong groente- en kruieplantjies vir die professionele en stokperdjie-markte. Dit sluit ornamentele plante in. Op internasionale vlak opereer Hishtil vanuit vyf aanlegte in Israel en ses reuse-kwekerye in Turkye, Italië, Suid-Afrika (Limpopo), Bulgarye, Frankryk en Bosnië. Nadat Hishtil SA sewe jaar gelede in die Lim-
popo gevestig is, brei dit nou na die Wes-Kaap uit, met sy hoofkantoor buite Riebeek-Wes, het sy operasionele bestuurder, Roné Strauss, uit Limpopo aan die courant gesê. Die projek is reeds deur die Swartland Munisipaliteit goedgekeur. Hishtil SA beoog om teen die winter van 2014 operasioneel te wees in Riebeek-Wes. Omdat dié kwekerye arbeidsintensief en hoogs gespesialiseerd is, beoog Hishtil SA om oor die volgende drie jaar ongeveer 100 werksmoontlikhede in die Wes-Kaap te bied. “Die oprigting van dié kweekhuise deur Hishtil SA gaan dit ook vir die omgewing moontlik maak om te spesialiseer in geënte groente-saailinge,” het Strauss gesê. Die beplanning is om 10 tot 12 kweekhuise op te rig. *By die PPC-aanleg verduidelik Johan Vorster, algemene bestuurder, dat die afplatting van die ekonomie onder meer daartoe gelei het dat PPC sy “vere moes regskud om die belyning van sy fabrieke in die Wes-Kaap in plek te stel.
“PPC het onlangs R300 miljoen aangewend om die nuutste tegnologie by De Hoek buite Piketberg te verseker. “Terwyl De Hoek nou kan voorsien in die hele sementaanvraag van die Wes-Kaap (ongeveer 1 miljoen ton), is dit die logiese stap om Riebeek-Wes se opgradering met ongeveer drie jaar uit te stel en De Hoek vir eers die primêre fabriek te maak. “Intussen gaan take soos die verpakking van sement in sakkies weer by die Riebeek-aanleg gedoen word. Geen personeellede gaan hul werk verloor nie. Ons onderhandel tans met ons personeel oor pakkette. “Die Riebeek-Wes fabriek het genoeg reserwe kalksteen om te voorsien in ons behoeftes vir die volgende 100 jaar, daarom sal PPC nooit hierdie aanleg wil sluit nie,” het Vorster gesê. “Intussen het PPC ook onderneem om steeds hul sosiale verantwoordelikhede na te kom, vandaar die R5 miljoen-skenking oor die volgende 3 jaar aan die SM om die opgradering van die omgewing se rioolstelsel te ondersteun.”