Diecourant 26 junie11

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 228

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

26 Junie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Piketbergers op pad na Beijing

Franke150l Geyser

R1850

excl.

32 Bokomo Road Malmesbury

Tel: 022 482 1412/4

Die blokfluit-ensemble van Piketberg Hoërskool gaan die vakansie in Beijing optree onder leiding van Komien van der Westhuizen (middel agter). Die musikante is Maria Visser, Adrianna Visser, Letjé Burger, Andreas van der Merwe, Magdaleen Grundlingh en Stephan Louw. Voor sit Alan Willemse en Timotheé Luyt. Sien berig op bl. 5.

•Vergaderings gehou oor kalksteen

Myne vir Swartland? Openbare inligtingsvergaderings oor die beoogde vestiging van kalksteenmyne in die Swartland word in die skoolvakansie gehou. Prospekteerregte is reeds deur die streekbestuurder vir mineraalregulering in die WesKaap toegeken aan die maatskappy Gondwana Exploration and Mining, wat hom nou beywer om ook mynregte te bekom op die drie terreine naby Riebeek-Wes, Moorreesburg en Piketberg. ‘’Daar is ‘n paar boere wat ongelukkig is. Almal wat belangstel in die projek en meer daaroor wil weet, is welkom by die vergaderings,’’ het Danielle Welgemoed, assistent-projekbestuur­ der van Osho Ventures in Johannesburg, aan die courant gesê. Osho Ventures fasiliteer die hui­dige proses vir Gondwana Exploration and Mining. ‘n Omgewingsimpakstudie moet nog gedoen word, volgens Welgemoed.

Donasies ná stormwind op Moorreesburg: Donasies van kos en

droë klere kan na die Rampbestuur-kantoor in Stasiestraat 17 op Moorreesburg geneem word, nadat ‘n tornado gister om 12:45 Hooikraal

Die plase waarop prospekteerregte toegeken is, is luidens inligting wat deur Osho Ventures verskaf is, Vondeling 212, Zwartfontein 414, Zwartfontein 416, Plaas 1066, Allesverloren 642, Weltevreden 497, Middelpos 696, Knolfontein 696, Plaas 640 en De Nieuwe Gift 968. Dit is egter moontlik dat van die grond onder ander plaasname in die omgang bekend is. Môre se vergadering by Piketberg word om 17:00 by Noordhoek Velddrif gehou. Navraag hieroor kan aan die Piketberg-munisipaliteit by 022 913 6093 gerig word. Op Vrydag word daar twee inligtingsvergaderings gehou. Die vergadering op Moorreesburg is om 12:00 in die stadsaal, waaroor navraag aan 022 487 9400 gerig kan word. Die laaste van die drie vergaderings begin om 17:00 op Riebeek-Wes in die stadsaal. Navraag hieroor kan aan 022 461 2324 gerig word.

Die openbare vergaderings is oop vir almal. Volgens Welgemoed sal sy en ‘n geoloog van Gondwana die publiek op die inligtingsvergade­ rings te woord staan en vrae beantwoord. Welgemoed sê minstens 40 werkgeleent­ hede sal in die Swartland geskep word indien mynregte later aan Gondwana toegeken word. ‘’Die prospekteerregte sal nie noodwendig enige plaaslike werk skep nie omdat dit hoofsaaklik ‘n rekenaarstudie oor onder meer satellietbeelde is wat deur geoloë van Gondwana gedoen sal word, asook ‘n geofisiese elektromagnetiese opname. Ons is nog baie ver vanaf mynregte. Ons moet nog bepaal of daar genoeg kalksteen is om te ontgin.’’ Die impak van kalksteenmyne op die natuur­ skoon van die Swartland, asook die moontlike gevolge op eiendomspryse tel onder vrae wat belanghebbendes nou vra.

en Rosenhof hier getref en 12 huise/strukture se dakke afgewaai het. Weldoeners kan Bertus Senekal of Maryke Kotzé by 022 433 8700 skakel. Kragtoevoer is gisteraand reeds herstel. Intussen het die munisipale bestuurder, Joggie

Scholtz, gesê dat die samewerking tussen Swartland Munisipaliteit, Weskus Distriksmunisipaliteit, Rooi-kruis, die SAPD en die gemeenskap “uitstekend is. Seile om die reën buite te hou en kospakkies is aan die 12 gesinne oorhandig.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.