courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
tel: 022 487 3221
Uitgawe 238
die
swartland en weskus
hugenotestraat 24, malmesbury
4 September2013
Swartland Skou kies skoonhede
Vermaak vir oud en jonk op Moorreesburg Sonika Carse is Vrydagaand as die Swartland Skou se koningin gekroon. Anja Myburgh is as haar prinses aangewys op die spog-geleentheid met die tema “swart-en-wit-maskerbal”. Links is Jacques Bester (visepresident van Swartland Skou), Anja Myburgh (prinses), Sonika Carse (2013 se skou-koningin) en Willie von Abo (Hyundai Malmesbury, wat die prysgeld geborg het). Die skou, met vermaak vir oud en jonk, begin vandag en duur tot Saterdag. Berig en foto’s van bl. 8 tot 11. Foto: Hesmarie Nel
•Aandeelprys styg skouspelagtig
Kaap Agri-kragtoer
Die aandeelprys van Kaap Agri het die afgelope jaar skouspelagtig die hoogte ingeskiet, tot die huidige vlak van R16. Kaap Agri het in 2006 tot stand gekom met die samesmelting van WPK en Boland Agri. “Toe was die besighede se gesamentlike waarde gereken op R360 miljoen. Vandag is die groep se gesamentlike waarde, indien die Pioneer Voedselbelegging wat onlangs ontbondel is, ingesluit word, R 4 665 miljoen – of dan R 4.7 miljard! Indien al die produsente (aandeelhouers) van destyds aan hulle aandele vasgeklou het, was 415 nou miljoenêrs!” verduidelik James Matthee, finansiële direkteur van Kaap Agri, oor die maatskappy se opgang. “Ek wonder soms of mense weet dat Kaap Agri (Malmesbury Agrimark) hier een van ons 148 bedryfspunte is. Dat ons in 88 stede, dorpe en plekke besigheid doen. Dat ons in vyf provinsies plus Namibië takke het. Maar dat ons hoofkantoor en ons hart op Malmesbury bly,” het hy aan die courant gesê. G’n wonder nie die Johannesburgse dagblad Business Day het onlangs in ‘n voorbladberig na Kaap Agri as die “Boere Massmart” verwys.
Sean Walsh, bestu- James Matthee, firende direkteur. nansiële direkteur. Matthee, wat reeds 30 jaar hier in diens is, het destyds begin toe daar 11 takke was. Vandag het dit tot 148 bedryfspunte gestyg. Die afgelope boekjaar was Kaap Agri se omset R4,52 miljard, die wins R102 miljoen, die dividend wat aan aandeelhouers uitbetaal is R26 miljoen en daar is tans ‘n personeel van 2000 landwyd en in Namibië in diens. Maar waaraan skryf Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, die suksesverhaal toe? “Die bestuurspan het in 2009 al ‘n keuse gemaak om nie deel te neem aan die resessie nie en die
besigheid het byna verdubbel van toe af. Ons bly glo dat ons mense en waardes vir ons ‘n kompeterende voordeel gee bo die mededingers. “Die hele bestuurspan is ten volle bewus van die groeistrategie, die spoed waarteen ons wil groei, en hoe dit in die toekoms sal lyk indien ons die uitdagende teikens behaal. Terselfdertyd is daar voldoende aansporings vir ons as span indien ons die groei handhaaf. Die strategie is redelik eenvoudig: ons doen met meer produkte, in meer plekke, met meer kliënte teen laer marges besigheid, en dit lei daartoe dat ons meer geld maak. “U kan dus sien ons fokus nie op sukses nie, ons fokus is om meer betekenisvol vir ons kliënte en nuwe kliënte te wees, en as gevolg hiervan, sal die maatskappy suksesvol wees. Natuurlik moet ons terselfdertyd seker maak dat optimale waarde ontsluit word vir ons aandeelhouers, en dit gaan nie net oor die aandeelprys nie, maar eintlik meer oor groei, en ‘n gesonde en sosiaal verantwoordelike besigheid. Weereens is die aandeelprys eintlik die resultaat van al die bogenoemde.” Nog ’n berig op bl. 5