die courant

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 185

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

8 Augustus 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Nuwe raadslid verkies op Darling

STEMDAG: Michael Rangasamy van

die DA lei ‘n groep geesdriftige ondersteuners op stemdag. Hy het die tussenverkiesing in Wyk 6 in die Darling-omgewing gewen en volg wyle Abe Johnson as raadslid op. Rangasamy het 1334 stemme op hom verenig, teenoor Carol Adams van die ANC se 515 en Deon Olivier van die PAC se 22 stemme. Lees berig oor verkiesing op bl. 2 en volledige onderhoud met Rangasamy op bl. 10.

Dapper Jessica wil ander met kanker help Tans in remissie “Moenie huil nie, Mamma, ek gaan nêrens heen nie,” het die 16-jarige Jessica Vermaak haar ma getroos nadat hulle verlede jaar die skoknuus van Jessica se speekselklier- en limfoïedekanker op 17-jarige ouderdom gehoor het. Dié trooswoorde was ná ‘n operasie in September om die groeisel te verwyder, en nadat hulle gehoor het sy sou ‘n tweede operasie en chemoterapie moes kry. Hoewel haar oupa aan dié tipe kanker oorlede is, het dit dié fyn tiener nie laat onderkry nie. Sy het die operasie in Oktober ondergaan en is so gou as moontlik daarna weer skool toe. “En sy het steeds haar graad 10-jaar met halferekleure geslaag,” vertel haar ma, Donna, trots. Jessica en haar ma moes vir sewe weke lank (3 Januarie tot 16 Februarie), elke middag ná skool stad toe ry om 33 bestralings te ondergaan – tot Jessica se verligting was chemoterapie nie nodig nie. Behalwe vir die hitte en spanning, was die eensaamheid en bangwees van dié pad vir haar moeilik. “Vir die eerste twee weke (van bestraling) het ek niks gevoel nie,” vertel Jessica. “Daarna het ek seertjies in my mond gekry en

kon ek nie eet nie en moes ek proteïen-aanvullers drink. ‘n Mens voel later ongemaklik en lelik!” Om dié tyd van bestralings af te sluit, het Jessica die jaarlikse Valentynsbal bygewoon en kort daarna het sy die plaaslike Relay for Life amptelik help open. Intussen het die gesin die goeie nuus gehoor dat haar kanker nou in remissie is. “Ek weet nou hoe ‘n eensame pad dit is, daarom wil ek self betrokke raak en ander families help wat dié pad stap,” verklaar Jessica. Om dié rede voltooi sy tans ‘n Relay for Lifeopleidingskursus sodat sy die 2013-byeenkoms kan help reël. Kon haar maats haar bystaan in dié tyd? Sy skud haar kop: “Dit lyk my tieners weet nie lek-ker hoe om dit te hanteer nie! Daar was sommiges wat die pad saam met my gestap het – eendag, op ‘n seunsmaat se verjaardag, het hy en een van sy maats by my aangekom; met koek en ballonne! “Ek kan net dankie sê vir al my maats vir hulle ondersteuning.” Hierdie leerder van Hoërskool Swartland se dapperheid en positiewe ingesteldheid gryp almal aan.

Jessica het onlangs ‘n Kaapse byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Mev. Wêreld-finaliste toegespreek oor haar pad met kanker en môre, op Vrouedag, is sy die gasspreker in die Hoedjiesbaai Hotel op Saldanha. Verlede week het Jessica tydens ‘n regstreekse TV-uitsending van Hectic 9 vertel van die ondersteuning wat Reach for a Dream gebied het toe hulle haar met ‘n ‘shop till you drop’-inkopiesessie bederf het, kort nadat die gesin die kankernuus gehoor het. Haar ouers, Sean en Donna Vermaak, het ook baie lesse geleer in hierdie tyd: “Ek het geleer hoe belangrik is dit om ander mense in sulke situasies te ondersteun,” sê Donna nou. “Al bel of sms ‘n mens net om te sê jy dink aan iemand, help dit reeds! Verder is dit belangrik om die ander kind(ers) in die gesin ook te betrek by die proses – vir Jessica se 12-jarige boetie, Kyle, was dié pad nie altyd maklik nie!” “Maar Jessica het my regdeur dié proses gedra!” sê Donna.

Die 17-jarige Jessica Vermaak inspireer ander ná sy die pad met kanker gestap het. Hier is sy by haar ma, Donna Vermaak en broer, Kyle.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.