c urant
Gratis • Free
55.3%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
10 Augustus 2016
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Uitgawe 382
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Plaasveiligheid onder die vergrootglas
GAPSA het gister op Malmesbury na plaasveiligheid gekyk. Verskeie rolspelers het die oggend bygewoon om hul steun hieraan te gee. Hier is Theuns Duvenhage, voorsitter van die Malmesbury Sakekamer, Kol. Niels Nillson van die Malmesbury Polisiekantoor, Genl. Mzandile Mzamane, Tijmen van Essen, burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Dan Plato, die plaaslike minister van gemeenskapsveiligheid, Koot Claassen, vise-president van Agri Wes-Kaap, Thomas van Dalen van Afriforum en Uys van der Westhuijsen van die plaaslike landbouvereniging.
• ANC EN ANDER PARTYE VERLOOR STEUN
DA verstewig posisie Verlede week se munisipale verkiesing is landwyd en ook op die Weskus gekenmerk deur ‘n groter aantal stemme ten gunste van die Demokratiese Alliansie (DA). Dié party het nie alleen sy posisie in die Swartland, Bergrivier en Saldanha verstewig nie, maar ook die African National Congress (ANC) in die Cederberg en Matzikama munisipaliteite uit die kussings gelig. Ook in die raad van die Weskus Distriksmunisipaliteit sal die DA voortaan ‘n groter verteenwoordiging hê. Die afgelope termyn se burgemeesters in die Swartland en Bergrivier, Tijmen van Essen en Evert Manuel, sal in dié poste aanbly, terwyl Marius Koen Saldanha se nuwe burgemeester sal wees. Die DA se burgemeesterskandidate in die Cederberg (waar die DA 55.21% van die stemme gekry het),en Matzikama (waar die DA 54.67% van die stemme gekry het) is Jimmy Barnard en Rhenda Stephan.
Die voorste partye se persentasie in die ander munisipaliteite was: Swartland: DA 70.4% (16 raadslede) ; ANC 23.86% (6 raadslede), Economic Freedom Fighters (EFF) 2.71 (1 raadslid), en Kaapse party 1.18%. Bergrivier: DA: 64.08% (9 raadslede), ANC: 32.63% (4 raadslede), VF+:1.89% en EFF:1.17%. Saldanha: DA: 61.15% (17 raadslede), ANC: 29.48% (8 raadslede), EFF:1.99% (1 raadslid), Saldanha Bay Residents Alliance 1,62 (1 raadslid) en Khoisan Revolution 1.44%. Die toekenning van raadslede in die Cederberg is: DA 6 raadslede, ANC 4 raadslede en Alliance Of Democratic Congress 1 raadslid. In die Matzikama sal die DA 8 raadslede hê met die ANC 5 en die EFF en United Democrats elkeen een raadslid. Die voorlopige lys raadslede vir die Swartland wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bekragtig moet word, is ANC (propor-
sioneel): Desmond Philander, Annie Sneewe, Ntobeko Zatu, Felicia Humphreys en Zamabuntu Bekebu en (wyk 9) Bulelani Penxa. DA (proporsioneel) Tijmen Van Essen, Maude Goliath, Monde Stemele, Patricia Solomons en Cormac Fortuin en wyke (1) Marlene Van Zyl, (2) Clive Henry Papers,(3) Nicolene Smit, (4) Basil Stanley, (5) Michael Rangasamy, (6) Estelle Maart, (7) Valery Mc Quire, (8) Anet de Beer, (10) Reggie van der Westhuizen, (11) Colin Daniels en (12) Desiree Bess en die EFF (proporsioneel) Lisolomzi Mfutwana. Volgens die provinsiale sektretaris van die ANC Wes-Kaap, Faiz Jacobs, is hulle besig om die die proporsionele lys te finaliseer en sal dit môre bekendgemaak word. DA (proporsioneel) word verteenwoordig deur Evert Manuel en Mario Wessels en wyke (1) Koos Daniels, (2) Adam du Plooy, (3) Riaan de Vries, (4) Ray Van Rooy,(5) Boeta Josephus, (6) Audrey Small en (7) Sandra Crafford.
NUUS • NEWS
10 Augustus 2016