Wellington 382 10 augustus 2016

Page 1

courant

dié

Wellington

Gratis • Free

1

10 Augustus 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 382

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

tel: 022 487 3221

• NOU BORG VAN EERSTE HOKKIESPAN

Karel smous met hokkie • Jaomi Zeeman

Een van die mees gesogte verskaffers van hokkie-toerusting in die Boland het ‘n florerende besigheid op die been gebring deur klein te begin met 'n groeikoers van 150% die afgelope vier jaar. Karel van Niekerk kon dit regkry. Wat hierdie prestasie egter uitsonderlik maak, is die feit dat hy ‘n matriekleerling is wat hierdie onderneming in graad ag begin het. Volgens Karel het die idee vir sy hokkie-besigheid ontstaan toe hy 14 jaar oud was en sy ma hokkie-toerusting vir sy twee ouer broers gesoek het. “My ma het altyd vir my broers, wat vyf en ses jaar ouer as ek is, hokkie-toerusting van die Kaap af gebring. Sy moes ook dikwels vir hulle vriende van dié toerusting saambring,” vertel hy. “My oudste broer, Michael, is in sy matriekjaar Nederland toe vir hokkie en daar het hy onder andere die Princess-fabriek besoek en meer oor hierdie handelsmerk te wete gekom,” sê Karel. Nadat sy broer hom van hierdie fabriek vertel het en hy ‘n bietjie navorsing oor die produkte gedoen het, het Karel besluit om met die invoerders te praat. “Die invoerders het ingestem om toerusting vir my op besending (“consignment”) te gee. Daarna het ek begin bemark – ek wou graag die handelsmerk in die Boland vestig. Mense hou daarvan om ‘n tendens te volg en ek wou die tendens begin,” vertel hierdie entoesiastiese entrepreneur. Volgens Karel het hy aanvanklik net in sy eie skool bemark, maar vandag bemark hy regoor die Bolandstreek. Die pad na sukses was egter nie altyd sonder uitdagings nie. Die feit dat hy baie jonk was, het moontlike kliënte dikwels onkant betrap. “Almal het gedink ek is te jonk,” vertel Karel. “Tannies het my gebel en half geskrik as hulle met ‘n 14-jarige praat. Ek het egter my produk en handelsmerk goed geken en kon goeie raad gee, asook naverkoopdiens,” sê hy. “Mense skrik nou nog as hulle bel en ek uit ordentlikheid ‘tannie’ sê. Hulle wil nie glo ek is nog ‘n skoolkind nie,” lag hy.

Brul:

Die Laerskool Hugo Rust se Gr 6.2-klas het besluit om hul onderwyser, Charl de Villiers, ‘n groot Lions-ondersteuner, te ondersteun deur hom te verras en te wys hulle staan agter hom en sy span. Die Lions het Saterdag in die eindstryd van die Super-reeks gespeel. Volgens Karel het sy besigheid van krag tot krag gegaan, omdat hy dit kon regkry om sy handelsmerk te vestig, hy billike pryse kon aanbied en hy ‘n betroubare verskaffer kon word. “Ek wou ‘n ‘trend’ vestig. Mense hou daarvan om ‘n ‘trend’ te volg en ek kon dit regkry. Ek het ander skole gekontak en selfs provinsiale spanne van toerusting begin voorsien. Ek het agtergekom dat doelwagter-toerusting nie maklik bekombaar is nie en ‘n verskaffer in Durban gevind wat dit teen billike pryse kon voorsien. Só kon ek nog ‘n belangrike leemte in die mark vul,” sê hy. Op die oomblik is sy grootste kliënte sy eie skool, Hugenote Hoërskool, die Boland-hokkiespanne, laerskole van die Paarl en baie individue. Hy is ook die borg van sy skool se eerste seunshokkiespan. Karel se grootste prestasie tot dusver is sekerlik sy sukses in die entrepreneurskompetisie wat die Wes-Kaap regering verlede jaar vir jong entrepreneurs geloods het. “Mev. Marietjie Barnard van Hugenote Hoërskool het my ingeskryf vir die Helen Zille Young

Entrepreneurs Award. Daar was altesaam 203 inskrywings en ek het algeheel tweede gekom. Dit was ‘n ongelooflike geleentheid en ek het baie geleer,” vertel hy. Karel is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hy van sy familie kry. “My ma help met die bestellings, veral as ek in die skool is of as die pakkies afgelaai word. Maar verder moet ek alles self doen – ‘n mens leer maar die beste op die harde manier,” sê hy. Karel het, toe hy sy besigheid begin het, besluit dat hy graag in sy matriekjaar oorsee wil reis met die geld wat hy uit sy besigheid verdien het. Hierdie droom het onlangs ‘n werklikheid geword toe hy en ‘n vriend tydens die Junie-vakansie oorsee gaan toer het. “Ons het Europa toe gevlieg en vir 18 dae deur ag lande gereis – alles op ons eie. Dit was ‘n groot ondervinding en het al die jare se harde werk die moeite werd gemaak,” vertel hy. Oor sy toekomsplanne is Karel baie opgewonde. “Ek gaan volgende jaar B.Rek by Maties studeer, maar ek gaan agente in die skole aanstel – ek wil steeds die eienaar van die besigheid bly,” sê hy. Wat is sy raad aan ander jong entrepreneurs wat ook hul eie besigheid wil begin? “Kyk waar daar ‘n geleentheid is vir produkte wat nie in jou omgewing beskikbaar is nie. Toets jou mark en vestig ‘n neiging met jou handelsmerk. Ken jou produkte sodat jy kan raadgee oor elke aspek daarvan.” Só praat ‘n jong entrepreneur met baie ondervinding.

NUUS • NEWS

10 Augustus 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.