FCE Nuusbrief September 2010

Page 1

FCE Nuus

eptember 2010

Tel/Fax: +27 (0)23 2310 208 info@fce.org.za

Liewe Gebedsondersteuners Ek kry onlangs ‘n oproep van ‘n onderwyseres wat navrae doen oor die Nasionale Christenonderwyskonferensie wat ons vanaf 24 – 27 September in Bloemfontein beplan. Haar eerste woorde pluk aan my hart: “Ek is skaam om in goeie geselskap te erken dat ek ‘n onderwyser is. Ek is skaam om aan die einde van hierdie maand my salaris te ontvang, omdat ek nie toegelaat was om daarvoor te werk nie!” ‘n Paar jaar gelede stuur een van my oud-leerlinge vir my ‘n koerantberig uit Engeland met die hoofopskrif: “Teachers crying in the corridors.” Een van ons onderwysstudente het haar prakties in ‘n skool in die buiteland gedoen. ‘n Leerling hardloop in die gang teen haar vas en toe sy die kind keer dat sy val, ruk die leerling los en skree: “Why are you touching me, you are not allowed to touch me!” In Afrika is daar afgesonderde gebiede waar kinders elke oggend opdaag vir skool en van 0800 tot 1200 op ‘n klip sit en wag vir ‘n onderwyser, wat aan die einde van die maand sy salaris ontvang, wat nooit opdaag nie! Ek lees onlangs in ‘n plaaslike koerant dat sommige matriekleerlinge daarop aanspraak maak om 50% van hul eksamenpunte gratis te ontvang, omdat daar nie tydens die onlangse stakings onderrig in skole plaasgevind het nie!! Hierdie prentjie is nie uit verband geruk nie. Hierdie prentjie is geteken in die swart en wit van selfsug, selfbelang en self-geregtigheid. Daarteenoor ken ek ‘n skoolhoof wat sy reg op vakansie opsê om jaarliks saam met sy leerders op uitreike te gaan. Saam beleef hulle die vreugde om te gee en leer hulle dankbaarheid vir die oorvloed wat hulle het. Ek slaap by ‘n vriend oor in ‘n land waar God nie ge-eer word nie. Sy vierjarige pen my vas: “Ken oom vir Jesus?” Net om doodseker te maak ek verstaan die erns van die saak, voeg hy by: “Die rêrige Jesus, die een wat aan die kruis gesterf het.” Ek hoor van ‘n matriekleerling van ‘n skool in Namibië wat afgevaardig is om ‘n Konvensie in Wenen by te woon. Daar weier sy om die “Weense handves (‘n dokument wat handel oor ‘n nuwe benadering oor Dwelms en Prostitusie) te onderteken. Nie omdat sy rebels is nie, maar omdat sy oortuig is dat dit wat hulle voorstel, nie die oplossings bied nie. ‘n Vyfjarige dogtertjie stap na die verhoog en voor ‘n skool van honderderde leerling van graad 0 tot graad 12, bid sy kinderlik en met passie vir al die honger kinders van die wêreld. Weke lank bid ek vir finansies saam met ‘n onderwyser wat ‘n droom het om sy leerders, wat nog nooit verder as die bos waarin hul gebore is, uitbeweeg het nie, op ‘n skooltoer te neem. Die dag waarop hy sy droom moet laat vaar omdat daar nie genoeg fondse is nie, bring die Here ‘n uitkoms deur die mildelike bydrae van ‘n skool op ‘n ander kontinent.. Ek is jaarliks betrokke by die opleiding van onderwysers in Christus-gesentreerde opvoeding. Na vier jaar opleiding is hulle bereid om sonder enige vergoeding vir die kinders in ons CTC skool te hou en vind hul hul vreugde nie in wat hulle doen nie maar in wie Christus in hul lewens is. Hierdie prentjie is ook nie uit verband geruk nie. Dit is ‘n werklikheid van mense wat hulself vind in hul godgewe roeping en hul ten volle uitleef in hul godgegewe potensiaal. Hierdie prentjie is geskakeer in die kleure van geloof, hoop en liefde! Hiermee doen ek ‘n beroep op elkeen van julle: Kom ons beweeg uit ons hoekies waar ons ons liggies vir onsself laat skyn. Kom ons deel ons skatte wat in elke geval deur mot en roes verniel gaan word. Kom ons beweeg uit ons kerke en selgroepe waar ons ons warm broei rondom al die ‘blessings’ wat ons tydens eredienste, bidure, bybelstudies en lofofferdienste ontvang. Kom ons GAAN die wêreld in en ons skaam ons nie vir die Evangelie nie. Kom ons raak kinders aan, ons stel ons talente tot hul beskikking en ons gee ons hart vir die wêreld, sodat Christus verheerlik word, God se eer herstel word en God se gebroke skepsele herskep word..

“Vir sover julle dit aan een van die geringstes van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen!” (Mat.25:40)


FCE ONDERSTEUNERS REIK IN LIEFDE UIT EN RAAK LEWENS AAN

Ted Boyce, Craig Murison, David Baskerville en Bob Frisken,

Ouma Beatrix...

...bewys dat mens nooit te oud is om betrokke te wees nie. Sy het vir elke kind in die CTC ‘n mus gebrei. Dit het hul nie net toegerus teen die winterkoue nie, maar haar liefdesdaad het ook hul harte warm laat klop.

Boere uit Clanwilliam en Citrusdaldistrik...

gesiene leiers in christenonderwyskringe in Australië kom evalueer ons onderwysopleiding. Vir jare bid ons al vir erkenning van ons onderwyskursus, sodat ons ons onderwysers met ‘n geloofwaardige diploma kan uitstuur. Hierdie manne ondersoek die raakpunte en is bereid om ‘n helpende hand na ons uit te steek. Craig en David kom lewer ook belangrike insette by ons onderwyskonferensie in Bloemfontein.

Gordon Kershaw

van Port Elizabeth bring baie ure op sy knieë deur vir die werk van FCE. Hy is ‘n gebedstryder en ons voel veilig in die wete dat hy ons dag vir dag aan die Here toevertrou. Hierdie man van God is vir ons ‘n voorbeeld en ‘n inspirasie. Sampie van Rensburg en Danie van Dyk en manne vanuit Balfour/Heidelberg-gemeenskap is al vir jare betrokke by die bouprojekte van FCE. Hul volg die strategie wat die Here vir hulle gegee het. Eers identifiseer hulle ‘n projek. Op die tuisfront werk hulle vir hul eie onderhoud, vertrou hul die Here vir die finansies om die projek te finansier en mobiliseer hulle belangstellendes. Sodra hul alles in plek het, vertrek hulle Afrika toe om die projek staan te maak. Hul sweet, hul trane, hul gebede, hul vasbyt en deurdruk lê in baie van die geboue op Koti ni Eden, Kalungu en Malawi. Dit is wat met die oog gemeet kan word, die ewigheid sal eendag openbaar wat hul in mense se lewens gesaai het.

... help om die groenteprojek op Kalungu te vestig. Hul het so pas ‘n waterpomp ingesit en raad kom gee. Kalungu het ‘n prys losgeslaan by die plaaslike Landbouskou vir al die nuwe groente- en vrugtevariëteite wat hul verbou. Hul is ook uitgenooi na die inter-distrik skou, om die erdwurmprojek en kruieprojek bekend te stel.

m o d i he d i e ber e bid, t

Derick en Sonja van Zyl en hul twee kinders van Grabouw sorg altyd vir vele pret en plesier. Vanjaar het hul ‘n kinderpartytjie vir Masaiti en Kalungu beplan en tussen die eetgoed, die hoedjies, ballonne en geskenke is kinderharte verbly.

te doen

hê. e t f en lie


Masaiti:

ons is besig om ons wortels op Masaiti uit te trek en om dit teen die einde van die jaar op Konti ni Eden te verplant. Die personeel is besig om hulself fisies en geestelik voor te berei vir hierdie verhuising. Die groot trek word beplan vir middel Desember 2010.

Koti ni Eden: is deur die jare gebou met die hulp en fondse van die Duitse organisasie Hilfe Für Brüder, asook individue, kerke en organisasies uit Kanada, Engeland, Suid-Afrika, Australië. Uitreikgroepe, families, vriende, kennisse het ingespring met raad, beplanning, afbreek en weer opbou – en in die sweet van baie se aangesig vertrou ons om hierdie nuwe kampus in September 2011 aan die Here toe te wy.

Die Mackay Christian Family Church se gemeentlede is entoesiasties betrokke by die CTC-geboue, die personeel en die leerlinge. Toe Willie Swanepoel en sy span begin bid vir geld om sy klas op ‘n skooluitstappie te neem, het die Here hul finansies uit hierdie gemeente aangevul. Die leerders maak kennis met geloof in aksie, leer ken God as hul voorsiener en beleef Sy goedheid tydens ‘n onvergeetlike uitstappie.

Doxa Deo Skool Pretoria en die Kalunguverbintenis

Daar bestaan al sedert 2006 ‘n hegte band tussen die Doxa Deo skool en die personeel van Kalungu opleidingsentrum. Skoliere, onderwysers en ouers van hierdie skool pak jaarliks die lang pad na Zambië toe aan in ‘n vragmotor. So word hul uit hul gemaksone gedwing en leer hul om op ander se behoeftes ingestel te wees. Vanjaar het hulle o.a. die kanale vir die erdwurmprojek gebou. Hul het een van die plaaslike laerskole in die gemeenskap gaan opknap en die vermeerdering van verf beleef. Hul het by kerke ingeskakel en in die villages saam met die plaaslike mense geëet en gespeel. Die diens wat hierdie skool jaarliks lewer het onskatbare waarde vir FCE, maar ook vir die leerlinge van die skool. Die skoolhoof en onderwysers ontmoet hul leerlinge op grondvlak en leer hul vrese, hartseer en onsekerhede ken en kry geleentheid om op ‘n baie dieper vlak in hul lewens in te spreek. Hulle sien met verwagting uit wat die Here vir DoxaDeo@kalungu 2011 beplan! Lees hul volledige verslag op ons webtuiste www.fce.org.za

“...om hierdie nuwe kampus in September 2011 aan die Here toe te wy. “

FCE se hart loop oor van dankbaarheid teenoor:

Die Here wat ons deur die jare nie net geroep het nie, maar ook toegerus het vir ons taak om mense te help om hul potensiaal te ontdek, om hul posisie in Christus te vind en om hul medemens met hul talente en gawes te bedien. Die personeel en studente wat die Here in gehoorsaamheid volg. Manne en vroue wat nie gedryf word om die grootste salaris te verdien en die hoogste sport in die lewe te bereik nie. Mense wat gemaklik kan omgaan met wie hulle is, dankbaar is vir dit wat hulle het en entoesiasties meedoen om die boodskap van geloof, hoop en liefde ten volle uit te dra. Die gebedsondersteuners vanuit die Ooste, die Weste, die Noorde en die Suide vir hul bereidheid om te bid, te doen, te gee, aan te raak en lief te hê om sodoende vir ons die las te help dra.


BILTONGWINKEL PRONK IN NUWE BAADJIE lees meer op www.fce.org.za

Na 10 jaar spog ons Biltongwinkel in die Lions’ Square Arkade in Somerset-Wes met ‘n nuwe baadjie. Gert Basson met sy kop vol idees, Carel Nel en Gerrit Nieuwoudt wat ‘n boor en ‘n saag kan laat sing en Francois Pretorius wat die binnewerke van ‘n elektriese koord verstaan en ‘n lig kan laat skyn, span hul talente saam en die eindproduk is ‘n wenner!!!

na

voor

KING’S HIGHWAY GASTEHUISE www.kingshighway.co.za

Die span wat ons King’s Highways bestuur het einde Augustus hul jaarlikse gastehuiskonferensie op Okahandja gehou. Daar is met entoesiasme beplan en besin. Idees is uitgeruil oor hoe om die hoë standaard te handhaaf en hoe om voort te gaan om ‘n atmosfeer te skep vir die Heilige Gees om te werk. Hulle sê DANKIE aan almal wat kom oorbly of wat vriende en familie verwys. Hul begeerte is om deur hul dienslewering deel te hê aan die sendingopdrag en daarom het hul net weer verklaar: “We serve missions!” Ons grootste uitdaging hierdie jaar was om King’s Highway Somerset-Wes te bemark. Om suksesvol te bemark, moet jy jou hand diep in die sak steek. Ons bid en die Here voorsien ‘n bemarkingsgeleentheid ver bo ons verwagtinge. ‘n Vriend van FCE stel ‘n uitstalruimte tot ons beskikking by die Guesthouse Expo wat in die Convention Centre in die Kaap aangebied is, tydens die naweek van 19 – 22 Augustus. Gert, Riëtte en Francois Fouche maak ‘n uitstalling wat onmiddellik mense se belangstelling prikkel. Besoek ons webtuiste vir meer besonderhede: www.kingshighway.org.za

MATRIEKS QUA VADIS

Is jy onseker oor jou toekoms, het jy nog nie ‘n oortuiging oor wat en waar jy wil gaan studeer nie? Moenie nutteloos rondhang nie. FCE wil jou betrek om ‘n verskil te maak. Kyk na ons opleiding, bid daaroor en kontak die kantoor vir besonderhede. 1. Dissipelskap-Sendingopleiding (Verkort) 2. Dissipelskap-Sendingopleiding (Basies) 3. Dissipelskap-Sendingopleiding (Gevorderd) 4. Diploma in Onderwysopleiding: 5. Sertifikaat in Gemeenskapsontwikkeling: Besoek ons webtuiste www.fce.org.za vir meer volledige inligting of kontak ons kantoor: Posbus 126 Wolseley, Suid-Afrika. Tel 023 231 02 08, Epos: info@fce.org.za

Kursusdatums:

Dissipelskap-Sendingopleiding (Verkort) 11Oktober – 21 November 2010 Alle ander opleiding: 17 Januarie 2011, Wolseley Neels, Luke en Ameck sê baie dankie vir al die ondersteuning wat hul tydens hul besoek na Kanada gekry het.

Bid vir die personeel se kinders. Vra dat hul nooit sal ervaar dat hul afgeskeep of tekort gedoen word, omdat hul ouers gedurig

by ander se lief en leed betrokke is nie. Bid teen die onrealistiese verwagting dat omdat hulle sendelinge se kinders is, hul perfek en heilig moet wees. Vra dat hul ouers se geloofsoortuiging weerklank in hul harte sal vind en dat hulle elkeen in hul unieke persoonlike verhouding met Jesus sal groei


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.