u N
Foundation for Cross - Cultural Education November 2009
Liewe Gebedsondersteuners
u
Die afgelope weke was die moontlike strafregtelike vervolging van skole waar godsdiens beoefen word, in die spervuur. Ouers en belanghebbendes het hul menings in die briewekolomme gelug en daar was sterk argumente vir of teen godsdiensbeoefening in die skole.
s
As opvoeder vra ek myself af: waar het ons ons kinders en ons onderwys gefaal? Is dit die gevolg van die onderwysstelsel vanuit die vorige bedeling, waar ons in die Naam van die Here nasionalisme wou bevorder? Is dit as gevolg van die huidige bedeling waarin gepoog word om die Here uit die skoolstelsel te verwyder? Ek persoonlik glo dat ons in beide gevalle die Naam van die Here gebruik en misbruik het, om eie belange te bevorder, en daarom maai ons wat ons saai. Ons getuienis is onbetroubaar omdat die ‘Christene’ dubbele lewens lei en dubbele standaarde stel. Dit wat ons sê en dit was ons doen, strook dikwels nie. En dit is nie net beperk tot die onderwys nie. Ons, as Sy dissipels, moet God se beginsels daagliks uitleef op elke lewensterrein: onderwys, wetenskap, politiek, regte, gesondheidsorg, boerdery, besighede, media, kuns, en so meer, sodat die Koningskap van Jesus Christus op elkeen van hierdie lewensterreine gevestig word. Ons moet besef dat die liggaam van Christus in hierdie wêreld die buffer is tussen God se plan van orde, vrede en harmonie en Satan se plan om te steel, te slag en te verwoes (Joh. 10:10). ”If it were not for the purifying and preserving influence of the the body of Christ the fabric of all we call civilization would totally disintegrate, decay, and disappear. At this present moment the body of Christ, in union with her risen and enthroned Lord, is, therefore, the fundamental preserving factor in this present world order.” (Destined for the Throne) Ons is geroep en word toegerus om in hierdie wêreld sout en lig te wees. (Matt 5:13). In die Here is ons lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Laat ons dan leef soos kinders van die lig, sodat ons Vader in elke aspek van ons lewe en op elke lewensterrein verheerlik kan word.! (Ef. 5:8). Neels
Kersfeesvrede en Nuwejaarsvreugde
Tel 0027 (0)23 2310208 Faks 0865350731 E pos info@fce.org.za Web www.fce.org.za
‘n Helder lig het skielik om die groepie skaapwagters naby Betlehem geskyn en ‘n Engel van God het die vredeboodskap aangekondig: “Vandag is die Verlosser gebore, Christus die Here! Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!“
Ons kerswens aan al ons gebedsondersteuners is dat God in julle ‘n welbehae sal hê en dat Sy volmaakte vrede en vreugde jul deel sal wees in die Kersseisoen en ook in 2010!!!
‘n LIG VIR DIE NASIES
“Die Here het gesê: Ek maak jou ‘n lig vir die nasies, sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik!” (Jes. 49:5,6) DANKIE aan elke FCE ondersteuner wat die afgelope jaar vir ons gehelp het om met die fakkel van hoop en verlossing die Lig in te dra in gebiede en lewens waar die duisternis geheers het. Elke woord van bemoediging, elke besoek, en elke bydrae, het ons taak ligter en ons pad meer gelyk gemaak.
Ligdraers
Moorreesburg Uitreikspan
Verskeie uitreikgroepe het gedurende die jaar ons opleidingsentrums besoek en ons op verskeie praktiese maniere gehelp om ligdraers te wees. Vriende uit Moorreesburg het gedurende die Junie-vakansie die koshuis in Wolseley oorgeneem en die kombuis en die badkamers ‘n ‘face lift’ gegee. Nou is ons nie meer skaam om besoekers of oorsese gaste te ontvang nie. Twaalf spanne uit Suid-Afrika, Kanada, Holland en Engeland het Masaiti en Kalungu binnegeval en hulle het maande se werk binne ‘n japtrap klaargemaak. Daar is gebou, geverf, gespit en geplant. Die meeste van die werk was prakties, maar dit was tydens Kanada Uitreikspan dié werksessies wat hulle FCE personeel leer ken het en blootgestel is aan die kultuur van die mense uit die omgewing. Onder die besoekers was daar ook skoolkinders wat veral die saamspeel met die kinders in die CTC en die ‘villages’ baie geniet het. Poppekasvertonings, opvoerings, dans, sang en musiek is gebruik om die saad van die Evangelie te saai. Donderdae het die uitreikgroepe ingeskakel by die weeklikse lofprysing. Mense van verskillende nasies, volke en tale het die Here met oorgawe aanbid en dit het so ‘n voorsmakie gegee van hoe ons eendag saam in die hemel gaan jubel en juig.
Clanwilliam Uitreikspan
Neels en Carel Nel en ‘n groep boere vanuit Clanwilliam- en Citrusdalomgewing is onlangs na Kalungu om die moontlikheid van ‘n groenteprojek te ondersoek. Carel en Karin Krige en die Doxa Deo-skoolkinders besoek Kalungu jaarliks . Hulle het vanjaar weer die personeel en mense uit die omgewing uit die Woord en op alle praktiese maniere bedien. Die klimapparaat wat hul die vorige jaar gebou het, is opgeknap, die skool se skryfbehoefte voorrade is aangevul en hul diensbaarheid is ‘n getuienis van wat die Christenskool van Pretoria in die skoolkinders se karakters inbou. Hulle is terug en begin reeds beplan vir hul volgende uitreik in 2010. ‘n Groepie getroue ondersteuners vanuit Balfour het hul gewig agter die bouprojek in Malawi gegooi. ‘n Heining is rondom FCE se grond by die meer opgerig. Binnekort kan ons begin met die bouwerk en sodra dit klaar is, kan ons al ons aandag gee aan die mense van die omgewing
Tel 0027 (0)23 2310208 Faks 0865350731 E pos info@fce.org.za Web www.fce.org.za
Die uitreike bied vir ons wonderlike geleenthede om mense by sending betrokke te kry. Dit maak nie net die werk van FCE makliker nie, maar dit is ook die tyd wat mense blootgestel word aan mense in nood, mense wat anders leef en dink en mense wat honger en dors na die waarheid.
Die uitreikgroepe getuig as volg: Mac en Elsa v.d Berg en die Eagles Nest Christenskool, Polokwane: “Jul elke dag se wandel met die Here, jul vriendelikheid, ‘commitment’, die eenheid waarin jul beweeg en jul gehoorsaamheid was vir ons kosbaar.” Giselle van Kanada: “I absolutely loved the outreach. I thought it was great how we were able to see the culture here as well as be discipled by the staff.” Mike van Kanada : “I saw an example of people putting Christ in the centre of everything and trusting each other as a Godly and beautiful community of believers.” Vanessa van Kanada: “I have learned so much from you all and your journeys with Christ. In my time here I feel awakened and revived in my life with Christ.” Tydens die uitreike word die grond voorberei en die saad van die Woord gesaai. Die uitreikgroepe is ook deur hul diensbaarheid besig om Christus te verheerlik en daardeur word mense na Hom toe getrek. Bid dat die saad in goeie grond sal val, sal ontkiem en vrugte sal dra: “vrugte wat by die bekering pas”.
Hoogtepunte en Laagtepunte Prediker sê: “daar is ‘n tyd vir alles” - ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. In FCE beleef ons die tyd om te kom, altyd as ‘n hoogtepunt, maar as iemand moet gaan, moet ons deur die emosies van verlies en afskeid werk. Die Agenbag-gesin was vir sewe jaar deel van die lief en leed van ons organisasie. Hulle keer terug na Operasie Mobilisasie, en OM se wins is ons verlies. Ons groet hulle met seer harte, maar met die wete dat hulle net in ‘n ander deel van God se wingerd gaan werk Carien van Wyk was vir baie jare deel van die hartklop van FCE. Sy was deel van verskeie pioniersfases in FCE en het haarself bewys as ‘n vrou met integriteit, ‘n vrou wat die roeping op haar lewe waardig uitgeleef het. Sy het FCE gedien met haar vele talente en haar humor. Ons laat haar gaan met vrede, omdat sy die man van haar hart ontmoet het. Sy tree op 5 Desember in die huwelik met Dawie Liebenberg en begin haar nuwe rol as predikantsvrou. Carien ons salueer jou! Fred en Frieda King beweeg ook uit FCE. Frieda is een van die eerste Zambiese onderwyseresse wat ons opgelei het. Fred het sy opleiding in Gemeenskapswerk by FCE voltooi. Beide van hulle het die Here as ‘n egpaar binne FCE gedien en beide van hulle is in die Zambiese gemeenskap geliefd en geëerd. Met Timwani, hulle pragtige dogtertjie, het hulle diep in almal se harte geklim en groet ons hulle met die wete dat hulle goed voorberei en toegerus is, vir waar die Here hulle volgende gaan gebruik. FCE se kontrak om op Masaiti te bly, het reeds in Oktober 2008 verstryk. Ons is nog nie gereed om na ons nuwe kampus op Kotini Eden te trek nie, omdat ons nog nie voldoende huisvesting vir al ons personeel het nie. Die een opsie is om tente vir die personeel op te slaan. Jannie is besig met samesprekings om vir uitstel te vra. Daar is nou ‘n moontlikheid dat ons tot September 2010 op Masaiti kan aanbly. Vertrou saam met ons dat ons finansies sal kry om die personeelhuise betyds klaar te bou.
Tel 0027 (0)23 2310208 Faks 0865350731 E pos info@fce.org.za Web www.fce.org.za
Ons skryf min oor ons betrokkenheid in Indië – die redes hiervoor is aan die meeste van julle bekend. Ons wil jul daaraan herinner dat ons ‘n span daar het, wat tussen miljoene afgode, getrou bly aan die enigste ware God. Hulle beleef ook hoogte- en laagtepunte en het vanjaar voor ‘n paar groot uitdagings te staan gekom. Maar die Here is hul banier! Jahweh Nissi. Die FCE personeel van al die opleidingsentrums trek in Januarie 2010 op Hodygos in Namibië saam vir ons tweejaarlikse personeelkonferensie. Gedurende hierdie konferensies bou ons verhoudings en deel ons ons harte met mekaar, evalueer ons die werk van FCE en soek ons die Here se aangesig en leiding vir die toekoms. Bid vir die vervoer - dit is ‘n reuse poging om almal betyds by die konferensie te kry; bid vir die finansies vir die vervoer, die verblyf en al die ekstras; vertrou die Here vir veilige deurry by die grensposte en die nodige visums. En bid dat die Here ons sal ontmoet. Malaria is ‘n dodelike siekte in Afrika. FCE se personeel is nie van hierdie siekte gevrywaar nie. Daar is min van FCE se personeel wat nie onder die siekte deurgeloop het nie, die koue wat in jou murg kom nesmaak, die koors wat jou laat yl, die naarheid en diaree wat jou waardigheid aantas en die moegheid wat jou lus vir die lewe opslurp. Gedurende Oktober is 52 malariagevalle op Masaiti aangemeld. Ons het ‘n gebedsversoek uitgestuur en binne enkele dae het die getalle na 11 gedaal. Een van ons werkers, Jarvis, se seun het gesterf. Bid vir die familie se vertroosting. DANKIE vir almal wat gebid het, DANKIE vir Klaas Beukes wat in samewerking met ander belanghebbendes soek na ‘n oplossing en DANK aan die Here deur wie se wonde daar ook vir ons genesing kom. FCE se jongste Gastehuis: King’s Highway Gastehuis 15 Quinanstraat, Westridge, Somerset-West 7130, Wes -Kaap, Tel: 021 8515318, E-pos: somerset@kingshighway.co.za , Webtuiste: www.kingshighway.co.za ; Kontak Riette Cilliers vir meer besonderhede. Bemark asseblief ons gastehuise in Somerset-Wes, Okahandja Namibie, Masaiti en Kalungu in Zambie onder jul familie
Soedan
Joseph Kony is die leier van die Lord’s Resistance Army (LRA) wat vir jare al verantwoordelik is vir brute geweld en uitwissing van baie mense in verskeie Afrika-lande, o.a. in die Soedan. Daar word beweer dat nét sedert Januarie 2009 hy verantwoordelik is vir die dood van 188 burgers, 68 000 vlugtelinge, en 137 ontvoerings. Die mees kommerwekkende kenmerk van die LRA is die ontvoering van kinders, wat dan as soldate opgelei word òf om wrede dade uit te voer, òf om hulle as seksslawe te gebruik. Dit word alles in die Naam van die Here gedoen. Hy beweer dat hy ‘n regering tot stand wil bring wat op die Tien Gebooie gebaseer is. Geweld is ‘n manier om ‘n suiwer samelewing tot stand te bring, en mense word slegs doodgemaak, as hulle ‘n gebod oortree. Hy is slegs ‘n medium wat geïnspireer word deur die Heilige Gees. Maar sy godsdiens is ‘n vermeninging van Christendom, animisme, mistisisme en heksery. Dit is onder hierdie donker kleed wat FCE in die Soedan die lig moet bring. ‘n Lig wat in die duisternis moet skyn – en ‘n Lig wat nie deur hierdie duisternis uitgedoof kan word nie. (Joh. 1:5). Hierdie lig is Christus. Bid vir Daniel en Beatrice O’hide en Piet du Toit wat op hierdie oomblik besig is om deur die Dissipelskap Toerustingskursus mense te lei na die Weg, die Waarheid en die Lewe. Bid dat die Woord van God deur die verwarring en die seer sal breek en dat mense waarlik vry gemaak sal word. Bid vir die talle Soedanese wat al deur die kursus bereik is of as onderwysers opgelei is en bid dat hulle deur die Here se genade sal bly staan in die vryheid waarmee Christus hulle vrygemaak het. Loof die Here vir die 5 Soedanese wat vir verdere opleiding na Masaiti gestuur is, wat op die oomblik terug is in hul land en hulle voete moet vind as sendelinge onder hulle eie mense. FCE het grond in die Imatong-vallei gekry wat in die oorlogtyd deur Kony en sy makkers beset is. Ons vertrou die Here om binnekort ‘n opleidingskollege hier op te rig. Tree ernstig in vir FCE se toekomsplanne in die Soedan. Ons vertrou die Here vir arbeiders, mede-werkers en ondersteuners.
National Teachers’ Convention
Dit is baie insiggewend dat in dieselfde tydperk wat die onderwyskonferensie in Bloemfontein aan die gang was, dit in die media gegons het oor godsdiensonderrig in ons skole. Dit is net weer eens ‘n bewys dat die Here nooit onkant betrap word nie, dat Hy in beheer is en dat Hy self Sy werk in stand hou. Die konferensie het ook bewys dat Hy besig is om ‘n Gideonsbende op te rig vir die stryd om die harte en gedagtes van die kinders in ons skole.
Tel 0027 (0)23 2310208 Faks 0865350731 E pos info@fce.org.za Web www.fce.org.za
Die konferensie was soos een van die kursusgangers dit gestel het: nie net ‘n goeie gedagte nie, maar dit was God se gedagte. Die konferensie was nie akademies nie, maar Christus-gesentreerd en gees-geinspireerd. Die lesings en werkswinkels was daarop gemik om onderwysers geestelik toe te rus vir hul taak om leerlinge “in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat hulle volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Tim. 3:16) Daar is tentatief besluit om die volgende konferensie volgende jaar gedurende die Septembervakansie weer in Bloemfontein te hou. Teken dit op jul almanak aan en moedig jul onderwysers aan om dit by te woon. Andrew Murray het as volg op sy eie vraag: “What can I do for my country?” geantwoord: “One can do many things, but the best one can do is to get hold of the youth and plant in their hearts the fear of God.” Christenonderwys is God se plan vir die behoud van ons jeug teen Satan se plan om hul te vernietig. Dit is die verantwoordelikheid van elke Christen om vandag in die bres te staan vir die huidige situasie in die onderwys nie net in Suid-Afrika nie, maar in die wêreld, sodat ons ‘n geslag kan voorberei wat die Here eer en vrees. Ons het besluit om in 2010 van ons bedrywighede te staak. Op al die opleidingsentrums sal aktiwiteite so normaal aangaan as moontlik, met die uitsondering van die aanbieding van kursusse en die innames van kollege studente. Die redes vir hierdie besluit is velerlei: ons het tyd nodig vir indiensopleiding vir die personeel; ons wil graag ons kursusse evalueer en aanpassings maak; ons wil oor belangrike aspekte die aangesig van die Here soek en ons het tyd nodig om net weer by onsself uit te kom. Hierdie besluit is vir ons almal ‘n groot uitdaging en ‘n nog groter geloofstap. Ons bedrywighede die afgelope jare het vir ons ‘n gemaksone geword, ons sekuriteit. Wat gaan gebeur as ons nie kursusse het om aan te bied nie, as ons nie programme het wat ons aan die gang hoef te hou nie. Wie gaan bereid wees om in ons visie te bly glo as ons niks het om te verklaar of te bewys nie? Wat gaan die Here aan ons openbaar? Sal ons bereid wees om Hom ten alle koste te gehoorsaam? Bid dat ons aan Hom alleen getrou sal bly, met ons oë gevestig op Christus, die begin en voleinder van ons geloof.
Neem asseblief kennis dat FCE se kantore op 5 Desember sluit en weer op 11 Januarie 2010 sal heropen.