Glitter august 2015

Page 1

Glitter Cover:Glitter Template 2015-07-27 08:53 PM Page 1

Glitter

READ • ENJOY • CONNECT

www.glitter-magazine.com

NOOT vir NOOT-

Liefde na gebrokenheid

wenner op eie bodem

DIE VAN WYKS GLIMLAG WEER

Kyk jou

KIND

te veel televisie?

Kind brand by

kleuterskool OUERS SE NAGMERRIE

Op EVEREST vasgekeer

PASTORE VERTEL Medicross celebrates 20 years!

No: 46 • august 2015 • Free


aida:Layout 1

7/27/2015

9:23 AM

Page 1


X3 Index:Glitter Template 2015-07-27 07:47 PM Page 1

ons voorblad 10 15 18 23 27 36

voorblad: liefde na gebrokenheid aand saam met: gariepfees coffee break: kind brand by kleuterskool Jou storie: noot vir noot-wenner talks about: te veel televisie? leefstyl: op everest vasgekeer

bly in kontak 04

redakteur: wat gaan in Jou kop aan?

elke maand 04 06 07 09 29 33 42 46 49 51 53 56 58 60 62

wat gebeur in kimberley spirit: as Jy hoop verloor, het Jy als verloor medicross: celebrates 20th anniversary regspraatJie: wapenveiligheid: moenie die prooi wees in Jagseisoen nie 10 minute met: meJ. planeet fotoblad: gesinne dekor: veranderinge bring lig praat saam: wat is Jou doel? leser van die maand: elsona steyn beste man: “trou met my” op die lusernlande tuin: inheems is so mooi mense van kimberley resep: groenteverleidings sport: life is like a rubik’s cube muishond: innerlike vergifnis oorval Jou

glitter

volg ons op

http://www.facebook.com/kimberley.glittermag

Stuur jou Storie aan glitter@inl.co.za of faks dit na 086-568-2918. skakel 053-832-6261 vir advertensie navrae of stuur ’n e-pos aan maretha.pretorius@inl.co.za.

PuBLiSHer independent newspapers ltd, rudi ferreira eDitor Jana grobbelaar ProjeCt ManaGer melanie moore ContriButorS ronell van der sandt; karen retief; karen van der berg; zanri kotzé PHotoGraPHer malitza de kock aDvertiSinG 053 832 6261 SynDiCation ManaGer harold pholoholo SynDiCation exeCutive ulrich sylvester aCCountS ManaGer keshia strauss DeSiGn archetype media PrinterS sa print group, 086 1000 730, quotes@saprintgroup.co.za SuB eDitor una engelbrecht DiStriBution diamond fields advertiser, cnr bean & villiers streets, kimberley, 8301, tel: 053 832 6261 SuBSCriPtion enQuirieS harold pholoholo, tel: 053 832 6261 ContaCt eDitoriaL glitter@inl.co.za or faX 086-568-2918 dfa independent magazines subsists in all work published in this magazine. any reproduction or adaptation, in whole or in part, without the written permission of the publisher is strictly prohibited and is an act of copyright infringement, which may, in certain circumstances, constitute a criminal offence. dfa independent magazines cannot be held responsible for unsolicited material.

www.glitter-magazine.com

glitter 3


X4 Editor:Glitter Template 2015-07-27 07:41 PM Page 1

van die redakteur

Wat gaan in jou kop aan? Dit was nog altyd so. As tiener was ek intens en kon vreeslike gedigte skryf en myself heeltemal inleef in ’n song of situasie. As joernalis kon ek my altyd inleef in die mense met wie ek te doen het, se omstandighede. Ek wou hulle wêrelde verander. Maar: dis nie altyd my plek nie, dis nie altyd my tyd nie en dis nie altyd nodig nie.

Het jy al agtergekom hoe, as jy jou kop besig hou met ’n ding, dit jou kan oorweldig? As jy so op iets fokus, dit al word waaraan jy dink? Ek is ’n denker, dromer, kop-in-die-wolke mens. Noem dit wat jy wil.

Wat wel nodig is – en hoe ouer ek word, hoe meer besef ek die waarheid daarvan – is dat jy moet waak teen dit wat in jou kop aangaan. Partykeer moet jy met jouself praat en jou net weer in die regte rigting stuur.

En ek dink dis so belangrik dat ons dit vir ons kinders leer. Waarmee hou jy jou besig? Waaroor praat jy? Wat speel jy? Wat kyk jy? (Lees ook ons storie oor televisie en kinders in dié uitgawe). Na my mening moet kinders aangemoedig word As ek eers my kop op ’n ding gesit het, kan dit om kreatief te wees. Om iets uit niks te skep. Om my vinnig oorweldig. Ek moet waak oor my op verbeeldingsreise te gaan. Om te glo daar is gedagtes en elke nou en dan sê: “Hokaai. Fokus geen einde aan jou potensiaal nie - jy kan wees net gou weer en kry perspektief.” en word net wat jy wil. Ek wil vir my kinders leer om oopkop te wees. Om te fokus op die mooi in

die lewe. Om positief te praat, dink, te wees. Om dit wat jou nie inspireer en aanspoor nie, eenkant toe te skuif en te fokus op dit wat jou wel inspireer en aanspoor. Om nie vasgevang te word in ’n selfgeskepte realiteit wat donker, aaklig en ontnugterend is nie. Die lewe verander daagliks en ons kinders word daarin groot. Hulle denke gaan nie ons denke wees nie. Hulle uitkyk gaan nie ons uitkyk wees nie. Ek wil hê my kinders moet buite die boks kan dink. Idees uitdink. Entrepreneurs raak. Grense verskuif. Maar die mooi van die lewe ervaar, verwonderd oor die lewe wees. Opgewonde wees oor die lewe en ’n hart vir mense hê. Positiewe en opbouende self talk hê. En dit begin deur te waak oor wat in jou gedagtes aangaan. That’s my two cents. Geniet die uitgawe!

wat gebeur in kimberley 1 Augustus Wat? Hoffepark-markdag Waar? Hoffepark Tyd: 08:00-13:00 Kontak: Lia by 084 840 1189 21 & 22 Augustus Wat? Tuinbou-kermis Waar? Kerkterrein van NG-kerk Newton – hoek van Long- en Blackstraat Koste: R500/stalletjie

4 Glitter www.glitter-magazine.com

Kontak: Norma Pieterse by 0824523663 26 Augustus Wat? Opening van die Gariepfees en kunsuitstallings by die William Humphreyskunsmuseum. Tyd: 18:30 Kontak: 053 832 5014/7 27 Augustus Wat? NJ Heyns Griekwa-gholfdag

Koste: R100 per speler Kontak: Nadia Louw by 053 832 8773 27-30 Augustus Wat? Gariepfees Waar? Oppenheimer-tuine Hoe? Gariepfees-kaartjiebesprekings oop by Computicket of by www.computicket.com. Kontak: 053 832 5014/7


template:Layout 1

2015/07/27

09:45 AM

Page 1


06 Spirit:Glitter Template 2015-07-27 07:51 PM Page 1

As jy Boodskap

hoop verloor, het jy als verloor Buite ons beheer

As mense kan ons onsself soms op ’n plek bevind waar dit voel asof daar geen hoop is nie. Nie noodwendig omdat ons een of ander krisis het nie, maar omdat dinge vir ons buite beheer geraak het. Ons kom op ’n plek van magteloosheid. Dit voel of daar sekere situasies in ons lewens is waaraan ons net eenvoudig niks kan doen nie. Ons kan dit nie verander nie, omdat ons nie beheer daaroor het nie. Dawid skryf ongeveer 2 800 jaar gelede ook van so ’n situasie as hy in Ps. 46 die volgende sê: “Daar is baie wat sê: ‘Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?’ Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!” Baie van ons vra ook vandag hierdie vraag.

6 Glitter

www.glitter-magazine.com

die water gered word. God is ons hoop, die tou waaraan ons moet vashou omdat Hy ons sal Die goed wat buite ons beheer is, is die goed wat uithaal en uitred. As jy nie meer kan vashou nie, sal ons bekommerd maak – waaroor ons wakker lê Hy jou vashou. Moenie hoop verloor nie, kies en wat ons magteloos laat voel. Wanneer die Here vandag en elke dag hoop en dit sal in jou groei. met ons oor bekommernis praat, het Hy juis Die hele Bybel is ’n boek van hoop hierna verwys en nie na die goed waaroor ons beheer het nie. Wat God deur die profeet Jesaja vir Israel gesê Dink vir ’n oomblik hieraan: jy is nie bekommerd het, sê Hy nog steeds vandag vir jou en my: oor hoe jy môre by die werk gaan kom nie, heel “Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor waarskynlik omdat jy in jou motor gaan klim en is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra werk toe ry en daaroor het jy volkome beheer. het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het Maar die persoon wat op Ritchie bly en werk toe vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek “hike”, is heel waarskynlik bekommerd of hy die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het betyds by die werk gaan wees. julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.” Baie van ons voel dat ons geen beheer het oor wat in die land en met die ekonomie, die Hoop is vir my soos die wedstryd wat jy gemis het prysstygings, die geweld en korrupsie, ens, en toe hoor jy by ’n vriend wat die eindtelling was, gebeur nie. Dit is die dinge wat ons hoop wil kom dat jou span gewen het. Nou kyk jy die wedstryd na steel, al die dinge wat met ons en rondom ons die tyd en maak nie saak hoe ver jou span verloor gebeur, waaroor ons nie beheer het nie. Ons hoef op daardie oomblik nie, hoe moeilik die wedstryd is, egter nie in beheer van alles te wees om hoop te hoe swaar hulle kry, hoe ver hulle agter is nie, jy hê nie. weet hulle gaan wen, want jy het die uitslag gehad voordat jy die wedstryd begin kyk het. Hoop kom van binne Die boodskap van die Bybel is dat God vir Daniël Die waarheid is dat die hoop waarvan die Bybel sê: Ek ken die einde voor die begin daar was. Dit praat, is wat IN ons gebeur en nie dit wat met ons is ons hoop en dit is ons verwagting. Die hele en rondom ons gebeur nie. Dit is hoop wat maak Bybel is ’n boek van hoop om ons te bemoedig dat sommiges aanhou wanneer die ander en te help om vas te hou. opgehou het. Here, U alleen laat my veilig woon Hoop het iets te doen met die vaste wete wat ’n kind het dat sy pa hom sal kom soek wanneer hy Daarom sluit Dawid daardie selfde Ps. 46 af met in die bos verdwaal en weggeraak het. Hoop gaan die woorde: “ Nou sal ek onbesorg gaan lê en oor die liefde wat God vir ons as Sy kinders het. dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen Hoop is nie ’n emosie nie, maar ’n doelbewuste laat my veilig woon.” Dit gaan dus nie oor wat met besluit om soos ’n kind te kies om God ons Vader ons gebeur nie, maar Wie by ons is wanneer dit te vertrou. Die woord beteken “tou”, letterlik die gebeur. Here, U alleen laat my veilig woon! reddingstou wat uitgegooi word vir iemand wat uit Pastoor Herman Steyn


07 Hospitaal:Glitter Template 2015-07-23 12:11 PM Page 1

advertensie

Landmark Kimberley medical facility celebrates 20th anniversary

Medicross Kimberley now assists 5 000 members of the community every month

Fotos: Riaan Janse van Vuuren

Medicross Kimberley family medical and dental centre will reach a milestone in August when it will celebrate 20 years of providing quality healthcare services to the community. André van Zyl, manager of Medicross Kimberley, says that the facility has come a long way from 1995 when it first opened its doors, and today assists no fewer than 5 000 members of the community, who make use of its services each month. “It is immensely gratifying for the healthcare practitioners who practise at the facility and for us as management and staff members to know that together we have touched the lives of so many families of Kimberley and its surrounds along the way.”

“The healthcare practitioners and facilities at the family-friendly Medicross centre are second to none, as evidenced by the support it enjoys from the community and the fact that it has become a landmark within the city and its surrounds,” she adds. Van Zyl says that Medicross Kimberley which is conveniently situated on the corner of Stone and Long streets was expanded and modernised four years ago to meet the increased demands for its services. New reception, nursing and casualty facilities were constructed. “We will continue to grow in order to meet the needs of our patients into the future,” he asserts. “We have six general practitioners who also perform minor surgical procedures in the day theatre on the premises as well as seven dentists and an oral hygienist.”

Dr Charmaine Pailman, Managing Director of Netcare’s Primary Care Division, congratulated the staff and healthcare practitioners at the facility on Van Zyl says that patients are able to take their 20th anniversary. advantage of the many other healthcare services offered at the centre. These include orthodontics; “The community has come to know that they can physiotherapy and psychological services; a retail have all of their day-to-day healthcare needs taken pharmacy; women’s and men’s health clinic; HIV care of at Medicross Kimberley, and people from testing, treatment and counselling; baby clinic and across the region take advantage of the immunisation; pathology; and wound care. An comprehensive range of healthcare services occupational health service is available for available there,” says Dr Pailman. companies and employers requiring guidance and

Medicross Kimberley

assistance on workplace wellbeing. Members of the public will benefit from a healthcare awareness drive to be held at Medicross Kimberley in August to mark the occasion of the facility’s anniversary. More information on this will be made available to the public shortly. “Medicross Kimberley is a modern, spacious facility and families in particular appreciate the convenience of having access to all of the healthcare services under a single roof,” he concludes. MeDICroSS KIMberLey oPerATINg HourS Medical Mon-Fri 07:00-21:00 Sat, Sun and public holidays 08:00-18:00 Pharmacy Mon-Fri 09:00-18:00 Sat 09:00-14:00 Sun Closed Public holidays 09:00-14:00 Dental Mon-Fri 08:00-17:00 Sat, Sun and public holidays by appointment only • Please note that after hours rates may apply

Telephone 053 830 4200 www.glitter-magazine.com

Glitter 7


template:Layout 1

27/07/2015

09:36

Page 1


09 VD Wall:Glitter Template 2015-07-23 12:30 PM Page 1

advertensie

Wapenveiligheid: moenie die prooi wees in jagseisoen nie Of jy ’n jagentoesias, ’n professionele skut of net ’n sosiale jagter is, wanneer die winterkoue oor die land kom, is die jagroep onvermydelik. Maar elke jaar word die jagseisoen geskaad deur hartseerverhale van die mees onlangse jagongelukke. Wat kan gedoen word om te vermy dat jou passie en jou stokperdjie verander in ’n nagmerrie-tragedie? Enige professionele jagter sal vir jou sê wapenveiligheid is die eerste reël van die spel. Voordat jy eens daaraan dink om aan ’n jaggeweer te raak, moet die volgende ongeskrewe reëls daargestel word: • Daar moet veronderstel word dat alle wapens gelaai en gereed is om gevuur te word. • Elke kaliber wapen is dodelik. • Alkohol en skiet moet nooit gemeng word nie. • As dit jou geweer is, is dit jou verantwoordelikheid. In Suid-Afrika word die gebruik en besit van ’n vuurwapen deur die Wet op Beheer van Vuurwapens gereguleer. Die Wet stippel die besonderhede vir die eienaarskap en veilige gebruik van ’n vuurwapen uit. Een van die belangrikste voorsienings van die Wet is die vereiste dat elke person wat ’n vuurwapen wil hê, ’n sertifikaat van bevoegdheid moet verkry. Die voordeel van so ’n bevoegdheidsertifikaat is dat ’n individu omvattende opleiding in geweerveiligheid, asook opleiding in die korrekte en verbode gebruik van ’n vuurwapen moet ondergaan. In teorie behoort elke persoon wat sulke opleiding ontvang goed vertroud te wees met geweerveiligheid. Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie en in die hitte van die oomblik is geweerveiligheid dikwels die eerste ding wat by die venster uitvlieg, wat dan tot ernstige ongelukke kan lei. Selfs erger is ’n geval waar iemand, byvoorbeeld ’n kind, toegang verkry tot ’n persoon se wapen en homself of ’n onskuldige omstander per ongeluk raakskiet. Die vraag is dan wie is aanspreeklik? Die Wet maak daarvoor voorsiening dat as ’n wapen jou eiendom is, en nie op jou as persoon is nie, dit in ’n kluis toegesluit moet wees. Só ‘n kluis moet onder die uitsluitlike toesig en beheer van die wapeneienaar wees. Die kluis moet ook aan sekere spesifikasies en SABSstandaarde voldoen. ’n Persoon met ’n lisensie om ’n vuurwapen te besit of wat in besit is van ’n sertfikaat van

Mnr Botma en sy dames. bevoegdheid, mag ’n ander se wapen beskerm, mits vermindering van die risiko van sulke ongelukke is hy geskrewe toestemming van die eienaar het om dit te daarvolgens van die uiterste belang. Die volgende reëls doen, onderhewig aan die magtiging van ’n aangewese kan help om ongelukke te voorkom: vuurwapenbeampte. • Verfris gereeld jou kennis van Ons howe het ook al beslissings gemaak oor die geweerveiligheidsprosedures. nalatige afvuur van ’n vuurwapen deur ’n ongemagtigde • Hou altyd jou wapens ongelaai, waar persoon en het gelas dat, onder alle omstandighede, ookal jy dit stoor. die las by die vuurwapeneienaar berus om te verseker • Hou altyd vuurwapens in ’n goedgekeurde dat dit buite die bereik is van enige persoon wat die kluis onder jou direkte toesig. vuurwapen moontlik nalatig en sonder toesig kan • Hou altyd die kluis se sleutels weg gebruik. As die eienaar van die wapen nie daarin slaag van ongemagtigde gebruikers. om ’n ongeluk te voorkom nie, selfs al was so ’n • As ’n wapen uit jou kluis is, hanteer dit as ongeluk nie voorsienbaar nie maar wel voorkombaar, gelaai en dodelik. kan die eienaar siviel en krimineel aanspreeklik gehou • Moet nooit ’n vuurwapen na enige teiken wys tensy word. jy bedoel om die wapen af te vuur nie. Om die eienaar van ’n vuurwapen en ammunisie te wees, plaas dus ’n swaar las op die skouers van die vuurwapeneienaar, ’n las wat veel verder strek as die vreugde van die jaarlikse jagseisoen. Geweer- en jagongelukke kan egter steeds met die versigtigste en ervare vuurwapeneienaar gebeur. Die

As jy onseker is van jou huidige geweerveiligheidsprosedures, kontak ’n wapenspesialis of prokureur wat kundig is op die gebied van die Wet en jou dienooreenkomstig kan adviseer. En onthou, eerder veilig as spyt, is altyd die beste beleid en met gewere kan dit so ver strek as “eerder in ’n kluis, as na die tyd spyt.”

www.glitter-magazine.com

Glitter 9


10-11 Voorblad:Glitter Template 2015-07-27 04:17 PM Page 1

ons mense wat glitter Ava, Attie, Geraldine, Kyla en Jason.

Ware liefde na gebrokenheid Presies ’n jaar gelede het die ongeluk wat die lewens van Jumari (27), Shéne (8) en Kiara (3) van Wyk se lewens geëis het, plaasgevind. Net Kyla (nou 11) het die ongeluk oorleef en moes saam met haar pa, Attie, na ’n leë huis vol herinneringe teruggaan. Attie en Kyla het intussen troos gevind en die huis wat so leeg was, is nou gevul met liefde, hoop en geluk. Attie is op 9 Mei vanjaar met Geraldine getroud en saam met Geraldine se twee kinders, Jason (4) en Ava (2), is hulle weer ’n gesin van vyf. Die grootste geskenk “Dit was ’n moeilike jaar. Ek het afskeid geneem van drie geliefdes wat altyd ’n spesiale plek in my hart sal hê. Ek mis my kinders ongelooflik baie. Dit is nog baie seer, maar ek weet hulle is in die hemel. Ek het die grootste geskenk en seën van ons Hemelse Vader ontvang, ’n pragtige vrou. Sy gee my krag vir elke dag.”

haar sou ek dit nie gemaak het nie en die Koning se liefde dra my. Ek het een ding in my lewe geleer: dit maak nie saak hoe hard jy val nie, dis hoe jy opstaan.” Dis perfek en genuine

Geraldine se oë blink waar sy langs Kyla aan tafel sit om met Glitter te praat. “Dit voel of ek en Attie mekaar al vir ewig ken. Asof ons in ’n vorige lewe saam was. Hy is die liefde van my Attie noem Geraldine sy “vrou van staal” wat sy lewe. Hy is my soul mate. Niks is moeite nie. Ek kan nie oor een ding kla nie. Dis perfek in steunpilaar is en hom elke dag inspireer. “Ek het my ware liefde na 36 jaar gevind. Sy is altyd alle opsigte en dis genuine. En dis asof ons almal vir mekaar gebêre is.” Kyla tel haar positief. Ek het haar ongelooflik lief. Sonder

10 Glitter

www.glitter-magazine.com

sussie, Ava, op haar skoot. Dis duidelik die kleintjie is mal oor haar grootsus. Die gesin is weer voltallig. “Twee weke na Jumari oorlede is, het Attie die Here gevra hy wil dít wat hy verloor het, weer terugkry. Attie en Kyla het vir my gesê hulle wil net weer aangaan met hulle lewens. Attie het drie mense verloor en hy het drie mense teruggekry. Drie siele is gered,” sê Geraldine, wat vertel sy was nie groot op godsdiens nie. “Ek het nie nié geglo nie, maar ek het nie geglo soos hy (Attie) nie. Ek is bekeer, is gedoop, die kinders is ingeseën. Attie sê altyd ek het hom kom red, maar hy het ons ook


10-11 Voorblad:Glitter Template 2015-07-27 04:17 PM Page 2

ons mense wat glitter

Geraldine en Jason.

Kyla en Attie

Kyla, Geraldine en Ava.

indirek kom red.”

wat hulle aan Jumari herinner het. Attie sê my hande lyk soos hare. Kyla is ’n verbasende Die ontmoeting sterk kind. Daar was van die begin af ’n konneksie tussen ons. Ek dink omdat ek nie Geraldine vertel sy het twee jaar gelede Jumari en haar twee dogters (wat oorlede is) Kimberley toe getrek. Sy het Junie verlede jaar geken het nie, het dit makliker gemaak. Ek het by ’n diamantmaatskappy begin werk en het ’n haar nooit eers in die mall raakgeloop nie.” lys van delwers gekry wat sy moes bel. “Ek het by die naam Attie van Wyk gekom. Ek bel hom Het krag gekry toe en vertel ons koop diamante aan. Hy sê toe vir my hy het nie nou tyd om na my k@k te Waar sy die krag gekry het om hulle te luister nie. Ek skryf nog langs sy naam: ‘It’s ondersteun, weet sy nie. “Ek is nie iemand wat very rude people, you can phone them sommer sulke goed kan hanteer nie. Maar ek yourself’’. Elke maand moes ek die delwers het krag gekry om by die man te staan en aan bel. Twee maande na die ongeluk bel ek sy pa, te gaan.” Wat wel sleg is, is die skinderstories Boytjie van Wyk. Ek sê ek en my baas is op wat in Kimberley rondlê, sê Geraldine. “Vra my pad Douglas toe, kan ons hulle kom sien? eerder reguit as wat jy agter ons rug loop en Daar aangekom, was dit die weirdste skinder. Daar was ’n hengse storie oor my ring. ontmoeting ooit. Mense koppel hierdie liefde aan geld. Hulle is so verkeerd. Ek het by hierdie huis ingestap en “Die ou wat ek daai tyd (in Glitter) gesien het gevoel ek is deel van die familie. Van dag een en die ou wat ek gesien het na die ongeluk af is ek half gekruisig omdat ek Jumari se plek was twee verskillende mense. Hy was ingeneem het. Ek het net gevoel die mense gebroke. Hy bel my toe ’n week later. Ek dink wat my wil leer ken, sal my leer ken vir wie en hy het net iemand gesoek om mee te praat. wat ek is. Niks in my lewe het verander nie. Ek Die Woensdag maak hy ’n afspraak en die was nog nooit ’n statusmens nie. Ek hoor man sit en kyk heeltyd vir my. Ek laat hom aan stories dat ek twee miljoen rand gekry het om Jumari dink. Hy het my later vertel die Here het die huis oor te doen en dat ek Jumari se klere net daar vir hom gesê ek is sy vrou.” dra. Dis nie waar nie. Jaloesie is ’n lelike ding.” ’n Dieper connection

Doen alles saam

Geraldine sê dit was nie ’n connection van “sjoe, jy is sexy” nie, maar iets dieper as dit. Sy het by Attie en Kyla ingetrek en sommer gou het sy en Kyla so gebond dat Kyla haar nou mamma noem. “Daar was baie goed aan my

As gesin doen hulle alles, maar alles, saam, sê Geraldine. “Ek en Kayla het Woensdae ’n girls night out. Ek en Attie het met die kleintjies eers na 21:00 tyd vir mekaar en hy werk ook weg. Elke tweede naweek doen ons as gesin iets

saam. Ons ry motorfiets, gaan delwery toe, kyk flieks.” Hulle het ook saam die ongeluk herdenk. “Ons het uitgery Prieska toe en by die ongelukstoneel blomme gaan neersit. Jumari se ma het drie kruisies opgesit en die Donderdag is hulle grafstene opgerig. Ek kan uiteindelik sê, na ’n jaar, is hier vrede. Almal is civil.” Kry ’n droom Sy voel nie bedreig deur foto’s van die gesin in die huis nie. “Ek het gedroom ek en Jumari sit in ’n koffiewinkel. Sy praat met Attie en Kyla en toe met my. Sy sê in die droom vir my dankie dat ek goed is vir haar gesin. Ek voel sy het indirek vir my gemoedsrus kom gee. Hulle het nie ’n feeks gekry nie. Ons pas net. Enigiemand wat ons oordeel, moet eerder die mooi in ons sien en ons die geleentheid gun om opregte geluk te hê. Wou Kimberley vir Attie ’n vrou gekies het en besluit het wanneer hy mag aanbeweeg? Hy is ’n man en hy het behoeftes. Hy kan nie na sy kind kyk en haar skool toe neem ens. as hy op die delwery moet wees nie. Hoe lank moet mens treur? Soos Attie sê, vir iemand wat nog nie deur so iets is nie, is dit moeilik om te verstaan. Die duiwel het gedink hy gaan hom breek, maar ons is saam nog sterker.” Sy onthou die oggend van hulle troue. “Daar was nie ’n wolk in die lug nie. Ek vra Attie: ‘Twyfel jy?’ Hy sê: ‘Nee’. Hy het die Koning gevra vir bevestiging. En toe begin dit reën. Toe weet ons ons is geseën.” – Jana Grobbelaar

www.glitter-magazine.com

Glitter 11


gwk properties:Layout 1

7/27/2015

9:33 AM

Page 1

GWK PROPERTIES - 053 832 0734 RESIDENTIAL | COMMERCIAL | FARMS WE LOOK AFTER OUR SELLERS, PLEASE LIST YOUR PROPERTY WITH US.

DE BEERS TERRACE MODERN, BRAND NEW DEVELOPMENT! CHOOSE YOUR OWN PLOT AND PLAN from

R 417 000

On Show every Wednesday from 15:00 - 17:00

Martie | 072 386 2406

Magersfontein Memorial Golf Estate

the village ue Housing Boutiq

2 Bedroom Units - R 1 280 000 3 Bedroom Units - R 1 884 000 Variety of plots available from R 384 000 Average plot size 1 000m2

Natassia | 082 933 4030

CRAWFORD ESTATE E lleg e g ant a n t N e w D e velopment ve lo p m e n t

Phase P hase One One Under Under Construction Construction

The Palms

Be ssecure ecure in splendour

Bedroom Apartments

from R735 000 Phase One under construction 50 % of Phase 1 sold

A pr product oduct of

3 BEDROOM UNITS from R849 000

Vilma | 082 498 2989

Natassia | 082 933 4030

Leanne | 072 262 7155

SwiftPrint 74258

2&3


lizas:Layout 1

7/27/2015

9:34 AM

Page 1


marios biltong:Layout 1

7/27/2015

9:35 AM

Page 1


X0 Aand:Glitter Template 2015-07-26 11:18 AM Page 1

’n aand saam met . . .

Gariepfees is amper hier! Die Gariepfees gaan weer vanjaar vir groot opwinding in Kimberley sorg. Vanaf 27-30 Augustus kóók Kimberley met kuns, kultuur en vermaak. Glitter is ’n mediaborg van die fees en het die bekendstelling van die tema vir vanjaar bygewoon. Die tema vanjaar is #toonaangewend. Glitter het ’n paar van die gaste by die bekendstelling afgeneem ... Matthew Hartdegen het vir agtergrondmusiek gesorg.

Herman van Niewenhuizen, Stephanie Smith en Yvette Diedericks.

Nerina van Zyl, Corné Thompson en Anne-Mari Kotzé.

Almal het lekker saamgekuier nadat daar in die ouditorium van die Groot Gat “Noot Vir Noot” gespeel is.

n en Margreth

alitz, Jenny Rose

Lizette C Lizelle Strydom, Marais.

Bernice Sutton, uitvoerende bestuurder van Gariepfees en Jana Grobbelaar, redakteur van Glitter.

Soekie Hauptfleisch, Hendrik Wessels, Marius Nagel, Emma en Altu van Schalkwyk.

Heimah de la Querra, Lisbie Kruger en Koekie le Roux. www.glitter-magazine.com

Glitter 15


dr human slender wonder:Layout 1

7/28/2015

8:19 AM

Page 1


17 Remax:Glitter Template 2015-07-27 07:45 PM Page 1

Principal Adri Bets Stoney Marlene Heleen Mike Bongani Tatum Nicholas Hedley 082 575 1760 082 821 9886 084 602 7611 083 485 6939 074 715 4709 082 812 7909 060 818 0881 078 519 1986 082 303 1265 084 801 1400 For more information on the purchasing of property, or to view a property, visit REMAX Kimberley at Shop 4 (next to Spur), on the Cape Town road, Roylglen. You can contact them at 053 832 2361/4201; fax to 086 615 3933; email to remaxdiamond@intekom.co.za or visit their website at www.remax.co.za www.glitter-magazine.com

Glitter 17


18-19 Coffee Break:Glitter Template 2015-07-26 11:23 AM Page 1

time to take a coffee break with

Patat, Rohan en Ronette is baie dankbaar dat Rohan nie soos Pippie gebrand het nie.

ONS KIND HET BY DIE

kleuterskool gebrand

Om ’n oproep van jou eenjarige se kleuterskool te kry om jou in te lig jou kind het gebrand, is enige ouer se nagmerrie. Dié nagmerrie het onlangs vir Ronette (27) en Patat (32) van Rooyen van Lindene ’n werklikheid geword. Ronette was 3 Junie soos gewoonlik by haar werk toe sy net so na 08:00 ’n oproep kry dat haar seuntjie, Rohan (14 maande) gebrand het. Toe sy by die skool kom, het mense reeds met hom buite vir haar staan en wag. “Van die eerste dinge wat deur my kop gegaan het, is dat my seuntjie, soos Pippie, gebrand het.”

18 Glitter

www.glitter-magazine.com

Ronette het hom gegryp en met hom na die Gariep Mediclinic gehaas. Rohan het brandwonde oor sy gesig, oor sy bors en op sy maag opgedoen. Dit is as tweede- en derdegraadse brandwonde geklassifiseer. Wat daarna gevolg het, is drie dae wat Ronette en Patat vir geen ouers op aarde toewens nie.

“Rohan is onder ligte sedasie geplaas en sy wonde is in die teater skoongemaak. Vir die volgende drie dae was hy nooit regtig by nie. Dit was vreeslik om my kind so te sien en nie te weet of hy weer heeltemal gaan wakker word en weer sy ou sprankelende self gaan wees nie.”


18-19 Coffee Break:Glitter Template 2015-07-26 11:24 AM Page 2

coffee break Nie seker wat het gebeur Dinge het boonop vererger toe Rohan longontsteking opgedoen het. Hy was uiteindelik twee weke in die hospitaal. Vir Ronette en Patat is daar gesê Rohan het met tee gebrand toe hy die tafeldoek afgetrek het van die tafeltjie waarop die tee gestaan het. Geneeshere het gesê dit is onwaarskynlik dat warm tee sulke brandwonde kon veroorsaak. “Ons is steeds nie heeltemal seker wat gebeur het nie. Die punt is, wat gebeur het, is ’n ongeluk wat nie moes gebeur het nie. ’n Mens kan onder geen omstandighede warm vloeistof binne die bereik van kleuters en peuters plaas nie, dit was onverantwoordelik van die kleuterskool.”

Rohan is ’n regte woelwater.

Hoewel die egpaar ondersteuning van die kleuterskool ontvang het, het hulle besluit om Rohan en sy sussie, Lynri (amper 3) onmiddellik uit die skooltjie te haal en by ’n ander een in te skryf. “Die vertrouensverhouding tussen ons en die skool is heeltemal verbreek. Daar was geen manier dat ons ons kinders weer met gemoedsrus daarheen kon stuur nie,” sê Ronette. Gemengde gevoelens Op die vraag of hulle kwaad is, heers daar eers ’n rukkie stilte. “Ek het gemengde gevoelens. Party dae voel ek so en ander dae weer anders. Ek aanvaar dat alle peutertjies vinnig is en dat ongelukke gebeur, maar ek voel dit is een ding as jou kind van ’n klimraam af val, maar dit is ’n ander saak as hy gebrand het. Mense wat met kinders werk, behoort regtig te weet dat iets warms ’n kind kan brand. So, ek dink ons is baie teleurgesteld, ja,” sê Ronette. Sy sê dit was ook ’n onwyse besluit om Rohan met koue water te gooi en buite in die koue met hom te gaan staan. Dit kon die oorsaak van die longontsteking gewees het. Kimberley se winters is juis nie wat ’n mens warm kan noem nie. Op die oomblik gaan dinge darem redelik goed met Rohan. Hy het gereelde fisioterapie ontvang en sy wonde moet nog skoongemaak word. Hy is ook baie ma-vas en slaap weer by sy ouers in hulle kamer. Lynri het ook deur erge trauma gegaan, vertel Ronette. Sy kon nie verstaan waar haar ma is nie (Ronette het by Rohan in die hospitaal geslaap) en moes ook deur die proses gaan om weer by ’n nuwe skooltjie aan te pas.

Net dankbaarheid

Ronette sê hulle het baie ondersteuning van Kimberley en sy mense gekry. “Ek weet van ten Waar die klein woelwater op die grond speel, minste vier gebedsgroepe wat vir ons gebid homself teen die tafels optrek en agter al wat ’n het. Ons kerk en ook mense van ander kerke sleutel en selfoon aan is, is daar baie het soveel ondersteuning gegee. Dit laat ’n dankbaarheid in sy ouers se harte. “So iets mens gerus voel om te weet daar is nog soveel bring ’n mens weer tot ’n besef van omgee in ander.” Hulle wil graag almal bedank dankbaarheid en alhoewel ons deur ’n vreeslike die dokters, pediater en hulle familie en vriende tyd is, is ons dankbaar hy is okay. Ek wil nooit wat saam met hulle deur alles gegaan het. weer my kind se gesig in daardie erge soort • Die Van Rooyens het ons gevra om nie die pyn sien nie en ek wil nooit weer beleef dat my kleuterskool se naam te noem nie. – Karen van kind nie by is nie. Dit is aaklig,” sê sy. der Berg www.glitter-magazine.com

Glitter 19


mugg and bean:Layout 1

7/27/2015

9:37 AM

Page 1


exito man trappers:Layout 1

7/27/2015

9:39 AM

Page 1


Leola

Hubré

Annalee

Dot

Karen

Lizelle

082 822 9387

083 649 9964

082 756 8928

079 525 3495

083 451 1004

083 395 3551

NEW PARK R1 010 000

BELGRAVIA R1 050 000

KESTELLHOF R1 590 000

SOLE MANDATE D/storey semi-detached house in popular area. Modern & open plan. Tandem carport. Ideal investment opportunity.

NEW ON THE MARKET Neat semi in established area, spacious living areas, wooden floors. Flatlet and small garden.

NUUT IN DIE MARK Ruim woonhuis, o/plan leefareas & komb. 1 Slpk w/s, dubbel afdak en swembad. Ruim erf.

3

0

2

0

3

2

2

KLISSERVILLE R1 750 000

HILLCREST R2 120 000

HILLCREST R2 950 000

SOLE MANDATE Spacious family home with open plan living areas. Double carport, pool, gazebo, outbuildings and much more. A must to view.

ALLEENMANDAAT Moderne woonhuis in gesogte area. O/plan leefareas en komb. Swembad, dubbel afdak, JoJo tenk en elektriese hek.

REDUCED Spacious d/storey home in popular area. Open plan living areas, modern kitchen, immaculate garden. A must to view.

4

2

3

2

2

4

2

MONUMENTHOOGTE R2 968 000

ABSA PARK R4 240 000

M/FONTEIN GOLF ESTATE R4 515 000

ALLEENMANDAAT Posisie, Posisie! Moderne kombuis, ruim leefareas, buite kantoor, braai / onthaal vertrek. Swembad, klein tuin.

SOLE MANDATE Exquisite d/storey house in popular area, entertainers dream. O/plan living areas, pool, electrical fencing.

SOLE MANDATE Ideally suited for guest-house, modern & secure, o/plan living areas & kitchen. Pool, double carport.

4

2

4

3

2

3

3

2


23-24 Jou Storie:Glitter Template 2015-07-27 07:36 PM Page 1

jou storie

Noot vir Noot-

wenner op eie bodem Stil-stil het dié nice ou van Kimberley op sy eie beskeie manier vir ons gewys wat hy met musieknote kan doen. Op nasionale televisie word Renier Markram van Kimberley as reekswenner van Noot vir Noot aangewys en ons is supertrots! Van ongeveer 5 000 mense wat jaarliks deelneem en waarvan slegs 64 gekies word, het ons Kimberliet die wennoot gefluit. Baie geld, min tyd

Renier sê dat sy opregtheid, nederigheid en integriteit as mens uitstaan. “Hy het die Sy ouers het hierheen verhuis toe hy nog nie Vir hom was al die kameras en mense wat jou vermoë om elke deelnemer spesiaal te laat voel. Soos wat hy op die stel altyd vol dophou glad nie senutergend nie. “Ek was eens ’n jaar oud was nie en hier het hy grappies en sêgoed is, so is hy in die eintlik heel kalm en rustig. Die bietjie skoolgegaan by onderskeidelik Laerskool werklikheid ook. Hy is vir my ’n goeie senuwees wat ek gehad het, was voor die Eureka en Hoërskool Noord-Kaap. Hy het opname en toe met die boerpot het ek ook ’n voorbeeld daarvan dat sukses en baie geld hom hier gevestig en werk as winkelbestuurder by Baby Boom. Renier het bietjie senuwees gehad omdat ek besef het nie hoef te veroorsaak dat jy ’n grootkop kry dit is baie geld, min tyd en jy mag nie ’n fout nie. Hy wat Johan Stemmet is, sal homself van kleins af al ’n liefde vir musiek en hy nooit gaan verhef ten koste van enigiets of onthou hoe hy as vyfjarige treffers van onder daar maak nie.” Die kompetisie onder die enigiemand nie. Ek en hy het van die begin af andere The Beach Boys en Elton John vir die deelnemers is soos Renier dit noem baie goed klaargekom.” “gesonde kompetisie” vanweë die feit dat eerste keer gehoor het. Hy het al hoe meer almal dieselfde voorliefde vir musiek het. “Dit na musiek begin luister en het so sy Hy sal hierdie ondervinding vir enigiemand gaan eerste oor die mens en dan oor die musiekkennis uitgebrei. Hy hou van aanbeveel en sal selfs wenke deel as iemand verskillende musiekgenres, van toeka se tyd prestasie en ons 64 deelnemers is almal sou belangstel. Hy sê jou musiekkennis is tot nou en kan die mooi in musiek waardeer. wenners in daardie opsig.” iets wat jy oor jare opbou, maar as jy jou Om aan Noot vir Noot deel te neem, was nog Wow-reaksie emosies onder beheer het en logies kan altyd iets waaraan hy gedink het. Van die dink, is jy reg vir dit wat op die stel van Noot begin van die oudisies moes Renier sy vir Noot voorlê. Die reaksie van almal was Om vir Johan Stemmet te ontmoet, was vir musiekkennis, die spoed waarmee hy die wow en familie, vriende en kollegas het hom nóg ’n besonderse gebeurtenis en vrae kon beantwoord en sy interaksie met mense ten toon stel.

www.glitter-magazine.com

Glitter 23


23-24 Jou Storie:Glitter Template 2015-07-28 08:16 AM Page 2

jou storie Renier sal graag eendag ’n suksesvolle radioomroeper wil wees met sy eie show waar hy mense se lewens kan raak. “Leer my ken en jy sal sien ek het ’n ekstroverte kant ook, maar ek is nie voorbarig en voor op die wa en die beterweterige tipe wat wil oorvat in elke situasie nie.” Dan natuurlik, as dit op sy pad kom en hy sy sielsgenoot ontmoet, sal hy ’n toekoms saam met haar wil bou en dan ’n gesin hê, maar vir nou is om kinders te hê nie die alfa en omega nie. Renier glo dat jy jou eie toekoms bepaal. Iets wat hy by Johann Sien my vir wie ek is Stemmet geleer het, is die volgende: “Niemand in die lewe skuld jou enigiets nie. Om gesien te word vir wie hy is, is vir Renier Die lewe gaan nie na jou toe aangehardloop kom met geleenthede nie, jy moet self baie belangrik. Om in ’n boks gedruk te daardie geleenthede gaan soek en as jy word, is glad nie vir hom ’n opsie nie en baklei daarvoor en dit kry, moet jy hard werk irriteer hom grensloos. Dit is vir hom ’n Altyd ’n wenner uitdaging om nuwe dinge te leer en hy glo nie en die beste daarvan maak sodat jy kan vooruitgaan met die geleenthede wat jy daaraan dat daar net een manier is van ’n geskep het. Jy het nie arrive as daardie Die wen van hierdie gesogte titel maak Renier ding doen nie. geleentheid gekom het nie – dit is harde werk voorwaar baie trots. Dit het hom die Toekomsplanne en toewyding al die pad.” – Ronell van der geleentheid gebied om Kimberley se naam Sandt ook te laat skitter en het vir hom as mens geweet hy kan dit doen. Dit was net vir Renier moeilik om die uitslag geheim te hou, aangesien die reeks alreeds in Oktober 2014 opgeneem is en party mense net nie kon verstaan dat hy nie toe al die aap uit die mou kon laat nie. Na die uitsending van die finaal het die gelukwensinge van oral ingestroom en kon Renier begin voorberei vir sy vakansie wat hy gewen het. Die prys was ’n week se verblyf in Mauritius, maar daar was soveel mooi plekke in Suid-Afrika wat hy nog nie gesien het nie. Hy het met die borge onderhandel en hulle het sy prys verander na ’n tweeweke-roadtrip-vakansie in Suid-Afrika. Hulle gaan van die berge, see en parke sien en beskryf dit as ’n belewenis wat hy met sy ouers kan deel en waardeer.

24 Glitter

www.glitter-magazine.com

ongelooflik baie beteken. “Dit het my laat besef ek kan sterk staan, ongeag wat mense van my dink en wat mense van my sê. Ek het dit met ’n nederige gesindheid gedoen; ek hoef nie af te daal na slegte, arrogante mense se vlak nie - mense wat dink jy moet net ‘n weerbarstige houding in die lewe hê en op almal trap om bo uit te kom. Mense wat neerhalende goed agter my rug van my gesê het, is nou verkeerd bewys, of hulle dit wil weet of nie.”


template:Layout 1

2015/07/27

10:27 AM

Page 1


discovery life:Layout 1

7/27/2015

9:41 AM

Page 1

DON’T LEAVE YOUR FINANCIAL FUTURE TO CHANCE

Discovery Invest

Want to boost your investment immediately up to 26% with Discovery Invest?

Discovery Life

Stop paying your life policy premiums at age 65, but enjoy life cover for the rest of your life (FREE cover aŌer 65).

Discovery Vitality Amanda Deyzel Financial Adviser 082 550 5117

Amanda Jovner Insure Specialist 083 613 1872

amandad@discovery.co.za

amanda.jovner@dfc.discovery.co.za

Charlie Heathcote CFP® PlaƟnum PresƟge Financial Adviser 083 653 2467 charlieh@discovery.co.za

Riaan Derks Financial Adviser 083 456 5959 riaan.derks@discovery.co.za

We do vitality checks every month at your oĸces.

Discovery Insure

Get up to 50% back of your fuel spend per month. Up to R750 per vehicle.


27-28 Talks About:Glitter Template 2015-07-27 04:20 PM Page 1

glitter talks about Michaelé, Alexia en Kelly speel baie buite. Hulle ma, Elmarie, glo kinders moet nog kan buite speel.

Wanneer is te veel TV té veel? Oor die onderwerp is al geskryf, gedebatteer, studies is al daaroor gedoen en studies sal weer daaroor gedoen word, maar die gesprek bly elke keer nodig. Wat is die impak van TV-kyk op kinders en is dit goed vir kinders om onbeperkte toegang tot elektroniese toestelle te hê?

Negatiewe effek

kinders toon en die boeliegedrag wat oral ’n probleem is, kan direk aan te veel TV-kyk Charon Streit, ’n Kimberleyse sielkundige, sê ’n gekoppel word. Dit geld ook vir kinders wat mens hoor gereeld van onderwysers wat kla toegang tot ander elektroniese middele het. dat kinders te veel voor die TV sit en dat dit ’n “Die kinders speel nie buite nie, hulle klim nie invloed op skoolwerk het. “Daar is beslis rede boom nie en het min interaksie met maatjies. vir onderwysers om so te voel.” Charon sê Dit meng in met hulle sosiale vaardighede en daar is uiteraad ’n effek op kinders wat te veel maak dat hulle verbeelding daaronder ly.” TV kyk. “Dit gaan oor die manier waarop kinders die inligting ontvang. Dit is visueel. Met Charon sê die sous is net nie die kool werd nie ander woorde dinge soos lees en luister gaan en te veel TV-kyk kan nooit goedgepraat word verlore.” Sy sê baie van die agressie wat nie, want te veel word ingeboet.

Handhaaf balans Sy sê soos alles in die lewe moet daar ’n balans gehandhaaf word. Ouers moet hulle ook vergewis van die inhoud van die TVprogramme of die speletjies. “Net omdat iets animasie is, beteken dit nie dit is kindervriendelik nie. Daar kan baie geweld ook in animasie wees.” Voorts vind Charon ouers voel skuldig oor hulle so hard werk en min ure by die huis saam met hulle kinders deurbring. Daarom kweek hulle ’n kultuur om vir hulle www.glitter-magazine.com

Glitter 27


27-28 Talks About:Glitter Template 2015-07-27 04:23 PM Page 2

glitter talks about

Anthea en Logan word toegelaat om televisie te kyk, maar hulle ma, Desiré, beperk dit. kinders hulle sin te gee. “Dit is nie reg nie. ’n Kind sal nooit uit sy eie kan besluit dat te veel TV of speletjies sleg is nie.” Beperk TV-kyk

my kinders so grootmaak. Ek kan ook sien wat die effek van te veel TV of elektroniese toestelle op kinders is. Ander mense se kinders spreek boekdele.” Nie noodwendig sleg nie

Sy beveel aan dat ouers ’n beperking op TV stel soos om te sê die kinders kan een keer per dag ’n program kyk en die res van die tyd moet hulle speel. “Kinders moet op ander maniere stimulasie kry; visuele stimulasie alleen is beslis nie genoeg nie.”

Elmarie sê sy glo nie noodwendig TV het ’n slegte invloed op kinders nie. “Goeie programme kan baie stimulerend wees. Wat wel ’n rol speel, is dat ouers nie regtig monitor wat kinders sien en hoor nie en dit het ’n invloed op kinders. Ek glo ook nie kinders Monitor stories behoort nuus te kyk of koerante te lees nie, want daar is niks behalwe geweld, politiek of Elmarie Yalias, ’n leser, het drie kinders - Alexia natuurrampe in nie.” Elmarie sê sy is ’n groot voorstander daarvan dat kinders nog moet (12), Kelly (10) en Michaelé (9). Elmarie sê gedurende die week is daar nie werklik tyd vir speel en kind wees. “Ek weet my kinders dink TV nie. Tussen skoolwerk, huiswerkies en buite ek is vreeslik kwaai en hulle wens soms ek kon soos ander ma’s wees, maar hulle moet vat speel is daar nie tyd nie. wat hulle gekry het. Die skole kla ons kinders is “Wat ek wel toelaat, is om vir hulle die stories voorbarig en stout en groot voor hulle tyd, aan te sit wat ons vir hulle op hulle rekenaars gelaai het. Dit is net om hulle aandag van die maar hulle speel beslis ’n groot rol daarin en verwag kinders se algemene kennis van die dag se dinge af te lei. Ons monitor ook elke nuus moet uitstaande wees.” storie wat ons vir hulle gee,” sê sy. Op reënerige of erg koue dae kan hulle bietjie Bewus van tegnologie meer stories kyk. “Ek het op Delportshoop grootgeword. Daar was baie meer lekker dinge om te doen as TV kyk en dalk is dit waarom ek Desiré McMaster is die ma van Anthea (6) en

Logan (3). “My kinders is baie bewus van tegnologie. Mia sit self in die oggend die TV aan wannner hulle tee drink en ons gou gereedmaak vir werk. In die aande kyk hulle vir so ’n halfuur stories en oor die naweke ook. Naweke se tye hang af van hoe bedrywig ons dag is.” Desiré sê sy glo ook aan ouderdomsgepaste tegnologie. “Mia het ’n tablet, maar sy mag dit net kry as sy daarvoor kom vra en daar is net speletjes vir haar ouderdom op gelaai. Logan speel so tussendeur saam met sy sussie, as sy hom toelaat. Ek het ook vir hom speletjies op my selfoon afgelaai. Dit help veral met nabootsing van Engelse woorde en spelling.” Hoewel Desiré hulle wel toelaat om met elektroniese toestelle te speel en TV te kyk, is sy baie streng met hoe lank hulle kyk. “Ons glo dat kinders nie te vinnig voor hulle tyd moet grootword nie. Ons woon egter in ’n woonstel sonder ’n tuin om in te speel, so daarom word hulle toegelaat om TV te kyk.” Sy glo TV se invloed op kinders hang af van dit waarna hulle kyk en hoe lank aaneen hulle kyk. “’n Goeie balans is wat ’n mens moet handhaaf.” – Karen van der Berg

Lesersmening – wat dink jy? Word jou kind toegelaat om televisie te kyk en hoe baie? Het julle ander elektroniese toestelle in die huis? Praat saam op ons Facebookblad, https://www.facebook.com/kimberley.glittermag of stuur ’n e-pos aan glitter@inl.co.za. 28 Glitter

www.glitter-magazine.com


X0 10 Min:Glitter Template 2015-07-23 12:13 PM Page 1

10 minute met . . .

Ons eie

mej. Planeet Teen wie het jy almal meegeding? Ons kategorie was die grootste: meisies van Brasilië, Frankryk, Rusland, Georgia, Estonië, Oekraïene, Bulgarye, Hongarye, Tatarstan en Pole, tussen die ouderdom van 13 – 18 jaar, het deelgeneem. Al was die taal ’n probleem, het ons lekker saamgewerk, gekuier en goeie vriendinne gemaak.

Ja, daar is beslis druk om maer te wees, veral met modelwerk, maar nie soveel buitensporige druk dat mens dit nie kan hanteer nie.

Wat wil jy nog alles in jou lewe bereik?

Hoeveel wil meisies deesdae weeg?

Ek wil nog aan mej. SA deelneem. Ek glo ek sal daar baie kan leer, nuwe ondervindings opdoen en nuwe mense leer ken. Nadat ek as mej. Tiener Planeet gekroon is, het daar soveel nuwe deure vir my oopgegaan. ’n Modelagent het my genader en gevra dat ek na skool na Italië moet gaan vir kontrakwerk. As ek terugkeer van Italië, wil ek aan NWU studeer vir maatskaplike werker en uiteindelik ’n huis oopmaak vir mishandelde mammas en babas.

Die gemiddelde meisie wil so 50 - 59kg weeg, maar dit hang van individue af. Dit verskil van persoon tot persoon en dit is belangrik dat jy jou liggaamsbou in gedagte moet hou.

Jou geloof moet baie sterk wees, jy moet vertroue in jou eie vermoë en ’n sterk ondersteuningstruktuur hê.

Hoe belangrik is dit vir jou om ander plekke te sien?

Ervaar jy druk as ’n model?

Om ander plekke te sien, is nie vir my so belangrik nie; dit is wel lekker om nuwe plekke en nuwe mense te leer ken, maar ek is gebore en getoë in Kimberley en dit is waar my hart lê.

Ja beslis, want in modelwerk word baie hoë eise aan jou gestel. Dit is deesdae baie meer as om net goed te lyk en hoe jy loop op die loopplank; die onderhoude tel meer punte as die modelwerk en hoe jy lyk.

Wat dink jy is deesdae tieners se grootste uitdaging?

Wat is jou talent en passie in die lewe?

Om jou morele waardes, standaarde en identiteit te behou en ten spyte van alles sterk te staan en altyd te onthou wie jy is.

My passie is definitief kindertjies! Ek is baie lief vir alle kinders en wil altyd alles in my vermoë doen om hulle lewens beter en ’n positiewe verskil te maak, al is dit net om hulle vir ’n rukkie gelukkig te maak en te laat vergeet van alle sleg en hartseer. Dit is so lekker om gelukkige kindergesiggies te sien.

Hoe belangrik is “body image”?

Tharin Grobler (16) van die Hoërskool Adamantia is onlangs as mej. Planeet gekroon. Ons het haar ’n paar vrae gevra ...

is almal perfek in Sy oë - Koningskinders en Sy opinie is al wat saak maak.

Dit is belangrik om jou liggaam goed te versorg, want Liewe Jesus sê jou liggaam is ’n tempel en jy moet dit oppas en nie skade aandoen deur te rook, drink of dwelms te gebruik nie. Kan jy uitbrei? Dit is wel so dat jy beter voel en meer selfvertroue het as jou liggaam goed lyk, maar die heel belangrikste is wat in jou hart aangaan. Al het jy die mooiste gesig en liggaam, maar jou hart is nie mooi en opreg nie, kan jy nie mooi wees nie. En wat in jou hart aangaan, bepaal jou hele lewe.

Is daar deesdae druk om maer te wees?

Hoe oorkom mens die druk?

Hoe wil jy graag ander insipireer? Deur mense aan te moedig om by liefdadigheidsprojekte betrokke te raak, om so uit te reik na minderbevoorregtes. Daar is soveel mense, selfs net in ons eie dorp, wat baie swaar kry en ek het al gesien dat om net ’n bietjie van jou tyd te gee en te gesels of te kuier, klaar ’n glimlag op mense se gesigte sit. By watter projekte is jy tans in Kimberley betrokke?

Ek is betrokke by Kimberley-hospitaal se neonatale eenheid. Ek skenk gereeld toiletware vir die mammas Hoe voel jy oor jou eie voorkoms en hoe dink jy en babas wat soms maande daar moet bly, omdat behoort alle meisies te voel? baie babas te vroeg gebore word en dan is die mammas baie lank weg van hul huise en families. Ek Ek voel goed oor my voorkoms en ek dink alle meisies help ook gereeld by Bophelo en Christina Kiddie en die moet goed voel en trots wees op hulle voorkoms, want lekkerste gevoel in die wêreld is om glimlaggies op Liewe Jesus het ons almal geskape na Sy beeld. Ons kindergesiggies te sien. – Jana Grobbelaar

www.glitter-magazine.com

Glitter 29


gariep motors mercedes:Layout 1

7/27/2015

9:44 AM

Page 1

The GLA from just R6 111 p/m*. 5IF CFTU UJNF JT OPX "IFBE PG JUT DMBTT JO FWFSZ XBZ TQPSUT NPEFSO 467 TUZMJOH BOE DMBTT MFBEJOH TBGFUZ GFBUVSFT *U T UIF WFIJDMF GPS UIF BMXBZT SFTUMFTT UIPTF XIP LOPX UIBU UIF POMZ UJNF UIBU NBUUFST JT OPX &RVJQQFE XJUI "DUJWF 1BSL "TTJTU )BSNPO ,BSEPO 4PVOE BOE UIF DPOWFOJFOU &"4: 1"$, UBJMHBUF JU T UIF VMUJNBUF WFIJDMF GPS UIF BEWFOUVSF TFFLFS 5P CPPL B UFTU ESJWF BOE lOE UIF PÄ„FS UBJMPSFE UP ZPV WJTJU UIFCFTUUJNFJTOPX DP [B PS DBMM VT

5FSNT BOE $POEJUJPOT BQQMZ 0Ä„FS DBMDVMBUFE PO B (-" BU B SBUF PG MJOLFE UP QSJNF PWFS NPOUIT EFQPTJU PG 5PUBM 3FUBJM 1SJDF PG 3 BU B (VBSBOUFFE 'VUVSF 7BMVF ('7 PG CBTFE PO LN QB 5PUBM 3FQBZNFOU 1SJDF PG 3 .POUIMZ 4FSWJDF 'FF PG 3 OPU JODMVEFE JO UIF .POUIMZ *OTUBMNFOU 6QGSPOU *OJUJBUJPO 'FF PG 3 JODMVEJOH 7"5 0Ä„FS WBMJE VOUJM 4FQUFNCFS TVCKFDU UP BWBJMBCJMJUZ BU QBSUJDJQBUJOH EFBMFST POMZ "HJMJUZ 'JOBODF CZ .FSDFEFT #FO[ 'JOBODJBM 4FSWJDFT 4PVUI "GSJDB 1UZ -UE BO "VUIPSJTFE 'JOBODJBM 4FSWJDFT 1SPWJEFS -JDFODF /P BOE $SFEJU 1SPWJEFS -JDFODF /P /$3$1 7FIJDMF TQFDJlDBUJPOT NBZ WBSZ GPS UIF 4PVUI "GSJDBO .BSLFU 4UBOEBSE XJUI UIF OFX 1SFNJVN%SJWF .BJOUFOBODF 1MBO

Gariep Motors 112 Long Street. Tel: 0538312400, Email: louisv@gariepmotors.co.za Renee Cross 0790672347 Jaco le Roux 0824640270 Albert Rohrbeck 0832915442


seeff:Layout 1

7/27/2015

9:46 AM

Page 1

Seeff

SOLD

property to the value of

R1ž million

every hour of every day of every week

for the entire year* Not only do we achieve record prices on a regular basis for our sellers, we have a large base of BUYERS WHO COUNT ON US TO ĂšND THEIR DREAM HOMES TIME AFTER TIME Just think what we can do for you.

www.seeff.com

smart move \ "UY 3ELL ,ET \ #LOSE ON OFÚCES IN AND AROUND 3OUTHERN !FRICA INCLUDING "OTSWANA .AMIBIA 3WAZILAND :AMBIA :IMBABWE AND -AURITIUS www.seeff.com is South Africa’s preferred home for more than 30 000 properties for sale and to let. 08610 SEEFF(73333)

*based on sales for 2014

smart move


plasticland:Layout 1

7/27/2015

9:52 AM

Page 1


33 Fotoblad:Glitter Template 2015-07-27 07:46 PM Page 1

fotoblad

Familiefoto’s

Bushy, Samantha, Minola en Lemeula Oberho

lzer.

Tyd saam met jou gesin en familie is so belangrik. Dis waar jy herlaai en tuis voel. Van ons lesers deel hulle foto’s.

Van links, agter: Juan, Tiaann en Christo jr. Erasmus; voor: Rassie en Elza Erasmus.

Van links; voor: Heinrich van Zyl, Gerhard Visagie, Gideon en Retha Visagie (op die bank), Elma Fourie en Koos Botha; agter: Gustav van Zyl, Chantel en Hein Visagie, Luan Visagie, Hein en Elmien van Zyl en Minique Visagie.

Desire, Logan, Mia en Lloyd McMaster.

Dewald, Adriana, Pierre, Amy en Nadine van Heerden. www.glitter-magazine.com

Glitter 33


gariep motors jeep:Layout 1

7/27/2015

9:50 AM

Page 1

THE ADVENTURE BEGINS EVEN SOONER WITH JEEP TRAXION

jeep.co.za

NO DEPOSIT, GUARANTEED BUY-BACK AND SUB-PRIME INTEREST RATES

Tra X ion Finance

Jeep TraXion is a flexible finance programme that lets you begin your adventure in a stylish Jeep Cherokee even sooner. Contact us now for more information.

Jeep Cherokee 2.4 Longitude instalment agreement Retail Price = R500 990 • Interest Rate = Prime minus 2.16% • NO DEPOSIT • Term = 36 Months • Balloon 65% = R325 644 • Monthly Instalment = R7 538 • Total Repayment = R591 475 • Maximum mileage 75 000km over 3 years Monthly offer available on Jeep Cherokee 2.4 Longitude • Finance subject to approval by WesBank, a division of FirstRand Bank Limited, an authorised financial services and credit provider, NCRCP20 • Interest rate linked to prime lending rate which is currently 9.25% • CO2 tax included • Initiation fee of R1 140 and monthly service fee of R57 not included • All amounts include VAT • Cost of credit excludes deposit • Offer valid until 31 August 2015 or while stocks last • Terms and conditions apply • Visual for illustration purposes only • E&OE

GARIEP MOTORS 053 831 2400 112 Long Street, Diamant Park, Kimberley 8301

Sales Executives: Werner Nel 083 330 9095 Juan Cornelius 082 776 3390 Sales Manager: Jody Jegels 072 806 2212

T’s and C’s apply. E&OE. Jeep is a registered trademark of FCA US LLC.

OB 07 15370 The Observatory Ad Co

Jeep Cherokee from R7 538 pm


jam clothing:Layout 1

7/27/2015

9:54 AM

Page 1


36-39 Leefstyl:Glitter Template 2015-07-27 06:24 PM Page 1

leefstyl

André by Everest.

OP EVEREST

vasgekeer

Die oomblik wat jy hulle ontmoet, sien jy twee begeesterde mans wat hul geloof ten volle uitleef. Pastore André Venter en Harry Hurndall van die City of Hope Church is nie net vennote in God nie, maar beste vriende. In ’n poging om geld in te samel vir die Christina Kiddie-kinderhuis het hulle besluit om Mount Everest te gaan klim, min wetend dat hulle in die middel van ’n aardbewing vasgevang sou wees. ’n Anderste uitdaging

nie.” Vanaf Lukla tot en met die Everestbasiskamp is ongeveer 65 kilometer wat hulle Op 15 April 2015 het hul avontuur begin. Hulle te voet moes aflê. Beide stem saam dat kruip, sou reeds die vorige Vrydag begin klim het as struikel, loop en bid deel was van die roete. dit nie was vir die slegte weersomstandighede nie. André sê hy het met die begin van hul Hulle het Kilimanjaro al twee keer geklim en dit ekskursie reeds Skrif gekry en hy kon in was hulle verwysingsraamwerk van bergklim. daardie stadium nie regtig besluit wat dit André sê Mount Everest is ’n ander uitdaging, beteken nie. “Psalm 103, veral vers 2 het die want dit is valleie, terrasse van berglandskap Here op my hart gelê - dat ons as mense nie en uitmergelende temperature wat aangedurf die voordele moet vergeet om Hom te ken moet word. Daar is mense wat bly en ’n

36 Glitter

www.glitter-magazine.com

bestaan voer op die roete tot by die basiskamp en hulle was verbaas dat waar hul roete by Lukla begin het, ’n OTM en Starbucks was! Oral was die tekens van die Hindoegeloof duidelik sigbaar en was daar bidwiele teenwoordig. Die meeste van die gidse beoefen ook hierdie godsdiens, maar André sê dat niemand jou ooit intimideer daarmee nie. Wanneer die gids langs die pad stop en moes bid, het hulle dit


llumar superior car wash:Layout 1

7/27/2015

10:02 AM

Page 1


36-39 Leefstyl:Glitter Template 2015-07-27 06:24 PM Page 2

leefstyl respekteer. Net voor die aardbewing plaasgevind het, ongeveer 180 meter van die basiskamp af, het die pastore by Gorak Shep vertoef.

Harry en André besig om te klim. Brrrrrr...

Die aarde skud Die aarde het begin skud. André het agter ’n rots skuiling gevind en sy rugsak oor sy kop getrek. Harry sê hy kan dit nie beter beskryf as ’n bak jellie wat geskud word nie. “Niemand het paniekbevange geraak of begin skree nie, dis unbelievable.” Nadat die aardbewing plaasgevind het, het die sneeustorting gekom. “Dit was soos ’n sci-fi movie, dit klink asof die aarde grom en jy hoor die snaaksste geluide en dan is dit net ’n donkergrys wolkmassa wat aangerol kom.” Wat vir hulle gevoel het soos ’n leeftyd was net ongeveer vyf minute. “Daar besef jy dat jy geen beheer het oor jou lewe in sulke omstandighede nie. Ek het net vir die slaap met hulle stewels aan hul voete en Here gesê dat my lewe in Sy hande is.” rugsakke aan hul arms vasgebind. Die aand Toe André langs daardie rots lê, het hy sy vrou, na 11 het die aarde weer begin skud. kinders en kleinkinders gesien en net na die Hallusinasies Here begin uitroep. Na die sneeustorting en aardbewing waarin talle mense dood en Die volgende dag was dit ironies genoeg baie beseer is, het hy slegs ’n bietjie sneeu op sy koud, -20°C en het dit gesneeu. Die gesig gehad. Hy het dadelik na Harry begin verwoesting van die aardbewing was oral soek. Die sneeu is regdeur die huise en het sigbaar en van die huisies was heeltemal alles geys. verwoes. Harry was ’n hele paar meter voor André, wat toe ’n asma-aanval gekry het. “Ek Die mense op die berg wou hê hulle moes afgaan, maar hulle het eers daaroor gebid en het vir die gids probeer verduidelik waar my besluit om eerder daar te slaap. Die berg was pille was, want die gaspompie het nie op eenvoudig net te onstabiel. Hulle was so moeg daardie hoogte gewerk nie.” André het dit en uitgeput en het sesuur daardie aand gaan uiteindelik gekry en met alles wat so

deurmekaar was, het hy nie besef hy sluk vier, in plaas van twee, pille nie. “Ek het begin hallusineer en goed gesien wat nie daar was nie.” ’n Halfuur later het André begin beter voel en het Harry vir hom gewag by ’n monument wat opgerig is vir mense wat hul lewens op Everest verloor het. Hieroor lag die twee lekker en Harry sê dat hulle gelukkig nie ver sou moes gegaan het om vir André te begrawe nie. Heeltyd het hulle aardtrillings beleef en het die valleie golwe gemaak. Die gemeenskappie van Namche Bazaar het te midde van die verwoesting steeds hul bes probeer gee. Niemand het getreur en gehuil nie. Die twee vriende was veronderstel om hier in ’n huisie reg langs die rivier te slaap, maar toe hulle hoor dat die meer wat water na die rivier toe voer, se muur beskadig is en enige oomblik kon bars, het hulle hul agent gebel en gevra dat ’n helikopter hulle moet kom haal. Nie een keer tydens al hierdie gebeure het een van hulle gevoel asof hulle dit nie gaan maak nie. Lyke in body bags

Dis ’n ver pad na bo.

38 Glitter

www.glitter-magazine.com

Nadat hulle in die helikopter geklim het, het hulle gehoor dat dit die laaste rit van die dag was, want die weer was te sleg en beseerdes en dooies is per helikopter vervoer. “Toe ons land, was die vliegveld vol lyke in body bags, want daar was net eenvoudig nêrens om hul


36-39 Leefstyl:Glitter Template 2015-07-27 06:24 PM Page 3

leefstyl heen te vat nie. Onder die oorledenes was ’n berg op is, het hul verblyf in ’n vyfsterhotel aangebied. Suid-Afrikaanse dokter wat slegs 27 jaar oud was. Van die liggame is nie opgeëis nie en die “Dit was wonderlik om in so ’n spoggerige lyke is ver-as.” hotel tuis te gaan, maar daar was geen As gevolg van die feit dat hulle ’n dag te vroeg elektrisiteit of kos nie.” Die stof as gevolg van teruggekeer het, het hulle geen verblyf gehad die aardbewing was so oorweldigend dat nie. Hulle het in ’n bouvallige plekkie gewoon mens dit aan niemand kan beskryf nie. Steeds met rotte wat oral rondgehardloop het. André het mense aandenkings in winkeltjies probeer het die aand nie ’n oog toegemaak nie, want verkoop. Hulle het by ’n winkeltjie gekom waar ’n 13-jarige meisie, wie se ma en suster ook hy was bang die rotte eet sy biltong. Dit was gesterf het, goed verkoop het. Sy wou so die laaste kos wat hulle oorgehad het, want graag hê dat hulle iets daar koop sodat hulle daar was nie meer kos op die berg nie. hul huisie weer kon herbou. Die vliegtuie kon nie inkom om voorraad te bring nie. Meer as oorwinnaars Die volgende dag het ’n meisie van Suid-Afrika haar verblyf vir hulle aangebied. Hulle moes ’n Terug in SA het hulle net weer besef wat familie plan maak om ’n vliegtuig te kry om hulle terug beteken. André sê dat die Here hom wou leer te bring Suid-Afrika toe. Hulle het gebid dat die dat hy nie ’n oorlewende is nie, maar meer as ’n oorwinnaar. “As ons met ’n survivor mentality weer sou beter raak, want die vliegveld was een van dié gevaarlikste ter wêreld en in slegte deur die lewe gaan, gaan dit nie werk nie; ons weer kon geen vliegtuig land nie. Die weer het moet meer as oorwinnaars wees in Christus, want ons het reeds gewen met Hom aan ons gedraai en hulle kon ’n vlug kry. Toe hulle op Kathmandu land, het hulle geen verblyf gehad sy.” nie, maar twee mans wat saam met hulle die

Een van die mans wat saam met hulle gestap het, was ’n Hindoe en hy en André e-pos nou nog vir mekaar. “Hy was so oop vir ons geloof, het by al ons besluite ingeval en het groot agting en respek vir ons geloof gekry. Hy het ook ’n skenking gegee ten bate van die kinderhuis. As dit al hierdie beplanning gekos het om ons op daardie berg te kry om net een mens te raak, was dit absoluut die moeite werd.” André wil so graag mense challenge om dinge te begin doen vir hulle gemeenskap. “Die kinders van die kinderhuis het al soveel verwerping en tragedie ervaar op so ’n jong ouderdom dat niks wat met hulle gebeur het op daardie berg so erg kon gewees het nie. Ek haal my hoed af vir tannie Frieda wat haar lewe aan die kinders gewy het en vir hulle leef. Die R43 000 wat ons ingesamel het vir die kinderhuis sal gebruik word om hul swembad op te knap. Ons het soveel om voor dankbaar te wees en vir familie wat met ope arms vir ons gewag het.” – Ronell van der Sandt

www.glitter-magazine.com

Glitter 39


kokis:Layout 1

7/27/2015

10:04 AM

Page 1


xpanda:Layout 1

7/27/2015

10:29 AM

Page 1


42-43 Dekor:Glitter Template 2015-07-26 11:26 AM Page 1

dekor

Veranderinge bring lig

“Ons het al baie gereis en in baie huise gebly. Van elke land wat ons besoek, bring ons iets saam. Dalk net ’n memory, maar dis als dinge wat vir ons mooi en belangrik is,” vertel Zelda Engledow van Royldene. 42 Glitter

www.glitter-magazine.com


42-43 Dekor:Glitter Template 2015-07-26 11:27 AM Page 2

dekor

Sy, Peter en hul twee seuns het na 12 jaar se verblyf in Engeland teruggekeer na Suid-Afrika. “Toe ons die huis gekoop het, was dit baie donker binne. Ons meubels is baie lig en ons geniet die sonskyn en ligter kleure.” Hulle het mure uitgebreek en strategiese veranderinge aangebring om hulle huis te vergroot en meer sonlig te kry. Die kombuiskaste en ander donker afwerkings is geverf en sodoende het die eens donker huis lig en lewe gekry. “Die huis se grondverdieping was veral klein en beknop. Op die boonste vlak het die kinders se kamers albei uitgeloop op ’n oop balkon, wat ons nie kon gebruik vir hulle nie, want hulle was nog te klein om sonder toesig daar te speel. Ons het die stoep laat toebou en so vir die seuns hulle eie “treehouse” gegee. Die pragtige groot boom in die voortuin gee jou die gevoel dat jy in die boom instap.” Dis hulle speel- en televisiekamer waarin hulle hulself kan uitleef. – Karen Retief

www.glitter-magazine.com

Glitter 43


human auto used:Layout 1

7/27/2015

10:07 AM

Page 1


hyundai mitsubishi:Layout 1

7/27/2015

10:18 AM

Page 1


46-47 Facebook:Glitter Template 2015-07-27 07:57 PM Page 1

praat saam

Wat is jou doel? Ons het op ons Facebook-blad gevra wat dink jy is regtig jou doel hier op aarde? Meer as net dat jy mense moet liefhê, bejaardes oor die pad moet help of vriendelik glimlag vir die boemelaar by die verkeerslig. Weet jy regtig wat jou doel hier is? Oprah Winfrey sê: “What is real, what is lasting, is who you are and what you were meant to bring. What is the gift you were meant to give?” – Jana Grobbelaar Hier is wat julle te sê het: Marianna Cloete Ek glo elke klein iets wat jy elke dag kan doen om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, omskryf jou doel. “Why say no when you can say why not?” Ek rig redenaars af en dit is so ‘n besieling om kids te leer praat. Ek gaan vanjaar in Aug. met 4 HNK-kids ATKV finale toe saam met my vriendin Duif Brand, ook met kids aan Radikaleredenaars begin deelneem. Kinders ontpop met soveel selfvertroue.

46 Glitter

www.glitter-magazine.com

Annelize Smit My belewenis is dat ek die beste ek moet wees vir die oomblik. Soos wat mens deur die seisoene van die lewe gaan, glo ek verskuif my doel. Ek glo ek moet goed en lief vir myself wees, voordat ek goed en lief vir die volgende persoon wat my pad kruis kan wees. My doel is om positief by te dra en deel van die oplossing te wees.


46-47 Facebook:Glitter Template 2015-07-27 07:57 PM Page 2

praat saam Elaine Marx Het nou die dag ’n stukkie gelees dat jou doel op aarde is om voluit te lewe elke dag. Maar ek staan elke dag op asof dit ’n nuwe plek/omgewing is. Smile and wave. As ek iets sien waarmee ek mee kan help of iemand teëkom wat ek kan bystaan, is dit al so normaal vir my om net by te staan en te help. En snags tuis wens ek ek kon meer en sê maar net dankie vir dit wat ek kon doen. En as ek so terugdink oor die laaste paar jaar lewe ek tog voluit elke dag.

elke omgewing waarin die lewe jou laat beland. Dalk overthink mense (soos ek en jy) dit ... Ek dink dis selde dat jy dadelik weet wat jou doel is – die stukkies val later eers in plek. Om jou doel uit te leef, moet ons dalk net alles met oorgawe doen – met jou hele hart liefhê, altyd jou grootste glimlag gee, altyd tot die beste van jou vermoë help en jou alles insit in dit wat jy aanpak.

Nadine Cloete Haven’t found my purpose here yet. Been here for seven months and still don’t know what the future holds.

Shandrey Adams Soek eers die Koninkryk van God en als sal vir jou bygevoeg word ... Sonder Hom gaan jy doelloos wees.

Susan Visagie Ek dink ’n mens se doel op aarde verander saam

Sandra de Klerk Vat elke dag soos dit kom. Jy kan vandag niks aan

Danel Ferreira Ek en my ma glo ons doel op aarde is om kinders se lewens te verryk en deur dit wat ons doen vir hulle te help om vir hulself Jolandy Bruce Weet jy, Jana, my doel is om elke dag op te staan en my lewe met my familie, my verloofde en my vriende te deel. Om elke ’n blink toekoms te skep. Ons werk met kinders met ADD, ADHD, Tourette-syndrome ens. Kinders wat outisme het en serebraal gestrem dag dankie te sê dat ek nog kan loop na ek twee heupvervangings is. Dis ons passie om te sien hoe ’n kind se gemiddeld by die skool gehad het. Die eerste een op 34 en die tweede een op 35. En ook van 40% na 65% styg deur die regte metodes en aanmoediging te mense te inspireer om dié wat ook probleme het dit te help oorkom. gebruik. Die resultate wat ons van ons kinders kry, maak al die harde Bv. ek kan nie baie ente stap ens., hoekom probeer hulle nie iets anders? Jy kan nie jou verlede terughê nie, maar jy kan dinge verander werk vir ons die moeite werd en dit verseker ons van ons doel in die lewe en ons besigheid. en makliker maak vir die toekoms.

met die fases van jou lewe. Op skool, in ’n werksomgewing, in jou vriendekringe, in jou familie. Daar is belangrike rol wat jy moet vervul in

môre doen nie en nog minder aan gister.

www.glitter-magazine.com

Glitter 47


haroldts:Layout 1

7/27/2015

10:12 AM

Page 1


49 Leser vd Maand:Glitter Template 2015-07-23 12:06 PM Page 1

leser van die maand

Elsona Steyn Elsona Steyn (51) is ’n Noord-Kapenaar in murg en been. Sy sê daar is ’n andersheid aan hierdie provinsie en sy mense wat maak dat sy moeilik haar wortels hier sal kan uittrek. Haar gunsteling-stokperdjies is lees en skryf. Sy het onlangs ’n boekkontrak losgeslaan, dus is dié stokperdjie ook nou deel van haar werk. as ek hulle in die mall druk en soen nie.

Waar het jou liefde vir skryf ontwikkel? Ek het van kleins af ’n liefde vir taal gehad, veral vir my moedertaal, Afrikaans. Die spreektaal in die omgewing waar ek grootgeword het, is eie in sy soort en ons het ’n anderse manier van praat – daarvan getuig ons aksent en hoe ons ’n ding sê. ’n Vriend het my oortuig om ietsie koddigs te skryf en dit vir ons plaaslike koerantjie te stuur, met verrassende gevolge. Voor ek my kom kry, slaan my beriggies vier pryse los en siedaar goed begin is half gewin!

Jy publiseer ’n boek - vertel ons bietjie meer Ek het ’n wilde kans gewaag en ’n uitgewer genader en was verras toe sy laat weet dat ons my skryfwerk in boekvorm moet uitgee! Ek wou nog tot verhaal kom, toe beplan ek al die voorblad, dink aan ’n titel en moes ek saans tot laat skryf om genoeg materiaal bymekaar te maak sodat my eerste boekie, Skatkis vol Onthou, kon realiseer. Hoe verloor jy jouself? Verloor soos in kwaad word? Ek het ’n redelike gematige geaardheid en word nie sommer gou kwaad nie, maar ’n lang gewag in toue, swak diens, swaar verkeer en die tipiese “einde van die maand”-gejaag maak my uiters ongeduldig. Dalk het dit alles te doen met die feit dat tyd kosbaar is en dat tyd gebruik en nie vermors moet word nie. Wat is godsdiens vir jou? Vir my is godsdiens presies wat die woord impliseer - om God te dien, Hom te leef, te dien met my geld, my tyd, my lewe, my als. En ook te sorg dat my gesin Hom dien. Hy is my Rots, my Steunpilaar!

Is dit soseer skryf of eerder stories vertel? Ek vermaak veral kinders met die stories wat ek vertel (dalk omdat ek vreeslik aandik en dieselfde storie elke keer anders klink), maar die geskrewe woord bly my gunsteling. Ek sou saans, as ek nie kon slaap nie, die stories lê Wat is spiritualiteit vir jou? en uitdink en dikwels op daardie oomblik Spiritualiteit het in die breedste sin te maak opstaan en dit gaan neerskryf. met sake wat die gees betref. Die woord word op baie maniere gebruik en kan te doen hê Wat dink jy sou jou kinders oor jou sê as met godsdiens of bonatuurlike kragte , maar iemand ’n onderhoud met hulle oor hulle ma die klem lê op die persoonlike, innerlike sou doen? ervaring. Die betekenisse van “godsdiens” en “spiritualiteit” lê dikwels baie naby aan mekaar. Ek vermoed nogal hulle sal sê dat ek ’n goeie versorger is, hul belange op die hart dra (en Neem jy die lewe ernstig op? meestal eerste stel), dat ons ’n goeie Ek het ’n positiewe uitkyk op die lewe, maar verhouding het, oor als en nog wat kan gesels weet ook dat die lewe nie altyd ’n lied is nie en en dat hulle kan staatmaak op my goeie daarom probeer ek ’n gesonde balans oordeel en die raad wat ek uitdeel, ter harte handhaaf tussen ernstig, maar ook laf wees. neem. Hopelik sê hul ook dat hul my Die lewe is hopeloos te kort om te ernstig te onvoorwaardelik lief het, dat ek mooi en wees, maar ook is die lewe te ernstig om dit sonder plooie is en dat hulle glad nie omgee net ligtelik af te maak.

Wat beteken pret vir jou? Om sommer op die ingewing van die oomblik met klere en al in die swembad te spring, veral as jou kinders jou uitdaag om dit te doen, veerpyltjie te speel saam met vriende, koffiedrinkkuiers en lawwe inkopiesessies saam met my sus, seevakansies by Franskraal, heerlike Kersfeeskuiers op Louisvale, die lasagne en hoenderpastei wat ek self maak. Hoe ontspan jy? Die natuur, water, ’n vuurtjie en stilte het ’n magiese uitwerking op my. Voeg daarby die goeie geselskap van die mense wat ek liefhet en jy het my resep vir ontspan. Ons as gesin sal dikwels gaan visvang en as ek daardie poliesman so hoor skree en my seun se glimlag sien as hy ’n groter baber as sy pa uittrek, dan is ek in my element. Tuis ontspan ek met my gunsteling-tydskrif (deur die pos ontvang) en is ek versot op ’n middagslapie. Wat is jou grootse droom? Tipies ma, is my droom dat my kinders hulself eendag suksesvol in hul beroepe sal vestig, dat hul geluk in ’n lewensmaat sal vind en dat hulle die waardes wat tuis aan hulle geleer is, sal uitleef. Dan droom ek ook dat my man se kredietkaart se limiet nooit sal opdroog nie, dat hy my voor 60 met ’n knewel van ’n diamant (uit die Groot Gat) sal bederf en dat ons gesond genoeg sal wees om êrens by die see te gaan aftree. Wat was jou gunsteling-artikel tot dusver in Glitter? Ek lees Glitter (wat tuis afgelewer word) van hoek tot kant en het nie ‘n spesifieke gunsteling-artikel nie, maar die berig oor die Van Wyk-gesin wat byna heel uitgewis is in ’n motorongeluk ’n jaar terug, het my en die hele Kimberley diep aangegryp.

www.glitter-magazine.com

Glitter 49


tabernakel ca autolek:Layout 1

7/27/2015

10:49 AM

Page 1


51 Beste Man:Glitter Template 2015-07-27 07:54 PM Page 1

beste man

“Trou met my”

op die lusernlande

Chrisna Fourie (binnekort Bruwer) het haar verloofde, Vickie Bruwer, as man van die maand genomineer. Alhoewel sy eers gedink het hy “is ’n meisie”, het sy gou “Wanneer ons ongelukkig is, moet ons praat. Hy weet ook ek kom kwaai en hardekwas voor, maar hy weet uitgevind hy is net so min ’n vrou soos wat eintlik is ek iemand met ’n baie klein hartjie en baie liefde. Chuck Norris ’n vrou is. “Vertroue beteken vir my als. Daarsonder kan jy nie ’n verhouding hê nie. Ons wys vir mekaar ons vertrou Chrisna vertel:

mekaar deur mekaar spasie te gee. Ons gaan sonder “Ek was op skool verlief op sy beste pel en dié vertel my heeltyd mekaar uit, maar net bv. na girls nights en so, ons vertrou van Vickie, wat ek toe dink is ’n meisie. Ek besluit toe die “outjie” mekaar ten volle. kan in sy gwar vlieg, net om “haar” ’n paar jaar later te ontmoet. “Sy” is toe so min ’n vrou soos Chuck Norris... Ek was al die tyd “’n Sin vir humor is broodnodig, want dit voed die siel en jy kry minder plooie van lag as frons. jaloers op ’n ou. Hahaha!

“Ons het deur ’n skoolpel van my in my tweede jaar op varsity

ontmoet. Ons het baie by die pel gaan kuier en was meestal op die rivier – waar Vickie by was. Aan die begin het hy my geïrriteer – soos jong outjies gewoonlik doen, maar sy blou oë en lekkerlag lag het my vinnig ’n ander deuntjie laat sing.

“As ek aan hom dink, dan kan ek nie help om te glimlag

nie.”

Nomineer jou man of vrou as man of vrou van die maand. Stuur ’n e-pos aan glitter@inl.co.za.

“Nou kyk - hy, sy twee boeties en sy pa boer saam. En enigeen wat ’n boer ken, weet hulle is nie vreeslik bekend vir hulle romantic gestures en liefdesverklarings nie. Ek het dieselfde van Vickie gedink, maar die man het my uitgeboul. Na drie jaar en drie maande saam, vra hy: ‘TROU MET MY!’ “Hulle klomp manne vlieg so een of twee keer ’n jaar bo-oor die

plaas om uit die lug te sien hoe die lande lyk. Ek wou altyd graag saam, maar het verstaan daar is net plek vir soveel mense. So gebeur dit dat een van die boeties nie kon saamvlieg nie en Vickie vra my toe of ek wil saamgaan. Op die 7de Februarie is ons in die lug en word ek al die vloed- en droogtekolle gewys, en toe ons oor die laaste plaas vlieg, word ek op die skouer getik en gewys om te kyk. Heimlik dink ek by myself, as dit nou nog ’n kol of streep in ’n land is... maar toe ek kyk, staan uit die lusernland gesny – duidelik leesbaar: TROU MET MY! Ek het eers nie geregistreer nie, maar toe dit ingesink het, kon ek niks uitkry nie, net my kop soos ’n mal ding geknik! En toe kry ek nog my spesiale ring!

“Ek is die gelukkigste meisie ooit. Vickie staan my altyd by, is

getrou, laat my lag tot ek voel ek kan nie meer nie, sy geloof en liefde vir God en die boerdery inspireer my en maak my ongelooflik trots. Hy is my beste pel en ons kan oor als gesels, hy het altyd raad en het altyd ’n plan ...

“Vickie is vreeslik erg oor TYD. Party Sondae stoot hy my fisies

uit die huis uit met my maskara in die hand as ons op pad kerk toe is.

“As ek moet eerlik wees, sal ek sê ek wens hy het van shopping gehou. Vir ’n wegbreek wil ons graag see toe gaan. Sondagmiddae lê ons gewoonlik op ’n matras voor die TV en kyk movies; gewoonlik raak ons net daar aan die slaap.

www.glitter-magazine.com

Glitter 51


nissan:Layout 1

7/27/2015

10:32 AM

Page 1


53 Groen:Glitter Template 2015-07-23 12:04 PM Page 1

Glitter Gaan Groen

Inheems is so mooi Linda Engelbrecht is al sedert 1994 ’n Kimberliet in murg en been. Haar liefde vir tuinmaak het in Lusaka, Zambië, begin. “Ek en my ouers het in Zambië gewoon. Ek was so vier jaar oud en ons het 7 km van Lusaka, op ’n kleinhoewe, gewoon. Ek en my ma het saam ’n groentetuin gehad.” Bome uitgehaal Sy werk al ’n geruime tyd aan haar huidige tuin. “Ons het begin deur bome uit te haal. Ek weet mense haat dit om bome uit te haal, maar die wortels het die plaveisel en ondergrondse pype begin beskadig. Ons het toe Massimo Mazzoncini, die landboukundige by die Sol Plaatjemunisipaliteit, genader om iemand aan te beveel wat ons met ’n inheemse tuin kan help. Vroeg in 2013 het Gideon Nel ons begin help. Die gras is verwyder en net sommige van die oorspronklike plante is oor. Die rose, Prunus, Agapanthus en hydrangeas is nog oor.” Inheemse plante Linda sê die wilde irisse – die wit en pers irisse – is haar gunsteling-plante in haar tuin. “Ek is net so mal oor die laventel, gazanias en die felicias. Daar is so ’n groot verskeidenheid inheemse plante in ons land, dis nie nodig om uitheemse plante te plant nie. Kyk maar na die plante wat die munisipaliteit ook plant. Dit lyk soos ’n Persiese mat.” Min werk Gelukkig, sê Linda, verg ’n inheemse tuin baie min werk. Sy het ’n tuinman gehad wat haar gehelp het, maar hy is so ’n maand gelede weg. “Ek haal basies net die onkruid uit en maak van die plante minder as dit te veel raak. Ek los die grond nes dit is en sit net nou en dan ’n laag kompos oor.” Linda voel dis belangrik om ’n tuin te hê wat min water verg, veral as jy in Kimberley woon. Maar ook, voeg sy by, inheems is net so móóí. – Jana Grobbelaar

Glitter het met Homes@Kimberley hande gevat om die mooiste, kreatiefste en indrukwekkendste tuine in Kimberley raak te sien. Wees op die uitkyk vir ons bordjie! www.glitter-magazine.com

Glitter 53


template:Layout 1

2015/07/27

09:47 AM

Page 1

SAVE A LIFE, GAIN A FRIEND! All pets are available at the SPCA – Tel: (053) 831-7625

Cell: 082 494 2696 Hester Ehlers hesterehlers@vodamail.co.za Tel/Fax: 053-842 1003 22-26 Main Road, Jules Katz Complex, Beaconsfield

Roelien Faber 073 341 6660 Shop 44 Diamond Pavilion Mall Kimberley

12a Schmidtsdrift Road Kimberley kimberley@coastalhire.co.za Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201

Tel: 053 861 9000 Sel: 082 800 0693 E-pos: service@iteckby.co.za Schmidtsdriftweg 17d Kimberley

36 Landbou Road Kimberley 053-833 1681 www.stoneartsa.co.za

2 Farraday Street, Ashburnham, Kimberley Tel: 053-841 0378 Fax: 053-841 0379 Lecflo@cybertrade.co.za

Tel: 053-831 1929 Choctaw Spur Complex Shop 16 Kimberley 8301 creativepaper@telkomsa.net

Kontak Lia 084 840 1189 Groot kinderpret en stalletjies! Alle uitstallers welkom

Teresa 082 568 4721 E-mail: nolsie@live.com Web: www.cwpsa.co.za

Lettie van der Merwe (Principal) NQF5 082 491 8744 6 Edmeades Str, Labram, Kimberley Tel: 053-832 8016

Waterproofing, painting and treatment of roofs Reuben: 072 114 2526 info@rafwaterproofing.co.za www.rafwaterproofing.co.za

1 Delfos Street, Kimdustria Tel: 053-831 7544 Fax: 086 509 7397 Cell: 082 781 2470 gwgkby@vodamail.co.za


owendale:Layout 1

7/27/2015

11:08 AM

Page 1


56-57 Mense:Glitter Template 2015-07-27 07:53 PM Page 1

mense van kimberley Nora Strydom, Glitter se slimfoon-fotograaf, het weer reggestaan met haar Nokia Lumia-kamera en ’n paar Kimberliete afgeneem.

Jacqueline van Heerden: “We need to smile more, be more respectful and grateful and appreciate the smaller things in life.”

56 Glitter

www.glitter-magazine.com

Sareen Faber: “My kinders en kleinkinders is my kosbaarste besittings. Ek dink om ’n ouma te wees, is my roeping.”

Aurelia Swanepoel: “Ek is een van daai gelukkige mense wat van gr. 8 af geweet het ek wil ’n rekenmeester word en ek doen dit nou al vir 17 jaar. My naam beteken ’n stukkie goud.”


56-57 Mense:Glitter Template 2015-07-27 07:53 PM Page 2

mense van kimberley

Melanie Fourie: “Tans bestee ek my tyd op Waaihoek-wildplaas. Ek het nooit my bed opgemaak as kind nie - nou moet ek al die gastehuis se beddens opmaak!”

Hannah Rossouw: “Ek het onlangs na ’n aftree-oord verhuis. Die hoogtepunt van my week is ons damesbiduur by die kerk op ’n Woensdagoggend.”

Lana Strydom: “Ek is mal oor modelwerk. My lekkerste ervaring nog was my deelname aan die SA Modeweek se Pop Up Shops in Pretoria.”

www.glitter-magazine.com

Glitter 57


58 Resepte:Glitter Template 2015-07-27 07:48 PM Page 1

resepte

Groenteverleidings

Bestanddele & Metode PAMPOENTERT 125g botter of margarien 200ml suiker 3 eiers (geklits) 250ml bruismeel 2ml sout 3 koppies gaar pampoen (verkieslik botterskorsie) 5 ml vanieljegeursel Sous: 125g botter of margarien 125ml room 60ml suiker Stephan Quinne (31) is ’n verloofde man, wie se groot dag in September is. Hy het sy opleiding by Jan Kempdorp se hotelskool ontvang en was verskeie jare in die hotelbedryf. “Van ontvangs tot by die kombuis. Ek is mal oor onthaal en as ek onthaal, gaan ek groot!” Al is Stephan nie deesdae in die hotelbedryf nie, gaan hy definitief weer terugkeer na die bedryf. “Dis waar my passie lê. Ek is ook lief vir lees en rugbykyk en dan definitief mense en kos.” – Karen Retief

58 Glitter

www.glitter-magazine.com

Verroom botter en suiker tot romerig. Voeg eiers een vir een by terwyl geklits word. Roer bruismeel en sout by. Roer pampoen en geursel by en skep beslag in gesmeerde, oondvaste bak. Bak by 180˚C vir 45 minute. Terwyl tert bak, verhit sousbestanddele tot byna kokend en giet oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Lewer 6-8 porsies

SPINASIETERT 3-4 bossies spinasie 2 rolle broskorsdeeg 2 groot houers fetakaas 3-4 pakkies bruinuiesoppoeier (hang af van spinasie) 1 liter room Voorverhit die oond tot by 180˚C. Spuit oondpan met Spray ’n Cook. Rol een pak deeg uit en sit dit op die bodem van die pan. Krummel die helfte van een van die houers feta oor die deeg. Sny spinasie fyn, sny stingels af. Sit spinasie in kastrol, krummel die ander houer feta oor. Voeg die soppoeier by en kook tot die feta begin smelt. Voeg room stelselmatig by tot dit dik en romerig is. Die mengsel moet glad nie loperig wees nie. Skep in oondpan bo-op deeg en feta. Krummel die ander helfte van die feta oor. Rol die ander deeg uit en plaas dit bo-oor die spinasiemengsel. Smeer die deeg met die melk en eier wat gemeng is en bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin.


renault:Layout 1

7/27/2015

10:52 AM

Page 1


X0 Sport:Glitter Template 2015-07-27 07:33 PM Page 1

sport

Life is like

a Rubik’s cube At just seventeen years of age, Donovan Pretorius has already accomplished more than most people ever will in their entire lives. His latest venture is that of speed cubing, an act he describes as “solving a Rubik’s cube in the fastest amount of time possible.” Early start “I was only four years old when I started playing with these cubes,” he recalls. “My mother would buy them for us to keep us busy in the car while travelling to Cape Town. Each of us would only be able to solve one colour.” Speed cubing However, today this young man has his eyes set on the world record. His fastest recorded time for solving this complex cube is 10,03 seconds. “When I was about 12 years old, I had an operation. One of the men working in the theatre saw me playing with the cube and he solved it for me in a short period of time. That was the moment I became interested in speed cubing as I had never been able to solve one before.” Donovan’s uncle challenged him to try and solve a cube in a minimum amount of time. “When I finally did it, he only told me to do it faster.” Eye on world record “I felt such joy when I finally reached ten seconds! But right now, my goal is the world record. However, I must first break the African record. The world record for speed cubing is 5,25 seconds and those guys do about 2000 solves a week,” Donovan says. He adds that he has to do a lot more work if he wants to reach that time. “I only do about 200 solves a week.” Motivating children But to Donovan, it is about more than records and competitions – it is about getting children off the streets and motivating people. “I started my business, The Cubing Hub, with the objective of getting cubing out there and getting more children in different schools involved.” Never give up He also uses the principles of cubing in his life and his motivational campaigns. “In cubing, there is always more than one way to solve a problem. If one solution to a problem doesn’t work, try another. It was said that this cube is impossible to solve. If you can solve it, didn’t you solve the impossible?” – Zanri Kotze

60 Glitter

www.glitter-magazine.com


template:Layout 1

27/07/2015

09:43

Page 1


62 Rubriek:Glitter Template 2015-07-27 08:05 PM Page 1

muishond moleste

Innerlike vergifnis oorval jou Die uwe gaan spontaan aan die sweet as hy dink dat sy ou geliefde spannetjie Saterdag vir Saterdag teen al wat ’n derderangse spannetjie is moet uitspeel vir ’n plek in die Curriebeker. Dit voel so amper asof ons pluimbal speel teen Hetta met die opgeboude skoene. Wie op aarde met ’n pols en ’n bloedsomloop doop sy kind Hetta? Net die naam skep die drogbeeld van ’n platborsmeisie wat oopmond staar.

Verdagte supporters Die uwe weier egter om rugby op die stadion te gaan kyk, bloot omrede hy ’n SNOB is en die uwe homself nie kan assosieer met die verdagte klompie supporters nie. Luister, net voordat julle die Muishond kruisig, Saterdag vir Saterdag was Muishond op die pawiljoene. Eers groet die uwe vir Mark. In standerd nege kon hy nie meer hou nie en laat skeer sy kop blokkerig en meld by sekuriteit aan. Voor sit Sybrand met die ooraktiewe kakebeen, links Salri die slet wat by elke man wou in. Agter dronk Gert. Die Saterdag wat hy nie ’n sambreel saamvat nie, gis hy voor rustyd so vol drank is hy. Skuins agter sit Bianca saam met haar vuil boyfriend met haar make-up lankal op sy gesig. Wentzel, alewig met ’n Griekwa-vlag, lyk teen dié tyd soos ’n buitetoilet. Heel voor teen die muur staan die grillerige tweeling wat met almal k@k

soek, soveel so dat ’n ander dronkie een van hulle nou die Saterdag regdeur sy eie bril gevoeter het. Eers toe hy hárd met moederaarde kennis maak en sy mond erger as ’n brandslang skuim, los hy sy geite. Hy drink nou nog sy kookkos. Dan moet jy nie van Hennie vergeet nie. Vir sakgeld bring hy sy ouma saam en vir R5 vermaak sy die kinders terwyl hy rugby kyk. Ellendig tot op die been, sê ek jou!

Ou kos In die losie kry jy ’n heeltemal ander spesie, slap van die skuld, gaar van die senuwees en verteer deur die jaloesie. Daar groet niemand jou nie en word jy slegs herken deur die tannies met die dik brille. Ma sê ek moet nie na hulle staar nie, netnou word ek gehipnotiseer en dan vat hulle my sakgeld. Jy kan ook nie regtig daar eet nie, want die kos is gisteraand as hoofgereg bedien en nou omgesit in een of ander vingerhappie. Die uwe het eenkeer sy sakkie heel vol gekots, toe vra hy vir nog een.

Visioen Op die veld gaan dit ook nie beter nie, behalwe die kaptein (eintlik ’n visioen met moerse spiere en tights) is daar maar nie veel om na uit te sien nie. Die helfte van die span laat val balle left right and centre. Gepraat van senter, waar kry ons die nuwe toevoeging? My pa sê hy lyk soos lasagne en moet hom laat aanneem.

toe waar ons spelers ’n gulsige posisie kan inslaan. Nou dié van julle wat nog nie by die gewetenlose dansplek was nie, dit is nie vir sissies nie. Voor sonsopkoms word daar so gesondig jy kan nie glo dat hierdie klomp mense op ’n keer gekatkiseer was nie. As jy daar uitstap,voel jy so besmet met die onheil, jy was jou twee keer en van albei kante af. Jy laat toe dat die prediker op die hoek met wydgespreide arms vir jou preek. Van veraf lyk hy soos ’n bedonnerde Portugese kafee-eienaar, ma’ jy laat dit toe, want jy is besmet en totaal en al sondig. Jy verander jou lewenstyl en dra net wierookvlegsels en vlooimarkrokke.

Bliksem die dorpsklok Maandag is jy splinternuut met ’n RSG-stem en so vaal soos ’n kerkmat. Jy is preuts, koekig en speel met Matty en haar glasoog. By die huis haal jy al die prente af van mense wat kaal hande-viervoet staan, raak ontslae van Pink Floyd en luister net Jurie Els.Teen Donderdag irriteer jou nuwe lewensstyl jou so jy sit jou teë. Jy bliksem die dorpsklok dat dit heeljaar vieruur wys. Jy redeneer met jouself oor al jou sondes en innerlike vergifnis oorval jou. Vrydagaand kyk jy skelmpies na Toks en Chops, gril vir die kok se groot boude en maak reg vir Griekwas teen Hetta 2. Saterdagmiddag toe trek die uwe sulke stywe klere aan, die bure dink Muishond is eetgerei.Hierdie naweek gaan ’n grote wees! – MM

Besmet met onheil Gaar van die wellus en gatvol vir drieë druk, vier Kwaste die oorwinning oor Hetta en dan is dit stywe lyne Bok

Volg Muishond op Twitter by @MuishondMalan 62 Glitter

www.glitter-magazine.com


Tel: 053-861 1822 www.htaa.co.za Cartersweg 23, Kimberley Faks: 053-861 3333 kby@htaa.co.za Lovely Modern Look R2,249-m

ALLEENMANDAAT POA

ALLEENMANDAAT POA

Want that new modern look? Look no fuether! Stunning 4 bedroom house (split into two units). Great investment opportunity. 2 Lounges, 2 bathrooms (1 shower), 2 garages, spacious kitchen open-plan, lapa/entertainment area and store-room Contact Albert: 084 574 0101

Barkly-Wes eiendom Prys op aanvraag

Spog lusernplaas van 220 ha.

Kontak: Anton 083 250 4146

Kontak: Anton 083 250 4146

GORGEOUS HOUSE! R1 995 000,00

PRAG PLAAS TE KOOP R6 400 000,00

GOEIE HUIS IN GOEIE BUURT R1 449 000,00

Absolutely stunning, neat and sturdy family house in very good area. Just move into this four bedroom beauty with 3 bathrooms. The living areas are openplan and the kitchen is an absolute delight with modern finishes. To round off this pretty picture, there is a lovely garden. There is a double garage and outbuildings; good security and near the new hospital and schools. Do not miss out on this opportunity to own the perfect family home! Contact: Albert 084 574 0101

Petrusburg Plaas - 873 ha

Billike prys vir hierdie 3 slaapkamer woning. Ideaal vir die beginner, naby skole en ander geriewe geleĂŤ.

Baie goeie weiding en aangeplante Smutsvingergras. 8 ha Pekanneute. Baie goeie 4 slaapkamer huis, groot toegeboude stoor, werkershuise. Net instap en begin boer. Kontak: Kobus 082 770 0565

130 ha Jong gevestigde lusern onder besproeiing uit Vaalrivier. Koop en produseer vir u ’n inkomste.

Kontak: Albert 084 574 0101

OPKOMENDE VEILING: Hou media dop vir opkomende veiling in Kimberley en omgewing!


avalon:Layout 1

7/27/2015

11:09 AM

Page 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.