September2017

Page 1

COVER:Layout 1

8/23/2017

12:11 PM

Page 1


charlene laufs kidz:Layout 1

8/22/2017

1:42 PM

Page 1


03 Index:Glitter Template 2017/08/23 7:47 AM Page 1

ons voorblad 06 15 21 33 53

VOORBLAD: CARIEN STEYN – ALTYD VROLIK INSPIRASIE: OMGEE-HART LEEFSTYL: SINUS EN HOOIKOORS IN KIMBERLEY PRAAT SAAM: OUERS EN KINDERS SE SELFOONGEBRUIK SPORT: GRIEKWAS SE SUKSES

bly in kontak 04

REDAKTEURSBRIEF: OP GESONDHEID

elke maand 09 10 19 25 27 31 36 42 43 45 49 16 41 47

10 MINUTE MET: JUFFROU BRONWEN MULLER BEDERFDAG: ONVERWAGSE BONUS ONTMOET VIR: ALTA VAN WYK JOU STORIE: MUGG & BEAN BESTE PAARTJIE: DEUR DIK EN DUN SAAM SPIRIT: HAVE WE LOST OUR SENSE OF HOPE? FOTOBLAD: KIMBERLEY SE KELNERS TALKS ABOUT: FIDGET SPINNERS EN JOU KIND MUISHOND: ANTIKLIMAKS VAN DIE JAAR FOKUS OP: EUREKA SE GRONDSLAGFASE KEN MEKAAR: DR. CLIVE HOLROYD COFFEE: OM TE BEHOORT RESEP: KLEURRYK EN KRAAKVARS DEKOR: LEEF HAAR PASSIE UIT

GLITTER BEDANK GRAAG DIE VOLGENDE PERSONE EN BESIGHEDE VIR HULLE BYDRAE TOT HIERDIE UITGAWE: BRIDAL BOUTIQUE, DIAMOND PAVILION MALL - 072 597 4882 (AANDROKKE) SKOENE VAN LUELLA AT FOSCHINI, DIAMOND PAVILION MALL MAKE-UP: WANITA MOORE-HANSEL @ 2SISTERS BEAUTY BAR - 082 412 0992 HAIR: JANEZ CLARK RUITERS 072 425 3767@HAIR PHOTOGRAPHER: KOOS GAGIANO @ GERT J GAGIANO PHOTOGRAPHY - 082 402 4797

volg ons op

http://www.facebook.com/kimberley.glittermag

STUUR JOU STORIE AAN GLITTER@INL.CO.ZA OF FAKS DIT NA 086-568-2918. SKAKEL 053-832-6261

glitter PUBLISHER INDEPENDENT NEWSPAPERS LTD, RUDI FERREIRA EDITOR JANA GROBBELAAR PROJECT MANAGER MELANIE MOORE CONTRIBUTORS ILETTE COETZER, RONELL VAN DER SANDT, KARIN MULLER, KAREN VAN DER BERG, DUPLESSIS JANSE VAN RENSBURG PHOTOGRAPHER ALTA VAN WYK, PICTURE YOU PHOTOGRAPHY, 082 571 6440 ADVERTISING 053 832 6261 SYNDICATION MANAGER HAROLD PHOLOHOLO ACCOUNTS MANAGER KESHIA STRAUSS DESIGN ARCHETYPE MEDIA PRINTERS SA PRINT GROUP, 086 1000 730, QUOTES@SAPRINTGROUP.CO.ZA SUB EDITOR UNA ENGELBRECHT DISTRIBUTION DIAMOND FIELDS ADVERTISER, CNR BEAN & VILLIERS STREETS, KIMBERLEY, 8301, TEL: 053 832 6261 SUBSCRIPTION ENQUIRIES HAROLD PHOLOHOLO, TEL: 053 832 6261 CONTACT EDITORIAL GLITTER@INL.CO.ZA OR FAX 086-568-2918 DFA INDEPENDENT MAGAZINES SUBSISTS IN ALL WORK PUBLISHED IN THIS MAGAZINE. ANY REPRODUCTION OR ADAPTATION, IN WHOLE OR IN PART, WITHOUT THE WRITTEN PERMISSION OF THE PUBLISHER IS STRICTLY PROHIBITED AND IS AN ACT OF COPYRIGHT INFRINGEMENT, WHICH MAY, IN CERTAIN CIRCUMSTANCES, CONSTITUTE A CRIMINAL OFFENCE. DFA INDEPENDENT MAGAZINES CANNOT BE HELD RESPONSIBLE FOR UNSOLICITED MATERIAL.

www.glittermag.co.za

Glitter 3


04 Editor:Glitter Template 2017/08/23 8:23 AM Page 1

van die redakteur

Op gesondheid Jy hoor altyd mense sê: “solank as wat ek gesond is, het ek alles”. Ons besef nie altyd hoe belangrik dit is nie. Ek praat nie van gesond sonder nies en sinus nie. Wat lyk my die hele Kimberley aan ly, as ons kyk na Glitter se navorsing oor die lente-seisoen. Maar van regtig gesónd wees. ’n Kwaliteit-lewe hê. Dalk is dit omdat mens ouer word, maar jy hoor al hoe meer van mense naby aan jou wat siek is. Kanker kry. Hartsiektes. Diabetes. En dit strek tot by kinders. Dit tref nie net ouer mense nie. Mens besef nie altyd hoe gelukkig en geseënd jy is as jy nie eers daaroor hoef te bekommer nie. As jy kan opstaan, jou tekkies aantrek en gaan draf. Of jou klere gemaklik kan aantrek. Of rondloop sonder om naar te wees van chemo of swak te voel van een of ander sterk behandeling nie.

is die foto en die artikel uitgestel, want die dogtertjie is te siek. Ons joernalis was na aan trane toe sy klaar met die ma gepraat het. Geen mens kan besef hoe moeilik dit moet wees om te hoor jou kind is siek en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Ons het die artikel laat oorstaan tot volgende maand, sodat ons die ma en dogtertjie spasie en tyd kan gee. Dit het my laat dink. As jy gesond is, neem jy alles as vanselfsprekend. Maar elke dag is ’n gift. My hart gaan uit na vriende wat nié hierdie lente met ’n ligte hart kan ingaan nie, want jy weet nie wat môre bring nie. En na die ma wat langs haar dogtertjie se bed sit en bid vir gesondheid. Leef in dankbaarheid hierdie lente, wat ’n nuwe seisoen is. Vir jou gesondheid. Vir die kans om te kan oefen, in die mall rond te loop, naweke lekker dinge te kan doen. Ons vergeet te gou almal het nié daai voorreg nie.

Ons het dié maand ’n artikel gedoen met ’n ma wie se klein dogtertjie aan kanker ly. Elke keer

wat gebeur in kimberley

4 Glitter

www.glittermag.co.za

Maandeliks

29 – 30 September 2017

Wat: Werkswinkel om normale ontwikkeling van baba te stimuleer vir swanger mammas en mammas met babas tussen 0-12 maande. Waar: Caritas-gemeenskapsfokus: Arbeidsterapie-praktyk Kontak: Jeanine of Melissa by 072 378 3968

Wat: DCD Diamond Rally Waar: Yonder-terrein Kontak: Petro 079 872 9079

As jy


timesless weddings 26x6:Layout 1

22/08/2017

12:23

Page 1


06-07 Voorblad:Glitter Template 2017/08/24 9:11 AM Page 1

ons mense wat glitter Dit is asof Carien Steyn haar eie swaartekrag het. ’n Onblusbare lus en passie vir die lewe straal uit haar en trek ieder en elk wat met haar in aanraking kom, dadelik na haar toe aan. “Ek is ’n baie positiewe mens,” gesels Carien gemaklik vanuit die stylvolle gemakstoel met die beker koffie in haar hand. “En ek hou van mense. Ek vertrou hulle dalk te maklik, maar hulle maak my lewe baie vol. Ek wil graag hê ander mense moet my as ’n positiewe mens ervaar. Ek wil ander mense positief beïnvloed. So as ek ’n lag in iemand anders se dag kan sit, is dit vir my lekker.”

CARIEN STEYN altyd vrolik 6 Glitter

www.glittermag.co.za


06-07 Voorblad:Glitter Template 2017/08/24 9:12 AM Page 2

ons mense wat glitter “Dis vir my baie lekker,” lag Carien wanneer sy oor haar besigheid, Bella Cardi, uitgevra word. “Wie hou dan nie van partytjie hou nie? My werk is my passie. Dis ’n wonderlike gevoel om 02:00 in die bed te klim met moeë voete en te weet jy het iemand se spesiale dag onvergeetlik gemaak.” Carien het op die Puk studeer, maar haar liefde vir Kimberley en sy mense het haar teruggelok. “Ek was nog altyd in die gasvryheidsbedryf, hoewel dit nie was wat ek studeer het nie. Ek het eintlik bemarking studeer. Dalk is dit waarom ek so baie praat,” voeg sy by en lag borrelend vanuit haar maag. “Ek hou daarvan om met mense te werk, so ek het dus in die gasvryheidsbedryf begin,” gesels Carien wat eers by Lilydale en toe by Ambassadors werksaam was voordat sy in Junie verlede jaar haar eie wedding venue begin het. “Dit was nog altyd ’n droom van my om my eie ding te doen. Die dankie-sê na die tyd en die waardering in iemand se oë, dit maak wat ek elke naweek doen die moeite werd. Omring deur gelukkige mense!” Geleentheid vir ’n droom “Ek het maar grootgeword met die idee om vir jouself te werk en jou eie besigheid te hê,” vertel Carien. “Ek het grootgeword in ’n familiebesigheid. Nie net het my ouers my van besigheid geleer nie, maar ook vir my wonderlike geleenthede geskep waarvoor ek altyd dankbaar sal wees,” vertel sy. “Aanvanklik wou ons trourokke verkoop en ’n franchise winkel in Kimberley oopmaak, maar toe besluit ek en my skoonsuster dat die Kimberley-mark dalk nie reg is daarvoor nie. Met haar troue, het ek besef Kimberley het nie ’n plek waar daar ’n kerkie en ’n venue op een plek is nie. Ons het begin dink aan ’n kerkie en onthaalsaal wat groot genoeg is. ’n Nuwe sprokie vir Kimberley. Dit was ’n goeie besigheidsbesluit en ek sou dit nie sonder my twee besigheidsvennote kon doen nie.” Droom word waar “Ons het verlede jaar Junie begin bou en Maart vanjaar

ons eerste troue gehou,” vertel Carien trots. “Dit was ’n groot sukses,” sê sy van daardie eerste troue. “Maar dit het amper gevoel asof ek weer trou, want ek het net so baie soos daardie bruid gestres,” lag sy. “Ons eerste bruid het soveel vertroue in ons gestel, ons wou dit regtig vir haar spesiaal maak.” Carien sê sy sy leef haar positiwiteit uit deur altyd ja te sê vir ’n uitdaging. “My entoesiasme in my daaglikse taak en dan net ’n glimlag in iemand se rigting wat dit broodnodig het, is vir my belangrik.” Volgens haar, kry sy dit ook goed reg om die partytjie aan die gang te kry. “Ek dink goeie beplanning, my rustigheid en ’n strewe om my kliënte (bruide) gelukkig te hou, dra by om ’n troue of selfs partytjie ’n reuse-sukses te maak.” Liefde en ondersteuning Carien het haar man, Hartman, ontmoet tydens haar eerste jaar op die Puk en voel steeds hy speel ’n groot rol in die sukses van haar besigheid en ook in wie sy as mens is. “Hy ondersteun my geweldig. Hy is altyd game om saam met my enige ding aan te pak, soos hierdie trou venue, byvoorbeeld. Hy twyfel nooit in my nie. Hy is altyd daar vir my, selfs al het ek ’n fout gemaak. Hy kan die groter prentjie sien. Hy staan altyd agter my en gee my die ruimte om voor te stap en te doen wat ek wil doen.” Bly altyd positief en vrolik “Ek is ’n Christen,” sê Carien ywerig en sê haar geloof help haar om positief en vrolik te bly. “Ek het soveel om voor dankbaar te wees. Een van die grootste lesse wat die lewe my geleer het, is dat dit nie altyd maklik gaan wees nie en daar gaan moeilike tye kom, maar dit is belangrik om positief te bly. Wees vriendelik en bedagsaam met die mense soos wat jy die leer klim in die lewe, want met die afkomslag, het jy daardie mense nodig om jou weer op te help en aan te gaan.” Vir Carien gebeur alles met ’n doel – hetsy dit goed of sleg is. “Jou lewe is haarfyn beplan. Slegte dinge gebeur soms net om dalk te wys jy is nie op die regte pad nie. Druk gaan oor jou pad kom, maar as ek soggens opstaan en met die Here praat, maak Hy my rustig. Want met Hom loop ek ’n bende storm en met my God, spring ek oor ’n muur!” Zanri Kotze www.glittermag.co.za

Glitter 7


GW Graniet 26x6:Layout 1

2017/08/22

12:18 PM

Page 1


09 10 Min:Glitter Template 2017/08/23 10:54 AM Page 1

10 minute met . . .

Juffrou Bronwen Muller Die werk van 'n onderwyser is vandag glad nie ’n maklike taak nie, wat nog te sê om vir kinders wiskunde te laat verstaan? Die druk wat ouers op hulle kinders plaas om wiskunde te neem en goed daarin te presteer, is ‘n groot tameletjie waarmee onderwysers te kampe het. Hierdie juffrou glo die basiese vaardighede moet goed bemeester wees en dat ‘n leerder al vroeg in sy skoolloopbaan selfvertroue ontwikkel om wiskunde te kan doen. Hulle moet voorbereid, met begrip en na vele herhaling, klas toe kom. Juffrou Bronwen Muller van Hoërskool Noord-Kaap is 'n toegewyde wiskunde-fan wat graag haar leerders wil help om dit te kan bemeester.

Ek is …

tensy jy in daardie persoon se skoene geloop het nie.

My gunsteling-rolprent is …

Mamma Mia met Meryl Streep. Dit is 'n lekkerlag en -huil movie en die boodskap daarin vir my is dat die lewe jou altyd keuses gee.

Wat wil jy vir jou seun leer as man en vir jou dogter as vrou?

My seun moet alle vrouens behandel soos hy verwag 'n man sy suster moet behandel. Ek wil graag hê my dogter moet onafhanklik en sterk wiskunde praat, is ook dit wat hy gaan glo! in haarself kan leef.

Bronwen Muller, 'n gebore onderwyseres. Ek My familie is … kom uit 'n familie van onderwyseres. My pa is 'n belangrik. As enkelouer is my familie my oud-skoolhoof en my ma en suster is ook albei steunpilaar. My ma, suster en swaer help onderwyseresse. ongelooflik baie en ek sou dit nie kon doen sonder hulle nie.

My passie in die lewe is …

wiskunde en om met kinders te werk.

Drie dinge op jou bucket list …

Hoekom is jy 'n wiskunde-onderwyseres?

My hoërskool-onderwyser het 'n liefde in my ontwikkel vir wiskunde. Daarom wil ek altyd ander help. Ek LIEF wiskunde!

Om vir my vriendin in Parys, Frankryk te gaan kuier, gekombineer met 'n Europese toer saam met my meisiekind, Caylin en my ma (voor sy Wat dink jy is ouers se grootste wanpersepsie van te oud is). Ek sal ook graag nog 'n taal wil leer wiskunde? praat. Ouers dink wiskunde is maklik of dat alle kinders wiskunde kan doen. Wiskunde is 'n As jy 'n celeb kan wees, sal dit … insigvak. Kinders wil ook nie oefen nie en definitief Meryl Streep wees. Sy is 'n pragtige wiskunde is oefen, oefen, oefen. Ouers moet vrou en 'n kampvegter vir vroue. asseblief hulle kinders aanmoedig om elke dag te oefen. Wiskunde is beslis nie vir sissies Wat sien jy eerste raak in ander mense? nie. Dikwels sal die ouers se negatiewe Definitief hulle skoene. Een van die herinneringe aan wiskunde op die kind belangrikste dinge in die lewe wat ek elke dag afsmeer en skep dit dadelik 'n vrees vir die vak. probeer onthou, is dat jy nie mag oordeel Hoe 'n onderwyser of ouer met 'n kind oor

Hoe belangrik is suiwer wiskunde as vakkeuse in plaas van wiskundige geletterdheid? Ons het ingenieurs, dokters, argitekte ens. nodig in ons land. Om dit te word, moet jy wiskunde hê. Wiskundige geletterheid is ook nie meer so maklik nie. Kinders sukkel met lees. Universiteite vereis wiskunde vir die meeste kursusse. Om dit as vak te hê, maak net soveel deure oop.

Hoe kan ouers hulle kinders help?

Ekstra klasse is nie al oplossing nie. Die leerder moet selfdissipline hê en ekstra oefeninge doen. Nie net een of twee keer ‘n week tydens ekstra klas nie, maar elke dag by die huis ook. Ouers moet hulle kinders hier ook aanmoedig en kyk of hulle dit doen en nie net die geld betaal vir ekstra klasse nie.

My droom …

Om eendag as ek aftree, terug te kyk en te sê: “I have lived my life and I have no regrets.” Ronell van der Sandt

www.glittermag.co.za

Glitter 9


10-13 Bederf:Glitter Template 2017/08/23 8:36 AM Page 1

bederfdag

Priscilla van Rooyen hou van orde en beplanning. Hul gesin is vanjaar egter onkant gevang met ’n onverwagte besoek van die ooievaar.

Onverwagse bonus

10 Glitter

www.glittermag.co.za


10-13 Bederf:Glitter Template 2017/08/24 7:17 AM Page 2

bederfdag geboorte.” Hoewel die swangerskap hulle ietwat onkant gevang het, glo Priscilla haar baba is ’n geskenk van God af. “Ek het nooit weer swanger geword na my eerste kind se geboorte nie. Ek het later aanvaar dat ek net een kind sou hê. God het my egter met nog ’n bondeltjie vreugde geseën. Aan die begin was dit heeltemal onwerklik. Ek was bekommerd as ek die kleinding nie gereeld gevoel het nie. Christefer het net aanhou sê ek moet ophou stres!” Na haar oupa se dood verlede jaar, het Priscilla en Christefer in ’n woonstel by haar ma en stiefpa ingetrek. “Ek weet nie wat ek sonder haar ondersteuning sou doen nie. Ons het die afgelope paar maande baie nader aan mekaar gekom.” Sy beskryf haarself as ’n regte huishen. Naweke word daar saam gebraai en gekuier. Tyd vir grimering en mooimaak is maar min. “Ek voel vir myself enorm met my swanger lyf! Maar ek glo tog dis belangrik om na jouself te kyk, veral jou vel. Ons word nie jonger nie. Ek probeer ook elke dag genoeg water drink en gesond eet. Ek glo elke mens moet trots op haarself wees. Ons is almal deur God geskape. Maak die beste van dit waarmee jy gebore is. Daar is iets moois in elke vrou.” Priscilla se lewensdoel is om ’n goeie ma vir haar twee seuns te wees. “Ek wil hê hulle moet trots op my wees en opkyk na my. Hopelik onthou hul al die lesse wat ek hulle oor die jare probeer leer het.” – Ilette Coetzer

Priscilla was baie opgewonde oor Glitter se bederfdag. “’n Mens voel nie altyd op jou beste as jy swanger is nie. Vandag voel vir my soos ’n nuwe begin. ’n Nuwe baba en ’n nuwe voorkoms. Celeste van Salon Styles het Priscilla se hare uitgedun om vir haar ’n pixie-voorkoms te gee. Sy glo Priscilla sal dit maklik met die nuwe baba kan hanteer. Joe van Foschini het ’n swart dolly dress vir Priscilla gekies. Dié styl pas amper by enige vrou se liggaamsbou. Denimbaadjies wat amper te groot is, is vanjaar baie in die mode, sowel as kant. Priscilla was mal oor haar nuwe voorkoms. “Dit voel amper nie soos ek nie!” Priscilla is amper sewe maande swanger en wil graag met haar tweede kind by die huis wees. “My oudste kind (uit ’n vorige huwelik) is nou veertien jaar oud. Ek en my man, Christefer, is nou al amper tien jaar saam. Hy is ’n wonderlike mens: lojaal, eerlik en liefdevol. Hy en my seun kom ook goed oor die weg. Ons is almal baie opgewonde oor die kleinman se www.glittermag.co.za

Glitter 11


slender wonder dr human:Layout 1

8/22/2017

1:44 PM

Page 1

4VNN 4VNNFS 4 NFS # #PEJFT PEJFT NBEF 8JOUFS BSF NBE E JO 8 EF JOUFS F 4MFOEFS FOEFS 8POEFS 8PO OEFS JT B .FEJDBM .FEJDBM 8FJHIU 8FJH HIU -PTT -PTT 1SPHSBNNF UIBUU US USFBUT PCFTJUZZ HSBNNF UUIB FBUT UIF DBVTF P PG PCFTJU BOE P PWFSXFJHIU TZNQUPNT WFSXFJH HIU BOE OPU KVTU UIF TZ ZNQUPNT 0CFTJUZ 0CFTJUZ BOE BOE PWFSXFJHIU PWFSXFJHIU JT B NFEJDBM NF FEJDBM DPOEJUJPO POEJUJPO BOE BO OE TIPVME CF USFBUFE USFBUFE BT TVDI 4FU ZPVS ZPVS XFJHIU XFJH HIU MPTT HPBMT XJUI ZPVS ZPV VS 4MFOEFS 8POEFS POEFS %PDUPS %PDUPS BOE TUBSU TUBSU ZPVS ZPVS KPVSOFZ KPVSOFZ UP UP B OFX ZPV ZPV 8IFUIFS IFUIFS ZPV ZPV V IBWF IBWF LHhT PS LHhT LHhT UP UP MPTF MPTF XFJHIU 4MFOEFS 8POEFS 8POEFS JT UIF X FJHIU MPTT QSPHSBNNF BDIJFWF HPBM PHSBNNF UUP P IFMQ ZZPV PV BDIJFW F ZZPVS PVS HPBM

%PDUPS %PDUPS P **OHSJE OHSJE H )VN )VNBO NBO 5FM 5F FM XXX TMFOEFSXPOEFS DP [B XXX TMF FOEFSXPOEFSS DP [B


10-13 Bederf:Glitter Template 2017/08/23 10:56 AM Page 3

bederfdag

Dankie-sĂŞ aan: Hare: Celeste Young van Salon Styles 053 842 0226 Klere & grimering: Joe Burger (stilis), Lebo Malumbazo (grimering), Tina Steinmann (bestuurder) by die Foschini in die Diamond Pavilion Mall - 053 802 4406

www.glittermag.co.za

Glitter 13


jam clothing:Layout 1

8/22/2017

1:46 PM

Page 1


15 Inspirasie:Glitter Template 2017/08/23 8:36 AM Page 1

'n Omgeeinspirasie

Soms neem dit jare om iemand te motiveer om iets positiefs te doen. In ander gevalle is een goeie daad nodig om ’n persoon se lewe radikaal te verander. Nathalia Borchard kan van oomblikke soos hierdie getuig.

HART

Besluit geneem “Ek het in 2012 van die Princess Project in ’n tydskrif gelees,” verduidelik Nathalia. “Net daar en dan het ek besluit om daarby betrokke te raak en het dit as ’n nuwejaarsvoorneme vir 2013 in gedagte gehou.” Met die aanbreek van 2013 het Nathalia ’n foto van die leë klerekas in haar spaarkamer geneem en dit op sosiale media geplaas. “Ek het mense van my voorneme vertel en gesê dat ek graag meisies met hulle matriekafskeid wil help, maar dat ek geen voorraad het nie,” vertel sy. Teen Augustus 2013 het sy genoeg voorraad gehad om ’n begin te maak.

Alhoewel Nathalia se voorraad klere en skoene deur die jare gegroei het, voel sy die keuses is nog eintlik baie beperk. “Daar is items wat baie gewild is – soos die rooi rok. Dit is iets wat elke jaar gekies word en ek wens ek het meer van die gewilde kleure om ’n groter keuse vir die meisies te kan gee,” sê sy. Hierdie besonderse mens gebruik haar naweke om rond te ry en skoene en bybehore vir haar projek te soek. “Tyd is ’n groot uitdaging. Ek sit verlof by my werk in om alles betyds gedoen te kry.” Ondersteuning

Sonder haar man, Bernard, se ondersteuning sou Nathalia nie met soveel oorgawe hierdie projek kon aanpak nie. “Hy is baie geduldig met die projek. Wanneer die meisies kom aanpas, moet hy homself uit die voete maak en hy In die begin het Nathalia drie helpers gehad. Hulle het ’n paar skole kla nooit daaroor nie,” lag sy. “Wanneer die groot aand aanbreek en daar ’n geïdentifiseer en hulle plan met hulle gedeel. Vandag is Nathalia eiehandig met krisis met ’n voertuig is, is hy altyd bereid om chauffeur te speel.” die projek aan die gang en reik sy ook na plekke soos Jannie Roux-kinderhuis, Caritas en die ACVV uit. “Intussen het ek die naam na Prom Angels verander – Die impak wat hierdie projek op haarself en die matrikulante het, is vir Nathalia omdat seuns ook hulp met ’n matriekafskeid benodig,” sê Nathalia. ongelooflik. “Ek dink daar is enkeles wat nie besef hoeveel tyd en moeite met hierdie projek gepaard gaan nie, maar die oorgrote meerderheid waardeer dit Help oor ’n afstand baie. Wanneer hulle die klere en skoene terugstuur, is daar gewoonlik ’n handgeskrewe briefie by, wat vir my baie beteken,” lag sy. Die wonderlike effek wat hierdie projek het, is onbeskryflik. “Ek help nie net Die moeite werd matrikulante in Kimberley nie, maar het al meisies in Luckhoff en Douglas ook gehelp. Hierdie jaar het ek twee seuns wat ek in De Aar help,” vertel Nathalia. Om oor ’n afstand hulp te verleen, is moeilik. Nathalia help die leerlinge met die Nie almal verstaan waarom sy hierdie projek aangepak het en steeds daarmee leen van klere en skoene, maar met die res van die reëlings moet hulle iemand volhou nie, maar Nathalia verstaan. “Wanneer die matrikulant haarself daardie nader se hulp inroep. aand so ongelooflik mooi in die spieël sien, doen dit iets aan die jongmens. Sommige besluit selfs hard-op voor die spieël dat hulle iets gaan studeer of op Wanneer die matrikulante vroeg in die jaar deur die onderskeie skole ’n ander manier ’n sukses van hulle lewe gaan maak. En dít maak alles die geïdentifiseer word, begin Nathalia met haar beplanning. “As ek nie vroeg moeite werd.” - Karin Muller genoeg begin nie, sit ek later met ’n krisis,” lag sy. “Ek probeer borge kry soos vir grimering en motors. Ek hou nie daarvan om kontant vir borge te vra nie, ek wil hê hulle moet self sien wat hulle borg.” ’n Paar weke voor die groot geleentheid ontmoet Nathalia haar kandidate. “Hulle word gewoonlik deur ’n onderwyseres of ’n maatskaplike werker vergesel,” verduidelik sy. “Ons almal lewer dan ’n inset in die keuse van die rok.” Skole geïdentifiseer

Kry ’n idee Voordat Nathalia die meisies na die kamer toe neem waar hulle die rokke kan kies, gesels sy eers met hulle en kry ’n idee van wat hulle graag sou wou hê. “Party meisies het ’n prentjie in hulle kop van hoe hulle wil lyk, maar die meeste meisies het geen idee nie.” Omdat Nathalia van kleins af daarvan hou om poppe en vriendinne mooi aan te trek, is hierdie vir haar ’n maklike deel van die projek.

www.glittermag.co.za

Glitter 15


16-17 Coffee Break:Glitter Template 2017/08/23 10:58 AM Page 1

coee break Elke mens wil graag voel dat hy of sy iewers hoort. Alhoewel Retha Nagel van kleins af geweet het dat sy aangeneem is en deur familie en vriende aanvaar is, het sy altyd oor haar biologiese ma gewonder.

Om TE

behoort

16 Glitter

www.glittermag.co.za


16-17 Coffee Break:Glitter Template 2017/08/23 8:40 AM Page 2

coee break In liefde aangeneem “My aanneemouers het altyd vir my vertel dat ek in liefde aangeneem is,â€? vertel Retha. “Hulle is in 1947 getroud en kon self nie kinders hĂŞ nie.â€? Nadat Retha op 1 Oktober 1962 gebore is, het haar aanneemouers haar 20 dae later gekry. “My aanneemouers was wonderlike mense,â€? getuig Retha. “Hulle was baie lief vir my en het my ten volle ondersteun.â€? Omdat hulle al in hulle veertigs was toe hulle haar aangeneem het, was sy die enigste kind.

doodloopstraat geĂŤindig. “Dit is vreemd hoe ’n mens oor so iets voel,â€? bieg Retha. “Soms besluit jy dat jy dit eerder los en ander kere voel dit asof jy kan aanhou soek totdat jy antwoorde het.â€? Dit was nadat ’n vriendin in Mei 2017 vir haar van iemand vertel het wat stambome navors dat Retha besluit het om nog ’n keer te probeer. ’n Paar weke later het sy ’n oproep vanaf hierdie vrou gekry wat sĂŞ sy het haar stamboom suksesvol nagegaan. Haar biologiese ma is reeds in 1981 oorlede, maar sy het ’n broer en drie susters.

Nie almal verstaan nie

Oorweldig

Alhoewel haar ma haar gewaarsku het dat alle mense nie sou verstaan wat dit beteken om ’n aangenome kind te wees nie, het ook Retha dit op’n jong ouderdom nie verstaan nie. “Ek was ongeveer tien jaar oud toe ek vir ’n maatjie vertel het dat ek aangeneem is,� vertel sy. Die maatjie het hard-op oor hierdie begrip gewonder “Ek het eintlik ’n ander mamma, maar hierdie mamma is nou my mamma,� het Retha dit vir haar verduidelik. “Die volgende dag het my maatjie my vertel sy dink dis awesome dat ek aangeneem is.� Nie almal was so ondersteunend nie en soms moes Retha met die harde werklikheid van ongevoelige mense te doen kry.

“Ek was verskriklik opgewonde, want dit het gevoel of ek tog iewers hoort,� lag-huil Retha. “Hulle telefoonnommers is vir my per e-pos gestuur en ek was op die drumpel van ’n deurbraak.� Die emosies het Retha oorweldig - hoe skakel jy ’n vreemdeling en vertel jy is familie?

Ondersoek instel

Uiteindelik het sy moed bymekaargeskraap en by Magda uitgekom. Nadat sy kortliks die doel van haar oproep verduidelik het, het Magda geantwoord: “Ons weet van jou, dit beteken ons is sussies.� Retha was weer eens deur emosies oorweldig. “Na amper 55 jaar het ek uiteindelik my bloedfamilie opgespoor. Ons het afgespreek om mekaar die langnaweek van 16 Junie 2017 te ontmoet.�

Nog ’n familielid Nadat haar aanneemvader vroeg in haar lewe oorlede is, het sy en haar aanneemmoeder self hulle weg in die lewe gebaan. Dit was eers ’n Intussen het sy uitgevind sy het ’n tannie wat in Bultfontein bly wat haar paar jaar na haar aanneemmoeder se dood dat Retha besluit het om baie graag wil ontmoet. Nadat sy twee van haar susters en haar broer ondersoek na waar sy vandaan kom, in te stel. ontmoet het, het sy ’n familietroue bygewoon waar sy met haar kleinsus kennis gemaak het. “Dit is ’n baie moeilike ding om te doen,â€? verduidelik Retha. “Al inligting wat ek gehad het, was my geboortedatum en my biologiese ma se “Dit is ’n ongelooflike ervaring,â€? beskryf Retha. Daar is foto’s geneem naam en van.â€? Sy het aan die Maatskaplike Raad in Bloemfontein en gelag en gesels. Daar is ook planne vir verdere kuiers gemaak. geskryf, maar die fooi vir die ondersoek was vir haar in daardie stadium Nuwe herinneringe onmoontlik om te betaal. ’n Koevert in die posbus Uiteindelik het Retha by die Registrateur van Aannemings aangeklop. “’n Paar maande nadat ek vir hulle inligting gestuur het, het ek onverwags ’n koevert in my posbus gekry,â€? vertel sy. “Ek was opgewonde en verskriklik benoud. In hierdie koevert was waarskynlik inligting waarop sy baie dekades gewag het. “Ek het dadelik my niggie gebel en vertel dat ek ’n naam het. My niggie wou weet wat met my fout is – ek hĂŠt mos ’n naam,â€? lag sy. “Ek het haar van die koevert vertel en gesĂŞ dat my regte naam Annemarie van Schalkwyk is.â€? Die inligting het aangedui dat sy op 12 Oktober 1962 amptelik afgeteken is. Volg drade op Toe Retha ’n paar dae later by die werk die plaas se naam noem, het een van haar kollegas haar vertel dat hulle intussen hierdie spesifieke plaas gekoop het. Van haar opgewondenheid oor hierdie nuus het nie veel gekom nie, want elke draad wat sy opgevolg het, het in ’n

Retha is ongelooflik dankbaar vir hierdie wending in haar lewe. “Hulle aanvaar my vir wie ek is en ek sien uit na nuwe herinneringe wat gemaak gaan word.� - Karin Muller

How important is your family’s health? Email:

marina.loots@webmail.co.za

Marina: 083 607 8983 Yvonne: 072 322 0957 Office: Fax:

053 8613358 086 535 9580

Kontak ons vir spesiale pryse vir "VH 4FQ. Installasie op suiweraar is gratis. Absolutely Water Kimberley is a leading supplier of water purification systems and offers a full line of products.

www.purewater.co.za www.glittermag.co.za

Quality Reliability Support

Glitter 17


creative crafts:Layout 1

8/22/2017

1:50 PM

Page 1


19 Ontmoet:Glitter Template 2017/08/23 8:41 AM Page 1

ontmoet vir

Alta van Wyk Toe sy jonk was, moes almal gereeld bontstaan vir haar en haar kamera. Almal wat met haar paaie gekruis het, moes vir ’n foto poseer. Die passie was blywend en vandag is Alta van Wyk ’n grafiese ontwerper en fotograaf. Sy is ook Glitter se nuwe fotograaf. Ons het haar van nader leer ken. Vertel ’n bietje meer van jouself Ek en my man, André, het mekaar al op skool ontmoet, ons was albei in Diamantveld. Ons het na skool gaan studeer. Hy is nou ’n onderwyser aan die Laerskool Eureka en ek is ’n grafiese ontwerper en fotograaf. Ons was vir 10 jaar weg uit Kimberley en het Januarie terug hierheen verhuis vanaf Musina waar ons vir drie jaar gewoon het. Ek het altyd gesê ek sal nooit terugtrek Kimberley toe nie, maar my ouers en sussie bly hier en ek het hulle net te veel gemis. Ek is nog nie een dag spyt oor ons besluit om terug te trek nie. As jy van ’n klein dorpie soos

Musina af kom, is Kimberley wonderlik, want hier is winkelsentrums, goeie hospitale en skole en darem van tyd tot tyd iets om te doen. Ons het ’n dogtertjie, Mieke (6) en ’n seuntjie, ook André (2). Waar het jou liefde vir fotografie begin? Ek en my suster, Christél, het op skool elkeen ons eerste klein digitale kamera gekry. Ons het letterlik alles afgeneem as ons met vakansie gegaan het en almal was in my kameralens se visier. Die res is geskiedenis, daarna kon ek nooit weer ’n kamera uitlos nie. Ek het al vir nege jaar my eie besigheid as voltydse fotograaf. Maar toe ons besluit het om Kimberley toe te trek, het ek besluit om dit net deeltyds te doen en ’n vaste werk ook te soek. Ek het einde Februarie by Moomie (www.moomie.co.za – Suid-Afrika se grootse ouerskapforum) begin werk. Hier behartig ek die sosiale media en bemarking. Dit is vreeslik lekker, want ek kan ontwerp en my werk val reg in my belangstellingsveld. Dit is heerlik om met ma’s te

gesels oor hulle lewens. Heel toevallig was bemarking en joernalistiek altyd iets wat ek gunstig as beroep oorweeg het, en nou kan ek dit alles kombineer. Het jy nog ander stokperdjies? Fotografie is nie net my werk nie, dis my passie en my stokperdjie ook. Ek het regtig ’n groot liefde daarvoor. Ek is absoluut mal daaroor om kinders af te neem. Een van my seuntjie se eerste woorde was cheese. Om vir Glitter foto's te neem, is heeltemal anders as die gewone familiefotosessies. Maar dit is ’n wonderlike uitdaging. Ek hou baie van uitdagings en geniet elke oomblik van agter die kamera wees, maak nie saak wat ek moet afneem nie. Ek geniet dit om nuwe mense te ontmoet en elkeen se storie te hoor. Bo alles is familietyd vir my baie belangrik. As ek by die huis is en saam met my gesin kan wees, of my ouers, is ek baie gelukkig. - Karen van der Berg

www.glittermag.co.za

Glitter 19


nova ice shadetech diamond crystal:Layout 1

8/22/2017

1:54 PM

Page 1


21-23 Leefstyl:Glitter Template 2017/08/23 8:22 AM Page 1

leefstyl Anina Conradie

Celisia Beukes

SINUS EN HOOIKOORS

in Kimberley

Jy hoes en proes en nies en snuif. Jou oë is bloedrooi en jou neus kan nie nog ’n uitblaassessie oorleef nie. Niks wat jy doen, help nie en teen dié tyd weet jy al: allergieë, hooikoors en sinusprobleme is deel van jou lewe en iets waarmee jy moet saamleef. Maar is dit werklik so, is daar nie dalk hulp nie en hoekom is so baie mense allergies vir omgewingsfaktore? Daar kan dalk ’n eenvoudiger oplossing wees - gaan kyk in die natuur vir hulpmiddels. Anina Conradie is ’n holistiese gesondheidsterapeut van Bloubergstrand. Een maal per maand kom werk sy in Kimberley en kom help sy veral mense wat met erge allergieë worstel. Anina sê allergieë is ’n onderwerp waaroor sy graag nog ’n boek wil skryf, want daar is soveel inligting daaroor beskikbaar.

Wat is allergieë?

witbloedselle om te begin veg. Dikwels oorreageer die immuunstelsel en kan soms ’n Allergie is ’n reaksie deur die liggaam se meer skade doen in die liggaam as die immuunstelsel op ’n komponent wat gewoonlik indringers, soos ons sien met outonie skadelik is nie. Die immuunstelsel is ’n immuunsiektes wat dan self ’n siekte word. hoogs ontwikkelde verdedigingmeganisme om Anina sê tipiese allergiese reaksies is in die ons te help om infeksies te beveg. Dit neus soos sinus of hooikoors, in die longe identifiseer indringers en mobiliseer die soos hoes of fluitende asemhaling of

www.glittermag.co.za

Glitter 21


Kokis 26x6:Layout 1

2017/08/22

12:17 PM

Page 1


21-23 Leefstyl:Glitter Template 2017/08/24 7:15 AM Page 2

leefstyl kortasemheid, op die vel soos uitslae en jeukerigheid, of kopseer en moegheid. “Komponente wat allergieë veroorsaak, word allergene genoem en kan letterlik enigiets wees. Die algemeenste is stuifmeel, stof, sekere metale, grimering, kosmetiese velsorgprodukte, room, dierehare en hul afval, insekgif, stofmyte, lanolien, petroleumjellie, sekere medisyne soos penisillien en aspirien, seker kossoorte en preserveermiddels, chemikalieë in seep, waspoeier en skoonmaakmiddels.” Daaglikse kontak Anina sê allergieë is so algemeen omdat ons daagliks met die goed in kontak kom sonder om daaroor na te dink. Anina sê ’n eenvoudige analise van ’n haarmonster kan baie inligting gee. “Dit gee antwoorde oor versteekte allergene, mikroskopiese organismes en patogene wat allergiese reaksies kan veroorsaak.” Een van die eerste dinge wat hulle altyd sien, is muf.

“Dit is nie ’n dier of insek nie, maar kan oorleef waar geen ander organisme kan nie. Muf sien ons ook in donker, warm, nat omgewings of dié wat in die wind vervoer word. Min mense besef wat die inpak op die liggaam is en hoeveel skade dit kan veroorsaak.”

leefstylveranderinge te maak en op dié manier die vreeslike druk van ons gesondheid af te lig.” Help my!

Hulp van Moeder Natuur

Celisia Beukes (21) sê sy het erge hooikoors en sinus. “Dit maak my regtig moedeloos. Ek is daarmee gebore en is vir sekere dierehare allergies. Ek het ook ’n aartjie in my neus wat baie vlak sit en dinge beslis vererger.” Vir haar is seisoensverandering, veral na die somer toe, die ergste. “Ek loop dan gedurig met ’n toeneus en opgeswelde oë.” Sy het al baie verskillende soorte behandelings probeer, maar raak vinnig immuun. “Sekere medikasies werk darem vir so twee of drie dae, en dan begin die simptome net maar weer.” Celisia sê sy hoop dat daar vir haar ’n permanente uitweg of oplossing kan kom.

Anina sê in die natuur kry ons baie komponente wat doeltreffend vir die allergiese reaksies kan wees. “Ons moet daarom werk daaraan om beter aankoopkeuses te maak,

• Vir meer inligting oor Anina se werk, gaan kyk gerus na haar webtuiste by https://www.rebalancebodyhealth.com - Karen van der Berg

Tweedens is daar baie patogene, nie die gewone griepvirus of bakterieë nie, maar die patogene wat in verskeie kossoorte lewe . Dit lewe in vis, neute en grondboontjies, melk, eiers, soja en natuurlik graansoorte. “Die meeste van die produkte word by dieselfde meule gemaal en ons kry geweldige kruiskontaminasie en besoedeling tussen die verskillende graansoorte. Daar is ook nog die genetiese manipulasie. Geen kos is meer soos dit bedoel was om te wees nie.”

www.glittermag.co.za

Glitter 23


trappers exitoman:Layout 1

2017/08/22

12:25 PM

Page 1


25 Storie:Glitter Template 2017/08/23 8:42 AM Page 1

jou storie

Mugg & Bean Die besluit om ’n Mugg ’n Bean in die Northern Cape-winkelsentrum oop te maak, was die maklike deel in die uitvoering van die droom. Die oopmaak en bedryf daarvan is die moeilike deel. So vertel Alf Bennett, mede-eienaar van die splinternuwe koffiewinkel hier. Dié koffiewinkel, wat reeds vir jare deel van die Suid-Afrikaanse kultuur is, is veral bekend vir sy lieflike koffie, smaaklike kos en die groot porsies. Wat agter die skerms gebeur in so ’n koffiewinkel is nie altyd grappies nie, sê Alf. Werkloosheid in Kimberley

doen ons tweede natuur moet wees.” Hy sê mense wat na hulle restaurant toe kom, moet welkom voel, Toe die nuus begin versprei van ’n nuwe voel dat hulle waardeer word en dat hulle werklik koffiewinkel, het die werksaansoeke begin hier kan ontspan. “Ek kan een ding sê wat ek instroom, vertel Alf. Die ontsettende hoë waargeneem het vandat ons nou oop is hier werkloosheidsyfer was vir hom ’n absolute Kimberley se meerderheid mense toon begrip vir openbaring. Sommige van die aansoekers se CV’s ander se gebreke. Hulle is lojaal en vriendelik en was deurspek van desperaatheid. Sommiges van hulle weet beslis wat hulle wil hê en kommunikeer hulle het nie skool voltooi nie; ander het geen dit ook so.” Alf sê ’n mens kan nie anders as om dit ervaring gehad nie. “Maar almal was baie duidelik, te waardeer nie. hulle wil graag werk.” Oplaas het Alf en sy swaer, Pieter van Niekerk, die ander mede-eienaar, op 180 Op die spykaart aansoekers besluit waarmee daar onderhoude gevoer is. Toe die winkel einde Junie oopmaak, het As daar een ding is wat Mugg & Bean laat uitstaan, 40 nuwe mense daar begin werk. is dit hulle bodemlose koffie en warm sjokoladedrankie. “Mense is gaande daaroor en dit “Ek vertel graag hierdie storie, omdat dit vir mense is vir ons lekker om dit te kan verskaf.” Maar Alf sê ’n bietjie perspektief kan gee oor hoe 'n groot dit is nie al wat mense trek nie; die winkel vernuwe probleem werkloosheid hier is. En ook omdat dit ook gereeld en verander elke ses maande hulle begrip kan kweek oor waarom dinge in ’n spyskaart. “Ons maak regtig seker dat ons weet restaurant nie noodwendig altyd seepglad verloop waarvan mense hou.” As hy daarom dinge kan nie.” Hy sê natuurlik beywer Mugg ’n Bean hom uitsonder wat eie aan Mugg & Bean is, is dit hulle daarvoor om die beste diens moontlik te lewer en koffie, vars gebak wat alles daagliks in die die restaurant van voorkeur te wees, maar elke restaurant gebak word, die verskeidenheid op die persoon wat daar werk, het ’n storie. “Elke dag wat spyskaart en hulle vermoë om te vernuwe. “So kom ons oopmaak, begin ons weer van voor af en maak gerus ’n draai en word deel van die samesyn herinner ons ons daaraan dat om ons beste te wat hier gekry word.” - Karen van der Berg www.glittermag.co.za

Glitter 25


sanlam:Layout 1

8/22/2017

1:58 PM

Page 1

Gee jou kind die beste opvoeding en spaar belastingvry. As ’n ouer ouer,, ho hoef ef jy glad nie herinner tte ew word ord aan hoe belangrik dit is om v vandag andag nog beplan nie.. Sal jy in sstaat wees vir jou kind se e ttoekoms oekoms tte e begin bepla an en spaar nie taat w ees om jou kinders die bes ste opvoeding opvoeding ding tte e gee e verseker versek ker dat da d t hulle h lle die bes b te geleenthede l thede kry? kry? beste gee,, om tte beste Ons w weet eet hoe toegewyd toegewyd jy daartoe daartoe is om m vir hulle die beste beste te te gee, gee, en hoeveel hoeveel jy insit om seker datt hulle k kan kommerlose wat sek er te te maak da an uitsien na die ek ommerlose toekoms toekoms w at hulle verdien. verdien.

Sanlam Belas t tingvry e Beleggings is ’n doeltreffende doeltreffende manier om te te spaar vir doelwitte doelwitte Belastingvrye opvoeding, belasting oor ’n langer ttermyn, e yn, soos jou kind se op erm voeding, aangesien jy geen n belas ting op jou beleggings-opbrengste nie.. Ge Gevolglik belastingvrye beleggings-op brengste betaal nie volglik sal jou geld vinniger in n ’n belas tingvrye spaarrekening groei gewone spaarrekening. spaarr ekening gr oei as in ’n ge wone spaa arrekening.

Sanlam CI100 CI1001RS5247BPA 1RS5247BPA

Kontak ons, jo Kontak jou ou Sanlam Finansiële A Adviseurs dviseurs op 05 053 3 830 1336 soda sodatt jy belas belastingvry tingvry k an spaar kan spaar..

Maryke Maryk e van van Niek Niekerk erk

Theresa Theresa vd vd Linde

Arnold v van an Noord Noord

Frans Fr ans F Fouché ouché

A driana F ourie Adriana Fourie

Suzanne Botha

André Andr é Er Erasmus asmus

H Hennie Faber F aber

KorttermynKorttermynv versekeringsadviseur ersekeringsadviseur

Douglas

Willy W illy Timotheus Tim motheus

Alene Boonzaier ier

George Geor g Badenhorst ge Badenhorst

Coetzee Dirk C oe etzee

Meris sa Me yerrs Merissa Meyers

E Erik Fivaz Fiv az

Antoinette Ant oinette de Beer

Karen K aren Flet Fletcher cher er

Zann Z ann Gerw Gerwel el

Martha v an Z yl B van Zyl Byron yron T Timotheus imotheus

Sanlam is ’n Gelisensieer Gelisensieerde de V Verskaffer erskaffer van van Finansiële Dienste. Dienste.

Lizaan Li zaan T Tait ait

Thobela T hobela Sa Sawula wula


X0 Beste Paartjie:Glitter Template 2017/08/23 8:01 AM Page 1

paartjie van die maand

Veg vir jou Deur dikgesin en dun saam Riaan en Sorita Venter het dit reggekry om hul liefde oor kilometers heen te laat seëvier. Die egpaar het geleer om saamweestye te koester en die meeste daarvan te maak. Waar het jul ontmoet? Ons ken mekaar al 25 jaar, van 1992 af. Sorita was in matriek en ek het my twee jaar diensplig op haar tuisdorp Koster gedoen. Ek het toe al geweet sy is my trouvrou, al het ons paaie vir drie jaar geskei. In 1995 was sy uiteindelik my meisie! Riaan, jy werk eintlik in Johannesburg – hoe hanteer julle dit? Ek dink ons hanteer dit baie beter as wat ons self en almal verwag het. Ek is bevoorreg om vir ’n wonderlike maatskappy, De Beers, te werk. Hulle is baie tegemoetkomend en ek werk flexityd. Ek het nie altyd nodig om fisies vanuit my kantoor in Johannesburg te werk nie. Tegnologie help baie. Ek en Sorita en die kinders praat baie met mekaar en ons weet altyd waar wie is en wat elkeen doen. As ’n familie het dit ons ook op ’n ander vlak nader aan mekaar gebring. Ons probeer elke beskikbare minuut kwaliteittyd saam spandeer en sê gereeld dat ons lief vir mekaar is. Watter invloed het dit op julle kinders?

so ek en MC sal tuis die fort hou. Ons dank die Here elke dag vir normale, gesonde kinders en dat ons hulle kan ondersteun. Dis werklik ’n groot voorreg en dis ons kuiertyd saam. Julle is goeie maats – wat is vir julle belangrik in ’n huwelik? Ons probeer die beginsel van Efesiërs 4:16 in ons huwelik toepas. "Laat die son nie ondergaan terwyl julle in ’n ergerlike gemoedstemming is nie." Om vergewingsgesind te wees, is belangrik, want niemand is sonder foute nie. Vertroue speel ook ’n belangrike rol in ’n gelukkige huwelik en gelukkig kan ons mekaar honderd persent vertrou. Ons is werklik goeie maats en vul mekaar aan.

Ons is ’n baie hegte gesin wat alles saam doen. Dis nou al ’n jaar en ’n half wat Riaan meer in Johannesburg en selfs in Kanada as in Kimberley is. Dit bly swaar vir die kinders. Hulle is gewoond hul pa is altyd daar. Hy is baie betrokke by hulle aktiwiteite, of dit nou sport of huiswerk is, hy help en ondersteun oral. Na ’n jaar en 'n half glo ek dis al makliker. ’n Mens raak gewoond daaraan en gelukkig danksy tegnologie soos FaceTime en Whatsapp is hy ’n oproep ver. Sorita, jy moet seker die meeste van die tyd die dissipline toepas. Is dit moeilik om naweke weer die leisels aan Riaan oor te gee? Dissipline en roetine was nog altyd vir ons albei baie belangrik. Dus is dit nie vir my regtig nodig om enigiets te verander as Riaan weg is nie. Ons is so besig, daar is nie regtig tyd vir stout wees nie! Ek het twee dierbare kinders, wat my werklik ondersteun en help wanneer hulle pa nie tuis is nie. Dis wel lekker as Riaan tuis is en ek dan weer die meeste verantwoordelikhede vir ’n rukkie kan aangee! Julle kinders is albei baie goed in sport. Julle is albei baie betrokke ouers – hoe kry julle dit reg? Dis n moeilike een dié ... Ons is werklik geseënd met twee talentvolle kinders. Ek en Riaan is albei baie lief vir sport en het dit ook tot op universiteitsvlak beoefen. Dis ’n groot voorreg om betrokke ouers te kan wees. Ons naweke en vakansies bestaan uit die kinders se sport. Dit het ons al op so baie plekke gebring en avonture saam laat beleef waaroor ons boeke kan skryf. Ons verruil dit vir niks in die wêreld nie! Ons was so bevoorreg om al twee keer saam Amerika toe te kon gaan waar hulle SA se 0/13-tennisspan verteenwoordig het. Marjuzél gaan nou weer in Augustus Amerika toe vir tennis, maar dié keer gaan sy alleen. Riaan is daardie selfde tyd in Kanada, www.glittermag.co.za

Glitter 27


Plasticzone Page 1:Layout 1

22/08/2017

12:21

Page 1


Plasticzone Page 2:Layout 1

22/08/2017

12:26

Page 1


giftly surprize:Layout 1

8/22/2017

2:01 PM

Page 1


31 Spirit:Glitter Template 2017/08/23 8:43 AM Page 1

spirit

Have we lost our sense of HOPE? By definition a “joyful anticipation of something good”. The news from around the world and even in our country continues to be nothing less than heartbreaking. Often it is simply too much to allow ourselves to really engage with what is happening in our city. The gospel of Jesus Christ is a healing balm for the sake of the suffering, not a means of escaping it.

true answer to evil in our world, and as we seek His kingdom we are fighting evil in us and around the world. He is making His appeal in us and through us (2 Corinthians 5:20).

So, when we feel overwhelmed by the state of our world, we can take courage. Jesus, who defeated death and the grave, is still at work today. Therefore, our first response must be to During times like these we need to remember pray. Prayer is the answer to all that is happening that evil is alive and well in our world. We can around us. Prayer is simply declaring to a living easily buy into our society’s notion that the world God that we cannot do this in our own is always getting better. The idea of progress is a understanding and are in desperate need of deceptive belief. Improvements to our standard divine intervention. Whenever we respond to a of living are not the same as moral progress. It disaster in prayer, we consistently find that God doesn’t mean that we love each other more, are has been at work behind the scenes all along. He more compassionate, or are more forgiving of is changing hearts and responding to needs, one another. often in miraculous ways. Prayer allows us to stand alongside the work that God is already The headlines should be a daily reminder that evil doing. and brokenness are as much with us today as they were in Biblical times. We shouldn’t expect Through prayer we can tangibly respond, trying to that because someone invented a better smart make a difference even in seemingly hopeless phone we will be able to love our neighbours as situations around us. In broken marriages and ourselves. relationships, alcohol and drug abuse, financial turmoil, the seeming growing epidemic of absent That’s because evil is not merely a problem of the parenting. We need to declare HOPE through our bad guys in our world. The evil in them is also in prayers. We as God's people are there to be the us. The Nobel Prize winning Russian author difference in our society by simply being the arms Aleksandr Solzhenitsyn famously described this and feet of Jesus. Jesus himself said, "I have not problem, “If only there were evil people come to be served but to serve." We are the somewhere insidiously committing evil deeds, HOPE of a lost and broken generation. 1John 5:4 and it were necessary only to separate them from - "For whatever is born of God overcomes the the rest of us and destroy them. But the line world". We serve the people around us by dividing good and evil cuts through the heart of standing in the gap through prayer. every human being.” Knowing that God is at work and you are joining That’s the bad news. But the GOOD news is that Him can transform our attitude toward situations we can stand against evil. Jesus Christ is the only that might otherwise seem hopeless. A renewed

way of thinking can energise your spirit by not trying to fix problems with our reasoning, but by simply just being there in times of need. In the end, we have to embrace the values of the kingdom of God in our own lives. We have to fight the evil in ourselves through the power of the Holy Spirit, prayer, acts of compassion, sacrifice, generosity, and love. We do this in our own families, our churches, and our communities. Our response to evil is to show the world a different way to live. It’s because Jesus is Lord that we need not fear the evil in our world, we need not be surprised by it, and we needn’t worry. Jesus is working, even now, and perhaps through you, to make all things new. Don't lose HOPE! - Edwin Clarke

www.glittermag.co.za

Glitter 31


kimberley club:Layout 1

8/22/2017

2:04 PM

Page 1


33-35 Praat Saam:Glitter Template 2017/08/23 8:44 AM Page 1

praat saam Amore Kellerman

Anel Fourie

Jenny Ballack

OUERS EN KINDERS

se selfoongebruik

Slimfone is deesdae 'n alledaagse verskynsel met amper elke mens wat een besit. 'n Toestel wat tien jaar gelede slegs gesien is in die hande van besigheidsmense is nou selfs in kinders se hande.Glitter het met 'n paar ouers gaan gesels oor hoe hulle hulle kinders se gebruik van dié fone monitor. Anel Fourie

my kinders kan niks opsoek nie. Ek het ook op 'n kontrak besluit. My oudste is tien en ons huisreël vir die drie seuns is geen fone deur die week nie; Ons oudste is amper vier jaar en kyk toddler videos op Youtube. Ons laat dit net vir kort rukkies op 'n Vrydagmiddag kan hulle hulle fone kry. op 'n slag toe; langer as hy nie lekker voel nie en rustig gehou moet word. Ons hou heeltyd toesig Diana Smit oor wat hy kyk. Sekere strokiesprente beïnvloed sy gedrag, dus keer ons hom om daarna te kyk. My seun is in die koshuis op Jacobsdal. Hy het 'n kontrakfoon. Dit het egter 'n limiet op, so hy weet Dan is daar goed wat hom bangmaak, dus laat hy kry soveel beltyd en soveel data en as dit klaar ons dit ook nie toe nie. is, moet hy maar sy sakgeld gebruik. Anders Charmaine Calitz steur hy gou 'n please call me! Al my kinders het kontrakte gekry toe hulle nog jonk was. Ek het daarop gefokus om teenwoordig te wees in hulle digitale lewens. Samantha de Klerk Ek het die internet browser settings verander so

Janine du Toit My dogter is 13. Sy is een van die kinders wat eers baie laat weer 'n foon gekry het nadat sy te veel data gebruik het, onverantwoordelik met die foon omgegaan het, allerhande apps afgelaai het, heeldag YouTube DIY video's gekyk het,

ensovoorts. In die middel van die jaar het sy weer 'n foon gekry, maar het ek haar simkaart verander van Vodacom (alhoewel ek steeds elke maand haar kontrak betaal) na prepaid Cell C. Cell C het 'n ongelooflike aanbieding waar jy slegs R12 betaal vir 'n Whatsapp-bondel en dan is dit vir 30 dae geldig vir onbeperkte boodskappe, foto's, video's en so meer, alhoewel jy nie Whatsapp-oproepe kan maak of ontvang nie. Dit pas my; hulle is nou maar eenmaal nie verantwoordelik met data nie en ongelukkig is ek 'n baie streng mamma. Whatsapp is vir my die belangrikste, sodat ons mekaar die heeltyd in die hande kan kry. Indien sy enigiets op Google soek, kan sy my of pappa se foon gebruik. Of ons gaan op die internet. My dogter se tye op die selfoon is as volg: in die week slegs een uur elke dag van sesuur tot sewe-uur saans; naweke drie ure per dag (een

www.glittermag.co.za

Glitter 33


van de wall:Layout 1

8/22/2017

2:05 PM

Page 1


33-35 Praat Saam:Glitter Template 2017/08/23 8:45 AM Page 2

praat saam Adèle du Toit

Janine du Toit

Charmaine Calitz uur elk in die oggend, middag en aand). Wanneer dit tyd vir 'n toetsreeks of eksamen is, mag sy net naweke op die foon wees. Afhangende van wat sy skryf, pas ons die ure aan tussen 'n uur per dag (vir leervakke) of drie uur per dag ("makliker" vakke soos Afrikaans en Engels). Vakansies geld dieselfde reël as vir naweke.

ons kan sien watter apps sy gebruik. Sy het nog nie toegang tot Facebook nie, omdat ons voel sy is nog te jonk daarvoor, sy sal toegang kry wanneer sy 14 word. Ons ander twee kinders sal as hulle agt word hulle eie selfone kry met dieselfde stel reëls as hulle ouer sussie.

Die oomblik as sy oortree het of gestraf word, word haar foon afgeneem. Sy oortree deesdae die minimum, want sy weet haar foon word afgeneem vir 'n sekere tydperk (nooit korter as 'n week nie). Dis vir haar 'n ongelooflike groot straf, dus probeer sy haar bes om by die reëls te hou. Ek maak ook n punt daarvan om haar boodskappe te lees, dan is daar ook apps wat jy kan aflaai om beheer oor boodskappe en oproepe te hou - vir enige ongevraagde oproepe en boodskappe wat hulle dalk uitvee. As gevolg van hierdie streng reëls en dat ek hou by wat ek gesê het, gaan dit deesdae klopdisselboom met selfoongebruik in ons huis. Adèle du Toit Al drie my kinders (tien, agt en vier jaar) het selfone. Ek laai vir hulle speletjies af; hulle het geen data nie. My oudste van tien het nou 'n tablet gekry met 5GB per maand. Sy weet as sy dit misbruik, vat ek dit weg. My seun van agt sal nou in November vir sy verjaarsdag 'n tablet kry. Jenny Ballack Dis baie maklik. Ek het net eenvoudig hulle fone afgevat tydens eksamens en saans. My kinders het glad nie daarteen gestry nie, want reëls is reëls. Toe die kinders jonger was, is hulle maats wat kom oorslaap het se fone ook vir die nag afgevat. Hulle het dit mos nie dan nodig nie. Facebookvriende is gereeld nagegaan saam met elke dogter. As hulle nie vir my kon sê hoe hulle die vriend ken nie, word die persoon net daar unfriend. Amore Kellerman Ons het drie kinders waarvan die oudste 'n foon het waarop sy toegang het tot Whatsapp en ander apps. Ons het 'n app log-program opgelaai waar www.glittermag.co.za

Glitter 35


36-39 Fotoblad:Glitter Template 2017/08/23 8:47 AM Page 1

KIMBERLEY se kelners

fotoblad

Enock Dzimiri

36 Glitter

www.glittermag.co.za

Kelners is sinoniem met restaurante. Hulle ontvang jou wanneer jy instap, wys jou waar jy kan sit en dra vir jou kos aan gedurende die tyd wat jy daar spandeer. Alhoewel kelners normaalweg nie lang gesprekke met jou voer nie, het die manier hoe hulle jou bedien ‘n wesenlike invloed op jou restaurantervaring. Dit is maklik om tussen die bestellings deur te vergeet dat die persoon wat die bestellings neem, die kos aandra en die borde wegneem 'n storie met drome, gevoelens en ervarings het soos enige ander mens. Glitter het met die top-kelners by Wimpy, Spur, Panarottis en Ocean Basket gesels oor hulle ervarings as kelners en wat dit verg om 'n lewe daaruit te maak.

Reginald Tshepo Makabanyane


36-39 Fotoblad:Glitter Template 2017/08/23 8:47 AM Page 2

fotoblad Agtergrond Nadine Matheson (24) is al drie jaar lank werksaam as 'n kelner by Wimpy Pavilion Mall, dit is ook haar eerste werk. Reginald Tshepo Makabanyane (34) werk die afgelope ses en 'n half jaar by Choctaw Spur. Voorheen het hy by 'n ander restaurant gewerk en toe by Edgars, waarna hy vir 'n paar jaar voltyds studeer het om sy landboudiploma te verwerf.

skof meer tafels gegee waarvoor hy verantwoordelik is. Kelnerskap is so taai dat as 'n kelner vir langer as ses tot agt maande daarmee volhou, hy of sy beskou word as iemand wat 'n lewe daaruit kan maak. Ons vier kelners het elkeen sy of haar eie idees oor wat 'n suksesvolle kelner maak. Uitnemende kelnerskap

Nadine skryf haar sukses as kelner toe aan 'n liefde vir mense en 'n leergierigheid. Moses glo sy sukses lê in hoe hy sy werk sien. "Ek glo om 'n kelner te wees een van die beste werke is wat jy kan doen. Ek dink enige mens wat hulle werk waardeer 'n sukses daarvan sal wil maak." Hy noem drie areas wat elke kelner moet baasraak om regtig effektief te wees. "’n Moses Sipho Ndlovu het elf jaar se kelnerskap agter Kelner moet seker maak dat sy voorkoms netjies is, die rug. Hy het begin as kelner by die Ocean Basket hy aandag gee aan die kliënt se behoeftes en sy bes doen om die bestellings so vinnig moontlik te in Monte Casino, waarna hy toe na Ocean Basket bedien." Kimberley geskuif het. Enock Dzimiri (30) se loopbaan as kelner strek oor ses jaar waartydens hy by die Halfway House gewerk het vir twee jaar en die afgelope vier jaar by Panarottis. Tussen die twee betrekkings het hy vir twee jaar by 'n haarsalon gewerk.

Om 'n kelner te word by een van dié vier restaurante is 'n strawwe opleidingsproses wat weke of maande kan duur, afhangend van hoe vinnig die aspirantkelner leer, nodig. Wanneer die opleiding voltooi is en hy kwalifiseer as kelner, word hy stelselmatig vir elke

Reginald verklaar weer uitnemende kelnerskap begin by kinders, energie en kennis oor jou omgewing. "Ek probeer altyd seker maak dat as daar kinders by my tafel is, hulle tevrede is en eerste kos kry sodat hulle ouers nie gespanne word nie. Dit is ook belangrik

www.glittermag.co.za

Moses Ndlovu

Glitter 37


caritas:Layout 1

8/22/2017

2:08 PM

Page 1

Caritas Terapie Sentrum Caritas Terapie Sentrum se multi-dissiplinÊre span sluit in:

voorligting sielkundige

kliniese sielkundiges

psigometris

spraakterapeut

mediator / verhoudingsterapeut

geregistreerde berader

forensiese maatskaplike werker

Arbeidsterapeute

Caritas terapie sentrum - luisterplek, verstaanplek en heelmaakplek vir mense soos ek en jy •

Egskeidingsmediasie, opstel van ouerskapplanne en egskeidingbegeleiding

Forensiese assessering van kinders (waar seksuele misbruik vermoed word)

Spraakterapie

Arbeidsterapie

Kinderterapie met kinders en tieners

Vakkeuse en loopbaanbeplanning

Bindingsterapie tussen ouers en kinders

Volwasse assessering en individuele terapie (verhoudings, angs, depressie, verslawing)

Ouerleiding

Trauma en verlieshantering

Loopbaanbeplanning vir volwassenes / psigometriese toetse met aanstelling van personeel

Huweliksterapie

Opleidingseenheid vir persoonlike en gesinsontwikkeling

Skoolgereedheid toetse

Emosionele assessering van kinders en tieners

vir meer inligting kontak ons gerus by: 087 150 5058/9 terapiesentrum@caritas.org.za www.caritasterapie.co.za H/V Lawson & Reservoir Str, Labram, Kimberley, 8301

Gemeenskapsfokus

Community Focus

CARITASCOMFOCUS


36-39 Fotoblad:Glitter Template 2017/08/23 8:48 AM Page 3

fotoblad om passievol oor jou werk te wees, want mense eet met hulle harte ook. Ek probeer ook op hoogte bly van belangrike plekke in die dorp omdat daar soms toeriste en besigheidsmense van buite Kimberley is wat wil weet waar hulle sekere dienste kan kry."

staan weer baie vroeg op. Soms verander die spyskaart en dan moet jy alles van voor af leer en as groot tafels hulle rekening verdeel wil hê, neem dit soms lank om dit te doen, wat beteken jou ander tafels se mense raak ongeduldig."

Uitdagings

Nadine Matheson

Enock se werk het hom van onselfsugtigheid geleer. "Een van die grootste lesse wat ek geleer het, is dat Soos met elke werk bied kelnerskap ook sy uitdagings. wanneer jy iemand bedien, jy altyd hulle behoeftes eerste plaas bo jou eie. Buiten dat dit jou werk is om Vir Enock is dit moeilike kliënte. "Soms kry jy mense hulle te bedien, werk jy teen jouself as jy selfsugtig wat baie haastig is vir hulle kos. Selfs wanneer die deur die lewe gaan." restaurant vol is, verwag hulle dat hulle bestellings vinnig moet kom. Die beste wat jy kan doen, is om kalm te bly en hulle so gemaklik moontlik te laat voel." "Daar is beter maniere om jou emosies te bestuur as om hulle op jou mou te dra," sê Reginald. "In plaas Nadine se grootste uitdaging is die druk waaronder sy daarvan om jou gevoelens te laat inmeng met jou soms moet werk. "As jy een persoon se behoeftes het werk, is dit meer effektief om hulle te erken en op die om aan te dink, is dit een ding, maar wanneer jy 25 regte tyd mense (‘n paar tafels) s'n op een slag moet dra, is dit en plek te laat uitkom." moeiliker. As kelner is fokus vir my belangrik in so 'n Moses glo weer in die krag van 'n glimlag. "Daar is min geval." dinge wat woede en irritasie so goed ontlont soos 'n egte glimlag. Mense is nie van nature kwaad en "As die dag baie besig was, kan jou voete baie seer ongeduldig nie, daar steek gewoonlik meer agter hulle raak," vertel Reginald. "Dan is daar die dae wat jy emosies. 'n Glimlag op die regte tyd kan wonders aandskof werk en die volgende oggend op oggendskof is. Dit beteken jy gaan slaap baie laat en doen vir enigiemand se gemoed."

www.glittermag.co.za

Glitter 39


gariep jeep:Layout 1

8/22/2017

2:10 PM

Page 1


recipe:Layout 1

8/23/2017

12:10 PM

Page 1


42-43 Talks About:Glitter Template 2017/08/23 8:20 AM Page 1

talks about

FIDGET

SPINNERS

en jou kind

Gerda Ferreira

Enige onderwyser kan vertel hoe ontwrigtend dit in ’n klaskamer is wanneer een of meer kinders nie kan aandag gee nie, voortdurend beweeg en glad nie kan konsentreer nie. So dikwels word gesê die kinders is aandagafleibaar, of het ADHD en word daar summier medikasie vir hulle voorgeskryf. Maar is medikasie altyd die antwoord? ’n Vroetelspeelding , die sogenaamde “fidget spinner” het onlangs die wêreld oorgeneem en die vervaardigers daarvan het aanspraak gemaak daarop dat die speelding help vir kinders om beter te konsentreer. Maar is so ’n speelding die eenvoudige antwoord op ’n baie komplekse probleem of is ADHD ’n baie meer komplekse kwessie? Glitter het gaan ondersoek instel. ’n Kenner vertel Gerda Ferreira is ’n onderwyser verbonde aan Kaizen Kidz, ’n klein eksklusiewe dag-en nasorgsentrum. Kinders met leeruitdagings en kinders wat meer aandag of stimulasie benodig, word hier geleer en gehuisves. “God het my op hierdie pad geplaas om te werk met kinders wat maklik misverstaan en baie maklik verkeerd gediagnoseer kan word.” Gerda sê sy is self ADHD en moes as kind maniere leer om te kompenseer – daar was nie Ritalin of ander soortgelyke medikasie nie. “Ek is eers as volwassene gediagnoseer en toe kon ek begin verstaan en navorsing doen oor die effek van ADHD en verwante leeruitdagings.”

geneem moet word wanneer ’n kind gediagnoseer word met so iets. “Alle faktore en omstandighede moet in ag geneem word. Dit sluit in huislike, skolastiese, sosiale, emosionele en fisiese faktore.” Sy sê die regte medikasie teen die regte dosisse kan beslis doeltreffend wees. “Die groot uitdaging is egter dat medikasie deurlopend deur spesialiste gemonitor moet word in samewerking met die ouers en die onderwysers. Dit het egter ’n maklike uitweg geword om besige kinders te merk as aandagafleibaar of as hiperaktief en hulle dan te laat medikeer om die klassituasie makliker te maak om te hanteer.” Sy sê wetgewing oor die voorskryf van hierdie middels is baie streng, maar soos met enige middel is daar maniere om dit te omseil.

diagnose van een of ander aard en die gevolglike medikasie, wat nie noodwendig na behore gereguleer word nie en nie in konstante dosisse toegedien word nie. Die medikasie word dan eerder gebruik as ’n tipe kruk om net die kind deur die skooldag te kry en dan deur die eksamen, maar naweke en vakansies word dit gestop met of sonder mediese aanbeveling, wat groot fluktuasie in die liggaam se chemiese vlakke meebring.” Sy sê dit kan maklik gebeur dat dit lei tot ’n onderdrukte of onderliggende depressie wat die simptome maklik kan naboots of vererger.

Die gevolge van die ongereelde of die wangebruik van die middels, in verkeerde dosisse, lei tot slegte newe-effekte en laat die kind soos ’n zombie voel. “Kinders beskryf dit as Oor-diagnose? Rooi ligte ’n gevoel dat hulle bewus is van alles wat om hulle aangaan en dat hulle die inligting selfs kan Die vraag word baie gevra of kinders met ADHD inneem, maar nie in staat is om te reageer of te nie verkeerd gediagnoseer word nie. Gerda sê in Gerda sê sy is bekommerd oor die bose baie gevalle word diagnoses te vinnig gemaak. kringloop wat verkeerde dosisse en verkeerde of voel of self te kan praat nie,” sê sy. Ouers en onderwysers se grootste uitdaging is om kinders selfs onnodige medikasie tot gevolg het. “Dit “Die spektrum is geweldig oorkoepelend en ’n begin met iets so eenvoudig soos ’n kind wat nie te kan verstaan en te help om te kommunikeer. gedeeltelike of soms selfs verkeerde diagnose kan konsentreer in die groot groepe waaraan ons “Ons as volwassenes kan kwalik probeer beskryf kan so maklik gemaak word.” Uit haar ervaring wat in ons aangaan wanneer ons byvoorbeeld kinders blootgestel word nie, wat lei tot ’n weet sy daar is verskriklik baie faktore wat in ag

42 Glitter

www.glittermag.co.za


42-43 Talks About:Glitter Template 2017/08/23 8:21 AM Page 2

talks about depressief is of selfs net moedeloos is. Hoeveel te meer moet dit nie vir ’n jong kind moeilik wees om te probeer beskryf wat hulle ervaar wanneer hulle voel dat hulle anders as hulle klasmaats is nie,” vra sy. Gerda sê as hulle nie self kan verstaan wat in hulle liggame en gedagtes aangaan nie, raak dit net erger in die vroeë tienerfase, wanneer daar soveel groot veranderinge in hulle liggame, en veral ook in die brein, plaasvind. Vroetelspeelgoed of nie? Sy sê daar is baie hulpmiddels met wetenskaplike agtergrond en waarvan die nodige navorsing gedoen is wat ’n impak op leerlinge se gedrag kan maak. “Die vroetelspeelding is volgens my nie een daarvan nie.” Gerda sê ’n kind se arbeidsterapeut, opvoedkundige sielkundige en onderwyser kan help met verskeie keuses en opsies wat betref hulpmiddels, wat aanvaarbaar is in hoofstroom-skole. Wenke aan ouers “Indien jy dink jou kind kan moontlik oor ’n

Glitter-ouers oor vroetelspinners: Celeste Pilcher Deck: My drie kinders moes dit net besit en ons moes dit koop, want almal het dit. Die persoon wat dit uitgevind het, is skatryk. Net ’n geldmaakstorie gewees. San-Mari van Bosch: My kinders was gaande daaroor. Het seker net twee dae daarmee gespeel en nou lê dit in hulle speelgoedboks. Jolandy Dimond-Bruce: Dit is vir my ’n klug en simpel. Daai ding sal my nooit stimuleer nie. Ek geniet eerder wat my brein sal stimuleer deur te leer en iets te doen met my hande. leeruitdaging beskik, begin deur met jou kind se onderwyser te praat. “Hulle sal jou gewoonlik die beste aanduiding kan gee van wat in die klas aan die gang is. Onthou kinders is nie dieselfde tuis as by die skool of in sosiale aktiwiteite nie. Moenie net sommer begin medisyne gee nie.” Sy waarsku ook dat ouers nie sommer net elke bemarkingsfoefie moet glo en vertrou nie. Kyk eers na die wetenskaplike benadering en die agtergrond en navorsing met betrekking tot die

aansprake wat dit so aanloklik laat voorkom. Sy sê kundiges se hulp moet ingespan word in die diagnose en behandeling. “Groot suksesse kan in baie gevalle sonder medikasie bereik wordmet gedragsaanpassings, wysigings in daaglikse aktiwiteite, minimalisering van skermtyd, vermeerdering van fisiese aktiwiteit en baiekeer iets so eenvoudig soos kommunikasie en verandering in eetgewoontes. Sy sê die gesin, goeie kommunisie en ’n ondersteuningstruktuur is dikwels die beste hulpmiddels.” - Karen van der Berg

www.glittermag.co.za

Glitter 43


Laerskool Eureka 26x6:Layout 1

2017/08/22

12:16 PM

Page 1


45 Fokus:Glitter Template 2017/08/23 8:34 AM Page 1

fokus op

LEERspeel-speel Laerskool Eureka het ’n fantastiese grondslagfase vir kinders wat volgende jaar gr. RR of gr. R toe moet gaan. Die skool laat slegs 25 leerlinge per klas toe en inskrywings is nou oop. Ons het met juffrou Elaine Coetzee, een van die grondslagfase onderwyseresse, gepraat oor wat die grondslagfase Eureka-ouers bied. Op watter aspekte van ontwikkeling fokus Eureka en ouers betrokke is, hoe minder die druk en dan se grondslagfase? kom prestasie vanself. Ouers moet maar net hulle kinders aanvaar soos hulle is. Vergeet van die Hier by ons poog ons om elke kind in sy totaliteit buurman se kind of hoe goed die maatjie te ontwikkel. Met goed-opgeleide onderwysers is presteer. Elke kind is spesiaal vir jou gegee. Maak hom/haar die beste wat hy/sy kan wees. dit vir ons makliker om ons doelwit te bereik. ’n Gelukkige kind is vir ons baie belangrik en Wat is belangrik vir ’n ouer om te weet wanneer daarom ontwikkel ons elke kind motories, emosioneel, sosiaal en akademies, sodat hy elke sy kind gr. RR of gr. R toe gaan? situasie na die beste van sy vermoë kan hanteer en eendag ’n volwaardige plek in die samelewing • Hier begin ’n heel nuwe lewe. • My kind is nou “groot” en daarmee saam kom kan volstaan. roetine, struktuur en dissipline. Hoe belangrik is speel, kreatiwiteit en verbeelding • Ons is nou deel van ’n nuwe “skool-familie” en vir kinders van die grondslagfase? net jy kan bepaal hoe lekker dit vir julle almal gaan wees. Gaan in met ’n oop gemoed en maak elke Geen kleuter kan leer sonder speel nie. Dit is die dag tel. enigste manier hoe hulle vaardigheid of kennis so • Die opgeleide onderwysers en klashulp gaan vinnig as moontlik kan baasraak. By Eureka vind hulle alles gee om jou kind na die beste van sy/haar vermoë te ontwikkel. leer altyd speel-speel plaas. Eureka het ’n baie mooi en goed-beplande speelterrein. Waar kan • Jy is nie alleen in die ding nie. • Al is jy benoud, is dit normaal. Ander ouers voel ’n kind so lekker speel soos by ons jaarlikse Modderdag? Pienkvoet-rugby en hokkie, stap- en ook so. • Nou tel jou mening glad nie meer nie, net trap, skaak. Saam met speel-speel leer loop verbeelding en kreatiwiteit hand-aan-hand. Ons juffrou s’n. poog regtig om ’n gelukkige, ontspanne, speelOor watter eienskappe beskik die speel atmosfeer te skep vir ons kleuters waar onderwyseresse van Eureka wat die hulle veilig en geborge kan voel. grondslagfase onderrig? Wat doen julle om leerders sterk te maak vir die toekoms? Beslis toewyding. Geen onderwyseres gee ooit moed op met ’n leerder of probleem nie. Elkeen Ons het begin met ’n program oor werk om slegs die beste met leerders te bereik. waardestelsels. Waardes wat integriteit as basis het, word van gr. RR tot gr. 7 by leerders vasgelê. Wat is ouers se grootste uitdaging in vandag se Ons hoop dat dit hulle in die toekoms sal lei om tyd? die regte keuses te maak. Ek dink om by te hou by al die veranderinge. Om Dink jy daar is baie druk op ons kinders en hoe te bly by wat vir jou en jou gesin belangrik en moet ouers dit hanteer? aanvaarbaar is. Jou waardes en normes uit te leef, ten spyte van druk van almal rondom jou, is Ons lewe in ’n wêreld waar druk deel van ons is. seker enige ouer se nagmerrie. My raad is: bly by Die skoolstelsel plaas vandag baie druk op ons wat jy glo is reg. Leer jou kind wat is reg en kinders. Prestasie word belangriker. By ons is elke verkeerd en aanvaar verantwoordelikheid vir jou kind belangrik en glo ons aan algehele situasie. deelname, eerder as prestasie. Hoe meer kinders

Watter aktiwiteite bied julle vir die kleuters aan wat hulle verder kan ontwikkel? Buiten al die buite-aktiwiteite wat deur ander by die skool aangebied word (Monkeynastics, Playball ens.), bied ons ook gratis skaak, visieterapie, pienkvoet rugby- en hokkie, aan. Ons bied ook rekenaars – gebaseer op skoolgereedheid – vir hulle aan. Verder reël ons ander geleenthede deur die jaar soos Modderdag, atletiek, stap-en-trap en ’n jaarlikse konsert. Al die geleenthede word deur ouerbetrokkenheid bevorder. Deur die jare beleef ons dat dit ons ouers soms meer as die kinders geniet. So begin ons sommer ’n kultuur van betrokke wees by Laerskool Eureka. Hoekom is gr. RR en gr. R deel van die groot stroom? Alhoewel die gr. RR en gr. R totaal op hulle eie funksioneer in hulle eie veilige omheinde omgewing, vorm hulle deel van die hartklop van die skool. Daar word nie op dieselfde speelterreine gespeel nie, maar op dié manier word hulle deel van die omgewing, die reëls en manier van doen. Dit maak die aanpassing na gr. 1 soveel makliker en kan die kind en ouer gouer by die groot stroom inskakel. Hulle leer ook van die ander onderwysers ken en die vrees om aan ’n nuwe juffrou of skool te gaan, word sommer in die kiem gesmoor.

www.glittermag.co.za

Glitter 45


nkitha creations 26x6:Layout 1

22/08/2017

12:28

Page 1


47 Dekor:Glitter Template 2017/08/23 8:49 AM Page 1

dekor

Leefpassie haaruit Attie en Ronel van Heerden se huis in Belgravia is een van Kimberley se ou juwele. Ronel het dit reggekry om die karakter van die huis te behou deur antieke ware met moderne dekor te kombineer.

www.glittermag.co.za

Glitter 47


debt wise 26x6:Layout 1

2017/08/22

12:15 PM

Page 1


49 Ken Mekaar:Glitter Template 2017/08/23 8:16 AM Page 1

Dokter ken mekaar

CLIVE HOLROYD

Clive Holroyd (49) of dr.Holroyd, soos sy pasiënte hom ken, is al 21 jaar werksaam as 'n huisarts in Kimberley by sy eie privaatpraktyk. Hy het onlangs besluit om na al die jare sy praktyk te skuif na die nuwe Lenmed Royalhospitaal. Glitter het met hom gesels oor die afgelope 21 jaar se belewenisse agter die stetoskoop en oor wat vir hom voorlê. Die pad na die spreekkamer Clive, 'n boorling van Kimberley, se mediese loopbaan het vroeg begin. "Vandat ek kan onthou, wou ek 'n dokter wees. Van kleintyd af onthou ek hoe ek vir myself 'n stetoskoop gemaak het uit rubberpype en hoe ek vir myself 'n dokterstas met lekkergoedpilletjies gepak het." Na skool het hy medies gaan studeer en teruggekeer na Kimberley om sy huisdokterjaar te voltooi. Daarna het hy gedroom om oorsee te gaan en verder te studeer en as spesialis te kwalifiseer. Sy lewe sou egter 'n ander rigting inslaan as wat hy aanvanklik beplan het. "Die lewe maak partykeer met 'n mens snaakse draaie. Net na my huisdoktersjaar is my pa met kanker gediagnoseer. Ek het besluit om in Kimberley aan te bly en het in Junie 1996 by Medicross begin werk. My pa se siekte en afsterwe het my nederig gelaat oor die beperkinge van medisyne en my laat besef dat daar hopelik plek is vir 'n simpatieke huisarts. Ek was nog nooit spyt oor daardie keuse nie." In praktyk Clive praat met groot lof van die pasiënte en die dorp wat hy die afgelope twee dekades as dokter gedien het. "Die mense van die NoordKaap is uniek en lojaal en ek kan nie vir beter pasiënte vra nie. Kimberley het ook vir my geseën met my vrou en twee seuns. Hy noem hoe vervullend dit is om 'n lang pad met sommige gesinne te stap. "Dit was en sal altyd

vir my 'n voorreg wees om gesinne te help en 'n pad met hulle as pasiënte te loop. Babas wat ek die eer gehad het om te verlos, het al my motor kom leen vir hulle matriekafskeid," sê pasiënte is daar ook groot voordele, soos radiologie, patologie en 24 uurhy met 'n glimlag en las dan by: "Dit laat my ongevalledienste, alles onder een dak sommer baie oud voel." beskikbaar. Die feit dat my kamers in 'n hospitaal geleë is, gaan my werk soveel meer In sy loopbaan was daar verskeie mense na produktief maak." wie hy opgekyk het en wat hom tot hoër hoogtes aangespoor het." Op verskillende tye By die huis van 'n mens se lewe het jy verskillende mentors. As 'n skoolseun het die werksetiek van my ouers my inspireer. As 'n junior dokter Weg van die praktyk heg Clive groot waarde aan sy gesin en om in die gemeenskap was dit dr. Gasson, 'n staatsginekoloog. Sy betrokke te wees. "My prioriteit bly my gesin en professionele en etiese benadering tot ons probeer soveel moontlik kwaliteittyd by medisyne probeer ek tot vandag toe nog mekaar deurbring. Ons hou elke Vrydag navolg. Op hierdie tydstip van my lewe word ek geïnspireer deur brawe mense wat 'n stryd “Family Friday” wanneer ons saam iets lekkers doen. Ons is ook baie betrokke by Kansa en teen siektes of terugslae aanvat en ook Hospice, want ek voel dit is belangrik om terug onbaatsugtig iets doen vir hulle medemens." te gee aan die gemeenskap en om vir ons seuns gemeenskapsbetrokkenheid te leer." Die skuif Hy gee toe dat die skuif na Lenmed se spreekkamers nie 'n maklike besluit was nie. "Ons is almal besorg oor ons en ons kinders se toekoms, maar soms terwyl ons almal sit en wag vir iets sleg wat moontlik kan gebeur, laat ons geleenthede verbygaan. My vrou het my oortuig met die volgende boodskap: 'Making a big life change is pretty scary. But you know what’s even scarier? Regret." Die voordele van die skuif vir sy praktyk is divers en hy vertel waarom hy opgewonde is daaroor. "Dit bied my die geleentheid om my huidige GP-praktyk oor te skuif na 'n moderne, nuwe gebou. Vir my bestaande en nuwe

As dit kom by stokperdjies, erken hy daar is min tyd daarvoor, maar hy hou wel van reis saam met sy gesin en ook om op te lees oor geskiedkundige gebeure, waarvan die prerevolusionêre Russiese tydperk hom veral interesseer. Op 'n vraag oor watter drie waardes hy voel vir hom baie belangrik is, antwoord hy: "Die drie waardes waarvolgens ek my lewe inrig, is geloof, gesin en genade. Ons kan nie genoeg dankie sê vir die genade nie." - Dupie Janse van Rensburg

www.glittermag.co.za

Glitter 49


mazda:Layout 1

8/22/2017

2:12 PM

Page 1


51-53 Sport:Glitter Template 2017/08/23 8:50 AM Page 1

sport

Cravenweek-sukses Die 0/18 Griekwa-span het jaar ná jaar met groot ywer en geesdrif aan die jaarlikse Cravenweek-rugbytoernooi deelgeneem, maar vanjaar was die eerste keer in 16 jaar wat die rugbymanne al drie hul wedstryde gewen het. Glitter het met Henk Brand, Griekwas se hoofafrigter, en dié wenspan se kaptein, Edrich Brand, gesels oor hul sege.

my as afrigter nie. Dit gaan eintlik oor die spelers teenoor wie jy ’n verantwoordelikheid het. Dis maklik om die pot mis te sit en te dink jy het al die kennis. Dit help ook nie jy kry eers hulp ’n week voor die tyd of die week tydens die Cravenweek nie,” lig Henk uit. “Dis ‘n proses waartydens jy by ander ouens leer en kers opsteek en kyk.”

Drie uit drie

Aanloop tot sukses

“Dis die eerste keer sedert 2001 dat Griekwas al drie hul wedstryde wen,” bevestig Henk. “Dit bly ’n voorreg om by die Cravenweek betrokke te wees. Dit is ’n baie geskiedkundige gebeurtenis vir ons land, ons kinders en ons onderwys. So ek dink dis ’n besonderse voorreg om deel te wees hieraan en dan natuurlik ook om die genade te hê om al drie die wedstryde te wen. Dis besonders. Vir ’n klein provinsie soos Griekwas, kom dit dalk een keer in ’n afrigter se leeftyd verby.”

Volgens Henk was ’n goeie spankeuse deel van die Griekwas se Cravenweek-sukses, maar voeg by daar was ’n redelike aanloop tot waar die span vandag staan. “Dit was ’n hele proses waartydens ek myself eintlik voorgeneem het dat, as ek dit weer moes doen, ek dit só sou doen soos vanjaar. “Byvoorbeeld, voor die Cravenweek begin, is daar vriendskaplike

“As ’n ou dit al ses keer vantevore gedoen het, moet mens seker iewers iets reg gedoen het,” lag Henk, wat vanjaar die sesde jaar as afrigter by die Cravenweek betrokke is en die vierde jaar as die span se hoofafrigter. Dit gaan oor die spelers “Ek was vir twee jaar hulpafrigter waar ek toevallig die meeste geleer het,” gesels Henk. “Mens leer by almal iets. Jy moenie in ’n silo afrig nie. As daar byvoorbeeld ’n goeie buite-senter is, is ek geneig om te kyk wie die binne-senter is wat hom dalk goed maak. Dit is dieselfde met afrigting. Dis nie ’n one man circus nie,” verduidelik Henk. “Jy moet volwasse genoeg wees om hulp in te kry. Uiteindelik gaan dit nie oor www.glittermag.co.za

Glitter 51


city express stores glitter house advert:Layout 1

8/24/2017

12:48 PM

Page 1


51-53 Sport:Glitter Template 2017/08/23 8:50 AM Page 2

sport wedstryde of sogenaamde bonde-dae waar jy van ’n onoorwonne Cravenweek-span te wees. “Ek kan net dankbaar wees,” glimlag hy. nou teen ander, sterk provinsies speel. Volgens Edrich is dit belangrik om seker te maak jy as kaptein is steeds deel van die “In die verlede het ek uitgegaan om daardie span. “Jou span moet jou steeds as een van wedstryde te wen en selfvertroue by die spelers op te bou. En dan wen ons hulle. Kom hulle sien,” verduidelik hy, maar voeg by hy weet hoe om dit te doen, aangesien hy vanjaar Cravenweek, moet jy ander kombinasies ook as die kaptein van Hoërskool Noord-Kaap speel, want elke speler in die groep moet ’n volle wedstryd speel, so jy moet rondskuif. Wat se eerstespan uitdraf. Dit verg egter harde ons hierdie jaar gedoen het, was om dit slaafs werk. te volg. Ons het met elke vriendskaplike wedstryd die kombinasies wat ons gedink het “Twee-en-twintig spelers woon in Kimberley en gaan speel by die Cravenweek, ten minste vir hulle het deur die eksamen geoefen,” voeg Henk by. “Natuurlik raak jy moeg,” erken ’n helfte gespeel. “Dit is dus veilig om te sê vanjaar se span was meer as voorbereid. “Ná Edrich. “Jou liggaam raak uitgeput, maar jy sien steeds elke dag uit na die oefening. Ek wil die laaste vriendskaplike wedstryd was ek redelik tevrede dat ons al die boksies ge-tick graag ná skool verder rugby gaan speel en ek het en dis ook ’n ding wat jy leer. Jy kan nie die sal die harde werk moet doen as ek die vrugte dag as die span op die veld moet draf nog wil pluk.” stres oor iets wat jy nie gedoen het nie.” Volgens Henk en Edrich is dit heerlik om syPa en seun duo aan-sy die Cravenweek-toernooi aan te pak. “Ek kan maklik inside information kry,” verduidelik Edrich. “Ons verstaan mekaar.” Vir Edrich is dit ’n enorme eer om die kaptein

Henk beaam hulle is al gewoond aan mekaar, aangesien dit nie die eerste keer is wat hy en Edrich saam by die toernooi betrokke is nie. “Hy weet al hoe ek dink en ek weet hoe hy dink. Ons kan klankbord. Die aand voor ’n groot wedstryd sal ek byvoorbeeld met ’n ander span tot laat besig wees om seker te maak ons is deur als, maar ek het nie vanjaar nie, want ek het geweet hy doen dit.” Leer by mekaar Edrich het ook baie by Pa geleer, onder andere om hard te werk sonder die bal. “Ek neem dit ook nie net op die veld ter harte nie, maar in alle aspekte van my lewe. Jy moet nooit ophou om hard te werk nie.” Vir Henk is Edrich se pligsgetrouheid en toewyding iets om te beny. “Baie oggende sal ek dink ek gaan die span af gee omdat dit reën en dan is hy die een van sê ons moet oefen of hy oefen alleen.” - Zanri Kotze

www.glittermag.co.za

Glitter 53


54 Rubriek:Glitter Template 2017/08/23 10:51 AM Page 1

muishond moleste

Antiklimaks van die jaar Dit sal seker net billik wees om apologie aan te teken vir die uwe se afwesigheid oor die laaste paar weke, maar net soos enige loafer daar buite het ’n Muishond sy winterslaap nodig en juis daarom het geen kind of kraai oor die uwe gerep verlede maand nie. Ma’ nou is die uwe terug en die poppe moet dans!

Begin met geluk Nou, om ’n rubriek vir ’n gesaghebbende tydskrif soos Glitter te skryf, was ’n lang gekoesterde ideaal. So jy bring jou kant en skryf dat die bedrog spat! Sekerlik moet MH sy woorde sluk oor die jaar se Cravenweekspan. Vir die eerste keer in ongeveer 100 jaar het hulle elke plattelandse span in die Suidelike Halfrond oortuigend geklop. Welgedaan. Ons gun dit vir julle. Veels geluk!

Haal die halfeindrondtes Vir ’n oomblik het MH geglo ons sal ’n krag wees in die Kerrie Beker, nadat ons (maak keel skoon) die Vrystaat en WP pak gegee het, maar toe sleg op ons moer kry teen ’n Puma-span met meer toeskouers by ’n grootdoop as by die game. Toema, ou Kwassies, die bulle vat ok ma’ houe, selfs hulle grootste ondersteuner behandel hulle

54 Glitter

www.glittermag.co.za

stief. Hoe dit ookal sy, Mamma Muishond het gesê as julle nie die halfeindrondes haal nie, moet ek my oorgee aan beweeglike kunste, so om vadersnaam wen net iets – al is dit net die tos! Dit sit natuurlik die diertjie geweldig af as ’n ander span se supporters op ons pawiljoene kom sit en skree! Verraaiers. Somme lus en moer julle met ’n Grace-extension cord!

Antiklimaks MH kan homself ook nie inhou oor die antiklimaks wat die jaarlikse interskole bied nie. Blou het mos besluit die wedstryd moet douvoordag beslis word en toe kry hulle nog op hulle se moer ook. So weet jy wat, ou Blou, of jy nou in Februarie of November verloor, vat jou pak soos ’n man, maar maak dit ten minste vir die toeskouers die moeite werd! Jaarliks het ons van alle karaktertekortkominge vergeet, want die groot geveg word uitgesorteer in September, nou wat nou? Dit maak die uwe ligweg die donner in.

Bedank alweer Intussen het die dorp se enigste klubspan nie die eindrondtes van die Noord-Kaap se klubkompetisie gehaal nie. Toegegee die span was superswak, met lekker gees, maar die span se voorsitter met die halfmas-ogies het vir die agtste keer bedank. Muishond kan nie meer nie!

Hy het baie confidence Dan vir dié wat nommer Een se vote of no confidence verkeerd verstaan het en daarvoor het jy net 10% van jou breinkapasiteit nodig, die uwe dink Zuma

het meer as genoeg confidence. Hoe de moer kan julle nie vir hom stem nie?

Die gesiggies Kan Muishond dan net sê dat indien enige van jou vriende sy gesig soos ’n hol trek en post op enige sosiale blaaie, jy die reg het om hom te blok, delete en nooit weer met enige van die aansitterige patete hoef te praat nie. Niemand hoef daarna te kyk, dit te “like” of te verdra nie. Behalwe as jou naam Caitlyn Jenner is. So bou jou eie confidence die maand – ons leer tog by die beste – en sit maar ’n mooi smile op as jy voel jy móét jou Facebookvriende laat glo jou lewe is cooler as hulle s’n. Dalk is jou lewe eendag so vrolik as wat jy op sosiale media voorgee dit is. – MM


artistia foods 26x6:Layout 1

22/08/2017

12:29

Page 1


gariep mercedes:Layout 1

8/24/2017

12:50 PM

Page 1

Make the best of every terrain. The all new GLC CoupĂŠ. Visit www.everyterrain.co.za

Visit Gariep Motors, 112 Long St, Kimberley Tel 053 831 2400 | Email: louisv@gariepmotors.co.za Contact Albert RĂśhrbeck 083 2915 442 or Jaco le Roux 082 464 0270


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.