Glitter august 2016

Page 1

Cover 01:Glitter Template 2016/07/21 9:01 AM Page 1

Glitter

READ • ENJOY • CONNECT

NOOT VIR NOOT

KAMPIOEN Viki Mpompolas

SY IS NIE JOU GEWONE TIENER NIE As jou kind serebrale gestremdheid het

’N ANDER MANIER OM TE SKEI – VREEDSAAM MOET PAARTJIES SAAM WERK - LESERS VERTEL

No: 58 • AUGUST 2016 • Free


Aida:Layout 1

2016/07/20

03:11 PM

Page 1


X3 Index:Glitter Template 2016/07/21 9:17 AM Page 1

ons voorblad 07 13 19 34 44

JOU STORIE: NIE DIE GEWONE TIENER VOORBLAD: NOOT VIR NOOT-REEKSKAMPIOEN COFFEE BREAK: SELFBEJAMMERING IS NIE ’N OPSIE NIE TALKS ABOUT: BRAIN SPOTTING LEEFSTYL: MOET PAARTJIES SAAM WERK?

bly in kontak 04

REDAKTEUR: HOOP VIR DIE MENSDOM

elke maand 11 23 27 31 39 48 52 56 60 62

MAZARS: VOORLOPIGE BELASTING FOTOBLAD: GARIEPFEES BEDERFDAG: MOOIMAAK HOMES@KIMBERLEY: VIER 10 JAAR! DEKOR: EIE STUKKIE HEMEL COUPLE OF THE MONTH: HAND-AAN-HAND RESEP: VISSOP TUIN: VIER GESLAGTE OP EEN WERF SPORT: STOKKE OP DIE WATER MUISHOND: WATTER BORG SAL DIT WEES? volg ons op

http://www.facebook.com/kimberley.glittermag

glitter

STUUR JOU STORIE AAN GLITTER@INL.CO.ZA OF FAKS DIT NA 086-568-2918. SKAKEL 053-832-6261 VIR ADVERTENSIE NAVRAE OF STUUR ’N E-POS AAN MARETHA.PRETORIUS@INL.CO.ZA.

PUBLISHER INDEPENDENT NEWSPAPERS LTD, RUDI FERREIRA EDITOR JANA GROBBELAAR PROJECT MANAGER MELANIE MOORE CONTRIBUTORS KARIN MULLER, ZANRI KOTZÉ, RONELL VAN DER SANDT, KAREN VAN DER BERG, ILETTE COETZER PHOTOGRAPHER MALITZA DE KOCK 082 955 4007 ADVERTISING 053 832 6261 SYNDICATION MANAGER HAROLD PHOLOHOLO SYNDICATION EXECUTIVE ULRICH SYLVESTER ACCOUNTS MANAGER KESHIA STRAUSS DESIGN ARCHETYPE MEDIA PRINTERS SA PRINT GROUP, 086 1000 730, QUOTES@SAPRINTGROUP.CO.ZA SUB EDITOR UNA ENGELBRECHT DISTRIBUTION DIAMOND FIELDS ADVERTISER, CNR BEAN & VILLIERS STREETS, KIMBERLEY, 8301, TEL: 053 832 6261 SUBSCRIPTION ENQUIRIES HAROLD PHOLOHOLO, TEL: 053 832 6261 CONTACT EDITORIAL GLITTER@INL.CO.ZA OR FAX 086-568-2918 DFA INDEPENDENT MAGAZINES SUBSISTS IN ALL WORK PUBLISHED IN THIS MAGAZINE. ANY REPRODUCTION OR ADAPTATION, IN WHOLE OR IN PART, WITHOUT THE WRITTEN PERMISSION OF THE PUBLISHER IS STRICTLY PROHIBITED AND IS AN ACT OF COPYRIGHT INFRINGEMENT, WHICH MAY, IN CERTAIN CIRCUMSTANCES, CONSTITUTE A CRIMINAL OFFENCE. DFA INDEPENDENT MAGAZINES CANNOT BE HELD RESPONSIBLE FOR UNSOLICITED MATERIAL.

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 3


van die redakteur

Hoop vir die mensdom Vir lank net 3 km per dag. Om die blok. Stap, draf, stap. Later net draf. Later vinniger. Jy raak baie vinnig verslaaf aan die gevoel van vryheid wat dit jou gee om te draf. Dis net jy en jou kop of jy en jou musiek. Ek hou my doof vir ’n vriendin se grappies dat sy vir my in die ouetehuis gaan kom kuier terwyl ek kranklik aansukkel in die gang en sy met ’n wip in haar stap sonder ’n zimmer frame oor die weg kom. En juis nou hoor ek weer haar woorde: “Glo my, jy gaan nie ophou by 10 km nie”. Daar is iets aan hardloop. Soos wat elke drawwer jou sal vertel. Jy kry van die drawwers wat só toegewyd is, hulle staan in die vroeë oggend-ure op om te oefen vir die Comrades. Terwyl die res van die stad lê en slaap, val hulle in die pad met kopliggies en reflekterende baadjies en lê kilometer vir kilometer af. Presies ’n jaar gelede val ek in. Ek koop vir my gewone draftekkies en begin stelselmatig oefen.

En so is dit ook. Terwyl ek hier sit, kan ek nog die spiere wat die naweek hard oor die bulte en heuwels van die Knysnabos gewerk het, voel. Maar dis die wonderlikste gevoel. ’n Runner’s high wat jy vir niemand kan beskryf nie. My derde 21 km. Nou lê die oefening vir September se eerste vol marathon voor. Slegs vir ’n paar sekondes, terwyl ek tog maar ’n roompie aan my bene moes smeer na die half-marathon die naweek, het ek getwyfel: is ek mal in my kop?

Die punt is, as jy iets kry waarvan jy hou, doen dit. Dit maak nie saak wat ander mense sê of hoe hulle jou waarsku of bedenkinge het oor of jy die regte ding doen nie. As iets jou laat vry voel, laat lewendig voel, gaan daarvoor. Sit die tyd in, sit die oefening in, moenie dat iets soos die koue buite of die vroeg opstaan jou afsit nie. Want as daai skoot afgaan en jy maal saam met duisende mense oor die beginstreep, na jy vir ’n halfuur voor die tyd grappies met ’n absolute vreemdeling gemaak het, dan weet jy daar is nog hoop vir die mensdom. Ons kan nog goed deel. Dis wat ek ervaar en dis wat my inspireer. Saam, kilometer vir kilometer, beur jy voort na dieselfde eindstreep. Maak nie saak wat jou geskiedenis, afkoms, taal of oortuigings is nie. Jy het een ding in gemeen – en dis genoeg.

wat gebeur in kimberley 12 Augustus 2016 Wat: Gariep Radio-omroeperswerkswinkel Wanneer: 12 Augustus om 14:30 tot 17:00 Waar: 1 Cullinan Crescent Civic Centre Kontak: Bernice Sutton by 0795157009

27 Augustus 2016 Wat: Redliners Steak Run Wanneer: 27 Augustus om 10:00 Waar: Central Hotel Warrenton Kontak: Hercul Mitchell by 0845065367

1 tot 4 September 2016 Wat: Gariepfees Wanneer: 1 Sept om 10:00 tot 4 Sept 23:45 Waar: Oppenheimer Gardens Kontak: Bernice Sutton by 0795157009

20 Augustus 2016 Wat: Oval Track Racing Event Wanneer: 20 August 2016 Waar: Big Hole Oval Kontak: Tina Lamprecht by 072 730 5922

31 Augustus 2016 Wat: Gariepfees The Modern Condition Wanneer: 31 Augustus om 18:30 tot 22:00 Waar: 1 Cullinan Crescent Civic Centre Kontak: Bernice Sutton by 0795157009

3 September 2016 Wat: Wesley Methodist Church Fête Wanneer: 3 September vanaf 08:30 Waar: Howie Road Kontak: Henk van der Brink by 0826061010

4 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


GW Graniet:Layout 1

2016/07/20

03:12 PM

Page 1


jam clothing:Layout 1

7/20/2016

1:08 PM

Page 1


07-09 Storie:Glitter Template 2016/07/21 7:45 AM Page 1

jou storie

Sommige mense word met hope selfvertroue gebore. “Ek is nie een van daardie mense nie,” lag Leandri van Wyk, gr. 10-leerling van Hoërskool Diamantveld. Toe ek in gr. 1 met modelwerk begin het, het ek agter my ma se rok weggekruip om te sien wat die ander kinders doen.” Alhoewel Leandri as klein dogtertjie al besluit het dat sy graag eendag ook ’n model wil wees, het sy nooit gedink dit sal regtig realiseer nie.

TOG NIE ’N

gewone TIENER NIE http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 7


alley gas gas and more:Layout 1

7/20/2016

1:50 PM

Page 1


07-09 Storie:Glitter Template 2016/07/21 8:09 AM Page 2

jou storie Eerste deurbraak

Fynere afronding

In 2010 het sy haar eerste plaaslike kompetisie gewen, maar haar modelwerk het daarna ’n plato bereik. “Ek het amper tou opgegooi,” vertel sy. “Dit het gevoel of ek nooit iewers gaan kom nie.”

Leandri wil na skool ’n draai in Kaapstad maak vir die laaste fynere afronding aan haar modelwerk. “Net om seker te maak ek is op internasionale standaard,” verduidelik sy. “Dit gaan my net bevoordeel as ek die geleentheid kry om oorsee te gaan.”

Die volgende stap

Hulle eie idees In 2014 het sy aan die Mej. en Mnr. Junior SuidAfrika in Johannesburg deelgeneem. “Dit was alles vir my so vreemd, maar ek het dit baie geniet. Ons het die twee dae voor die kompetisie van vroegoggend tot laataand op vreeslike hoë hakke geoefen. Ek het elke aand teen slapenstyd sommer op die bed neergeval!” vertel sy. Nie net is Leandri as een van die Top 10-finaliste aangewys nie, maar sy het ook met die Mej. Noord-Kaap-titel in haar ouderdomsgroep weggestap. “Daarna het ek moed geskep en besef dat ek wel met my modelwerk vorder.” Beter as ooit

Soos met alles in die lewe is daar nie net pluspunte nie en Leandri is deeglik bewus daarvan. “Die agente het ’n spesifieke idee in hulle kop van waarna hulle op soek is en jy is eintlik net gelukkig as jy in hulle idee inpas. Gelukkig is die dae verby dat net stokkiemaer meisies gekies word om modelle te wees. Soos dit maar gaan waar ’n klomp meisies met mekaar meeding, is daar altyd ’n mate van katterigheid. Dit is vir my sleg, maar mens leer om sterk te staan. Modelwerk gee jou ongelooflik baie selfvertroue wat jou weer ander dinge in jou lewe laat aanpak.” Sportief

Verlede jaar is Leandri vir die eerste keer saam met haar modelskool, Vogue Models, Kaapstad toe vir ’n modeltoer. “Ons het vier modelagentskappe besoek in die week wat ons in die Kaap was. Die agente voer met jou onderhoude en jy lê jou portefeulje aan hulle voor. Daar is ongelooflik baie meisies en die standaard is baie hoog. Wanneer die agente in jou as model belangstel, neem hulle jou kaartjie. Dit is ’n baie goeie teken. Uit die vier modelagentskappe wat ons besoek het, het drie my kaartjie gevra. Ek gaan tydens hierdie Julie-vakansie weer saam Kaapstad toe en hoop die resultaat is hierdie jaar dieselfde, of beter.”

modelwerk wil maak, is dit nie waar haar ideale ophou nie. “Modelle het eintlik ’n baie kort lewensduur, dan is jy te oud of te lelik,” lag sy. “Ek wil graag ’n korrespondensiekursus saam met my modelwerk doen en ’n wildbewaarder word. Ek is baie lief daarvoor om by my nefies op hulle plaas te kuier en wil baie graag met diere werk.” Die wenkbroue kan lig oor hierdie twee wêrelde wat so wyd uit mekaar is, maar Leandri staan gereed met die antwoord. “Mense plaas jou maklik in ’n sekere vorm en verwag dat jy net een tipe ding kan doen. Voor ’n kompetisie of ’n toer moet alles perfek wees en mag ons nie eers kaalvoet loop nie. Ek dra plakkies op die plaas om seker te maak ek kan albei my passies uitleef,” verduidelik sy. Normale tiener Na alles wat hierdie pragtige langbeenmeisie al bereik het en steeds wil bereik, bly sy ’n doodnormale tiener. “Ek hou baie daarvan om met my vriendinne te kuier. Tussen die skoolwerk en sport kry ons min tyd daarvoor, dus geniet ek elke oomblik.”

Met haar oë op die toekoms gevestig, is Leandri se voete steeds plat op die aarde en besig met die hier en die nou.

Geen dieet nie

“Ek geniet dit baie om hokkie te speel en is tydens die Bokkie-week vir die Noord-Kaapspan gekies wat tydens die Julie-vakansie gaan toer. Ek het hierdie jaar die eerste keer aan die Griekwa-proewe deelgeneem en is as reserwe aangewys.”

As jy dink sy is vol fiemies om haar modellyfie te behou, maak jy ’n fout. “Nee, ek smul net so lekker aan die pizza saam met my vriendinne,” lag sy. “As ek bietjie gewig optel, doen ek meer van sekere oefeninge, maar die hokkie hou my fiks. Ek is glad nie op een of ander dieet nie en beplan ook nie om binnekort op een te gaan nie.” – Karin Muller

Twee passies Ten spyte van die feit dat Leandri ’n lewe uit

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 9


timeless wedding:Layout 1

2016/07/20

03:12 PM

Page 1


11 Mazars:Glitter Template 2016/07/21 7:52 AM Page 1

advertising feature

Voorlopige belasting: belangrike inligting rakende die betekenis en berekening daarvan ’n Groot aantal belastingpligtiges word deur hul rekenmeesters of ouditeure in kennis gestel van voorlopige belastingbetalings, maar wat is die betekenis daarvan en presies hoe werk dit? Wie moet geregistreer wees vir voorlopige belasting? n enige persoon wat nie net ’n salaris / besoldiging verdien nie. n maatskappye, BK’s en trusts. n enige persoon wat deur die kommissaris in kennis gestel is dat hy/sy ’n voorlopige belastingpligtige is. Wanneer word voorlopige belasting betaal? n eerste voorlopig – ses maande na die begin van die jaar van aanslag. n tweede voorlopig – nie later as die laaste dag van die jaar van aanslag nie. n Derde voorlopige – voorlopige belastingpligtiges met ’n februarie-jaareinde moet binne sewe maande na die einde van die jaar van aanslag betaal. Alle ander jaareindes moet die betaling binne ses maande na die jaareinde maak.

Bloemfontein tel : 051 - 4000 500 e-mail : bfn@mazars.co.za Address : 46 first Avenue Westdene

Berekening van voorlopige belasting: eerste voorlopige belasting n Belasbare inkomste. n Bereken belasting volgens tabelle/vaste koers en neem enige kortings in ag by primêre korting en mediese korting. n Deel belasting deur twee (halwe jaar). n trek enige belastingkrediete soos lBS betaal vir die eerste ses maande af, asook enige buitelandse belasting betaal. n hierdie bedrag is dan die eerste voorlopige belastingbedrag wat betaalbaar sal wees. tweede voorlopige belasting n Belasbare inkomste. n Bereken belasting volgens tabelle/vaste koers en neem enige kortings in ag by primêre korting en mediese korting. n trek alle belastingkrediete soos lBS betaal Mnr GJ Oberholster – direkteur en CA vir die jaar af, asook enige buitelandse belasting betaal. n trek die eerste en tweede voorlopige n hierdie bedrag is dan die tweede voorlopige belastingbedrag wat betaalbaar sal belastingbetalings af, asook enige buitelandse belasting betaal. wees. n hierdie bedrag is dan die derde voorlopige belastingbedrag wat betaalbaar sal wees. Derde voorlopige belasting n Werklike belasbare inkomste vir die jaar. n Bereken belasting volgens tabelle/vaste koers en neem enige kortings in ag by primêre korting en mediese korting.

tel e-mail Addres

KimBerley : 053 - 8315490 : kim.office@mazars.co.za : Kimberley Diamond exchange Building 76 – 78 Quinn Street

indien u enige verdere konsultasie of hulp benodig met die berekening van u voorlopige belasting, kan u ons gerus kontak vir ’n afspraak. KAthu tel : 053 - 7231772 e-mail : kathu.office@mazars.co.za Address : Progressus Building rietbok Street

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 11


pam golding:Layout 1

7/20/2016

4:35 PM

Page 1

Plan your showday the right way. A guide to help you plan your Showday journey with us.

pamgolding.co.za/onshow


13-15 Voorblad:Glitter Template 2016/07/21 7:53 AM Page 1

ons mense wat glitter

Hoewel sy glo sy sing nie waffers nie, sy Engelssprekend is en net vir die plesier deelgeneem het, het Viki Mpompolas (30), van Kimberley, se musiekkennis en ’n bietjie geluk haar die Noot vir Noot-kampioen van die 41ste reeks op SABC2 gemaak. Inwoners hier kon uit hulle nate bars van trots toe sy onlangs as die reekskampioen koning gekraai het. Veral die leerlinge aan die HoÍr Tegniese Skool waar sy Engels gee, het in haar in vreugde gedeel, vertel Viki.

NOOT VIR NOOTREEKSKAMPIOEN http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 13


pcr contractors ro water systems:Layout 1

7/20/2016

1:13 PM

Page 1


13-15 Voorblad:Glitter Template 2016/07/21 7:53 AM Page 2

ons mense wat glitter Vreugde en hartseer Maar agter die geluk, prysgeld en vreugde om as een van die land se gewildste musiekprogramme as kampioen uit te styg, lê daar ook baie hartseer en pyn op Viki se suksespad. Die Diamantstad was op 30 Januarie 2007 met afgryse vervul oor die grusame moord op die geliefde Stelios Mpompolas (59). Viki se pa is in sy kitsrestaurant, Steers, vermoor. Hy is as vriendelik, verdraagsaam en opreg beskryf. Die sinnelose moord destyds deur een van sy werknemers het die stad tot stilstand geruk. “Dit was vir ons familie ’n groot skok toe hy dood is. Hoewel dit reeds byna tien jaar later is, is die verlange nie iets wat ooit weggaan nie. Sy dood is deel van ons lewens en ons mis hom elke dag. Ons as familie is baie geseënd , maar die leemte sal altyd deel van ons wees.” Viki sê haar pa was baie lief vir musiek en na sy dood was musiek altyd vir haar ’n tipe troos, en iets waarmee sy hom kon onthou. “Sommige liedjies maak my hartseer, ander laat my glimlag. Musiek laat my altyd aan hom dink.”

Kamera, ligte, aksie!

Dit is vir my lekker en kosbaar.”

Om op TV te verskyn, is baie senutergend. “Sjoe, wanneer ’n mens voor die kamera inskuif, pak ’n angs en benoudheid ’n mens. Ek het myself deurlopend tot kalmte gemaan en besluit om die een kans aan te gryp.” Sy vertel die aanbieder, Johan Stemmet, laat al die deelnemers op hulle gemak voel. “Hy is regtig ’n aangename man wat almal gerusstel en laat ontspan. Ek het baie respek vir hom gekry en vir die manier waarop hy die program aanbied.”

Haar leerlinge het haar baie goed ondersteun. “Hulle het op Facebook daarvan gepraat en vir my boodskappe gestuur.” Sy sê dit was vir haar moeilik om die geheim van hulle te hou dat sy die reekskampioen is. Die episode is reeds in September verlede jaar opgeneem, maar eers op 8 Julie vanjaar uitgesaai. Het sy gunstelinge?

Mense vra haar gereeld oor haar gunstelingmusiek, -genres en -kunstenaars. “Dit is Dinge soos ’n mens dit op die TV sien, is ook onmoontlik om die vraag te antwoord. Ek is so Met musiek grootgeword nie heeltemal soos dit agter die skerms gebeur lief vir musiek en kan glad nie kies nie. Ek is nie. Om die produksie van een episode te mal oor musiek wat in my hart bly en aan my Viki se oom is die bekende sanger, Yoti die doen, wat sowat 45 minute op TV duur, neem siel raak. En daar is vreeslik baie daarvan op Griekse Boertjie. “Ek het met musiek die mark.” grootgeword. Dit was maar altyd deel van my. die deelnemers byna die hele dag. “Met die opnames het ons reeds vroeg soggens begin My oom, Yoti, het nooit kinders van sy eie Lekkerte van wen en was uiteindelik eers in die middae klaar.” gehad nie. Ek en hy het ’n baie nou band en Die deelnemers se grimering word vir hulle was nog altyd baie erg oor mekaar.” gedoen, maar hulle dra hul eie klere. “Dit is Sy het ’n groot bedrag geld gewen en ook ’n ook baie baie warm in die ateljee en ’n mens vakansie. “Ek weet nog nie presies hoe ek dit Maak staat op musiekkennis voel die heeltyd of die sweet jou aftap. Die gaan bestee nie, maar dit is ’n lekker hupstoot. ligte maak dit so warm. Ek was poot-uit na elke Ek is baie dankbaar daaroor.” Viki sê om aan Noot vir Noot deel te neem, episode.” moet ’n mens baie staatmaak op jou Viki weet die lewe verloop nie altyd soos ’n musiekkennis en geheue. “Tog kan ek nie Terug in die Diamantstad mens beplan nie. Pyn en hartseer sal altyd verduidelik waarom ek so baie kennis van deel van haar en haar familie se lewenspad musiek het nie. Ek het nooit gaan sit en na Ja, sê Viki, daar is mense wat haar herken en wees, maar deur haar liefde vir musiek weet sy musiek geluister en notas gemaak en name met haar wil gesels. “Ek dink Noot vir Noot is vreugde sal vir die res van haar bestaan ook vir neergeskryf nie. Dit kom vanself. Ek was ook so ’n geliefde program en reeds vir baie jare haar beskore wees. - Karen van der Berg as kind reeds mal oor die program en het dit altyd gevolg. Om deel te neem daaraan was vir deel van derduisende huishoudings, volksbesit. Dit is daarom natuurlik dat mense my ’n natuurlike volgende stap. Ek het wel nooit gedink ek sal reekskampioen wees nie.” gaan kennis neem dat ek daarin verskyn het. http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 15


16 MMC:Glitter Template 2016/07/21 7:55 AM Page 1

advertensie

Mighty Men Conferences Die “Mighty Men Conferences”, of MMC, het geen bekendstelling in Suid Afrika nodig nie. Meer as 15 jaar gelede het Angus Buchan die visie van die Here ontvang om mans in SA te bedien. Na die laaste groot byeenkoms in Greytown het Angus die “baton” oorgegee en vanaf 2011 word verskeie MMC-byeenkomste regdeur SA gehou. Sedert 2008 is Riaan reeds betrokke by verskeie Mighty Menkonferensies deur die veiligheids plan van die byeenkomste te koördineer in samewerking met verskeie ander spanlede. Saam met verskeie persone van Kimberley word die eerste Mighty Men-byeenkoms vir die Noord-Kaap aangebied. Hierdie is ‘n jarelange droom wat waar word vir hom en die mense wat help met die reëlings. Die byeenkoms word by die Pro Regno- en Deo Gloriakampareas buite Barkly-Wes vanaf 23-25 September 2016 aangebied. Die kampareas met hul lowergroen grasperke en slaapareas leen hom daartoe om ’n perfekte omgewing te skep vir ’n onvergeetlike geleentheid. Van die sprekers vir die naweek is onder andere Dawie Spies van Manne van die Woord, Graham Power van “Global Day of Prayer” en “Unashamedly Ethical”, sowel as ds. Jannie Pelser van Rand-en-Dal NG-gemeente, manne wat diep spore in Suid-Afrika getrap het en die behoud van geestelike waardes van ons land op die hart dra. Die lofprysing en aanbidding sal gelei word deur Willie Joubert en ’n musiekspan. Die tema vir die naweek is Jou identiteit in Christus. Manne wat hierdie geleentheid gaan bywoon, kan die beskikbare slaapareas bespreek of in die tradisionele MMCstyl kom kamp vir die naweek. Hekke open Donderdagmiddag (22 September) en die byeenkoms neem ’n aanvang die Vrydagaand, 23 September. Dagbesoekers is welkom en vir die Sondagoggenddiens word alle dames genooi om die geleentheid saam met hulle mans by te woon. Kostes, besprekings en addisionele inligting is beskikbaar op Kimberley Christian Network se webtuiste www.kcn.org.za. Persone wat nie toegang tot die webtuiste het nie, kan ’n Whatsapp of SMS stuur na 082 415 5817, 082 770 6026 of 072 070 2780. Facebook: ncmmc16 Twitter: @ncmmc2016

16 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


van de wall inc:Layout 1

7/20/2016

1:13 PM

Page 1


mugg and bean:Layout 1

7/20/2016

1:14 PM

Page 1


19-21 Coffee Break:Glitter Template 2016/07/21 7:56 AM Page 1

time to take a coffee break with

Selfbejammering is nie ’n opsie nie

Die lewe is onregverdig. Die meeste mense besef dit. Hierdie lewensfeit kry egter nie die veggees en optimisme van Gene en Yolandé Fourie geblus nie. Skokkende nuus

het glad nie geweet wat ons gaan doen nie.” Maar soos alles in die lewe kan niemand net “Wat is daar om te sê?” sê-vra Yolandé, ouer op ’n hopie gaan sit en hulleself bejammer nie. van die vierjarige Saskia. “Ons het nooit onraad Hierdie ouerpaar het voor ’n kruispad gestaan. vermoed nie. Selfs toe die dagmoeder, tannie Doelbewuste besluit Diana, vir ons sê Saskia is agter met haar mylpale, het ons nie bekommerd geraak nie, omdat baie kinders hulle eie tyd met mylpale “Ons het besluit om die beste van Saskia se het.” Hulle wêreld het egter inmekaargetuimel lewe te maak en haar so normaal as moontlik toe Saskia met serebrale gestremdheid groot te maak. Daar is niks met haar verstand (cerebral palsy) gediagnoseer is. “Dit was vir fout nie, maar sy is ongelukkig in ’n babatjie se ons ’n verskriklike skok,” vertel Yolandé. “Ons liggaam vasgevang.” Yolandé het haar werk as

verpleegsuster bedank om Saskia voltyds te versorg. “Mens raak soms baie moedeloos,” erken sy. “Dalk nie vir jouself nie, maar beslis vir jou kind.” Moedige ma Op byna 40 het Yolandé meer moed as die gemiddelde ma van ’n kleuter. “Ek bind Saskia met spesiale toerusting aan my lyf vas en dan klim en klouter ons saam met die ander kleuters. Ons swaai en doen allerhande goed

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 19


lizas:Layout 1

7/20/2016

1:14 PM

Page 1


19-21 Coffee Break:Glitter Template 2016/07/21 7:56 AM Page 2

coffee break wat lekker is. Soms val ek my wind uit, maar sorg dat Saskia bo-op my val – en nie andersom nie,” lag sy. “Ons doen so saam ballet en dans en ry selfs so saam perd. Die balletklasse is nie baie lank nie, maar ek snak na my asem wanneer ons klaar is.” Hierdie klasse en perdry het ’n wonderlike uitwerking op Saskia. “Waar sy vroeër skaars haar koppie kon oplig en byna altyd koponderstebo gesit het, is haar nekkie nou baie sterker en haar koppie regop.” Ten spyte van die tekortkominge as gevolg van haar gebrek kan Saskia al drie woorde sê: ja, nee en lekker. “Dit help al baie,” verduidelik Yolandé. “As daar nie woorde is nie, is kommunikasie baie moeilik en weet ons nie altyd wat om te doen as sy ongelukkig is nie.” Ondersteuning Hierdie gesinnetjie het ’n ondersteuningsnetwerk om van te droom. Dit bestaan nie net uit ongelooflike vriende en familie nie, maar ook ondersteuning in die mediese veld. Saskia kry een keer per week fisio-, arbeids- en spraakterapie. “Met ons vriende en familie kan ek en Gene daarin slaag om een keer per jaar vir ’n week alleen weg te gaan. Ons voel skuldig oor hierdie uitgawe en besef dat ons dit eerder vir Saskia kon aanwend, maar daardie week het ’n baie positiewe invloed op ons gemoedstoestand. Dit hou ons weer tot die volgende jaar,” lag sy.

dat haar spiere nie genoeg oefening kry nie.

tuis, maar die res van die jaar gaan sy elke Dinsdag Kaizen Kids toe. “Hulle doen baie moeite met haar, wat ons baie waardeer. Haar maatjie, Etienne, kyk baie mooi na haar,” lag Yolandé.

“In September 2016 gaan iemand van Denemarke Kaapstad besoek en ouers wys hoe om hierdie mediese deurbraak te gebruik,” vertel Yolandé opgewonde. “Dan kan Niks anders gewoond nie ons dit self tuis bemeester.”

Ten spyte van al hierdie eksterne hulp is daar selfs iets meer nodig om hierdie uitdaging te bowe te kom. “Wanneer dinge vir ons moeilik raak, huil ek en my man op mekaar se skouers. Ek kan myself net voorstel hoeveel moeiliker dit moet wees om as enkelouer deur so iets te gaan. Ons weet nie wat ons sonder mekaar sou doen nie. Gelukkig voel ons nooit saam moedeloos nie en is die een altyd daar om die ander een op te beur.”

Vir die ander deurbraak moet hulle ongelukkig Philadelphia besoek. “Ons is besig om geld te spaar sodat medici in Philadelphia haar vir ’n week kan monitor. Die kans is daar dat hulle haar kan leer loop,” verduidelik Yolandé. “Dokters deel hulle kennis, maar dit is nie in hulle eie hande nie. Hulle is ook maar net instrumente.”

Hoop op deurbrake

Die res van klein Saskia se lewe sien soos ’n normale kleuter s’n daar uit. “Sy gooi ook tantrums soos ander kleuters,” lag Yolandé. “Sy hou baie van musiek en stories. Sy is nie baie gaande oor animasie nie, maar geniet Afrikaanse flieks.”

’n Normale kleuter

Min mense verstaan die uitdagings waarmee Saskia deur die lewe moet gaan. “Baie mense vra vir ons hoe ons dit regkry om onder sulke moeilike omstandighede positief te bly. Dit is ons eerste kind, daar is niks anders wat ons ken nie,” verduidelik sy. Selfs toe Yolandé se tweede swangerskap onlangs op 22 weke weens te min vrugwater getermineer is, het hulle steeds nie moed verloor nie. Net mooi alles gedoen

Met die mediese kennis wat byna daagliks verbeter, het hierdie ouerpaar hoop vir die toekoms. Daar is ’n deurbraak in Denemarke waar ’n mens ’n sekere tipe balletjie gebruik om kinders met hierdie diagnose se spiere te versterk. Saskia se maksimum gewig is 12 kg Omdat haar gestel nie altyd so sterk is nie, bly en volgens dokters is dit as gevolg van die feit Saskia tydens die koudste deel van die jaar

Saskia word deur haar ouers geleer dat sy nooit haar gestremdheid mag misbruik nie. “Uiteindelik wil ons hê ons dogtertjie moet kan terugkyk op haar lewe en weet ons het alles in ons vermoë gedoen om dit vir haar makliker en gemakliker te maak. En wie weet, dalk kan ons terselfdertyd ’n ondersteuningsnetwerk begin.” – Karin Muller

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 21


slender wonder dr human:Layout 1

7/20/2016

1:22 PM

Page 1

4VNN 4VNNFS 4 NFS #PEJFT #PEJFT NBEF 8JOUFS BSF NBE E JO 8 EF JOUFS F 4MFOEFS FOEFS 8 8POEFS POEFS JT B . .FEJDBM FEJDBM 8FJHIU 8FJH HIU --PTT PTT 1SPHSBNNF UIBUU US USFBUT PCFTJUZZ HSBNNF UUIB FBUT UIF DBVTF PG P PCFTJU BOE P PWFSXFJHIU TZNQUPNT WFSXFJH HIU BOE OPU KVTU UIF TZ ZNQUPNT 0CFTJUZZ BBOE PWFSXFJHIU NFEJDBM 0CFTJU OE P WFSXFJHIU JT B NF FEJDBM DPOEJUJPO USFBUFE POEJUJPO BBOE OE TIPVME CF US FBUFE BT TVDI 4FU ZZPVS XFJHIU PVS X FJH HIU MPTT HPBMT XJUI ZZPVS PV VS 4MFOEFS 8POEFS %PDUPS TUBSUU ZZPVS KPVSOFZ POEFS % PDUPS BOE TUBS PVS KPV SOFZ UUP PB OFX ZZPV PV 8IFUIFS IBWF LHhTT UUP MPTF IFUIFS ZZPV PV V IB WF LHhT PS LHh P MPTF 8POEFS XFJHIU 4MFOEFS 8 POEFS JT UIF X FJHIU MPTT QSPHSBNNF BDIJFWF HPBM PHSBNNF UUP P IFMQ ZZPV PV BDIJFW F ZZPVS PVS HPBM

%PDUPS %PDUPS P **OHSJE OHSJE H )VN )VNBO NBO 5FM 5F FM XXX TMFOEFSXPOEFS DP [B XXX TMF FOEFSXPOEFSS DP [B


23 Fotoblad:Glitter Template 2016/07/21 8:46 AM Page 1

fotoblad

Gariepfees

Dis amper weer tyd vir Gariepfees en by Glitter kan ons nie wag om weer vanjaar die lekker vibe in Kimberley te ervaar nie. Glitter het die bekendstellingsfunksie bygewoon en ’n paar lesers afgeneem. Chris Human en Delphi Crouse.

Ben en Margaret Marais, saam met Jenny Rosen.

Megan Bindeman en Eleta Jacobs.

Chris en Neels Crafford.

Rudi Ferreira, Bernice Sutton, en Jana Grobbelaar.

Chantelle Francis en Andrea de Nobrega.

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 23


gwk:Layout 1

7/20/2016

1:15 PM

Page 1

2 Bedroom m Apartments From R 735 35 000 w w w.pa w . pa l m msk s k i m be r l ey.co. e y. co . zza a

The Palms Be secure in splendour

SHOW SH O W HOUSE HOU SE - EEVERY V E RY THURSDAY T HURSD AY FROM F ROM 13:00 13: 00 – 17:00 1 7:00 SwiftPrint S wif tPr intt 7 79482 9 4 82

0 53 8 053 832 32 07 0734 34 gwkproperties.co.za es.co.za Natassia Roets Natassia Ro e t s Principal P r incipal 0 82 9 33 4 03 0 082 933 4030

Vi lma S Vilma Shaw haw Estate Agent E state Ag ent 0 82 4 98 2 98 9 082 498 2989

Do reen McLaren Doreen McLa L ren E state Ag ent Estate Agent 0 82 4 52 1 594 082 452 1594

Leopold Ferreira Leopold Fe r rei ra Estate Agent E state Ag ent 078 894 4683 0 78 8 94 4 683

Tal i ta Holloway Talita Hol lowa w y Estate Agent E state Ag ent 076 982 4594 0 76 9 82 4 594

Leanne Coetzee Leanne Coet zee Estate Agent E state Ag ent 072 262 0 72 2 62 7155 715 5

Johan R Johan Roets oet s Estate Agent E state Ag ent 083 7605 0 8 3 411 411 7 605

Jacques S Jacques Swanepoel wanepoel Estate Agent E state Ag ent 083 0 8 3 983 98 3 5200 52 0 0

Mar t ie Barnard Martie Barna rd Estate Agent E state Ag ent 0 72 3 86 2 4 06 072 386 2406

propertiess


human auto kuga hta:Layout 1

7/20/2016

1:19 PM

Page 1


sondre pig a porki:Layout 1

7/20/2016

1:24 PM

Page 1


27 Bederf:Glitter Template 2016/07/21 8:10 AM Page 1

bederfdag

Mooimaak

­ arina­Marais,­ma­van­twee­woelwaters,­is M vandeesmaand­vir­Glitter se­mooimaaksessie genomineer.­Tussen­voltyds­werk,­haar­man­en­die kleingoed,­is­tyd­vir­mooimaak­maar­min.­Maar­Nolene van­Scissor­Talk­glo­jy­hoef­nie­ure­voor­die­spieël­te staan­om­goed­te­lyk­nie.­Dit­gaan­oor­die­regte haarstyl­en­grimering.­Sy­het­Marina­se­hare­effens uitgedun,­korter­gesny,­maar­die­lengte­lank­genoeg gehou­sodat­sy­dit­steeds­los­of­vas­kan­dra.­

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 27


exitoman and trappers:Layout 1

2016/07/20

03:14 PM

Page 1


27 Bederf:Glitter Template 2016/07/21 8:11 AM Page 2

bederfdag Vertel my meer van jul gesin. Ek en Dirk is nou al ses jaar getroud. Hy is regtig my beste vriend en al verskil ons gereeld, is hy die mens wat my die beste verstaan en met wie ek my lewe saam met ons twee pragtige kinders wil deel. My oudste JJ (Patat) is my hart se punt. Hy is ongelooflik mal oor drukkies en deel graag soentjies uit, veral vir sy sussa, al wil sy niks daarvan weet nie. Miané is weer die lawwe-dink-alles-is-snaaks ene. Sy is mal daaroor om my hare uit te kam en roompies vir my aan te smeer. Waar werk jy? Ek is ’n persoonlike assistent by Old Mutual PFA (Personal Financial Advice). Ek is al 11 jaar in die bedryf en geniet elke oomblik. Elke dag is ’n nuwe uitdaging en ek leer so baie. Geen twee kliënte se behoeftes is dieselfde nie en ek geniet dit om met mense te werk.

Marina voor sy deur Glitter se bederfdagspan onder hande geneem is.

Jy is een van daardie gelukkige mense wat nog nooit werklik met haar gewig gesukkel het nie – hoe kry jy dit reg? Ek kan regtig sê ek was nog nooit op ’n dieet Hoe kom jy by alles uit? Jou man, twee kinders nie. Ek is lief vir soetgoed en is by die werk en jou werk? bekend vir die een wat altyd die laaste stuk koek sal eet. Maar ek is ook baie lief vir Hier moet ek bieg. Dirk pak elke oggend die kinders se kosblikke, selfs myne. Hy help my groente. My ma het destyds vir my gesê ons sal weer na jou tweede kind gesels. En ja, ek baie met die wasgoed en huistakies. Ons probeer om ’n roetine by die huis te hê, al is dit het nie meer dieselfde plankplat magie nie, maar ek dra nog al die pad dieselfde klere van soms moeilik. Ons aande is so propvol met skooltyd af. As ek sien ek tel ’n kilo of twee op, kosmaak, was- en skottelgoed, bad en lees. skaal ek maar net op die soetgoed af. Ek dink En wanneer die kinders uiteindelik in die bed ek het oor die algemeen maar net ’n baie is, kry ek en hul pa tyd vir asemhaal. Ons het vinnige metabolisme. darem een keer per maand ’n date night wanneer een van die oupas en oumas die Is skoonheid vir jou belangrik? kinders vir die aand vat. Dan gaan ons fliek, Die laaste paar jaar besef ek al hoe meer uiteet of sommer net litte op die dansvloer losmaak. Die heel lekkerste is egter as ons die hoekom slaap en gesigrome so belangrik is. Die plooie kan nie meer so maklik soos altyd dubbeldbedmatras voor die televisie in die weggesteek word nie. Hierdie natuurlike high sitkamer gooi, pizza bestel en saam ’n fliek lights wat in grys deurslaan, word regtig met kyk. elke haarkleursessie net meer. Ek was nog Met twee woelige kleingoed is tyd vir jouself nooit een vir fancy dress nie, maar ek gaan maar min. Wat doen jy as dinge te veel raak? beslis nie Pick ’n Pay toe sonder grimering of Ek het onlangs by ’n vriendin gekuier terwyl sy met my pantoffels nie. Ek glo dat ’n vrou met selfrespek na haarself wíl kyk. ’n Vrou moet ook sit en hekel het. Die gogga het my gebyt en darem seker maak dat haar man haar nou hekel ek saans as daar tyd is. Dis baie terapeuties en as ek weer sien, is ’n uur verby. aantreklik vind, want om my vroeg in die Dirk verstaan ook dat ek soms tyd alleen nodig oggend te sien, is straf genoeg! So, ek het. As die kinders slaap, is ’n lang, warm bad, probeer maar die res van die tyd na iets lyk. sonder onderbrekings, die beste bederf. Dirk hou homself dan gewoonlik in die garage met Wat wil jy graag vir jou dogtertjie leer van skoonheid? een of ander iets besig. Skoonheid is iets wat van binne af kom. Maar ek sal graag vir Miané van kleins af wil leer om haarself te versorg. Om elke aand na badtyd Baie dankie aan: room aan te smeer en om haar hare gereeld te • Nolene Streicher van Scissor Talk kam. Sy word elke dag opgedollie met ’n strik 082-517-6113 in die hare en twee boksterte as sy stil genoeg • Grimering: Cornél Meyer van Creative sit sodat ek dit kan vasmaak. Sy is ook mal oor 0Health & Beauty – 071-286-1444 pienk cutex!

Wat vereis jy van ’n haarstyl? Soos jy kan sien, is dit net te dol in die oggend om nog met ’n haardroër te probeer sukkel. Die lekkerste haarstyl is een wat jy vas kan dra, maar ook uitblaas, reguit maak of sommer net wash and go. Ek het tydens my twee swangerskappe my hare in ’n bob gesny net om my te dwing om iets anders as ‘n bokstert te dra. Nou is dit weer lank en ons is terug by die bokstert! Dra jy elke dag grimering? Beslis, selfs Saterdae as ek alleen by die huis is, al is dit net maskara en ’n onderlaag. Wat laat jou goed voel? Dis ongelooflik bevredigend om te sien as iets, waarmee ek lank gesukkel het, bymekaarkom, of dit nou verf of hekel is. Ek is nogal kreatief, dink ek het dit by my ma gekry. Ons as gesin geniet die viswaters net so baie. Wat my natuurlik die beste laat voel, is om my kinders saam te sien speel. Die trots borrel sommer net oor. As ek al ooit iets reg gedoen het, was dit dié twee karaktertjies, maar ek sou dit sekerlik nie kon volhou sonder ’n liefdevolle man en pa nie. Enige modewenke? Ek vra gewoonlik my vriendinne. Ek is maar pateties as dit kom by wat goed saam met wat lyk. Ek het in 2015 my eerste skinny jean gekoop en dit heeltemal verkeerd aangetrek. Ek het ook al geleer om jouself nooit van bo-af te bekyk om te besluit of dit reg lyk nie. Kyk in ’n vollengte spieël. Jy lyk dan heeltemal anders. En iets wat ek by my ousus geleer het: as jy nie seker is of jou grimering goed lyk nie, neem ’n selfie. Die foto wys presies waar die foute is. Dit het my al baie gered! - Ilette Coetzer

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 29


Leola

Hubré

Annalee

Dot

Karen

Jo-Anne

Kenny

082 822 9387

083 649 9964

082 756 8928

079 525 3495

083 451 1004

082 880 9194

072 555 3858

ALBERTYNSHOF R1 160 000

CBD R780 000

BEACONSFIELD R1 050 000

PRICE REDUCED Spacious family home in established area, close to schools and shopping centres. Outbuilding with toilet. Call today to view.

ALLEENMANDAAT Belegging geleentheid. Goed geleë, naby hospitale en stad. Netjiese woonstel met afdak. Skakel vandag vir afspraak.

ALLEENMANDAAT Netjiese huis in rustige omgewing. O/plan leefarea, mooi kombuis, buitegebou, baie potensiaal. Tandem afdak.

4

1

2

1

0

3

2

1

SOUTHRIDGE R1 270 000

MINERVA GARDENS R1 380 000

HADISON PARK R1 690 000

NEW ON THE MARKET Neat face-brick family home. O/plan living areas, neat kitchen and neat garden. Just move in and stay.

SOLE MANDATE Neat townhouse situated in established suburb with o/plan living areas and kitchen. Alarm system, totally walled, electric access gate.

ALLEENMANDAAT Ruim woonhuis in gesogte area, mooi kombuis en ruim o/plan leefareas met kaggel. D/afdak, woonstel en groot tuin. Skakel vandag.

2

2

2

2

2

1

5

2

1

HILLCREST R1 690 000

CARTERS GLEN R1 700 000

MINERVA GARDENS R1 995 000

NEW ON THE MARKET Spacious family home in popular area. O/plan living areas and neat kitchen. Entertain area and neat garden.

NUUT IN DIE MARK Ruim familiehuis in gevestigde area, met o/plan leefareas en kombuis. Braaikamer, swembad, mooi tuin en trippel afdak.

SOLE MANDATE Brand new townhouse, be the first to own it. Modern and stylish, low maintenance. Ready to move in, in Sept 2016. Call today to view!

4

3

4

2

2

3

2

2


31 Homes:Glitter Template 2016/07/21 8:12 AM Page 1

advertensie

Homes@Kimberley is vanjaar 10 jaar oud en die werknemers en lede van die agentskap leef elke dag hulle passie uit. Om met mense te werk en goeie diens te lewer. Homes@Kimberley is al lank by Glitter betrokke en kies ook elke maand ons tuin van die maand. Jy sal die bordjie met die Glitter-logo en Homes@Kimberley voor uitgesoekte tuine sien. Ons het hulle bietjie meer uitgevra. Hoe het Homes@Kimberley ontstaan? Ses van die lede het voorheen by ’n franchise agentskap gewerk en op ’n dag in 2006 besluit om ’n beslote korporasie, Homes@Kimberley, te stig. Die naam het sy ontstaan gehad toe van die lede om die tafel gesit het en ’n dinkskrum oor ’n gepaste naam gehou het. Een van die lede het kort vantevore vakansie gehou by ’n plekkie genaamd @Sea en die naam het vasgesteek. Met die gebruik van die @-teken in name, eposadresse en dies meer, was dit so half vanselfsprekend dat die naam Homes@Kimberley moes wees. Ons werk met eiendomme en ons is gesetel in Kimberley, dus Homes@Kimberley. Wie is almal deel van julle span? Daar was aanvanklik ses lede wat gelyke aandele gehad het, maar as gevolg van bedankings en hervestigings, is daar net drie BK-lede, naamlik Karen le Roux, Hubrè Datnow en Dot Scholtz, wat elk gelyke aandele van 33.3% elk het. Daar is ook vier agente: Leola Swanepoel, Annalee Joubert, Jo-Anne du Plessis en Kenny Scholtz. Die twee administratiewe personeellede is Jane van der Walt en Anthea Meyers. Waarvandaan kom julle almal? Met die uitsondering van een agent, is almal al langer as 20 jaar woonagtig in Kimberley, alhoewel almal nie hier gebore is nie. Wat was die doel van Homes@Kimberley? Inkomste word gegenereer deur die verkoop en verhuur van eiendomme. Die hoofdoel was om ’n agentskap in Kimberley te stig wat fokus op die dorp en sy mense en eie is aan Kimberley. Wat dink julle maak ’n goeie verkoopsagent? Diens is ons passie en dit was nog altyd die uitgangspunt, soos ons missie en visie tereg sê: MISSIE: Through our honest, professional, experienced and enthusiastic service, we create an environment of stability for our shareholders, personnel and clients. VISIE: Through the following initiatives, we aim to become a market leader of exceptional quality in the property market: n Enthusiasm in the execution of our tasks n Use of innovative technology in order to keep our clients suitably informed n Skills and knowledge transfer n Affordable solutions n Appropriate needs-analyses Mag ons vra wat is julle suksesresep? Spanwerk, goeie ondersteuning, aktiewe sosiale verantwoordelikheid en betrokkenheid by die gemeenskap van Kimberley. Dan ook gesonde werksomstandighede, goeie kommunikasie en strewe na uitmuntende diens. Ons personeelomset is uitsonderlik laag. Een agent is nou amper ’n jaar by ons, die res is al langer as vier jaar deel van die Homes@Kimberley-familie. Het julle ’n baie noue verhouding met julle kliënte? As gevolg van almal se uiteenlopende persoonlikhede en vriendekringe, bou ons persoonlike verhoudings met verskeie kliënte en van hierdie kliënte raak later ons vriende. http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 31


kokis:Layout 1

2016/07/20

03:11 PM

Page 1


mads:Layout 1

7/20/2016

1:47 PM

Page 1


34-36 Talks About:Glitter Template 2016/07/21 8:17 AM Page 1

talks about

Elkeen van ons het al trauma beleef, hetsy as ’n slagoffer van misdaad, verwerping as kind, molestering, die dood van ’n geliefde of ’n skeisaak. Dit hoef egter nie jou hele lewe oor te neem nie. Daar is hulp. Danksy Lina Blomerus en haar alternatiewe benadering tot traumaterapie, kan traumalyers van hul trauma genees word.

Amanda

TRAUMA HOEF NIE JOU LEWE OOR TE NEEM NIE Veg, vlug of vries

‘ontvries’ en trauma-energie uit die liggaam vry te (voorbrein), die emosionele brein en die agterbrein, laat.” Lina is een van ’n groeiende groep terapeute wat ook jou reptiliese of instinktiewe brein genoem “Trauma, om dit kortliks op te som, is enigiets kan word. Laasgenoemde het met jou oorlewing te wat glo in ’n tegniek genaamd brain spotting. waarmee jy gekonfronteer word wat buite jou doen en ook met trauma. Hierdie deel van jou brein verwysingsraamwerk is en wat jou lewe en laat jou instinktief reageer en laat jou dus toe om te Kry toegang tot die agterbrein welstand bedreig” verduidelik Lina, traumaberader oorleef.” en egskeidingsmediator. “Daar is drie moontlike Volgens Lina is brain spotting in die meeste gevalle reaksies op trauma – veg, vlug of vries. Om te veg ’n suksesvolle proses. “As ’n mens die aard van Volgens Lina, spreek brain spotting die agterbrein, trauma verstaan en hoe dit gebeur, is dit logies dat waar traumatiese gebeure gestoor word, aan. “Dit of te vlug uit onveiligheid is die natuurlike manier van traumahantering. As jy egter nie kan veg of vlug trauma slegs kan genees wanneer die traumais waarom praatterapie dikwels onsuksesvol is, insident herbesoek word terwyl die kliënt in veilige want slegs die logiese brein word aangespreek. nie, vries (dissosieer) jy. Dan word die traumainligting in jou instinktiewe brein op onordelike wyse omstandighede is. Dit gebeur tydens brain Om by die trauma uit te kom, is dit noodsaaklik om gebêre en word negatiewe energie in die spiere die agterbrein te bereik.” spotting,” verduidelik sy. “Daar is drie dele in die vasgevang. Die doel van terapie is om iemand te menslike brein,” gaan sy voort, “die logiese-

34 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


waterways:Layout 1

7/20/2016

1:23 PM

Page 1


34-36 Talks About:Glitter Template 2016/07/21 8:18 AM Page 2

talks about Maar wat behels brain spotting?

betrokke terapeut gebruik word) aan vir enigiemand wat traumasimptome toon. Almal reageer egter nie ewe goed op brain spotting nie. “Die ideaal is dat Lina vertel van nuwe, opwindende tegnieke in die veld van die neurotegnologie. Dit sluit natuurlik brain die traumalyer vry raak van traumagedrag ter wille spotting in. “Die kliënt word gelei om bewus te word van hulself en diegene met wie hul saamleef,” hou van die sogenaamde felt sense met ander woorde Lina vol. “Dis nie nodig om vir die res van jou lewe onder die donker wolk van trauma te leef nie.” die som van die sensasies waarvan hy of sy op ’n bepaalde oomblik in hul liggaam bewus is. Onthou, die trauma beland in die agterbrein deur middel van Nuwe manier van skei die liggaam en dit moet gevolglik weer deur die liggaam vrygestel word omdat trauma-energie in die Behalwe vir haar werk met getraumatiseerde mense, help Lina ook egpare om vreedsaam te skei. “Ons spiere as traumageheue bly vassit.” regstelsel is besig om weg te beweeg van die tot nou “Die menslike oog word beskou as ’n venster om te toe enigste manier van skei, naamlik deur middel van soek na trauma-inligting. Ons beweeg ’n stokkie, of litigasie. Die uitkoms waarop ek hoop en probeer ons vingers, voor die kliënt se oë en hy moet met sy fasiliteer, is vir die partye in die egskeiding om nie in oë die stokkie volg. Sodra hy onwillekeurige aksies woede uit mekaar te gaan nie. Indien daar kinders uitvoer, soos byvoorbeeld om vinnig sy oë te knip of betrokke is, móét daar ná die egskeiding ’n spiersametrekking te kry, het die oë die area in die kommunikasie wees tussen die ouers.” Lina sê sy weet hoe traumaties egskeiding vir kinders is. agterbrein gevind waar ’n spesifieke “Kinders, en veral kleintjies, verstaan nie wat gebeur traumagebeurtenis lê. Dis hierdie gebeurtenis wat die kliënt moet verwerk. Nou moet die kliënt stip na nie. Ons moet onthou dat, hoewel ouers skei, kinders nooit skei nie. Klein kinders het nie die kognitiewe die stokkie staar en as’t ware terugbeweeg na die trauma-insident terwyl hy of sy telkens moet sê waar vermoëns om te verstaan dat die egskeiding nie hulle skuld is nie. Hulle wonder hoe hulle ouers húlle nog daar iets in die liggaam gevoel word. Die insident word herbesoek of herbeleef en soos die kliënt deur kan liefhê, maar nie meer vir mekaar nie. Met mediasie word kinders se stemme gehoor. Die die proses gaan, sal die liggaam begin reageer proses is ook kleiner, vriendeliker en meer intiem.” hetsy deur vlak asemhaling, bewe of huil. As die trauma klaar geprosesseer is en die spiere die Mediasie as beter opsie vir onbetwiste egskeidings negatiewe energie vrygelaat het, sal die kliënt ontspanne voel, want die veg of vlug aksie, wat tipies vir oorlewing is, is uitgevoer en die persoon is Mediasie is ’n alternatiewe manier van skei, sê Lina. Dit is ’n vrywillige proses waartydens die twee partye dus vry van die trauma.” besluit wat hulle in ’n ooreenkoms wil hê. Die Nuwe verwikkelinge in neurotegnologie bring hoop mediator bestuur net die gesprek, maar bly onpartydig en bied nie oplossings nie. “As traumaterapeut is dit soms vir my moeilik om “Brain spotting, tesame met ander tegnieke soos daardie kopskuif te maak”, erken Lina. “Die terapeut Eye Movement Desensitisation and Reprocessing, in my wil dikwels vir mense vra of hulle seker is oor het ontstaan na aanleiding van die groot volumes kennis wat vroeg in die negentigs begin loskom het hulle besluit om te skei, maar as mediator moet ek absoluut objektief wees.” oor die brein en sy funksies,” gesels Lina, wat van brain spotting gebruik maak sedert sy in April 2016 Mediasie maak dit makliker haar eie praktyk geopen het. Sy beveel traumaterapie, (watter tegnieke ookal deur die

“Iemand sal my kontak en navraag doen oor mediasie,” verduidelik Lina hierdie nuwe, alternatiewe manier van skei. “Ek sal dan ’n verduidelikende brosjure plus registrasievorms aanstuur. Sodra die registrasievorms ontvang word en ek is redelik seker dat die egskeiding onbetwis gaan wees, begin die mediasieproses wat daarop uitloop dat die partye uiteindelik ’n onderhandelde ooreenkoms bereik waarvoor hulle eienaarskap aanvaar. Waar kinders betrokke is, word ook ’n ouerskapplan opgestel. Die volle stel dokumente word aan die hof voorsien, waarna sekere administratiewe aksies volg. Omdat die ooreenkoms onderhandel en onderteken is deur albei die partye, is die hofverskyning kort en ongekompliseerd”. Trou is nie perdekoop nie “Ek dink mense trou vandag sonder die nodige kennis en voorbereiding”, meen Lina. Volgens haar is trou en ouerskap die twee grootste gebeure in ’n mens se lewe. “Ongelukkig leer niemand jou hoe om dit te doen nie”. Lina is saaklik as sy sê die moderne benadering tot die huwelik is verkeerd. “Die wese van die huwelik word nie begryp nie. Na die aanvanklike euforiese tyd moet die huwelik ’n vennootskap word. As jy nie weet wat die reëls vir die vennootskap is nie, ontstaan probleme.” Lina beveel aan dat elke paartjie wat gaan trou ordentlike huweliksvoorbereiding ontvang. Let’s do it right this time Lina verwys na die slagspreuk op al haar dokumente en sê dat dit moontlik is om op goeie voet uit mekaar te gaan en vir mekaar ’n nuwe bedeling te skep met behulp van mediasie. “Ons onderhandel oor onderhoud vir die kinders, verdeling van bates, ensovoorts. Ek sal graag wil sien dat mediasie die norm word vir onbetwiste egskeiding waardeur die intieme, emosionele en psigologiese aspekte van egskeiding met begrip en met die oog op ooreenkoms en aanvaarding hanteer word”. – Zanri Kotze

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 36


xpanda top carpets:Layout 1

7/20/2016

1:24 PM

Page 1

053 832 9446

053 831 5550


skybar:Layout 1

2016/07/20

03:16 PM

Page 1


39-40 Dekor:Glitter Template 2016/07/21 8:19 AM Page 1

dekor

Eie stukkie hemel

Glynis Aysen se huis in Royldene is modern, kleurryk en smaakvol gemeubileer. Elke kamer se kleurskema verskil, maar vorm tog ’n eenheid met die res van die huis se dekor. Swart en grys word met spatsels rooi afgewissel, terwyl groen en rooi met ’n kleurvolle oorgetrekte kopstuk gekombineer is. Glynis speel graag met kleur en een muur is in die leefvertrek uitgesonder om as fokuspunt te dien. Geometriese patrone op die matte en blindings pas by die moderne tema en vertoon treffend teen die meubels. Baie moeite is met die gordyne gedoen wat amper as rame om die vensters dien. Glynis sê hoewel sy geen formele opleiding het nie, is sy mal oor binnenshuise versiering. Meeste van die idees is haar eie. Soms word sy deur ’n stuk materiaal geïnspireer wat in ’n kussing of kopstuk omskep word. Dis vir haar lekker om te sien hoe die dekor in ‘n vertrek uiteindelik bymekaarkom. Sy het haar eie stukkie hemel in Kimberley geskep. – Ilette Coetzer

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Glitter 39


39-40 Dekor:Glitter Template 2016/07/21 8:20 AM Page 2

dekor

40 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


human auto bakkies red carpet:Layout 1

7/20/2016

1:38 PM

Page 1


die skuur:Layout 1

7/20/2016

1:27 PM

Page 1


vermeulens kalahari plant top carpets:Layout 1

7/20/2016

1:29 PM

Page 1


44-46 Leefstyl:Glitter Template 2016/07/21 8:21 AM Page 1

Elric

leefstyl

Magda en Charles

MOET PAARTJIES

saam werk?

Moenie die pap te dik aanmaak nie, is ’n bekende gesegde. In verhoudings beteken dit moenie te veel tyd saam deurbring nie, sorg dat julle ander belangstellings en stokperdjies ook het. Moenie vir mekaar moeg raak nie. Maar hoe gemaak as ’n mens getroud is en boonop heeldag saam werk? Drie paartjies het aan Glitter vertel dit is nie net moontlik nie, dit is boonop lekker. Die pap is beslis nie te dik nie. Kwessie van geloof

Magda sê sy het aanvanklik alleen die opleiding gaan doen. “Verlede jaar het dit vir ons moontlik geword om ’n groter deel van die Magda (38) en Charles (49) Donald moes franchise te koop en in ’n groot stap van geloof eenvoudig hulle oë toeknyp, op hulle knieë het Johan sy werk bedank en van toe af werk gaan en ’n geloofsprong maak. Dit het hulle ons saam.” Hulle bring baie ure saam deur en ook gedoen en die franchise, Monkeynastix, gekoop. Die gewilde kinderprogram, waarmee is ook lang tye saam op die pad. babatjies tot kinders van agt jaar aan Verander jou denke kindergimnastiek deelneem, gaan landswyd van krag tot krag. “Ons werk behels om van Vir Magda is die moeilikste deel van saam werk kleuterskool tot kleuterskool te ry en die om jou denke te verander. “Deur die dag moet program te gaan aanbied. Op Dinsdae en Donderdae ry ons na sommige van ons ek aan Charles as my vennoot en kollega dink naaste buurdorpe toe waar ons ook werk.” en by die huis is hy my man. Dit verg ’n

44 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

besliste kopskuif van my.” Die voordeel van saam werk is dat hulle dieselfde doel in gedagte het, dat hulle albei hard werk om die sukses van die onderneming te laat toeneem en gesamentlike frustrasies ervaar. “Dit is vir ons ’n voorreg om soveel te kan deel en ons het beslis baie by mekaar geleer.” Die ander groot pluspunt is dat hulle werksure hulle toelaat om baie betrokke ouers vir hulle drie kinders te wees. “Ons is smiddae by die huis en is ook vakansietye af. So ons kan aktiwiteite saam doen en die kinders ondersteun by hulle


annique:Layout 1

7/20/2016

1:30 PM

Page 1


44-46 Leefstyl:Glitter Template 2016/07/21 8:22 AM Page 2

leefstyl buitemuurse aktiwiteite.” Sy sê die kinders is so gewoond aan hulle ouers se werksure, hulle vergeet soms ander huishoudings funksioneer anders.

Charmaine en Johan

Die kinders sal in ’n vakansie sê kom ons gaan kuier by iemand. Dan moet ons hulle herinner die mense werk elders en is nie by die huis nie.” Vir hulle is die voorreg groot en met die nodige respek vir mekaar, gaan dinge klopdisselboom. Gee mekaar spasie Dít is die geheim van Charmaine (40) en Johan (43) Bekker se suksesvolle werksverhouding. Die egpaar is die eienaars van die onderneming, Memories Video Production, wat DVD’s van mense se spesiale oomblikke maak, van kinderpartytjies, troues en doopgeleenthede. Johan is verantwoordelik vir die opneem en die redigering; Charmaine doen die grafiese ontwerp en die administrasie. Hulle werk van hulle huis af en doen dit reeds vir 16 jaar. Ook hulle twee kinders baat daarby, want hulle ouers is meestal beskikbaar. “Ons werk baie goed saam en kom regtig goed oor die weg, maar sodra ek voel dinge raak ’n bietjie gespanne, klim ek in die kar en gaan loop iewers in ’n winkelsentrum rond. Dit werk vir ons om so nou en dan spasie van mekaar te kry.” Dinge verander

Die egpaar, wat onderskeidelik as sekretaresse en tegnikus by die onderneming Turbo Cool werk, sê dit is wonderlik om heeldag in mekaar se geselskap te mag wees. Hulle werk reeds 10 jaar saam.

het.” As die een die dag nie by die werk is nie, is dit vreemd en voel dit nie reg nie. Hulle eet ook smiddae saam.

“Ons het baie geduld met mekaar en as daar ’n effense krapperigheid ontstaan, gaan ons maar net aan en kom oor die probleem,” sê Maralese. By die huis probeer hulle soms om nie aan werk te dink nie of om nie daaroor te praat nie en tyd saam met hulle seun deur te bring. “Maar dikwels wanneer ons weer sien, praat ons maar oor iets wat by die werk gebeur

“Ek dink ons sal tot die dag wat ons aftree saam werk. Dit is vir ons so ’n groot voorreg.” Sal hulle dan vir so twee maande ’n vakansie weg van mekaar wil neem? “Nee, nooit,” sê Maralese. Ons sal beslis te veel na mekaar verlang. Ons is bedoel om saam te wees.” Karen van der Berg

Vir hulle is dit wonderlik om saam te beleef hoe die tyd aanstap, die modes verander en om ’n kykie van nader te kry oor hoe mense dinge doen. “Dit is veral by troues waar ons soms verstom staan oor hoe dinge gebeur. Ons is reeds lank getroud en dinge het soveel verander. Ek dink as ons vandag moes trou, sou ons dinge beslis anders gedoen het. Dit is baie opwindend en ons weet nooit wat ons gaan kry nie.” As hulle ooit raad aan egpare of lewensmaats moet gee wat moet saam werk, sal dit wees: respekteer mekaar, praat gedurig met mekaar oor waarmee julle besig is en waarheen julle graag wil gaan en gee vir mekaar die nodige spasie. Dit is nodig. Geen ander manier sal vir ons werk nie Vir Maralese (32) en Gert (40) van Niekerk is die idee om nie saam te werk nie, ondenkbaar.

46 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

Sal saam aftree

Maralese en Gert


CRI:Layout 1

2016/07/20

03:18 PM

Page 1


48 Beste Paartjie:Glitter Template 2016/07/21 8:23 AM Page 1

paartjie van die maand

Hand-aan-hand Werner en Lizelle Strauss het Polokwane vier jaar gelede vir Kimberley verruil. Vandag is hul die presiderende pastoorspaar van Taberna Dei en het hul reeds diep in die gemeente se harte gekruip. Maar hul is nie jou gewone pastoorspaar nie. Einde Mei het hul hand-aan-hand oor die eindstreep van die Comradesultramarathon gehardloop om geld vir kinders met outisme in te samel. Dis Dit was baie humoristies om mense se geskokte en Kerkaktiwiteite kan mens maklik insluk, wat net een van vele mylpale wat dié soms gepynigde gesigsuitrukkings te beleef as doen julle om kwaliteittyd saam te hê? hulle die eerste keer hoor ek is die nuwe pastoor. dinamiese egpaar al bereik het.

Waar het jul ontmoet? Werner: “Ons het by ’n selgroep ontmoet. Toe die girl met die lang hare uit die kar klim, het ek dadelik gedink: ‘Mmm, ek sal myself moet voorstel’. Lizelle se eerste indrukke van Werner was glad nie so positief nie. “Ek het gedink hy is windgat. Hy het homself sommer vir ete genooi.” Maar Werner steur hom nie baie hieraan nie. “Ek herinner haar graag aan wat sy gedink het toe sy my die eerste keer raakgesien het. Dit was ’n paar maande vroeër, in die kerk. Ek het opgestap om ’n afkondiging te maak. Sy het net geweet: ‘Met dié man wil ek trou”. Net ’n bewys dat ons vir mekaar bedoel was!”

Vertel my meer van jul gesin “Ons is nou 11 jaar getroud en spog met drie pragtige seuns, onderskeidelik 8, 5, en 3 jaar.” Die seuns aard gelukkig (of ongelukkig) na hul ouers. Die ouers het rooimiere en kan nie stilsit nie, en die kinders het dit in oorvloed. “Ons is ’n baie bedrywige gesin en bid gereeld vir genade vir ons bure. Ons albei is aktief en hou van rondrits. Ons het pas die laaste van die 19 Sanparke besoek, en glo dit of nie, ons beplan al aan volgende jaar se vakansies!”

Baie het gevra of ek die jeugbediening kom oorneem het. Maar ek het nie myself hiernatoe gestuur nie, die Here het. God maak elke mens bekwaam vir die roeping wat Hy op hulle lê. Hy was nog al die pad met ons, en ons glo meeste van ons lidmate (ons noem hulle vennote) het heeltemal in ons leierskap ingekoop.”

Alle verhoudinge het probleme, hoe hanteer julle konflik? “Ons sorteer dinge uit deur dit dadelik uit te praat. Ons los nooit goed wat krap nie,” sê Lizelle. Werner stem saam. “Partykeer raak ons redelik driftig, maar ons los dit nie totdat ons tot ’n vergelyk gekom het nie. Gewoonlik behels dit dat ons vir mekaar oor goed moet jammer sê, maar ons doen dit gelukkig.”

Jul middelste seun Reinhardt is outisties, hoe beïnvloed dit jul verhouding? “Dit bring sekerlik uitdagings na ’n gesin toe. Veral aan die begin, toe ons besef het iets is fout. Ons het niks van outisme af geweet het nie. Dinge raak nou nog soms te veel vir een of albei van ons. Omdat mens emosioneel dikwels uitgeput is, en Reinhard baie aandag verg, het mens nie altyd die geduld of energie vir mekaar of die ander kinders oor nie. Maar eintlik het die hele situasie ons soveel nader aan mekaar gebring – nie net ons as egpaar nie, maar ons hele gesin.

“Ons probeer om by die huis nie te veel ’kerk’ te praat nie. Ons maak ook ’n punt daarvan om as gesin saam te eet. Maar dit gaan oor prioriteite. Ons gesin is vir ons belangriker as kerk, want ons glo dit is die eerste bediening wat God ons gegee het. Ons probeer ook een maal per week ’n ‘ons’-aand hou, en as dit moontlik is, maandeliks ’n date-night. Dan is dit fone af! “Dis belangrik om dinge ook as ’n paartjie saam te doen, soos om aan die Comrades deel te neem.”

Wat irriteer jul die meeste van mekaar? “Ek hou baie van gesels en Werner hou weer van lees. Ek haat dit as ek vir hom ’n storie wil vertel en hy sit alweer en lees boek! Werner sê weer op sy beurt dat Lizelle hom in die rede val as hy praat. “Sy antwoord nog voor sy geluister het wat ek sê, dan wil ek die horries kry!”

En jul beste eienskappe? “Werner sien altyd die beste in almal raak. Hy het altyd hoop vir mense, al lyk die omstandighede hoe sleg.” Vir Werner is Lizelle ’n voorbeeld van die minste wees. “Mense is dikwels lelik met haar, maar sy bly beleef en hou aan vergewe. Sy is ook gewoonlik die een wat met ’n koppie koffie kom vrede maak nadat ons vasgesit het. En as ek af is, het sy die vermoë om my op te beur.

Werner, jy is nou amper vier jaar pastoor by Taberna Dei. Jy is nog baie jonk om so ’n groot Hoekom werk julle verhouding? gemeente te lei. Is die lidmate nie soms a.g.v. “Ons het vreeslik baie van onsself, maar ook van die jou jeug skepties oor jou vermoëns as pastoor Here geleer. Ons funksioneer baie meer as ’n span. “Ons maak die Here deel van alles in ons lewe. Baie nie? Ons het byvoorbeeld aan die Comrades belangrik, ons maak ’n punt daarvan om mekaar te “Ons het in Januarie 2012 as pastoorspaar van Taberna Dei (die voormalige Tabernakel) oorgeneem. Jy vra of mense skepties oor my vermoëns is; miskien moet jy hulle vra! Ek is nou amper 36 jaar oud, maar lyk heelwat jonger as wat ek is. Toe ons hier aangekom het, was ek maar 31.

48 Glitter

deelgeneem om geld vir ons seuntjie se skool, Maxima, in te samel. Die skool is begin om kinders met outisme by te staan. Daar is al ’n paar kinders, maar die skool bly van borge afhanklik, omdat outistiese kinders baie arbeidsintensief is. Ek moet sê, Maxima help ook bitter baie vir Reinhardt en dus ook vir ons gesin.”

http://issuu.com/glitter-magazine/docs

vergewe, selfs vir klein goedjies, en dit nie net te los nie. Ons gesin se leuse kom uit Psalm 84: “Hulle wat God soek, gaan van krag tot krag.” “Dit is ook ons leuse – van krag tot krag! Ons kan eerlik sê, met al ons uitdagings en foute, elke jaar raak net beter!” - Ilette Coetzer


sanlam:Layout 1

7/20/2016

1:32 PM

Page 1

Vyf onkonvensionele gebruike van lewensdekking. Lewensversekering is heel moontlik een van die dinge in die lewe wat die teensinnigste gekoop word. Ons hou nie een daarvan om aan ons sterflikheid te dink nie, maar het jy geweet dat lewensdekking meer kan bied as net finansiële sekuriteit vir jou geliefdes wanneer jy te sterwe kom? “Baie van ons koop ons eerste lewensdekkingpolis wanneer ons ouers word of wanneer ons eiendom koop. Lewensdekking het egter ook ander, minder ooglopende gebruike. In sekere gevalle kan dit vir jou finansiële sekuriteit gee terwyl jy nog lewe,” sê die Finansiële Adviseurs by Sanlam

3. Om vir uitstaande skuld voorsiening te maak ’n Mens moet vir moontlike uitstaande skuld voorsiening maak, veral op bates wat jy besit, soos voertuie en/of besigheidsbates. As daar nie genoeg geld in jou boedel is om jou uitstaande skuld te dek nie, kan krediteure op jou familie se bates beslag lê en hulle kan dalk hierdie bates verloor. Indien jy besigheidsvennote gehad het en nie jou besigheidsbates van jou persoonlike boedel geskei het nie, sal jou vennote dalk ook gedwing word om die besigheid te sluit.

4. Om jou boedel af te handel

1. Om jou eiendom te verseker Hoewel sommige finansieringsinstellings nie van jou verwag om ’n lewenspolis aan te gaan om ’n verband te kry nie, sal dit nog steeds help as jy ’n polis aangaan. Ongeag of jy kinders het of nie, jy sal waarskynlik nog steeds jou eiendom eerder aan jou agterblywende familielede wil nalaat as om dit deur die bank te laat terugneem. Dit kan jou geliefdes die geleentheid gee om dit teen markwaarde te verkoop as hulle dit nie wil hou nie.

Wanneer jy te sterwe kom, kan boedelbelasting op jou boedel betaalbaar wees, en jou familie sal ’n fooi aan die eksekuteur moet betaal om jou boedel af te sluit. Baie boedels in Suid-Afrika het nie genoeg kontant nie, met die gevolg dat eksekuteurs gedwing word om van die bates wat aan erfgename bemaak is, te verkoop om die boedel te kan afhandel.

2. Om jou onderhoud te verseker

Die polisopbrengs van ’n lewenspolis sal gewoonlik teen persoonlike krediteure beskerm wees indien ’n trust as die begunstigde van die polis benoem is. ’n Trust kan die opbrengs van ’n lewenspolis beskerm, waar dit andersins moontlik deur onverantwoordelike erfgename verkwis sou word.

As jy onderhoud kry as gewese gade of vir jou kinders, moet jy oorweeg om ’n lewenspolis op die onderhoudbetaler aan te gaan. “As ’n polis in plek is, kan dit by die dood van die onderhoudbetaler die voortsetting van onderhoudbetalings verseker. Dit is ook raadsaam om byvoordele soos ongeskiktheidsdekking en inkomstebeskermingsvoordele by die lewenspolis te voeg, sodat jy steeds die finansiële ondersteuning kan kry selfs wanneer die persoon wat die onderhoud betaal, weens ongeskiktheid of siekte nie meer kan werk nie,” verduidelik hy.

5. Om ’n trust te kapitaliseer

Hoewel dit miskien na ’n moeilike taak lyk, moenie bekommerd wees nie – met behoorlike advies en leiding kan ek jou help om ’n volledige finansiële plan saam te stel en te bereken hoeveel dekking jy nodig het om al hierdie behoeftes te dek.

Kontak ons, jou Sanlam Finansiële Adviseurs op 053 830 1336 vir kundige finansiële advies.

Sanlam CI1001RS4203BPA

Dirk Coetzee

Martha van Zyl

Adriana Fourie

Suzanne Botha

Frans Fouché

Merissa Meyers

George Badenhorst

Daniel Nel

Maryke van Niekerk

Willy Timotheus

Antoinette de Beer

Zann Gerwel

Albert van Niekerk

Hennie Faber

Erik Fivaz

Hartswater

Douglas

Douglas/Kimberley

.Sanlam is ’n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

Mark Cornelius


paula human bio unique:Layout 1

7/20/2016

1:33 PM

Page 1


mercedes benz:Layout 1

7/20/2016

1:33 PM

Page 1

7FIJDMF TQFDJGJDBUJPOT NBZ WBSZ GPS UIF 4PVUI "GSJDBO NBSLFU

The new CLA Coupé Style that makes you look. Substance that makes you like 8JUI B TIPX DBS TIBQF BOE TFEVDUJWF EFUBJMT UIF $-" T TUZMF JT JSSFTJTUJCMF *UT QSP̯MF JT TMFFL MJLF B DPVQF ZFU JU P̮FST SPPN GPS ̯WF BOE UIF JOOPWBUJPO UIBU EF̯OFT B .FSDFEFT #FO[ 'SPN JUT EJBNPOE CMPDL HSJMMF UP JUT -&% UBJMMBNQT UIFSF NBZ CF OP DBS PO UIF SPBE P̮FSJOH TVDI FZF DBUDIJOH TUZMF BU TVDI BO FZF PQFOJOH QSJDF

Gariep Motors, 112 Long Street , Kimberley, Tel: 0538312400, Email: louisv@gariepmotors.co.za Jaco le Roux 0824640270, Albert Röhrbeck 0832915442


52 Resepte:Glitter Template 2016/07/21 8:27 AM Page 1

resepte

Vissop

Adéle O’Reilly was nie alleen jare lank pastorievrou nie, maar bestuur vandag ook haar eie gastehuis. Sy onthou nog hoe die ouer tannies in die gemeente hul oor haar ontferm het. Sy kon destyds skaars ‘n eier bak! Maar sy het haar na haar en Danie se troue voorgeneem om elke week ’n nuwe resep te probeer. Later het sy gereeld koskursusse in Bloemfontein bygewoon. Vir Adéle is kosmaak ’n passie, eintlik meer terapie. En vir ‘n uitdaging staan sy nie terug nie. Sy is altyd op soek na nuwe idees en lees saans resepteboeke vir inspirasie. Sy sê dié heerlike vissop is altyd ’n treffer saam met ’n varsgebakte mieliebrood. Dié gereg is een van haar staatmakerresepte wat gaste keer op keer beïndruk. VISSOP BESTANDDELE 500 g stokvis (in blokkies gesny) 1 ui (fyngekerf) 2 huisies knoffel fyngemaak 3 e pietersielie fyngekap 1 blikkie gapermossels (290g) 1 blik mossels in die skulp (900g) 1 pakkie sampioensop met 400 ml water aangemaak 125 ml witwyn 250 ml water 30 ml sonneblomolie 5 ml origanum 5 ml soet basiliekruid 2 ml rooipeper varsgemaalde swartpeper sout na smaak METODE Soteer uie en knoffel in olie. Voeg stokvis by en roer. Voeg wyn en water by en kook 5 minute. Voeg sampioensop, kruie en pietersielie by en kook ’n verdere 5 minute. Voeg gedreineerde inhoud van die blikkies by en laat opkook. Voeg sout en swartpeper na smaak by en bedien warm.

vang word. Een koppie gaar aartappel, in blokkies gesny, kan ook bygevoeg word. MIELIEBROOD Klits die volgende bestanddele saam in ’n mengbak: 3 eiers 30 ml sonneblomolie 160 ml suiker 75 ml melk Voeg die volgende bestanddele by en meng goed: 250 ml meelblom 250 ml mieliemeel 15 ml bakpoeier 3 ml sout 1 blikkie mielies (sweet corn) MIKROgOLfMETODE Spuit ’n mikrogolfringpan met ’n kleefwerende middel. gooi die beslag egalig in die pan. Bedek met kleefplastiek en plaas in die mikrogolf vir 10 minute op hoog. Bedien warm met botter. OONDMETODE

Plaas die beslag in ’n gesmeerde broodpan. Bak een uur teen 180° of totdat die toetWenk: Die mossels kan wegge- spen skoon uitkom. laat en met 800g stokvis ver- Ilette Coetzer

52 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


caritas:Layout 1

7/20/2016

1:33 PM

Page 1

Caritas as Therapy py Centre e Caritas Ca ritas Thera Therapy py Centre’s multi-disciplina multi-disciplinary ciplinary tea team m includes: udes:

counselling psychologist

clinical psychologists

chometrist psychometrist

speech h therapist ist

mediator/ relationship therapist

registered counsellor

forensic orensic al worker social

dietician an

Here we provide hope, healing ling & growth through gh therapy to individuals, uals, couples & f families from all walks ks of life • School readiness testing ting

• Trauma ma and loss counselling

• Emotional assessment nt of children and teenagers

• Marriage riage counselling

• Forensic assessment of children (suspected sexual abuse) use)

• Divorce rce mediation, setting g up p of parenting nting plans as well as divorce ce assistance stance

• Child therapy

• Speech ech therapy

• Subject and career planning anning

• Services ices of dietician

• Bonding therapy for children and parents

• Adultt assessment and individual therapy apy (relationships, depression, on, anxiety, ety, abuse)

• Parenting skills training ng • Career planning for adults dults / psychometric testing of new personnel

• Training ning unit for personal and family mily development elopment p

For more re informa information tion contact conta ct us on: 087 150 5058/9 terapiesentrum@caritas.org.za ritas.org.za www.caritasterapie.co.za co.za C/O Lawson & Reservoir voir Str, Labram Kimberley, 8301

Gemeenskapsfokus Gemeensk apsfokus

C Community ommunityy Focus

CARITASCOMFOCUS OCUS


spca page:Layout 1

2016/07/21

08:20 AM

Page 1

SAVE A LIFE, GAIN A FRIEND! All pets are available at the SPCA – Tel: (053) 831-7625

Kontak Johan Grobler 084 503 2972 32 Black Street

Tel: 053 861 9000 Sel: 082 800 0693 E-pos: service@iteckby.co.za Schmidtsdriftweg 17d Kimberley

Tel: 053-841 0132/3 Fax: 053-841 0134 Cell: 083 251 6126 a/h Major manufacturer approved

NOW OPEN AT 21 Schmidtsdrift Road, Kimberley Tel/Fax: 053-861 4301 Web: www.excellcatering.co.za

Tel: 053-832 1636 kimberley@seeff.co.za

72 George Street, Kimberley Tel: 053-831 2808

Give us a call: 061-839-8151

2 Farraday Street, Ashburnham, Kimberley Tel: 053-841 0378 Fax: 053-841 0379 Lecflo@cybertrade.co.za

Lettie van der Merwe (Principal) NQF5 082 491 8744 6 Edmeades Str, Labram, Kimberley Tel: 053-832 8016

1 Delfos Street, Kimdustria Tel: 053-831 7544 Fax: 086 509 7397 Cell: 082 781 2470 gwgkby@vodamail.co.za

12a Schmidtsdrift Road Kimberley kimberley@coastalhire.co.za Tel: 053-861 5200 Fax: 053-861 5201

Tel: 053-831 1929 Choctaw Spur Complex Shop 16 Kimberley 8301 creativepaper@telkomsa.net


the venue:Layout 1

7/20/2016

1:34 PM

Page 1

* K D D S ] L J K W )D U P ) + D U W V Z D W H U Ř Z Z Z W K H Y H Q X H Q F F R ] D Ř

8 & % % * / ( 4 t " $ $ 0 . . 0 % "5 * 0 / t ) & " -5 ) # & "6 5 : 4 1" t $ 0 ' ' & & 4 ) 0 1


56 Tuin:Glitter Template 2016/07/21 8:28 AM Page 1

Tuin

Vier geslagte op een werf Min mense kry die geleentheid om weer in dieselfde huis te woon as waarin hulle grootgeword het. “Dit is juis dít wat vir my ons huis en tuin so spesiaal maak,” gesels Magda Erasmus. “Ons het die huis by my ouers gekoop en met my ma Annatjie en ouma Cora wat op dieselfde erf ’n woonstel het, is ons vier geslagte bymekaar.” Oorgeërf Die liefde vir plante het Magda by haar ma geërf. “Sy hou baie van blomme en hou haarself met blomme rangskik besig. Gewoonlik help ek met idees, maar ek doen normaalweg nie die rangskikkings nie.” Hou van afwisseling Hierdie besonderse tuin word deur afwisseling gekenmerk. “Mens raak mos maar moeg vir dieselfde tipe tuin, dan verander ek dit in iets wat van vooraf vir my interessant is. As die plante net voor die groeiseisoen verdeel en verplant word, het jy binne twee maande weer ’n gevestigde tuin”, verduidelik sy. Magda is nie iemand wat daarvan hou om te kyk hoe iemand anders in die tuin werk nie. “Ons het ’n tuinman, Lucky, wat weekliks in die tuin werk, maar ek spring self in en werskaf in die grond. Dit hou jou plat op die aarde,” lag sy. Voor- en afkeure Soos alle mense het Magda haar voor- en afkeure. “Ek hou baie van water, daarom het ek meer as een fontein in die tuin. Ek hou ook van immergroen plante, dit laat jou tuin heeljaar pragtig groen vertoon. Aan die anderkant is daar altyd meerjarige plantjies wat jy moet uitplant. Ons het nie ’n boorgat nie en ons munisipale water is mos uitsonderlik duur. Maar ek kan nie sonder ’n tuin nie!”

Magda hou van self inspring en tuinmaak. Simboliek Dít wat die tuin simboliseer, lê Magda na aan die hart. “Jy kan die plante soveel kos en water gee soos wat hulle nodig het, maar jy kan hulle nie laat groei nie. Die natuur werk wonderlik saam om te oorleef – selfs die olifantsore wat in die winter doodryp, kom in die somer weer te voorskyn.” Plek om te ontlaai Daar is min dinge wat sy meer geniet as om in die somer voor werk in die tuin te sit en ’n koppie koffie te drink. “Dit stem my rustig en wanneer ek baie gespanne raak, kom sit ek in die tuin om te ontlaai.” Met soveel vrouens met hulle eie idees op een werf is daar ’n verskeidenheid plante en temas in hierdie tuin. “Om mekaar so te kan akkommodeer, is iets besonders,” erken Magda. – Karin Muller

Glitter het met Homes@Kimberley hande gevat om die mooiste, kreatiefste en indrukwekkendste tuine in Kimberley raak te sien. Wees op die uitkyk vir ons bordjie! 56 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


stafix:Layout 1

7/20/2016

1:34 PM

Page 1


60 Sport:Glitter Template 2016/07/21 8:29 AM Page 1

sport

Stokke op die water Wanneer jy aan hengel dink, dink jy aan ’n paar mense wat gesellig langs die viswaters sit en net af en toe na die stokke wat netjies op die oewer gemonteer is, kyk. Dit kan egter nie verder van reg wees nie, want hengel is nie vir sissies nie. ’n Sport met integriteit “Ligtegery-boothengel is ’n gentleman’s game,” gesels Skippie Scheepers, die voorsitter van Kimberley Ligtegeryboothengel. “Dis ’n sport met integriteit. As jy dit nie kan toepas nie, moet jy maar gaan visvang,” spot hy. “As jy wil weet wat die verskil tussen rugby en hengel is, is dit dat jy ryk kan word met rugby!” voeg Jaco Nel, die ondervoorsitter, skertsend by. “Dit is ook ’n familiesport,” sê Skippie meer ernstig. “Jy kan op driejarige ouderdom al begin. Die hele gesin kan deelneem.”

toerusting en ook ’n ordentlike voertuig om jou boot te sleep,” verduidelik Skippie. Behalwe vir die vaardighede is daar ook verskeie veiligheidsmaatreëls wat met die sport gepaard gaan. “Daar moet byvoorbeeld reddingsbaadjies wees, die weer moet dopgehou word en dan moet die boot natuurlik op standaard wees,” sê Francois Nel, die veiligheidsbeampte. Antibiotika vir die siel

“Elke vis gaan met ’n adrenaline rush gepaard,” sê Skippie. “Dít maak dit lekker. Dis soos antibiotika vir die siel!” Dan is daar natuurlik die sosiale kant. “Dit is omtrent ’n tog,” getuig Skippie. “Ons ry saam en bly saam in ’n konvooi.” “Ja, ons vang hard vis, maar ons kuier net so hard,” lag Linda. “Maar ons drink nie op die water nie,” sê Skippie ernstig. “Die kuier is eers vir later die aand. Ons ry Vrydae en kom “Ek het nog ’n ou visstok uit my Sondagmiddae terug. Saterdagoggende laerskooldae,” laat hoor Martin Koekemoer, is ons al sesuur op die water. Dit is die die klub se rekordbeampte. “Ek dink ek eerste kompetisie. Die vis word geweeg gaan hom in my sitkamer ophang!” en dan kuier ons.” Skippie vertel: “Ons het so 15 jaar gelede van die Vrystaat af gekom. In daardie jare Werk vir ranglys het die Noord-Kaap nog nie so ’n faset “Ons faset weeg al jou vis. Indien daar ’n gehad nie. Ons het dus by die Vrystaat vis van uitstaande grootte is, word dit as ’n gebly, maar ek is in 2012 deur die nasionale sportbeleid gedwing om van die rekord aangeteken,” verduidelik Skippie. “Ons probeer die groottes terugsit. Daar is Vrystaat af te stig. Die nasionale ook wetgewing wat geld. Ons mag sportbeleid het op ’n faset in die NoordKaap aangedring en ons het met tien kleinbekgeelvisse, waarvoor ons punte kry, mense begin.” uithaal, maar die grootbekgeelvis is catch and release. Dis ’n bedreigde spesie. Ons kan soveel karp as wat ons wil vang en Dit is nie net vir stok-ingooi nie uithaal. Die vangs word onder plaaslike “Jy het nog nie eers gevra wat presies gemeenskappe as deel van ’n tipe ligtegery-boothengel is nie,” sê Skippie en voedingskema uitgedeel.” begin verduidelik. “Ligtegery-boothengel “Jy werk vir ’n ranglys. Die top vier of top behels dat ons net met ’n lyn van vier ses of watookal die geval is, kies die span. kilogram breekkrag mag vang.” Hoewel Jy moet dus op die ranglys wees om die die lyn dalk lig in die broek klink, is daar in span te haal,” verduidelik Skippie. die soutwaterkategorie ’n massiewe Koffie en tee en haaie skeurtandhaai van 87 kilogram gevang. Maar hoe vang ’n mens só ’n vis met ’n 4 kilogram lyn? “Dis waar die skill inkom,” sê “Vars- en soutwaterhengel verskil soos Skippie. “Jy worstel met daardie vis totdat koffie en tee,” sê Martin. “Albei is baie lekker, maar die seevisse is baie groter en jy hom het!” Skippie en sy komitee is dit eens: jy kan nie as volwassene begin nie. ’n man baklei maar lank. Dit verg meer skill met daardie dun lyn. Jy speel die vis tot hy “Dis ’n liefde wat van kindsbeen af moeg is!” – Zanri Kotzé gekweek moet word. Behalwe dit, is die kapitaal wat jy sal moet instort heeltemal te veel. Jy moet ’n boot koop, visstokke,

60 Glitter

http://issuu.com/glitter-magazine/docs


62 Rubriek:Glitter Template 2016/07/21 8:45 AM Page 1

muishond moleste

Watter borg sal dit wees? Griekwas se afgetrede Tukkie en huidige CEO het aangedui Kwassies is sommer dikstert vir die tweede reeks van die Curriebeker-toernooi en alles dui daarop dat borge nou gaan toustaan om by ons geliefde Kwassies betrokke te raak! Dit is ook dan net die uwe se Christelike plig om die spreekwoordelike handjie by te sit wanneer daar na nuwe borge gevry word, maar ons wil nie weer in dieselfde slagyster trap wat die Put your Logo here campaign opgelewer het nie. Dus gooi Muishond ’n paar name in die hoed van ’n paar gewilde handelsname wat maar hulle logo here kan put ...

Sit dit agterop Griekwas het na die eerste ronde bo gelê, daarom kan ons aan geen hoofborg dink behalwe L’Oreal nie, because you’re worth it. Buiten die unie-bestuur wat jy feitlik met elke wedstryd deur ’n ring kon trek, was die span se drag nou nie juis Calvin Klein nie en sal ons moet settle vir ’n borg ’n bietjie kleiner. Gillett: The best a man can get. Mrs. Ball sal agterop die broekie kom met geen verdere bybedoelings nie.

Sien om na hulle Debonairs Pizza het reeds bevestig hulle sal betrokke raak, maar net by die unie-bestuur,

62 Glitter

www.glitter-magazine.com

want everybody tuck in! Outsurance kan almal se versekering oorneem, dan weet ons you always get something out. Daar is net een selfoon wat die uwe sal voorstel, want as daar nou een afdeling is waarmee die unknown geweldig baie sukkel, is dit kommunikasie, dus Nokia, connecting people. Die uwe dink ook dit is belangrik dat spelers wat nie speelkans by ons Kwassies kry nie wel die sekerheid kry dat daar goed na hulle omgesien sal word. Die uwe stel voor hulle nader vir Stuttaford Van Lines - the safest move you can make.

Sit op die stoeltjie Muishond het eerstehands ervaar hoe spelers hierdie jaar geel kaarte gekry het en dan hulle tyd op ’n nederige skoolstoeltjie moet omsit. Wat sal nou beter wees as Joshua Doore? Come on guys, we have an uncle in the furniture business!

Kyk na jou vel Griekwas se junior spanne het oudergewoonte nie beter gevaar as vorige jare nie en ons het soos ’n skip-anker gedrop. Dus is dit ook belangrik om om te sien na borge vir die spannetjies. Die uwe se nr. 1-keuse vir ons toekomstige Cravenweekspanne is sonder twyfel ’n velsorgproduk – Maybelline - maybe she’s born with it.

Terugtog huis toe Nou goed, daar was aan die begin van die jaar vreeslik lawaai gemaak oor hierdie jaar se 0.20-span, maar o wee, die uitslag van hierdie jaar se simfonieorkes was meer opwindend as enigiets wat hulle kon oplewer. Die arme ou spannetjie kon nie kop of stert uitmaak van enigiets op of van die

veld nie. Byna elke fopaangee is deur die span soos ’n happy meal gekoop. Hulle verdediging was net so swak soos die polisie s’n. Die uwe verstaan dat wanneer dit regtig met die span goed gegaan het, was op hulle terugtog huis toe. Oom Spice Gold en Johny Walker vergesel hulle blykbaar na elke wedstryd, dus kan ons nie anders as om hulle op die trui aan te bring nie. Keep walking, agter na die pale toe. Net om seker te maak die arme bloedjies verloor nooit weer nie, stel die uwe voor hulle onderhandel met een van ons grootste kettingwinkels – Game - because you always win at Game.

Minder is meer Kontraktering was nog altyd ’n probleem, maar die uwe voorsien nie dat dit so hoef te wees nie. Die less is more-beginsel kan die res van die seisoen baie handig te pas kom indien Kwassies met die regte vennote kan gesels. Ons hoef nie meer spelers vir groter geld in die toekoms te bekom nie.

Hou aan en aan en aan! Kry net die regte agente wat julle bystaan. Indien julle daarmee sukkel, kan Muishond ’n ou vriend van my voorstel: Clicks, you always pay less at Clicks. Oom Bushy, ’n ou hand van die span, behoort sy eie borg te kry en die uwe voorspel nie dat die volgende handelsnaam enigsins sal skroom om te help nie: Energizer, keep going and going and going. Muishond het ook na aanleiding van sy rubriek sy eie handelsmerk vir die oorblywende gedeelte van die Currie-beker gekry. McDonalds. Why? I’m loving it! – MM


giftly surprize:Layout 1

7/20/2016

1:36 PM

Page 1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.