39 minute read

Photographs from the Album of Lt Col

Dr Henry Abbott

NOTICE

Advertisement

Photo of Lt. Col. W.H.C. Taylor, on the album, number MMKP 4081 McGregor Museum, Kimberley, appears to have had an earlier number McGregor Museum, Kimberley, (MMK 1421/292). So, there are two names for the same face. The photo above gives him as Mounted Constable W.W. Elliot (12th Lancers) and as Lt. Col. W.H.C Taylor on the album. It is not only the same face, but clearly the same man cropped from the larger composite photo.

Walter Henry Cleverly TAYLOR (b. 1880 - d. 1966) Lt. Col. W.H.C. Taylor. Had quite a successful career and became Deputy Commissioner of the Transkei in about circa 1920 KA22?

In the Taylor Album a few people are only identified by initials, fortunately the mystery was solved by a photograph in the Nongqai, July, 1933 that Dr Henry Abbott noted. These are “Maj. B”, namely Maj. E.J. Brinton, “W” is Wolfaardt and his driver, Const. van d er Walt. (See next page)

Caption: A few miles below Mogopon. A Foot and Mouth Disease Police patrol

Left: Farrier Sgt. Hodgson on the slippery side of a dune, which an automobile cannot cross, and even a camel goes on its haunches!

Note

Dune-encroachment on roads, can be effectively controlled by the simple expedient of spreading fist- sized and larger stones on the exposed dune edge by hand or by machine, so now tarred roads can be built and the Kalahari tamed. (See next page)

Above: Farr. Sgt. Hodgson on the Kuruman road. Do you see a road? Below: The road is blocked by sand. Only intelligent scouting on foot will find a way through this mess!

At Oliphant’s Hoek. Lolly on “Kalahari Pete”. “W” stands by. January 1935.

Injecting serum for Horse sickness. This appears to be a police horse, so that the Sgt. is at least doing something inside his job description!

Below: A well-known smuggler of arms in the Bechuanaland Protectorate lived in (this place?)

Above: Near the Molopo River Below: Katakura Foot and Mouth Disease SA Police Post, 7 miles from the Molopo River

Katakura Foot & Mouth Disease SAP Post

SAP Genesa

SAP Morokwen

SAP Tsenin

Onderhoud op 11 November 1997 met PJN Bothma deur Pieter Goussaard, Kalahari-Oranje-museum by mnr Bothma (83-jaar oud) woning te Schröderstraat 111, Upington. Ontvang via dr Henry Abbott

Grepe uit sy lewe as Polisieman op Upington

Ek het op 26 Augustus 1934 saam met vier ander konstabels op Upington gearriveer uit die Polisie-depot van Pretoria. Ons is toe hiervandaan uitverplaas deur die offisiere. Destyds was hier ‘n luit. Swartz en ‘n kapt. Black in bevel van die polisie en ons was almal berede manne, die vyf van ons wat gekom het en by die hoofkantoor, waar die huidige hoofkantoor staan, was destyds die polisiehoofkantoor. Dit was ook die beredeafdeling waar hulle perde in stalle was. Die voetafdeling was in die dorp gewees, by die ou aanklagtekantoor. Wat destyds net langs die huidige landdroskantoor was. Die voetafdeling was ‘n hele groepie manne, as ek reg onthou, seker daar by die tien rond en die berede manne was omtrent so vier na ses man, met ‘n eerste-klas-sersant Steyn in beheer van die aanklagtekantoor en van die voetafdeling, en indirek ook van die berede afdeling. Dan was hier ‘n ondersersant EL Swart hierbo by die hoofkantoor en stalleafdeling, d.w.s die beredeafdeling. As ek reg onthou was hier 24 perde wat die polisie gebruik het vir patrollie. Die ander vier manne is toe uit Upington verplaas. Ek is toe aangesê om in Upington aan te bly en hulle perde in te breek. Ek was ‘n soort van “rough rider” soos hulle genoem is, in die depot. In elk geval Upington het lang perde patrollies gehad. Tien dae, sewe dae, en as ek reg onthou drie dae, twee dae en een dag patrollies. Dit is langs die Rivier, ooswaarts, en langs die Rivier suidwaarts tot by McTaggartskamp. Dan van die Rivier af noordwes was dit tot by die plase T’jamateep, Koeipan en dan regaf hier na Duikerrand en Arrimaggam, en dan weer op langs die ou Gemsbokparkpad na Kalkpoort, en daarvandaan op na Noenieput en Obobogorab. Dit was eintlik die dele wat met perde bedien was. Op Swartmodder was ‘n polisiestasie, op Obobogorab was ‘n polisiestasie en in Upington was natuurlik die hoofkantoor met die hoof-polisiestasie. Die ander polisiestasies wat ek onthou was Witdraai in die Kalahari, en later met die uitbreek van die bek-enklouseer was daar een op Kei-

(Continued from page 65)

Kei in die Nossobrivier en een in Welkom, min of meer waar die huidige Tweeriviere is. Langs die Rivier was Louisvale, Keimoes, Kakamas, Onseepkans, Pofadder en Kenhardt. Dan was daar nog een op Putsonderwater. Die is later oorgeplaas na Groblershoop wat ook verklaar is as ‘n dorpie. Die nommer 10 polisiedistrik het behels van die Noordelike baken van die Nossobrivier en van die Unie by die Nossobrivier in Suidwes en Betsjoeanaland. Dan af tot onder Pella en daarvandaan anderkant Pofadder op in Verneukpan se rigting. Van Verneukpan weer reg tussen Marydale en Putsonderwater en daarvandaan tussen Koegas en Boegoebergdam en dan in Olifantshoek se rigting tot by ‘n werf waarvan ek die naam nou vergeet het, maar dit was duskant Lombaardsvlakte. Dan het hy deurgesny na Koeipan en daarvandaan na die Kurumanrivier, deur na die Moloporivier, al met die grens af na KoopanNoord en deur na Unie-end toe. Die nommer 10 Polisiedistrik het hulle altyd gesê is baie groter as wat die Vrystaat was. Die vervoer wat hier destyds gebruik was, toe ek hier gekom het: - Widraai was ‘n kameelstasie, nie net om patrollie te ry nie, maar ook ‘n kameelteelstasie en ‘n inbreekstasie. Daar was oor die 400 kamele op Witdraai onder die bevel van wyle sers. Gagiano. Hy was in beheer van die brei van die kamele en oor die opleiding wat manne gekry het om kameelpatrollies te doen. Dan het ons kamele gehad bo by Keikei, lateraan en op Obobogorab was ook kamele, Dis die enigste kameelstasies wat onder nommer 10 distrik geval het wat ek kan onthou. (Hy het vergeet van Rietfontein—HA). Verder was dit alles perdestasies. Patrollies het ek gesê dat dit in Upington tot 10 dae was. In Pella was daar tot 21 dae perdepatrollies en van Witdraai af Unie-end toe het dit amper ‘n halwe maand geneem om daar te kom en weer terug, ses weke om heen en weer te ry. Dit was die manier wat die patrollies toe waargeneem is met perde en kamele, maar met tyd het dinge verander want Upington het net oor een

motorvoertuig beskik toe ek hier gearriveer het in 1934. Dit was ‘n Ford karretjie wat aan die offisiere behoort het, met sy drywer. Met daardie kar het die offisiere al die verskillende polisiestasies maandeliks en soms meer besoek. Verder was hier geen motortransport nie, behalwe die speurder. Hier was speurder, ‘n tweedeklas-sersant. Iky de Villiers het ons hom altyd genoem, want ons kommissaris was ook Kolonel Iky de Villiers vanmelewe. Iky de Villiers het ‘n ou motorfiets gery. ’n Beltaangedrewe BSA met ‘n syspan. Met die het hy in Upington rondgery en soms moes hulle met dié motorfiets die hoefsmit wegbring na Swartmodder toe om perde te beslaan. Dit was ‘n ontsettende taak want ons het nie destyds paaie gehad nie. Dit was net twee spore en verder was dit sand en klip. Dit het een of twee keer gebeur en nie weer nie. Toe is daar aansoek gedoen vir ‘n vervoermiddel vir die hoefsmit en op die manier het hy toe ‘n Fordbakkie gekry. Mettertyd het die motorvervoer toegeneem en Upington het later twee bakkies gehad en ‘n paneelwa waarmee patrollies gery is. Die Departement van Lande het ook ‘n paneelwa geskenk aan die polisie om kosvoorrade vir die bek-en-

klouseer manne weg te bring. Die vervoer het toe ook na die buitestasies uitgebrei. Die BSAmotorfiets was die beroemde motorfiets van daardie tyd en so het uiteindelik alle stasies motorfietse gekry, waar ‘n motorfiets kon loop. Op Widraai en Obobogorab was daar net kamele en daar was nooit sprake van motorvervoer nie. Dit is hoe Upington gelyk het toe ek hier gekom het. Op ‘n vraag of kamele ingespan is om byvoorbeeld ‘n kar of wa te trek, waarmee pos op Rietfontein en elders afgelewer is, antwoord mnr. Bothma soos volg: Nooit gehoor nie, in my tyd het dit nie bestaan nie. Hier was nooit so iets wat deur kamele getrek is nie. Wat hier wel was, voor 1934. Van Prieska af is die pos per perdekar vervoer na Upington. Na die agterland was daar geen vervoer nie. Die boere moes maar self inkom om hulle pos te kom haal. Die eerste motorvervoer wat na die agterland gekom het, was ‘n man met die naam van Nicholas Jooste (foto hierbo). Het ‘n winkel op Koopan-Noord gehad. Hy het vir hom ‘n 3-ton Ford trok gekoop waarmee hy die boere se wol ingebring het en die boere se benodighede soos hulle aangekoop het, uitgevat het na Koopan-Noord toe. ‘n Hele paar jaar later was hier, amper by 1940, of sê 1938, ek kan nie die jaar onthou nie, toe het die Spoorweë ‘n bus ingestel wat deurgeloop het na Witdraai, maar voor die tyd was daar nie so-iets nie. Van kameelwaens het ek nooit gehoor, nooit gesien of in ‘n foto gesien nie.” (Op ‘n vraag met betrekking tot Boesmans se teenwoordigheid in die bedieningsgebied, het mnr. Bothma verder vervolg) “Ek het die voorreg gehad om vanaf 1937, as ek reg onthou, die motordrywer te word van die Distrik se offisiere en toe het ek ook ‘n bakkie gekry waarmee ek die Kalahari gepatrolleer het. Dit wil sê die ou Gemsbokreserwe en ook langs die nuwe Gemsbok op na Geisemap toe en na die Suidwesgrens toe. Ek het die Kalahari regtigwaar op die punte van my vingers geken en met alle respekte, ons het nêrens Boesmanwerwe geken nie. Ons het hulle nooit teëgekom nie. Die Boesmans soos wat ons hulle vandag ken, en soos wat ek hulle later jare in Suidwes leer ken het, hier was nooit sulke

Bek-en-klouseer pos by Kei-Kei

(Continued from page 67)

Boesmans nie. Die Bosmans wat ons vandag het wat hier genoem word Boesmans, is volk wat by boere op hulle plase gewerk het en op ‘n sekere tyd, ek dink dit was in 1938, het ‘n sekere persoon gekom (Hy verwys na Kalahari Bain, opmerking H. Abbott) en die Boesmans bymekaar gemaak, die volk wat hy genoem het Boesmans, hier in Witdraai se omgewing en daar na Tweeriviere en hy het hulle geleer om nie Afrikaans te praat nie en hulle gevat na die Empire Exhibition. In 1938 was daar ‘n groot saamtrek in Johannesburg. Toe is die Boesmans, noem dit nou maar Boesmans, is soontoe gevat, hulle is toe geleer hulle kan glad nie Afrikaans praat nie. Hulle moes toe net soos die Boesmans leef. Hulle moes ook net so aantrek en net Boesmantaal praat. (Vergelyk my Vader se storie oor Maerman wat die fotograaf gehelp het en ‘pak klere en donkerbril’ betaal is, H. Abbott) Daarvandaan het die Boesmans weer teruggekom en hulle is hier gelos. Toe het

Gemsbokbegraafplaas: - Die gevolg van veral Stedelinge wat voor die voet wild geskiet het. Die horings is vir trofeë voorberei.

iemand anders hulle weer Kaap toe gevat en daar met hulle gaan skou. Hy het hulle toe daar gelos en toe moes die Afdelingsraad, as ek reg onthou, hulle terugbring hier na Upington toe, die enigste toevlug wat hulle toe met die mense gehad het. Hulle toe heeltemal rou, nou glo hulle, hulle is Boesmans en hulle wil ook nie werk nie. Toe is hulle eers hier by Witdraai bymekaar geroep en daarvandaan is hulle met ‘n donkiewa, ek het by die donkiewa stilgehou toe hulle op hom gesit het, ek en oorlede Gagiano en wyle Kaptein Castle. Toe word hulle vervoer na Twee Riviere toe en daar word toe vir hulle herberg gegee en dis waar die Boesmans van Gordonia ontstaan het. Hulle is makgemaakte volkies wat by die Boere gewerk het en gesê is, julle is nou Boesmans. Hulle is toe afgesonder en na Tweeriviere gevat en daar afgelaai en daar bly hulle vandag nog. Hulle kon volt Afrikaans praat, onder andere die een ou Boesmanvrou, toe hulle van die wa afklim, toe sê die vrou vir oorlede Gagiano, “Hallo, hoe gaan dit met jou ou Gag”. Nou as dit Boesmans gewees het dan is ek verbaas dat hulle so vlot my teenwoordigheid dat dit plaasgevind het en dis die laaste wat ek van hulle gesien of gehoor het. Hulle het toe maar daar gebly en hulle word vandag nog daar bymekaargehou. Ek het geen Boesmans in al my patrollies teëgekom nie. Ons het wel, terwyl ons in Telleriepan en Longepan omgewing soms ‘n klein ou hutjie onder ‘n boom gekry, waar volk gebly het, want hulle het gejag. Die Boere het ook almal gejag. Almal het gelewe van wildsvleis, want die Boere het gejag en dit vir hulleself gebruik. Die stedeling, die het hom daarop toegelê om die wild uit te roei. (Foto—links bo) Ek was toe die man wat hulle opgespoor het en al die jagters gevang het. Ek weet van gevalle waar daar tot 12 gemsbokke doodgeskiet is op ‘n pan, dan word net die rugstringbiltong en die boude gevat en die res kan maar daar lê en vrot. Dis wat ek gesien het in my tyd, maar ek het die Kalahari gepatrolleer met die polisiewa en dit was gewone 2wiel trek. Ons het nie 4-wiel trek gehad nie. Nie geweet van so iets nie, net 650 en later 750 bande onder, dis al en daarmee moes ek die Kalahari vol ry. Ek het die voorreg gehad om van Upington af reguit na Witdraai toe te ry. Etlike kere dwars (oor die duine) sonder pad. My spoed was so plus minus 7 myl per uur. Witdraai is 180 myl hiervandaan. Die hele Kalahari het ek deurgery sonder pad. Die Kalahari natuurlik was vir my wonderlik gewees, dis een sandduin na die ander, strate en sandduine, hulle loop almal Noord-Wes na Suid-Oos, en soos die een duin volg op die ander dan kry jy weer knop duine, hoë duine, swaar duine. Wat baie interessant was, by elke pan, want hier is baie panne in die Kalahari, maar by elke iedere pan aan sy SuidOostelike kant was altyd ‘n hoë kop gewees en dit is soos die panne uitgeken is, dat jy geweet het waar is ‘n pan, anders was dit maar net (alles) duine aanmekaar. Ons het ‘n metode uitgevind om die Kalahari maklik te leer ken (Ek soek ‘n foto hiervan en gaan Lesers van die Gemsbok vra of iemand dit nie wil gaan probeer afneem nie— HA). Dit was om in die more vroeg op te staan en dan so 20minute voor sonop staan jy op die hoogste punt waar jy is en wag tot die son opkom. Net soos die son uitkom dan strek daardie hele Kalahari soos ‘n hol kom voor jou uit. Al die panne is ‘n blink glans- en so sit jy al die panne en kyk. Jou distansie wat jy kon sien was geweldig ver wat jy die panne kon sien op daardie metode en sodra die son ‘n bietjie hoër is dan verdwyn alles. Dan kyk jy teen ‘n vaste groot duin vas, dan is daar nie meer panne nie. (Kan iemand dalk vir ons ‘n foto neem van hierdie

verskynsel? Ek wonder ook of dit ewe goed werk as die panne vol water is teenoor tye wanneer die panne heeltemal droog is.) Ja, daar is Groot-Aarpan, KleinAarpan, Vry-Soutpanne, Witpan (verskeie plekke) Longepanne, Telleriepan. Van Telleriepan gaan jy na Massakloutjie en daarvandaan gaan jy oor ons grens na Koeipan toe. Nou Suid van Aardpan (bedoel hy Aarpan? Opmerking deur H. Abbott) was ander panne, ek kan nie meer al die name onthou nie. Hier na Vroenspan was ook nog panne gewees en duskant na die dorp toe (Upington) was Groot-Witpan onder Kalkpoort en nog Witpan waar die Malan’s vandag woon (1997?). Hier was geweldig baie panne. Dan natuurlik by Rietfontein. Duskant Rietfontein by Oxfort daar het jy die groot Oxfortpan gekry wat byna 24 myl lank is. (Daar word beweer dat dit eers Oskort was, H. Abbott)

Die Soutwerke (Foto: ‘n Motor op ‘n Soutpan) het heelwat later begin, ek kan nie meer die presiese datum daarvan gee nie, want ek is Opskort in 1947 weg van Upington af, toe was die Soutpanne nog nie gewerk nie, maar hier by Kalkpoort daar was Soutpanne gewees, dié het die Boere op klein skaal gewerk, maar die werklike Soutwerke het eers later gekom toe hulle die paaie beter gemaak het. Ek wil net noem ons het geen padmakers gehad daardie tyd nie. Hier was ‘n jong vriend, Theunis van der Westhuizen. Hy het ......? Ek het dikwels by hom verbygery. Ek dink hy het agt donkies voor ‘n padskrapertjie gehad met een lemmetjie, daarmee het hy die pad probeer skraap het. As hulle nou wil moeite doen, van Dikpunt af waar die Noenieput pad wegdraai van die teerpad af, plus minus 4 myl op daardie grondpad na Gelukspruit toe aan jou linkerkant van die pad, tussen die draad en die pad lê ‘n groot roller wat ons genoem het vanmelewe tennisbaanrollers Die roller staan vandag nog daar, hy is al verweer, maar hy kon gerus ook Museum toe

gebring word, want dit was die eerste roller wat in Gordonia gebruik is as hulle pad gemaak het om dit vas te rol maar dit was ‘n mislukking. Hy staan nog daar. Ek het vir Dirk ..... dikwels gesê: Man, laat haal daardie roller en sit hom by die Museum want dit is ‘n aandenking want nêrens in Suid-Afrika het ek ooit so ‘n roller gekry wat langs ’n pad langs ’n staan waarmee ‘n pad gerol is nie. Theunis van der Westhuizen het toe later die pad deur die Kalahari gemaak van anderkant Kalkpoort af en dit is die huidige Theunis van der Westhuizen pad wat na hom vernoem is. (Wat betref voorsiening van Water) Destyds met die kamele het die Polisie vir jou twee drommetjies voorsien, hy is in die helfte deurgesny sodat hy gelyk teen die drommetjie dier se liggaam kan rus. Hulle het plus minus 2 gallon water gevat elkeen en dit was die drinkwater vir die polisieman wat patrollie ry. ‘n Kameel het op tsammas geleef (vir water) en as hy nie tsammas kry nie, kon hy geweldig lank sonder water klaarkom. Langer as sy ruiter. As hulle nou by tsammas kom, dan is drinkwater hulle baie gelukkig, maar so nie moes jy ook maar gery het dat jy by die water kom dat jou kameel kan drink. Water in die Kalahari was daar nie, behalwe op die plase was etlike boorgate. Daar was ook gatdamme gemaak. Die meeste water op die plase was verskriklik sout, maar nieteenstaande die (erge) soutgehalte het die diere dit tog gesuip. Koffie was natuurlik vanmelewe ‘n probleem met die Depressie hier in Gordonia. Toe het hulle van die Witgatboom se wortels afgekap en drooggemaak en gestamp en getrek en dit was

die koffie wat jy gekry het wat hulle ‘Wigatkoffie’ genoem het. Nou, Witgatkoffie, party dames kon hom nogal vir jou lekker maak dat jy dit geniet, maar daarna moet jy oppas want jy blaas verskriklik op. Hy was ‘n algemene bekende koffie in hierdie wêreld, want die mense was te arm, hulle kon feitlik nie koffie koop nie. Die kameel het my geleer dat jy met ‘n motorkar kan ry net waar ‘n kameel kan loop. ‘n Kameel as hy sy poot optel, dan trek hy hom klein, as hy hom neersit gaan die poot oop, dan maak hy ‘n kussing en dan trap hy nie in die sand in nie, hy stap weg. Dit het my geleer dat as jy op hardeveld kom dan pomp jy jou wiele styf en as jy in sandwêreld kom dan blaas jy jou wiele af. Ek het die voorreg gehad met vragte. Ek weet nie hoeveel (wat dit kan bevestig) leef nog nie, maar daar leef min, maar ek sal dit onder eed aflê dat ek hierdie Kalahari dwars en kruis gery het met 5 pond wind voor en nege pond agter vol vrag, met 750 bande, maar dan kan jy hom nie laat stop nie. Jy moet baie stadig wegtrek en as jy ‘n duin storm dan moet jy van ver af storm, maar jy kan nie op een plek jou wiele laat sangwêreld maal nie. Jy mag hom nooit; laat maal nie, want dan ruk die binneband uit. As sand koud is, dan is hy styf. Sodra die son hom bak dan is hy warm (en los). Ons het verskriklik teëspoed in die Kalahari gehad met karre. Vere breek, skokbrekers breek en jy moet alles self regmaak. Daar is nie ‘n buurman nie, daar is nie ‘n Garage nie. Ek moes genoeg gereedskap en goed saamneem dat as ek teëspoed kry dan maak ek self reg. Ek het tot die “cross member” van Fordkarre (reggemaak) want hulle het net 2 vere gehad wat dwars gesit het, en breek die “cross member” waar die bak op die veer rus, breek daardie stuk yster uit. Dan moet jy maar in die Kalahari ‘n plan maak om verder te ry. (Boerdery aktiwiteite) Daar was baie Boere wat laat boor het. Dit is heeltemal reg. Met ‘n span osse of donkies het hulle ver gekom. Hulle sleep daardie boormasjien tot waar hulle hom wil hê en hulle boor totdat hulle water kry. Hier was seker (vroeër) osse gebruik, maar toe ek hier gekom het was dit meer donkies. Ons het maar ‘n paar beesboere gehad in hierdie wêreld, nie veel beesboere nie, maar die algemene trekdier was maar arme donkie se kind.” (Antwoord op ‘n vraag hoeveel donkies nodig was om so ‘n boormasjien oor ‘n duin te sleep.) “’n Duin se hoogste skuinste na sy toppunt toe is soms maar so 25 treë of 20 treë. Hulle het geweldige lang spanne donkies ingespan. Die mense was verplig om dit te doen, want hulle het geen ander manier gehad om daardie boormasjien anderkant te kry nie. Wat hulle ook gedoen het, hulle het die boormasjien uitmekaargemaak en met die donkiewa gedeeltes aangery en dit wat oorgebly het met die donkies oorgesleep. Die ysterwielwa was die enigste metode wat hulle destyds hier gehad het totdat hulle later met die motorwiele gekom het en die motorwielkarretjies. Toe ek hier gekom het moes ek paaie ry van Upington of na Witdraai toe, wat ysterwiele getrap het wat jy met ‘n motorkar amper nie kon deurkom nie, jy val vas binne in daardie spoor. Ons het toe ‘n vreeslike tyd gehad. Ek het ongelukkig nie ‘n foto van ‘n ysterwiel wa nie, maar kan soek vir wat ek wel het. Ek het die voorreg gehad om met ‘n motorkar op ‘n Sondag uit te ry. Ek was uitgeroep om dit te doen. Dit was met ‘n 1938 Ford sedan wat ek na Koeipan gery het. ‘n Polisieman en ‘n offisier het saam met my uitgegaan. Ons het jagters gaan opspoor wat hulle daar gekry het wat gejag het en hulle het toe gevlug vir die polisieman wat met ‘n kameel gery het. Hy het van Witdraai af gekom en toe is ek soontoe en ek het die nag daar ‘n paar manne gearresteer en ek is met hulle uit na hulle jagkamp toe. Die jagkamp was tussen Koeipan en Massakloutjie, omtrent 10 myl van Koeipan af maar ver van Massakloutjie af. Dit was heel weg van die pad en as ek praat van ‘n pad dan praat ek van twee spore wat daar gelê het wat ons altyd mee gery het tussen Koeipan en Massakloutjie. Toe het hulle my deur geneem na hulle kamp toe en daar het ek ’n waentjie gekry met motorwiele. Dit was ‘n redelike groot wa, seker so ‘n 12 voet wa, waarop hulle, hulle gemsbokke en voorraad opgelaai het waarmee hulle kom jag het. Die wa was deur donkies getrek, maar hulle het toe die donkies na Koeipan gejaag en die spore doodgemaak sodat die polisie nie kon uitvind wie is wie

nie. Ek het nietemin daardie wa gevat en hulle voorraad wat daar rondgelê het op die wa gelaai. Ek het ‘n spaar ysterband wat iewers aan die wa vasgemaak was afgehaal en aan my kar se “bumper” vasgemaak. Ek het die wa se disselboom aan daardie “bumper” vasgemaak aan daardie dwarsyster. Ons was 3 Blankes en twee Swartes wat ek gearresteer het met al hulle goed wat agter die wa gelê het. Dié het ek oor die duine gesleep met daardie motorkar tot op Witdraai, oor die 80 myl. Dit was eintlik ‘n wonderwerk en niemand kon glo dat dit moontlik was nie. (Verwysende na die meer moderne sleepwaentjies (seker bedoelende waentjies met motorbande)) “Nee, hulle het eers later op die mark gekom. Nee dit is sommer nuwelinge, daardie tyd was daar nie so-iets nie.” (U praat van swart mense?) “Noem dit nou Kleurlinge, dit was Kleurlinge gewees”. ”Ja, daar was swart mense ook, ek het ‘n swart korporaal gehad, ‘n “Magosi”, hy was ‘n Makatees dink ek. Hy het vlot Afrikaans gepraat, maar hy was nie ‘n Kleurling nie. Hy is ook later hier dood, maar die meeste polisie hier was Kleurlinge, baie min swartes. Alhoewel, hier was swart mense al, wat langs die Rivier ingekom het. Onthou, in daardie jare van 1934 af, is die Oranjerivierskema aangelê. Dié het ek nou nie eers genoem nie, maar van 1934 af is hierdie skema aangelê en al hierdie kanale is gegrawe en al hierdie ontbossing is gedoen van die eilande en van die besproeiingsgrond en al die huise is toe gebou want die Boegoebergdam is in 1933 gebou, daarom is hy bekend as die Depressiedam. Toe moes die kanaal verder gegrawe word tot waar hy vandag loop, daar onder langs die Rivier, Louisvale en die plekke. (Mnr. Bothma, ons het nou ‘n wye pad geloop hier in die Kalahari, omtrent die boordery. Dit is al vir my genoem, of ek het op gesprekke afgekom dat dit gesê is, dat byvoorbeeld die plek Kameelboomvlakte, dat hy baie ontbos is deurdat hulle die bome uitgehaal het om te gebruik by die boormasjiene, seker om vuur te maak om die stange skerp te maak ---- Ek weet nie of die boormasjiene ook met stoom aangedryf is nie ----) “Ja, jy vra my nogal. Nee, hulle het met stoom gewerk want hoe sou hy anderster gewerk het? Hoewel hulle het lateraan dieselmasjiene opgesit. Onthou, die dieselmasjien het toe ook al in die mark gekom. Hier was min wat met stoom geloop het. Ek kan nie onthou dat ek ‘n stoomboor gekry het nie, hulle het maar met dieselmasjiene gewerk. Ek weet nie of dit die Kameelboomvlakte was nie. Ek ken Kameelboomvlakte en hy was nooit vir my so vreeslik bosagtig nie. ‘n Deel wat bosagtig gewees het was tussen Tgop en Gamateep, daar deur die poort wat jy gaan, daardie rante, daar het Kameeldoringbome, Witgatbome en al die soorte doringbome baie gestaan. Daar was van die Boere wat op baie groot skaal geboor het. Hier was ‘n mnr. Robertsohn, Jodevriend in Upington met ‘n slaghuis. Hy het ‘n plaas gehad duskant Inkruip, daar onderkant Tgop. Ek het die naam van die plaas vergeet. Vandag staan daar ‘n groot reservoir, maar hy het oor die 30 boorgate daar gesink en hy kon nie water kry nie. Toe verkoop hy die plaas aan oorlede Oom Koos Celliers, oupa van Kosie Celliers wat hier by Delta is. Oorlede oom Koos het die plaas gekoop en hy het ‘n boormasjien soontoe laat sleep. Die eerste boorgat wat hy sink was tussen Robertsohn se boorgate, slaan hy ontsettende sterk water oop, lieflik vars. Baie interessant, ek kon dit nie glo nie. (So u kan vandag terugkyk en sê u het oor hierdie dele beweeg wat redelik waterloos was en waar tog die ontwikkeling gekom het met die pyplyne wat toe hierdie probleem opgelos het. As ‘n mens so terugdink --- wat die sogenaamde soutblok nou mos water gee ---). Hier was geen ontwikkeling vir water nie. Ek het te perd gery, ‘n hele liewe dag lank wat ek nie ‘n druppel water kry om te drink nie of om my perd water te gee nie. So ver was die waters uitmekaar uit. Hier by Glen Ruby se wêreld moes ons uit klipgate, wanneer dit reën staan daar water in daardie gate en hulle is later so van die bobbejaan se “gemors” maar jy moes maar daarvan probeer drink. Water was ‘n skaarste gewees. Dit was maar hier en daar, elke plaas het ‘n boorgat gehad. Dit moet ons toegee, die meeste het boorgate gehad, maar party ondrinkbaar, ander weer redelik drinkbaar.

Water was ‘n groot probleem gewees.” (Die polisie ondersoek ‘n saak op Kanoneiland) As ek nou iets interessant aan u kan meedeel sal ek graag hierdie gedeelte van my ondervindings in Upington aan u graag wou oordra. Ek kan die jaar nie meer onthou nie, maar dit was gedurende die oorlogsjare. Toe het ‘n hoofkonstabel en ‘n sersant, ek dink van Bethlehem se wêreld af gekom om ‘n sekere saak hier langs die Oranjerivier te kom ondersoek, maar hulle vermoed het waar een of ander kriminele oortreding gepleeg is. Dit was ‘n oortreding van ‘n ernstige gehalte, ek kan nie meer die detail gee nie wat die oortreding was nie. Hulle het opdrag gekry hulle moet ‘n sekere man in Kanoneiland gaan opspoor want hy kan vir hulle al die inligting gee omtrent die saak. Hulle moes genoeg drank saamvat want hulle moet die man eers onder die invloed van drank kry, dan sal hy praat, anderster praat hy nie. Goed, van Upington moes ek hulle vat Kanoneiland toe met die polisiekar en daarvandaan waar hulle ookal wil wees. Ons het die môre in Kanoneiland gearriveer so omtrent agtuur se kant by ‘n sekere erfhouer. Hy was werklikwaar ‘n platjie van ‘n man. Jy kon hom nie sonder handskoene hanteer nie, maar ongelukkig of gelukkig, die speurders van die Vrystaat het nooit kennis gedra van sulke mense nie. Toe ons afklim en begin gesels daarso sê die hoofkonstabel, sal ons nie ‘n doppie maak nie, nou dis nege uur in die more. “Ja”, sê hy, “as julle ‘n doppie het, sal ek dit geniet.” Dis toe waar die bottel brandewyn toe uitgebring is en hulle begin toe daar ‘n doppie maak en gesels en dit het al beter gegaan want die bottel het gesak. Toe ons sien toe is die bottel leeg. Toe sê die man vir hulle, maar is dit al wat julle het? Hulle sê “Ja, ons het nie meer nie”, Toe sê hy, “Maar dan gaan ek myne haal.” Toe gaan haal hy ‘n werklike Withond (Witblits) uit. Dis regte Withond en hy bring dit vir hulle en sê: “Kêrels nou sal julle moet versigtig drink!” Nietemin, hulle het Withond begin drink en op die ou end kan ek nie onthou of daar veel oor die polisiesaak gesels is nie. Toe het hulle later besluit, hulle het vleis gebraai en rondgegaan (rondgestaan?) Toe besluit hulle die aand sal hulle Keimoes toe ry, want die vriende van Bethlehem wil vreeslik graag ‘n klein voorraadjie Withond saamvat huis toe, en die man op Kanoneiland het nie meer Withond gehad nie. Hy sê toe “Goed, ek sal julle na ‘n sekere man toe vat in Keimoes en daar sal ons Withond kry dis nou seker.” Ek sal nie die vanne noem nie want dit is nie nodig nie. Ons is toe in die polisiekar, die vriende ook saam. Nou gaan ons Withond haal op Keimoes by die sekere meneer. Ons het toe by sy huis gekom, dit was reeds donker. Want jy kan nie Withond helder oordag sondig nie, dan sê hulle jy kan in die moeilikheid kom. By die huis gekom, die man is toe vriendelik, hy het ons vriendelik ontvang, het toe sommer vinnig die sakie gestel: hulle wil graag ‘n paar botteltjies Withond hê. Toe sê hy, “Nee man, jammer maar ek het regtigwaar nie, myne is op, maar ek sal julle na ‘n plek toe vat waar Withond is, baie Withond.” Toe is hy ook in die kar saam met ons. Die kar is toe al vol, ons is al vyf in die kar. Ons ry en hy vat ons na ‘n sekere huis. Dis in die omgewing van Malanshoek, Keimoes en ons het by ‘n huis stilgehou. Die maan was mooi op, dit was volmaan. Ek het ‘n polisie-blazer aangehad nogal, maar ek het dit so gedraai dat hulle nie die wapen kon sien nie, maar ek kom ook nie in die lig nie, ek bly in die donker. Hulle ontmoet toe die vriende daarso en dié sê: “Ja, ons het Withond, ons sal vir julle Withond gee, maar het julle bottels?” “Nee ons het nie bottels nie.” “Maar dan sal ek vir julle bottels moet kry, hoeveel wil julle hê?” Ek kan nie meer die hoeveelheid onthou nie, maar darem so drie vier bottel elkeen. Toe sê die man: “Dan moet julle my nou volg.” Ons stap oor die kanaal met ‘n bruggie en daar staan so ‘n buitehuisie, dit lyk soos ‘n toilet. Ons kom by die kleinhuisie se deur en die man sê: “Kêrels, nou moet julle net versigtig wees, want nou gaan ons met trappe af.” Toe is dit ‘n ondergrondse kelder, heel weggesteek. Die man sê vir my “Jy moet darem ook kyk of die polisie nie kom nie.” Nou moet ek staan en kyk of die polisie nie kom nie. Hulle is in en ek stap toe ook af want ek wil ook daar binne gaan kyk. Ek weet mos hier is geen

polisie nie, ons is dan almal polisie. Toe sien ek binnekant: Ek dink daar het vyf of ses groot vate gestaan. Dit is die mooiste versameling van Withond wat ek ooit in my lewe gesien het. Hulle het daar vir hulle getap en kortkort dan skree hulle na my toe “Is dit nog veilig, sien jy nie polisie nie?” Dan sê ek “Nee, hier is nie polisie nie” Hulle kom toe uit en ons is in die kar en ons is weg. Dit was vir my ‘n fantastiese ondervinding, want ek was gestasie op Keimoes voorheen en nooit kon ek droom dat so naby aan die polisie so ‘n pragtige versameling Withond was nie. Sover ek weet het hulle daardie mense nooit vervolg nie, want ek het nooit daardie geheim uitgelaat nie, ek kon dit nie doen nie, dit sou gemeen gewees het van my as ek daardie geheim uitgelaat het. Hulle is seker ook al almal dood vandag. Dit was alom bekend dat by elke vyeboom wat op die kanaal se wal staan, kan jy seker wees jy gaan ‘n bottel onder hom kry... (Nog ‘n gebeurtenis) “Nou goed, ek sal weer nie name noem nie, want daar is nog kinders wat leef. Ek was op Witdraai gewees saam met Kaptein, ek dink dit was Kapt. Castle gewees, as ek reg onthou. Ons besluit toe om van Witdraai af oor Massakloutjie, Tellerie terug te kom na Upington. Ons ry toe in die Kurumanrivier op met ‘n sedankar en toe ons by ‘n sekere plaas verby ry, toe sien ons die mense werk daar, maar ons was bewus dat hierdie mense groot jagters is. Ons het gehoor hulle hou net die polisiekar dop. As hy hier verby kom, dan weet hulle presies wanneer hulle kan gaan jag en waar hulle kan gaan jag en hulle word nooit gevang nie. Ons is verby en die volgende aand het ons in Upington gearriveer. Toe ons hier arriveer, sê ek vir die ouens hier, ek gaan nou die polisiebakkie vat, ons gaan hom laai en ek gaan nog ‘n man saam met my vat, dan gaan ek die Kurumanrivier afry want daardie manne gaan ek nou vang wat jag, want daardie manne wat ons daar gesien werk het, het net gewag dat ons verbykom. Hulle weet dis die polisieoffisier wat nou daar verby ry, nou kan hulle maar gaan jag. Ek en oorlede Bronkhorst, ons is hier in die polisiebakkie en ons is oor Aardpan (Aarpan?), en tussen Aardpan en Witdraai, meer of min in die Kurumanrivier, toe draai ek van die pad af. Ek ry al langs die Kurumanrivier op plus minus 12 myl van die Rivier af, ry ek nou oor die duine, sny ek al die plase af, om te kyk of daar spore deur is. Die agtermiddag omtrent hier so by 3 of 4 uur terwyl ons so skuins straatop ry, jy ry nou altyd skuins oor ‘n duin straat op, sê ek vir hom, Kyk, daar gaan die bakkie daarvoor. Toe kom die man net uit die jagveld uit, die bakkie swaar gelaai en hy is nou op pad huis toe en hier gewaar hy ‘n polisiekar. Hy ry toe vir al wat hy werd is met daardie swaar vrag, klim hy die duine en ek ry toe. My vriend Bronkhorst sê vir my: “Kom ons sny sommer hier af”. Ek sê: “Nee, jy moet sy spoor gaan optel want jy weet nooit watter kant toe draai hy nie, en jy ry net so swaar soos hy.” Ons het sy spoor opgetel en ry al agter hom aan. Hy het toe ‘n vrag gemsbokke op. Ons gelukkig nie, ons is leeg. By ‘n sekere duin het hy toe die straat opgery en storm toe ‘n duin en die duin het ‘n swaar maanhaar. Toe kook daardie Chev so vreeslik, dat hy soos ‘n stoomketel in die lug in staan en blaas. Hy sien toe dat die polisiekar kom nou vinnig nader en hy gryp ‘n geweer en patrone wat hy ookal by hom gehad het en hy hol weg. Ek hou toe langs die bakkie stil waar die klomp gemsbokke op lê. Ek roep toe na die man, want ek het geweet wie dit was, ek het sy voornaam geken en ek roep na hom. Maar kry geen antwoord nie. Toe sê ek vir Bronkhorst ons speel met vuur, ons staan hier by sy bakkie, hy kan agter ‘n boom staan, hy kan ons altwee doodskiet en niemand weet wie dit is nie. So ons speel met vuur hierso. Ek sê, hou op dat ons roep, ons vat ons bewysstukke, sny gou bewysstukke af en ons kry spoor. Ons gee pad van hierdie bakkie af, ek sê, want hy kan enige plek vanaand op ons skiet as hy wil. Ons doen dit toe ook en ons besluit ons ry reguit Widraai toe, straat af terug Kurumanrivier toe. Ons het die nag op Witdraai gekom. Ons het die bewysstukke daar afgelaai en die volgende môre vroeg, het ek my kar weer daar op Witdraai vol petrol gemaak en ry nou weer met die Kurumanrivier op. Nou moet ons by daardie plaas verbyry waar ek die mense gesien het wat ek weet gaan jag het. Toe ons by die plaas verbykom, stap die twee broers netjies

aangetrek voor hulle huis, stap hulle so heen en weer. Toe lag ek, toe ek vir Bronkie sê hier staan die manne wat gaan jag het en een van hulle het daar gejag. Ek draai af en draai reguit na hulle toe. Kom daarso, vriendelik, baie aangenaam, niks verkeerd nie en ons gesels en ek lag naderhand, maar kyk die een broer het toe gaan jag, die ander een was nie saam gewees nie, hy het by die huis gebly maar hy weet van alles. Ek sê: “Kom man, ry saam met my, ons gaan haal jou bakkie dan hoef jy nie terug te stap of te sukkel nie. Dan bring jy hom reguit huis toe.” “Nee,” sê die ander een, “Jy wil net bewysstukke hê.” Ek sê “Man, ek het al die bewysstukke, hulle is klaar opgesluit op Witdraai. Moenie dink ek wil nou bewysstukke soek nie, ek wil nou vir julle help.” “Ek sal julle oplaai en julle kan op julle gemak saam met my ry en daar kan julle in julle bakkie klim. Ons vat nog water vir julle ook saam, want daardie bakkie is horingdroog gekook.” Goed, op die ou end besluit hy, hy aanvaar my voorstel. Ons het toe ‘n paar dromme water vir hom opgelaai en hy is saam met ons. Toe ons by sy bakkie kom, toe lê alles nog so, want dit is winter, dis koud. Die bokke lê daar of niks gebeur het nie en ons laai die water daar af. Ek sê, “Maat, jy moet my nou gaan wys waar jy orals geskiet het en waar jy hierdie bokke geskiet het.” Ek sê, “Kom ons ry, dis lekker koud vandag, en ons gaan kyk waar jy geskiet het.” Hy sê, “Ja, ek sal julle gaan wys, ek is tog in die moeilikheid, wat help dit nou dat ek stry.” Hy ry saam en dis in Tellerie se omgewing waar hy gejag het. Ons kom toe terug, en by ‘n pannetjie naby Tellerie, toe breek my bakkie se agterveer en daar sit ons, maar ek het ‘n spaar veer. Dis nou ‘n kwessie van alles aflaai, die veer uithaal en weer terugsit. Ons drie maak eers daar vuur en ons braai vleis en ons drink tee of koffie, wat ons ook al het. Ek haal my domkrag af. My magtie, daar is die domkrag kondêm, hy wil nie behoorlik werk nie. Nou moet jy hom mos hoog optel want daardie veer is mos nou krom en hy is dik. Ek sê, hier is moeilikheid. Ek is onderin en maak die boute los en nou sukkel ons om daardie bakkie opgedomkrag te kry. Die man kyk ons so, hy sit daar eenkant, hy wil ons nie help nie. Toe hy nou sien dat ons moeg is, daardie domkrag wil nie werk nie, hy wil net nie die kar optel nie. Sê hy, “Ag wat, kom ek help julle gou. Ons tel daardie kar op met ons hande en ons sit hom op ‘n drom, dan het ons die veer op ‘n drom. Ek sê: “Ja, magtie, dis nogal ‘n idee” en een twee drie tel ons die kar op en sit hom op ‘n drom wat ons daar gehad het en ons haal daardie veer uit. Nou die nuwe veer, ons het hom aan die een kant vas, ek het sy “U-bolts” aan die anderkant vas, maar hoe gaan ek nou daardie veer optel om by die ander boutjie te kom? Nou is ons kniediep in die moeilikheid. Hy lag en sê: “Kêrels kom, ek sal gou daardie veer vir julle indruk, julle hou net daardie bak vas, ek sal die veer indruk.” Hy was ‘n fris man hoor! Hy gaan lê onder daardie bakkie en hy vat daardie veer met sy een hand en hy druk hom op en hy sê: “Bothma, jy moet vinnig wees. Haak in daardie (punt?)-----”. Wragtie, met sy een hand stoot hy hom op en ek sit die twee klampe aan. Dis die sterkste wat ek nog gesien het. Daarvandaan het ons teruggery en weer na my bakkie toe en hy het my goed plaas toe gevat en ek is toe vort op my patrollie. Dit is my ondervindings wat ek in die Kalahari opgedoen het en hy het ook nie eers ‘n groot boete gekry nie. (Die gesprek is sover moontlik woordeliks neergeskryf) Pieter Goussaard, 17 November 1997

Getik en minimaal geredigeer deur H.A. Abbott, Des. 2020, met foto’s uit die Bothma album ingesorteer.

This article is from: