VROUEPOLISIE-GESKIEDENIS | WOMEN POLICE HISTORY
HOOFSTORIE LUITENANT KOLONEL DANELIA CHRISTELLA VELDHUIZEN Ek is gebore op 2 Oktober 1958 in Empangeni in Noord-Natal. Ek het daar groot geword en my hele skoolloopbaan daar voltooi. Ek het gedink dat ek ‘n onderwyseres wou word, maar ek dink die Here het ander planne vir my lewe gehad. My loopbaan in die Polisie het begin nadat my familie tydens ‘n Desember skoolvakansie by my pa se jongste broer en sy familie gaan kuier het. In die sitkamer van hul huis was daar ‘n groterige geraamde foto van my neef, Gert Labuschagne in sy Spoorwegpolisie-uniform. Hy het net so ongelooflik professioneel gelyk en dit was net daar waar ek besluit het dat ek ook iets belangriks met my lewe wil maak en het net na die skoolvakansie by Empangeni Polisiestasie gaan aansoek doen om by die Mag aan te sluit.
Foto 1 - Foto van my neef, Gert Labuschagne Foto 2 - Foto van my pa, Andries Labuschagne, wat my aangespoor het om by Polisie aan te in sy Polisie-uniform. sluit.
10 Nongqai Vol 13 No 1A – Vrouepolisie