00 Nongqai Vol 13 No 1E

Page 124

NAWOORD | AFTERWORD Gedurende 1964 was ek van SAP Wentworth na die Wentworth Garage verplaas waar ek vir Oom Harry du Preez en sy broer Andrew by die SAP Wentworth Motorhawe ontmoet. (Ek het niks net daarvan gehou om klerk te wees nie! Die mense was gaaf maar die werk saai!) Hierdie is ‘n unieke versameling foto’s wat ek sonder byskrifte ontvang het. Die foto’s beeld enkele aspekte van die lewe “in die bos” of te wel op die grens uit. Ons het destyds in Rhodesië hoofsaaklik Bedfords en Land Rovers gery. Ons het geen mynwerende voertuie soos die Casspir gehad. Later het mynwerende voertuie gekom in die vorm van die sg. “spook-voertuie”. Ons het destyds sandsakke agter op die bakke van Bedfords of rubber stroke agter op die Land Rovers geplaas. Die paaie in Rhodesië was afgryslik en mens het gedurig vasgesit – selfs al het die pad goed gelyk. Ek kyk so na die stoele wat “RSA” en “SAP” gemerk – in daardie dae was alles mooi op rekening. Selfs ‘n byl of slagtersmes was op rekening. Ons dank aan Paul du Preez wat so deur die jare altyd vir my berigte en foto’s gestuur het. Dankie vir hierdie stukkie polisie-kultuur-historiese foto-versameling. Dis hoe dit was! - HBH

124 Nongqai Vol 13 No 1E – Photo Album – Harry du Preez


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.