1 minute read

‘n Knap vrou is baie meer werd, baie meer as edelstene

Natuurlik was daar “KOOS KOKKEROT” op die hoek van Mitchell- en Rebekkastraat. Vir elke student was dit soos die verbode appel. Alles wat daar te koop was was lekker in die oortreffende trap. Baie beplanningsessies is gedoen oor hoe om uit te glip maar kol(v) Botha se vertroue het my binne gehou.

Tandarts toe gaan was ‘n ‘n avontuur. As die afspraak verby was, was jy vry. Pretoriusstraat was daar om te verken en so beland ek toe by die troeteldierwinkel. Daar was ‘n eendjie. Die eendjieogies het gesmeek, “Vat my, vat my”! Daardie dag is ‘n incognito student Kollege toe. Al was sy ondergronds, is sy ten volle aanvaar. Wat ek gedoen het, waar ek was, was sy by. Onder my pet of voor in my skroprok. Kst(v) Elma van der Merwe was die pleegmoeder wat afgelos het.

Advertisement

Een aand het Elma mooi gevra of student Eend net een aand by haar kon slaap. Arme Eend het seker koud gekry en onder Elma ingekruip en versmoor. Dit was traumaties. Haar teraardebestelling was met volle militêre eer en haar oorskot is in Rosehof se blombedding ter ruste gelê. Tussen al die stadige mars deur is snikke gehoor.

Ek het tydens my Kollege opleiding ‘n volwasse en gedissiplineerde persoon geword. Ek het geleer om verantwoordelikheid te neem en in ‘n span te funksioneer. My wil om te slaag het my gedryf om my alles te gee.

Na ons eerste uitpassering is ek na SAP Boksburg uitgeplaas vir die tyd tot ons tweede uitpassering. My Uniform was my trots. Dit het gevoel of ek sweef as ek dit dra en ons het vinnig, baie geleer. Ons is geroteer tussen die Aanklagtekantoor, Radiobeheer, Patrolliedienste en Navrae om ervaring op te doen.

This article is from: