5 minute read

Sy pak werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie

36 Inligtingstelsels neem afskeid van luit-genl Lothar Neethling. Dit was as ‘n verrassing en het die vorm van ‘n formele dinee by die Botaniese Tuine, Silverton plaasgevind. Dit was ‘n logistiese uitdaging. 37 Die spyskaart en foto’s van die venue 38 Genl Johann Coetzee, Kommissaris SA Polisie tree af. ‘n PROFIEL VAN GENL GOETZEE As huldeblyk.

DIE PROFIEL APART GESKANDEER

Advertisement

39 Foto’s van genl Coetzee en luit-genl Neethling in ligter luim 40 Brig Buks van Staden, ‘n erkende beeldhouer en kapt(v) Dawn Kellerman besoek ‘n Uitstalling by die Randse Skou te Johannesburg. 41 Ek en brig Papenfus saam by die verfilming van VYFSTER, ‘n televisiedrama by Pretoria Sentraal KORREKTIEF met die filmspan. Op die foto’s is die filmredakteur, Sias Odendaal saam binne die vierkant van Korrektiewe Dienste tydens die verfilming. Maj (v) Kellerman en konst.(v) Eileen Clark besoek me. Helen Suzman oor haar siening van die rol van die vrou in die polisie. Ek en maj(v) Dossie Engelbrecht besoek me. Jesse le Grange om haar siening van die rol van die vrou in die polisie. Dit was tydens die grootste haelstorm wat ek nog ooit beleef het. Die voertuig was vol duike geslaan. Ek en brig Papenfus by ‘n opleidingskursus by die ou Boulevard hotel. 42 Amptelike ingebruikneming van die nuwe Rekenaarargitektuur deur minister Adriaan Vlok op 10 Augustus 1989. 43 Afdeling Inligtingstelsels word Mondig. Die Mondigwording is gevier op 3 November 1988. Dit was ‘n uitbeelding van 1967 tot 1988 en ‘n futuristiese beeld van die toekoms van rekenarisering. 44 Verskillende stasies het die verlede en die hede uitgebeeld. 45 Minister Adriaan Vlok, luit-genl Lothar Neethling, oud-lede wat rekenarisering in die polisie gedurende 1967 begin het, asook verskeie hooggeplaastes het die Mondigwording bygewoon. Adj.Off.(v) Elsie Snyman was ons pragtige model. Baie gaste het hierdie wese wat die rekenaarskyf vashou, met ‘n pop verwar en het later met rooi gesigte besef sy is lewendig. 46 Op 31 Desember 1985 tree brig(v) Duveen af en laat ‘n groot leemte in die polisie asook in vele polisievroue se harte. ‘n PROFIEL van brig(v) Botha Volledige profiel geskandeer 47 Die polisiedames vier fees saam met Brig Mulder van Eyck en brig(v) Botha tydens die 10 Jarige Herdenking van die Vrouepolisie tydens ‘n formele Dinee by die Manhatten hotel 48 ‘n Gedig van die digter Johan Somers wat hy aan brig(v) Duveen opgedra het tydens haar afskeid. Ek oorhandig ‘n geskenk aan brig(V) Botha namens die dames. Onder haar ferme leiding het die vrouepolisie onlosmaaklik deel van die SA Polisie geword. 49 Die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Troue diens. Medalje vir 20 jaar diens. Gedateer 4 Junie 1992. 50 ‘n VROUESPANBOUGELEENTHEID te MALOESKOP tydens die naweek van 14 Junie 1989. Minister Vlok, mnr Roelf Meyer, genl Hennie De Witt, die Polisie-orkes en verskeie senior lede was teenwoordig. Daar is gepraat oor die rol van die Vrou in die Mag. 51 ‘n MALEOSKOP sertifikaat is aan die dames oorhandig. 52 SA Polisie MIDDELONTWIKKELINGBESTUURSKURSUS 2/1994 te Silverton 53 Middelbestuursontwikkelingskursus Sertifikaat, ged. 23 September 1994 54 SERTIFIKATE VAN VERDIENSTE oorhandigingsgeleentheid. Streekhoofkantoor H1 Noord Transvaal, 18 Mei 1993 Dit was ‘n heerlike uitdaging om die dekor te doen. Dit was ‘n formele en ‘n baie spesiale geleentheid vir die sertifikaatontvangers.

55 Die lokaal is gereed vir die Sertifikaat Oorhandiging 56 Kerssangdiens; 2 Desember 1994 57 Die Kerstoneel. Die geleentheid het plaasgevind by die ingang van die SAP Sentraal Menasie. Genl Johan van der Merwe het die geleentheid bygewoon. Die sang was hemels asook die voordrag van die loflied van Maria. Na die geleentheid het die skape en veral die donkie moles gemaak tydens die opruiming! 58 Brig(v) Duveen Botha se begrafnis. ‘n Saluut met ‘n traan. 59 ‘n Koerantberig waar brig(v) totsiens sê. 60 Medaljeparade- en Aanprysingsertifikaatoorhandiginggeleentheid, Genl Gous-gebou in die SA Polisie Kollege op1 Julie 1994. 61 Genl-maj Steyn het die oorhandiging waargeneem. Brig(v) Duveen Botha het hulde gebring aan die vrou in die Polisie. Maj(res) Danie Smuts het die gedig, “Wagters op die Mure”, voorgedra. Konst. Thymin Felix het Jerusalem gesing en dit was baie spesiaal. 61 Foto’s van die Medaljeparade 62 Foto’s van die Medaljeparade, Brig(v) Duveen Botha en brig(v) Elize van Zyl 63 MONDIGWORDINGGELEENTHEID: Polisievroue 1972 tot 1993. Die mondigwording is op 3 Desember 1993 gevier by Bestuursontwikkeling, Silverton. ‘Stud.(v) Stewart’ was die Seremoniemeester en Brig(v) Duveen Botha die eregas. Sy het die toespraak gelewer asof ons weer by die ou sink kerkie oorkant Rosehof studente was gedurende 1972. 64 Op die foto sny brig(v) Botha en brig(v) Homann die Mondigwordingkoek. Om hulle is ‘n groep van ons eerste vrouelede wat gedurende 1972 in die Kollege was. Kol Wahl du Toit het vir ons gehelp om vir elke dame ‘n spesiale medalje te ontwerp vir ons 10jarige herdenking gedurende 1982. 65 Die spyskaart en program sowel as die naamkaartjies was vrolik. 66 27 April 1994. Die Eerste Demokratiese Verkiesing van die Republiek van Suid-Afrika by die Rooihuiskraal Feesterrein. Dit was ‘n besonderse geleentheid en ons het lang ure gewerk. 67 Ons het die nuwe vlag ontvang en tydens die gewag is daar gekuier en bespiegel oor hoe die verkiesing sou afloop. Tydens die lang ure het ons gebraai en besoekende lede het saam gekuier en geëet. 68 Afskeid van genl-maj Bertus Steyn en brig PA Scholtz by die Offisiersklub, Area Noord Transvaal. Genl-maj Bertus Steyn en Brig PA Scholtz ontvang elk ‘n portretstudie as afskeidsgeskenk. 69 Amptelike inwyding van die opgeknapte Ingangsportaal by AREA PRETORIA op 18 September 1995. Dit was tyd vir verandering. Die Ingang van die Area Pretoria op die hoek van Schoeman- en Pretoriusstraat het baie sleg vertoon. Dit was ‘n uitdaging om die portaal ‘n vars en nuwe voorkoms te gee. ‘n Besonderse en massiewe boomstomp afkomstig van Maleoskop is met groot moeite deur maj Vernon Freyer van Inligtingstelsels gaan haal en vervoer. Die stomp het ‘n rusplek op die hoek plaveisel by die ingang van die Areakantoor gevind. Die plasing was ‘n hele operasie. Daar is ‘n gedenkplaat op die stomp aangebring. Genl-maj JC Naude en me Naude was die gasheer en -vrou. ‘n foto van Genl-maj Naude, genl Fivaz en kol Beetha voor by die nuwe naamplaat van die Areakantoor. Die Nasionale Kommissaris, Kommissaris GJ Fivaz, het die onthulling van die gedenkplaat waargeneem. 70 Ek groet brig(v) Elize Visser. Op die foto is brig(v) Duveen Botha en brig(v) Elize Visser (DIE FOTO OP BLS 62 KOM BY DIE AFSKEID. Die woorde is reeds ge-epos) 71 Die foto van my en George en artikel op skutblad.

This article is from: