2 minute read

A picture says more than a thousand words

A picture says more than a thousand words

Ek het na my aftrede ‘n foto album begin om afsluiting te kry. Daar was soveel ‘issues’ waarmee ek moes deel en wat nog my vrede gesteel het. Die album het jare lank onvoltooid gelê. Nou met die 50-jarige Herdenking van die Vrouepolisie het ek dit voltooi. Ek het ek by elke foto getalm en onthou. Onthou van al die opgewondenheid en die afwagting. Die spanning, die dinkskrums, hande wat vat en saamdoen. Saamdroom en alles gee al is dit laatnag klaarmaak. Van die kosbaarheid van Kollegas wees. Maar, ook die pak te vat as dinge verkeerd loop en as die mat onder jou uitgeruk word. Daar waar jy verantwoordelikheid moet aanvaar, dit is deel van jou slypskool. En as dinge gebeur wat jou menswees en waardigheid aantas dat jy aangaan, jou kop hoog hou, jou skouers reguit maak en ‘onaangeraak’ vorentoe gaan. En dan voel jy hande wat jou ongemerk hooghou en ongemerk ‘n koppie koffie aandra of ‘n nota voor jou inskuif, en jy breed glimlag breed want alles is reg. En as jy alleen is, is dit “liasseer-tyd” waar jy insidente baie diep wegbêre maar wat partykeer in jou drome skielik weer werklikheid word. My polisieloopbaan was elke dag uniek. Elke dag ‘n dag van afwagting, van doen, hoor, sien, voel en ervaar. Soms die ontsetting van die gille wat jy hoor en dit in jou ore weerklink, wat jy wens jy kan iets doen. Baie keer die verskrikking en afgryse wat jy sien en dit voel of dit op jou retina ingebrand is. Wanneer jy nie kan glo dat mense tot soveel wreedheid in staat is nie. En jy weet, lede, en veral junior lede, gaan huis toe na hulle vroue/mans en kinders. En hulle is stom en hulle “stoor” die afgryse en van hulle raak later jare raak party van hulle stom en afgestomp. Hulle het iets nodig om te vergeet want hulle mag nie praat nie. En jy behou jou humor en jou lojaliteit aan hulle wat na jou opkyk. En jy skep die geleentheid en hoop dat hulle jou sal vertrou en met jou sal praat. Ek is dankbaarheid teenoor die SA Polisie wat my die geleentheid gegee het om myself te kon uitleef. Wat my kans gegee om te groei en ‘n vangnet was as ek te braaf was en kon val. Waar ek my talente kon uitleef. ‘n Dankbaarheid teenoor kollegas wat die pad saam met my gestap het en bereid was om die ekstra myl saam met my te loop. ‘n Dankbaarheid teenoor my man, George, en my kinders wat daar was vir my. En ‘n groot dankbaar teenoor my Skepper in wie se hand ek alles wat ek beleef het, goed of swaar, beleef het. Wat al het dit beslis nie so gevoel met tye nie, ek vandag kan getuig dat ALLES uiteindelik ten goede uitgewerk het en my gevorm het in die mens wat ek vandag is. My hart is met die polisie wat elke dag ons wagters op die mure is. Ek salueer elkeen van julle.

Advertisement

BOEKE: • Profiel Brig(v) Duveen Botha • Profiel Genl Johann Coetzee • Inligtingstelsels, Tegnologie tot u diens • Afdeling Inligtingstelsels 1967 – 1988 • Afdeling Inligtingstelsels 1967 – 1990 • Prestige Musiekkonsert • Commemmorative Journal

This article is from: