Nongqai Vol 13 No 4: April 2022

Page 101

[2] Van Wyk, ‘Huidige Beroepsposisie”, pp.3. 307. [3] The calculation of J.L. Sadie quoted in Heribert Adam Adam and and Hermann Giliomee, Ethnic Power Mobilized, (New Haven: Yale University Press, 179) pp.165-66. [4] Leo Marquart, The People and Policies of South Africa ((London: Oxford University, 1952) [5] Ivan Evans, Bureaucracy and Race in South Africa (Berkely: University of California Pres,1977 p.87. https://www.politicsweb.co.za/opinion/broeder-preferment-vs-cadredeployment?utm_source=Politicsweb+Daily+Headlines&utm_campaign=505942e38dEMAIL_CAMPAIGN_2022_03_15_06_26&utm_medium=email&utm_term=0_a86f25db99505942e38d-130042309

VANDALISME VAN ANDER SE ERFGOED MAG NIE GEDULD WORD NIE Mediaverklaring uitgereik deur: Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Kuns en kultuur: 16 Maart 2022 Die vandalisering van genl. Louis Botha se standbeeld voor die parlement deur EFF-lede vandag, is onaanvaarbaar en dui op 'n kultuur van wetteloosheid. Die standbeeld is met verf besmeer en ʼn deel van die bronswerk is afgebreek. Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn beweging wat gefundeer is in haat met die hoofdoel om te verwoes en vernietig. Hul heg geen waarde aan erfenis en diversiteit nie. Dit is geen geheim dat dié party die Afrikaner, Afrikanererfenis en -geskiedenis verag nie. Die aanslag op die Afrikaner-erfenislandskap deur die ANC-regering, aangevuur deur die EFF, is vandag in die praktyk gesien. Die minister van sport, kuns en kultuur, mnr. Nathi Mthethwa, het onlangs sy departement se planne bekend gemaak om onder meer sogenaamde apartheidsbeelde na standbeeldparke te verskuif. Wat as sogenaamde apartheidsbeelde geag word, is onduidelik, maar in die proses het hierdie departement en die ANC-regering die grondslag vir disrespekvolle, ondeurdagte en vandalistiese optrede gelê. Die oningeligte radikale randeiers verkeer onder die indruk dat hulle die reg en ʼn platform het om sulke misdadige dade van vandalisme te pleeg. Die departement behoort net so verantwoordelik gehou te word vir hierdie vandale se optrede soos die EFF en sy lede self. Ongeag die oorsprong van enige standbeeld, beeld of gedenkwaardigheid van geskiedkundige waarde, behoort dit gerespekteer en bewaar te word, omdat dit deel vorm van Suid-Afrika se geskiedenis en erfenislandskap. Net omdat ʼn individu of party nie van ʼn sekere gedeelte van die geskiedenis hou nie, of nie daardie geskiedenis ken of respekteer nie, gee hulle nie die reg om ʼn standbeeld of gedenkwaardigheid wat daardie geskiedenis uitbeeld te vernietig nie.

101 Nongqai Vol 13 No 4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.