5 minute read
Nongqai Vol 13 No 8
OUER GESKIEDENIS VS. EIETYDSE GESKIEDENIS
Brigadier Fanie Bouwer
Advertisement
Ons ouer garde het 'n baie unieke tydperk in SA beleef, in die sin dat ons die oorgang van 'n vorige wit regering na die huidige swart regering in 1994 beleef het. Anders gestel: 'n oorgang van 'n apartheidsbestel (toe die parlement ook die finale gesag was) na 'n sg. demokratiese bestel, met 'n grondwet waaraan alles en almal aan moet voldoen. Dié verandering was enorm en het 'n groot impak op baie se lewens gehad.
As gevolg hiervan verwys ek en baie ander kort-kort na gebeure van die pre-1994 en die huidige of post-1994 tydperke en skryf stories en gee menings daaroor, meesal objektief, maar partykeer ook met 'n skeut subjektiwiteit.
Dit kan nie anders nie, want ons was daar en is nog steeds hier. Ons was immers ooggetuies. Toekomstige geskiedenisnavorsers sal dit later ontleed, vergelyk en verder verklaar.
Brigadier Hennie Heymans is ook al jarelank besig om die geskiedenisfeite en stories van oudlede en ander individue in sy internetpublikasie, Nongqai, te publiseer vir bewaring, wat geskiedkundiges later ook sal gebruik in húlle navorsing.
Daar is al gesê dat die term 'eietydse geskiedenis' effe problematies of omstrede kan wees. Dit is egter almal se bydrae tot die geskiedenis om die huidige en ook die onlangse, verlede wêreld te probeer verstaan.
Die redes vir laasgenoemde stelling - dat dit ook problematies kan wees - is omdat daar gesê word dat die amptelike argiefdokumente waarop die meeste geskiedenisstudies nog agter slot en grendel is (dit was seker 'n mate van outydse redenasie, want die laaste dekades word baie feite ook op die internet gevind), en in die tweede plek, dat veral die tydsafstand wat nodig is om geskiedenis behoorlik te kan ontleed, ontbreek.
Die val van die sg. Berlynse muur in 1989 was 'n waterskeidingsjaar in die geskiedenis waarna niks daarna meer dieselfde was nie.
Dit het Suid-Afrika direk geraak en was dit juis ook die bykomende, miskien die finale oorredende motivering, vir oudpresident FW De Klerk toe hy sy omstrede aankondiging (ontbanning van SA se vryheidsbewegings) op 2 Februarie 1990 gemaak het.
Niemand kan egter die val van die Berlyn Muur in 1989 behoorlik verklaar sonder insigte van historici rondom die verloop van die sg. Koue Oorlog nie.
In Suid-Afrika is die tydperk waarin bronne opgesluit (bewaar) moet bly, van 50 tot 20 jaar verkort, iets wat elke historikus buitengewoon gelukkig moet maak. Hy of sy kan byvoorbeeld onderhoude voer met mense wat nog leef en wat historiese gebeure meegemaak of help rig het.
'n Historikus wat toegee aan sy eie subjektiewe gevoelens wanneer hy die pen opneem, is geen historikus in die ware sin van die woord nie. Hy is dit nie, omdat dit vir hom totaal onmoontlik is om hom selfs vir ’n oomblik van sy onderwerp te distansieer en na die waarheid te soek en net dít te verklaar.
Bostaande is miskien die teorie oor geskiedskrywing. In die praktyk egter, word dit baiekeer uiters subjektief gedoen.
Elke saak, of stuk geskiedenis het gewoonlik ook twee kante en wil die sg. 'oorwinnaars' die geskiedenis na húlle eie oordeel interpreteer en verklaar.
Dit gebeur gewoonlik wanneer daar twee veronregte groepe was wie se stem en belewenis glad nie in die geskiedenisverhaal voorkom nie. Dit is 'geskiedenis deur weglating'. Dit het ook iemand eendag laat sê: "Dan skryf ons self ons geskiedenis".
Die ANC lê byvoorbeeld klem op sy struggle- geskiedenis. In húl propaganda sien hulle hulself as die oorwinnaars en die enigste party wat apartheid 'aangevat en manalleen oorwin het'. Dit is natuurlik 'n leuen, want daar was inderdaad bloot 'n politieke skikking bereik tussen partye in die vroeë 1990's.
Om af te sluit, wil ek verwys na die Sharpeville insident wat op 21 Maart 1960 plaasgevind het.
Soos ons almal weet het 69 mense daar gesterf. Dit was 'n uiters tragiese gebeurtenis. NONGQAI Vol. 13. No. 8 44
Sharpeville word deesdae voorgehou as bloot 'n insident waar die "apartheidspolisie 69 swartmense wat vreedsaam betoog het, afgemaai het". Hierdie stelling is natuurlik ook nie die volle waarheid nie. En die regerende party én die simpatieke media herhaal hierdie onware narratief jaar na jaar.
Die ware voor-af gebeure op die toneel by die Sharpeville polisiestasie, insluitende die wrede moorde by Cato Manor vroeër, word dan gerieflikheidshalwe buite rekening gelaat.
Ook dit wat andersins op daardie toneel gebeur en wat aanleiding tot die skietery gegee het - soos dat die skare wat gevaarlik en dreigend teen die heining gedruk het; die onopgeleide lede (in skarebeheer) wat in vrees probeer teenstand bied het, tot een lid 'n skoot afgevuur het wat ander lede verkeerdelik as 'n teken vertolk het om met hulle wapens te vuur.
In samehang met dit alles, is dit óók nodig dat mens die brief wat deur wyle majoor WW Brown baie jare gelede in 'n Natalse koerant gepubliseer was, te lees. Dit gee mens die nodige perspektief om te weet wat presies voor-af tydens die Sharpeville skietery gebeur het. In dié brief meld hy dan ook, onder andere, dat die lede 'n Cato Manor-herhaling gevrees het.
Ek haal een paragraaf daaruit aan: "The images of our dead fellow officers, still fresh in our minds from a few months earlier at Cato Manor, caused us to be petrified!" Dit word ook bevestig deur 'n ‘n oud-lid van die Weskus en ooggetuie met wie die skrywer Dana Snyman onlangs 'n onderhoud gevoer en hy bostaande feite bevestig het.
Dié baie ongelukkige verloop van gebeure en die gevolge, was na my mening 'n tragiese fratsinsident wat enorme en tragiese gevolge tot gevolg gehad het.
Die verwronge, eensydige geskiedskrywing daaromtrent egter, met weglating van die werklike feite soos bo uiteengesit, bly dus 'n betreurenswaardige vertolking en verklaring van hierdie ongelukkige