“Mense se reaksie op my musiek en hulle volgehoue aansporing is my inspirasie” Henry van Dyk het op die platteland in die Noordwes provinsie grootgeword en het van kleins af ‘n baie spesiale liefde vir musiek gehad. Hy het dan ook op ‘n jeugdige ouderdom reeds betrokke geraak in die musiekwêreld… In 2002 was Henry die algehele wenner vir volwassenes van die Beeld Eisteddfod (afdeling ligte musiek) en in 2005 was hy die algehele wenner vir volwassenes in die Eisteddfod se klassieke afdeling. Hy is in 2004 gekies om aan die semifinaal van die ATKV se Crescendo musiekkompetisie deel te neem en is genomineer om SuidAfrika in 2005 in Los Angeles te verteenwoordig as lid van die Championship of Performing Arts span. In 2008 het Henry sy First Concert Certificate in sang, soos aangebied deur die Trinity College London, met ‘n algehele punt van 93% geslaag. In 2010 het Henry sy opera-debuut gemaak in Verdi se opera La Traviata met Johan Spies as regisseur. Henry het die verhoog al gedeel met verskeie groot name in die musiekbedryf, onder andere Jannie Moolman, Charl du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Corlea Botha en Joe Niemand. Sy debuut-album is in 2009 vrygestel met die titel “Love’s Presence Lingers” en sy vorige album getiteld “Laat die Liefde Leef” is einde 2012 uitgereik. Henry is onlangs benoem vir ‘n Ghoema Musiektoekenning vir daardie album in die kategorie Beste Afrikaanse Lig Klassieke CD. Verskeie radiostasies speel Henry se musiek en sy musiekvideo’s word gereeld gewys op kykNET, asook SABC 2 en 3. Henry is ook ‘n liedjieskrywer en speel klavier, kitaar en kerkorrel en as daar tyd is, is hy ook nog deeltydse orrelis by verskeie kerke in die Pretoria-omgewing. Henry is ‘n toegelate prokureur wat spesialiseer in arbeidsreg en wanneer hy nie by musiek betrokke is nie, verskaf hy arbeidsregdienste aan verskeie kliënte. Hy het ‘n passie vir die lewe en hy glo dat die liefde die spil
is waarom alles draai. Dit is die inspirasie agter die meeste van sy liedere. Henry se uniekheid word vasgevang in sy nuwe album, “Sommer So”, en mens word meegevoer deur die klanke. Dit neem jou op ‘n reis wat jou weer laat fokus op die belangrike aspekte van die lewe. Sy liefde vir musiek is aansteeklik, die boodskap is eenvoudig en almal sal aanklank daarby vind.
Meer op www.henryvandyk.co.za
Agter die skerms Wat is jou volle naam? Henry Jacobus van Dyk. Familiename sonder diepere betekenis… Vanwaar die afkorting? NVT. Dit is my doopnaam. Waar het jy grootgeword? Noordwes – Koster Het jy enige broers of susters? Sing hulle ook? Ek is ‘n erge laatlammetjie en het twee heelwat ouer broers. Die naaste wat my oudste broer Johan aan musiek gekom het was om my Pa sover te kry om ‘n kitaar te koop, maar hy het nooit ‘n snaar aangeraak nie, in dieselfde lyn as sy goueraambril wat gekoop moes word, hoewel hy nie ‘n bril nodig gehad het nie... My ander boet, André, is baie musikaal – kan feitlik enigiets op gehoor op klavier speel, maar het dit nie verder ontwikkel nie. Hoe en waar het jou liefde en passie vir musiek begin? Dit het by die laerskoolkoor begin. Die kooronderwyseres het gedink ek sing baie mooi en het my graag laat