1 minute read

Les 6: Oseane rondom Afrika

Les 6 Oseane rondom Afrika

Definieer

Oseaan: ’n baie groot watermassa of ’n eindelose see wat die kontinente skei

● Die Indiese Oseaan lê aan die oostekant, tussen Afrika, Asië en Australië. ● Die Atlantiese Oseaan is aan die westekant van Afrika, tussen Afrika en Amerika.

Dan is daar twee kleiner watermassas aan die bokant van Afrika, wat seë genoem word.

Aan die noordelike kant van Afrika is die Middellandse See en aan die noord-oostelike kant is die Rooi See.

As jy na figuur 2.2 kyk, is A die Atlantiese Oseaan en B die Indiese Oseaan. C is die Middellandse See en D is die Rooi See.

Figuur 2.2: ’n Satellietbeeld van die Middellandse See (C) en die Rooi See (D)

This article is from: