
1 minute read
Eenheid 1: Wêreldkaart en kompasrigtings
Eenheid 1
Wêreldkaart en kompasrigtings
Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen:
● Verstaan en werk met ’n verskeidenheid hulpmiddels – insluitend kaarte, data en foto’s. ● Ken die ligging van die ewenaar asook die Noord- en Suidpool, op ’n kaart of aardbol. ● Identifiseer en ken die posisies van die sewe kontinente. ● Identifiseer die agt hoofwindstreke op ’n kompas. ● Gebruik hierdie hoofwindstreke en identifiseer die agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n kaart.
Inleiding
Hierdie eenheid dek ’n bestudering van die aardbol en jou plek in die wêreld. Jy leer oor die sewe kontinente, hoe ons wêreld verdeel is, hoe om ’n kompas te gebruik en wat die agt hoofwindstreke van ’n kompas is
Belangrike terminologie
Ewenaar Halfrond Kontinent Kompas Wêreldkaart