1 minute read

Les 4: Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart

Next Article
Jaarplan

Jaarplan

Omdat noord en suid die belangrikste is, begin die ander punte met dié rigtings, gevolg deur watter rigting die naaste is, bv. NW (noordwes) of SW (suidwes).

Ons dra nie meer kompasse saam met ons rond nie. As jy jou weg moet vind, kan jy die volgende metode gebruik om jou te help om jou rigting te bepaal:

Die son kom altyd in die ooste op. As jy na die son kyk, is noord aan jou linkerkant en suid aan jou regterkant. Die son sak in die weste, en wes is dus reg agter jou.

Les 4 Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart

Definieer

Wêreldkaart: ’n plat voorstelling van die wêreld; met een oogopslag sien jy die hele wêreld

Die eiland van Madagaskar word op die volgende kaart van Afrika uitgelig. Ons moet rigting vanaf enige gegewe punt op ’n kaart kan bepaal, daarom is daar gewoonlik ’n klein kompassie op kaarte om ons te help. Op ’n kaart is noord altyd bo.

Figuur 1.9

This article is from: