Eenheid 1 Wêreldkaart en
kompasrigtings
Leerdoelwitte Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen: ● ● ● ● ●
Verstaan en werk met ’n verskeidenheid hulpmiddels – insluitend kaarte, data en foto’s.
Ken die ligging van die ewenaar asook die Noord- en Suidpool, op ’n kaart of aardbol.
Identifiseer en ken die posisies van die sewe kontinente. Identifiseer die agt hoofwindstreke op ’n kompas.
Gebruik hierdie hoofwindstreke en identifiseer die agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n kaart.
Inleiding Hierdie eenheid dek ’n bestudering van die aardbol en jou plek in die wêreld. Jy leer oor die
sewe kontinente, hoe ons wêreld verdeel is, hoe om ’n kompas te gebruik en wat die agt
hoofwindstreke van ’n kompas is
Belangrike terminologie Ewenaar
Halfrond
Kontinent
Kompas
Wêreldkaart
Maak seker jy verstaan al die nuwe konsepte.
Teken vir jouself ’n aardbol en skryf alles neer wat belangrik is om te onthou.
10
© Optimi