
1 minute read
Les 6: Improviseer en skep
Les 6 Improviseer en skep
Aktiwiteit 24
1. Leerder kies enige liedjie wat hy/sy goed ken en sing dit soos hy/sy dit ken. 2. Laat die leerder die toonhoogte van die liedjie verander. 3. Leerder sing die liedjie in ’n hoër stem en dan in ’n laer stem. 4. Leerder verander die tempo of spoed van die liedjie. 5. Leerder sing die liedjie vinniger en dan stadiger. 6. Leerder verander die uitspraak van die woorde. 7. Leerder sing die liedjie deur elke woord so duidelik moontlik uit te spreek. 8. Leerder sing die liedjie vrolik en lewendig. 9. Leerder sing die liedjie slaperig en stadig.
Aktiwiteit 25
1. Leerder gebruik die foto’s soos in die handleiding as inspirasie. 2. ’n Klankprent is wanneer die klanke nagemaak word en voorgestel word deur die leerder. 3. Die leerder kan musiekinstrumente en liggaamsperkussie, asook sy/haar stem, gebruik om die klanke in elke foto na te maak. 4. Die klanke wat die leerder gaan naboots is dus: donderstorm, swerm voëls wat opvlieg, klanke in die verkeer en ’n trop bokke wat vlug.
Aktiwiteit 26
1. Leerder gebruik die klankprente van aktiwiteit 25 en doen bewegings daarmee saam. Die leerder skep bewegings om te pas by elke klankprent. 2. Die bewegings moet pas by die stemming van die klankprent. 3. Leerder oefen die bewegings saam met die klankprent. 4. Leerder voer die klankprent met die gepaste bewegings op vir die fasiliteerder.