1 minute read

Eenheid 1: Persoonlike en sosiale welsyn

Next Article
Voorwoord

Voorwoord

Eenheid 1

Persoonlike en sosiale welsyn

Leerdoelwitte

Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

● Begrip en respek te hê vir liggaamsveranderinge. ● Die invloede van die media en gemeenskap op liggaamsbeeld te identifiseer. ● Eie vermoëns, belangstellings en potensiaal kan identifiseer. ● Geleenthede skep om die te meeste van maak eie vermoë, belangstelling en potensiaal. ● Groepsdruk kan identifiseer en hanteer. ● Probleemoplossingsvaardighede kan toepas in konfliksituasies.

Inleiding

Ons gaan in die eenheid na ’n aantal temas kyk en meer daarvan leer. Die volgende is net ’n kortlikse inleiding tot die temas. Selfbeeld bepaal wat ’n persoon van hom/haarself dink en dit het ook ’n invloed op die suksesvolle bereiking van ideale. Selfbeeld het ook ’n ander aspek: liggaamsbeeld. Dit is wat ’n persoon van sy/haar liggaam dink. ’n Persoon moet respek hê vir sy/haar eie liggaam en dié van ander persone.

Elke mens het sekere belangstellings,vermoëns en potensiaal. Dit hang af hoe dit gebruik word om ’n persoon se volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik dat die leerder dus weet wat sy/ haar belangstellings is, wat hul vermoëns en potensiaal is. Die leerder moet geleenthede skep om hierdie eienskappe tot sy/haar voordeel aan te wend.

Groepsdruk is nie ’n vreemde konsep nie. Kinders kry elke dag daarmee te doen. Die leerder moet groepsdruk reg hanteer. Negatiewe groepsdruk kan negatiewe gevolge hê vir ’n persoon. Ons gaan laastens kyk na probleemoplossingsvaardighede en hoe dit toegepas kan word in konfliksituasies.

This article is from: