1 minute read

Eenheid 2: Uitvoerende kunste

Eenheid 1 Eenheid 2

Uitvoerende kunste

Leerdoelwitte

Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

● Speletjies kan speel wat liggaamsperkussie insluit. ● Opwarming doen om koördinasie en beheer te bevorder. ● Sang- en stemopwarming doen. ● Konsentrasie- en fokusspeletjies speel. ● Afkoel met die korrekte oefeninge. ● Musiekfrases skep. ● Klankprente weer te gee met bewegingskombinasies. ● Mimiek gebruik om op liggaamsdele te fokus en aan emosies uitdrukking te gee. ● ’n Volksverhaal lees, interpreteer en opvoer. ● Twee soorte dramas in Suid-Afrika te waardeer en analiseer.

Inleiding

Die leerder moet altyd opwarm voordat die aktiwiteite begin. Dit maak die liggaam gereed vir die aktiwiteite en beskerm die leerder teen beserings. Die leerder se stem is ook belangrik en kan ook beskadig word, dus moet die stem ook deeglik opgewarm word. Die leerder moet ook afkoel na die aktiwiteite.

Die leerder gaan in die eenheid musiekfrases gebruik om klankprente te skep en mimiek gebruik om emosies uit te druk.

Volksverhale vorm ’n integrale deel van ons land se geskiedenis. Die leerder gaan ’n volksverhaal lees en interpreteer en dit dan opvoer vir die fasiliteerder. Laastens gaan ons twee dramas evalueer en dit waardeer. Ek hoop jy geniet die eenheid!

This article is from: