1 minute read
Eenheid 1: ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika
Eenheid 1
’n Afrika-koninkryk lank gelede in SuiderAfrika
Leerdoelwitte
Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:
● Ken en verstaan basiese begrippe. ● Verstaan en verduidelik veranderinge in die Limpopo-vallei tussen 900 en 1300. ● Kennis dra van nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe. ● Bestudeer Mapungubwe – inwoners se sosiale struktuur en leefwyse. ● ’n Begrip toon van argeologie en die belangrikheid van argeologiese studies en bewaring van geskiedkundige artefakte. ● Beskryf handel wat plaasgevind het. ● Oefen verskeie kognitiewe vlakke deurlopend: definieer, beskryf, verduidelik, evalueer, ontleed, ens.
Inleiding
Hierdie kwartaal en in hierdie eenheid gaan leerders van koninkryke in Suider-Afrika leer. Dit gaan oor die gemeenskappe wat deur middel van koop en verkoop deel van ’n veel groter wêreld geword het.
Help leerders om dit wat hulle leer vir jou soos ’n storie te vertel.
Belangrike terminologie
v.C. (BC) | n.C. (AD) | HJ (CE) | VHJ (BCE) ca. (Circa) Argeoloog Artefak