1 minute read
Studiewenke en -metodes
Kodes en persentasies vir optekening en rapportering: Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie
7 Uitstaande prestasie 6 Verdienstelike prestasie 5 Beduidende prestasie 4 Voldoende prestasie 3 Gemiddelde prestasie 2 Basiese prestasie 1 Nie bereik nie 80 – 100 70 – 79 60 – 69 50 – 59 40 – 49 30 – 39 0 – 29
Geskiedenis moet soos ’n storie geleer word. Moedig leerders aan om ná elke eenheid dit wat hulle geleer het vir jou in ’n storie oor te vertel.
Leerders moet ook leer hoe om geskiedenisvaardighede toe te pas – hulle moet nie slegs inhoud en feite leer nie, maar moet ook die impak van gebeurtenisse op mense en die samelewing verstaan. Leerders moet empatie aanleer en verstaan dat geskiedenis nie slegs ’n storie is nie, maar ware gebeurtenisse wat deur ware mense ervaar is en dat alle besluite gevolge het.
Ná elke les is daar ’n aktiwiteit wat seker maak leerders verstaan die inhoud van die les. Gaan die aktiwiteite weer deur saam met leerders ter voorbereiding vir die eksamens.
Elke aktiwiteit moet so volledig moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.