1 minute read
Eenheid 2: Mapungubwe – die eerste staat in Suider-Afrika
Leerdoelwitte
Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:
● Ken en verstaan basiese begrippe. ● Verstaan en verduidelik veranderinge in die Limpopo-vallei tussen 900 en 1300. ● Kennis dra van nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe. ● Bestudeer Mapungubwe – inwoners se sosiale struktuur en leefwyse. ● ’n Begrip toon van argeologie en die belangrikheid van argeologiese studies en bewaring van geskiedkundige artefakte. ● Beskryf handel wat plaasgevind het. ● Oefen verskeie kognitiewe vlakke deurlopend: definieer, beskryf, verduidelik, evalueer, ontleed, ens
Inleiding
In hierdie eenheid gaan leerders van Mapungubwe self leer, hoe dinge vanaf K2 en Schroda verander het en hoe Mapungubwe ontstaan het. Bespreek die volgende woorde met leerders:
Belangrike terminologie
Staat Sosiale klasse Status Statussimbole Handel Goedere Lonend