Handleiding 3/4 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
4. 5. 6. 7.
Eenheid
3
In paragraaf 2 staan dat Pierre “in verwondering” na die goue uil staar. Waarom staar hy in verwondering? Waarom skommel die bootjie op die water?
Watter woord skryf ons altyd voor die oortreffende trap (grootste/laaste trap)?
Gee die trappe van vergelyking van “kalm”.
Jy het al oor afleidings geleer. Sê waaruit die volgende woorde gebou is. 7.1 7.2 7.3
huilende = wysheid = seerower =
Jy het al geleer wat “wys” beteken. Wat dink jy beteken “wysheid” dan?
8.
Voltooi die voorsetsels in vaste verbindings.
9.
Gee die antoniem van:
10.
Identifiseer die byvoeglike naamwoord in die sin: Daar is ’n doodse stilte.
8.1 8.2 8.1 8.2
verwondering ongeluk
groot oopmond
8.3 8.4
koue los
Bonus • Pierre haal die goue uil uit die kissie. Wat is die homofoon van “haal” en wat beteken dit? • Kies die regte woord om die sin te voltooi: Dit is ’n goue uil. Die uil is van (goud / gout) gemaak.
Aktiwiteit 215: Rolspel Jy en twee maats het in les 8 rolspel as hase gedoen. Kyk weer saam na die wenke. Wenke vir rolspel • • • • •
Leef jouself in die karakter in (verbeel jou jy is die karakter). Gebruik die regte stemtoon (is jou karakter hartseer, kwaai of agterdogtig?). Jou gesigsuitdrukking moet by jou stemtoon pas. Kyk na die dele tussen hakies. Gebruik die regte bewegings. Praat hard, duidelik en met selfvertroue (maar moenie skree nie).
Werk saam met ’n maat en voer ’n deel van die storie op. Julle moet jul eie weergawe van die storie skryf. Dit moet dus op die storie gebaseer wees, maar die gebeure en dialoog hoef nie dieselfde te wees nie. Die toneel wat julle skryf, kan in vandag se tyd afspeel. 11
© Optimi