1 minute read

Aktiwiteit 4

Next Article
VOORWOORD

VOORWOORD

Ons kan ’n plaaslike gebied se geskiedenis gebruik om dit beter te leer ken. Ons kan uitvind van ’n gebied se geskiedenis deur inligting te soek in foto’s, prente, deur na boeke, koerante en ander geskrewe bronne te kyk, stories te lees of onderhoude met mense te voer en laastens deur na voorwerpe te kyk en te gaan navors.

Aktiwiteit 4

Ons gaan inligting oor Pretoria in Gauteng soek. Werk saam met jou fasiliteerder en vind inligting oor Pretoria. Kyk na foto’s, doen navorsing in boeke, of maak gebruik van die Internet en beantwoord die vrae wat volg.

www.wonderfly.com

www.chessaleeinlondon.wordpress. com

www.safarinow.com

Foto A

’n Foto van die Uniegeboue. Hierdie indrukwekkende gebou is die setel van die SuidAfrikaanse regering. President Jacob Zuma se kantore kan ook in die Uniegebou gevind word.

Foto B

Foto van Pretoria, die bome in die hoek links onder dra pragtige pers bloeisels elke jaar en is ook die hoofrede hoekom Pretoria die “Jakarandastad” genoem word.

Foto C

Die Voortrekkermonument was gebou ter herdenking aan die Groot Trek van 1835 toe die Voortrekkers te voet en met ossewaens oor die berge getrek het.

1. Wie het die Uniegeboue in Pretoria ontwerp? 2. Gedurende die lente blom daar ’n sekere boom met baie mooi pers bloeisels. Wat is die naam van die bome in foto B? 3. Watter gebou kom voor in foto C? 4. Wie het die gebou in foto C ontwerp?

[4]

This article is from: