
1 minute read
Eenheid 1: Plaaslike geskiedenis
Leerdoelwitte
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
Navorsing oor die verlede, en dit van toepassing maak op plaaslike geskiedenis.
Jy moet ook ’n verskeidenheid tipes inligting oor die verlede vind. Inligting insamel, byvoorbeeld uit teks, visuele materiaal (foto’s, illustrasies, televisie en rolprente), liedjies, gedigte en onderhoude met mense. Gebruik ook meer as een tipe skriftelike bron soos boeke, tydskrifte, koerante en webtuistes.
Inleiding
In dié eenheid leer jy om inligting te vind wat handel oor die hede. Wat gebeur in vandag se nuus? Wanneer jy weet hoe om inligting te soek wat van toepassing is op vandag/die hede kan jy dit gebruik om uit te vind oor die geskiedenis van jou eie gebied. Geskiedkundige plekke speel soms ’n belangrike rol in die moderne gemeenskap, soos byvoorbeeld die Stadsaal in jou omgewing.
Belangrike terminologie
• Hede • Geskrewe bronne • Dokumente • Geskiedkundige • Foto • Onderhoud • Voorwerp