
1 minute read
Les 2: Foto’s vertel ’n storie
In die volgende vier lesse bespreek ons elkeen afsonderlik. Na jy die lesse voltooi het, gaan ons dieselfde vaardighede gebruik om meer oor die verlede van ’n plaaslike gebied uit te vind.
Belangrike inligting Jy moet ’n projek inhandig aan die einde van die kwartaal vir assessering. Jy gaan jou eie museumuitstalling maak. Soek intussen prente, skryfstukke, stories en voorwerpe wat jy kan gebruik.
Les 2: Foto’s vertel ’n storie
Definieer
Foto: ’n beeld wat vasgelê is op kamera en waarna jy oor en oor kan kyk.
Kerninhoud
Deur na foto’s te kyk en ’n paar vrae te vra en te beantwoord kan ons inligting insamel. Foto’s kan inligting verskaf oor weersomstandighede, gebeure, mense se emosies, ensovoorts.
Kom ons kyk na ’n paar foto’s en watter inligting ons uit die foto’s kan aflei.
BRON 1.1: Twee mans wat ’n ete geniet. www.bothsidesofthetable.com Op die foto kan ons twee mans sien wat ’n ete saam geniet. Hierdie is nie sommer net ’n gesellige kuiertjie nie, hulle is ook besig met werk – die rekenaar op die tafel is oop. Ons kan dus die aflei dat hulle moontlik oor werk gesels, en albei is ook netjies aangetrek vir werk.

http://www.atkv.org.za/jeuginstituut Die persone in die foto is almal skoolkinders, want hulle dra skoolklere. Dit lyk nie of hulle almal in dieselfde skool is nie, want die uniforms verskil. Die foto was geneem op ’n koue dag, want die kinders het truie of baadjies aan en die foto is in die buitelug geneem.
Wenke
Wanneer jy na ’n foto kyk, fokus op die volgende om inligting in te samel:
• Kwaliteit en kleur van die foto. • Mense se kleredrag. • Plek waar die foto geneem is. • Watter aktiwiteit vind plaas? • Selfs die agtergrond kan inligting verskaf
Indien jy oplet na al hierdie faktore sal jy ’n goeie idee vorm van wat gebeur en wie betrokke is.