Handleiding G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
In die volgende vier lesse bespreek ons elkeen afsonderlik. Na jy die lesse voltooi het, gaan ons dieselfde vaardighede gebruik om meer oor die verlede van ’n plaaslike gebied uit te vind. Belangrike inligting Jy moet ’n projek inhandig aan die einde van die kwartaal vir assessering. Jy gaan jou eie museumuitstalling maak. Soek intussen prente, skryfstukke, stories en voorwerpe wat jy kan gebruik. Les 2: Foto’s vertel ’n storie Definieer Foto: ’n beeld wat vasgelê is op kamera en waarna jy oor en oor kan kyk. Kerninhoud Deur na foto’s te kyk en ’n paar vrae te vra en te beantwoord kan ons inligting insamel. Foto’s kan inligting verskaf oor weersomstandighede, gebeure, mense se emosies, ensovoorts.
Kom ons kyk na ’n paar foto’s en watter inligting ons uit die foto’s kan aflei.
Op die foto kan ons twee mans sien wat ’n ete saam geniet. Hierdie is nie sommer net ’n gesellige kuiertjie nie, hulle is ook besig met werk – die rekenaar op die tafel is oop. Ons kan dus die aflei dat hulle moontlik oor werk gesels, en albei is BRON 1.1: Twee mans wat ’n ete geniet.
ook netjies aangetrek vir werk.
www.bothsidesofthetable.com
© Optimi
10