
1 minute read
VOORWOORD
VOORWOORD
Wat is Geskiedenis?
Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling. Hierdie kennis sal jou in staat stel om te bepaal watter impak mense se optrede in die verlede op die hede het; en om verder te verstaan en te evalueer hoe dit die toekoms kan beïnvloed.
Geskiedenis is ’n proses van ondersoek en om vrae te vra oor die verlede: • Wat het gebeur? • Wanneer het dit gebeur? • Waarom het dit gebeur?
Wat is dan die doelwitte van Geskiedenis – hoekom moet ons dit bestudeer? • Dit skep ’n belangstelling in die verlede en help om te bewys dat dit pret kan wees om te leer oor dinge wat eeue terug gebeur het. • Die kennis, begrip en waardering wat jy aanleer oor die verlede maak wat vandag gebeur selfs meer interessant en kan jy vergelyk hoe dinge verander het deur die jare. • Dit leer jou hoe om ’n proses van historiese ondersoek te onderneem en hoe om deel te neem aan navorsing en projekte deur die jaar.