
1 minute read
Voorwoord
Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder bedoel en nie vir leerders nie. Dit word saam met die graad 5-handleiding gebruik.
Die aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel daar sommige aktiwiteite is waarop daar nie ’n spesifieke antwoord kan wees nie. Dit sal pertinent onder die aktiwiteit genoem word.
Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te voer oor die les wat behandel gaan word. Praat sommer oor die algemeen oor die onderwerpe om leerders se voorkennis te toets.